Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » re: re dringende versoek
re: re dringende versoek [boodskap #7803] Wo, 11 Desember 1996 00:00
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hei Sakkie-sakkie

Oe, maar ons is bitter, né. Laaskeer toe iemand my as 'Sakkie' aangespreek
het, het ek 'n bruin uniform gedra. Miskien was onse Jan toe 'n korporaal, en
het die aanspreekvorm sowel as die mentaliteit vasgesteek, daarom dat woorde
soos 'misbruik' ingespan word om te dui op my sogenaamde onreëlmatige gebruik
van gesaghebbers se infrastruktuur. Moenie worrie nie, korporaal, ek het klaar
die pakkie gepos, self daarvoor betaal met my salaris wat ek darem verdien so
tussendeur die misbruik van e-pos en die internet. En hoe lekker dit ook al
was om met jou te praat, ek moet nou gaan werk. Sodat ek volgende keer nie so
skuldig voel as ek iemand anders se e-pos misbruik nie.

En wat die Broederbond betref: mense wat hou van sakkie-sakkie sal seker
graag tant mossie (of is dit oom mossie?) se boeredans doen.

Balke toe!
herman
Vorige onderwerp: Re: Om te oordeel.... (EK GENIET DIT !!!)
Volgende onderwerp: INKOSI JESU - 'n Kerslied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:30:30 MGT 2024