Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

INKOSI JESU - 'n Kerslied

Do, 12 Desember 1996 00:00

INKOSI JESU

Soos Maria haar seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu

Ek hoor my mense singend
singend in die wind
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.

Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
O, gee ons krag, o, gee ons hoop;
maar bowe-al u liefde
o Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu

Uit die F.A.K. Volksangbundel
woorde van Rae Tomlin
musiek deur Edith Hugo Bosman

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vir diegene wat nie kafferboom wil
sê nie, gebruik "umsinsi."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!)

Wo, 11 Desember 1996 00:00

In Article, writes:

>
> Koos skryf:
>
>> Daar is toe 'n stukkie audio op van PW wat in sy paranoiese ergste
>> stemtoom (daai een wat so 'n mengsel was van selfbejammering en woede)
>> die wereld uitdaag om te doen wat hulle wil....
>> Fokkit. Toe kry ek koue rillings.
>
> Dit laat my nou dink aan daai tyd van die onluste,



>
> Vriendelike groete.
> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
>

Galjoen

Jy is darem baie bitter - sal ons die SA troepe vergelyk met Vietnam? Hoeveel
het jy op 18 geweet, en hoeveel het jy omgegee? Die feit dat die Army eintlik
- nou as jy terug kyk - nogal lekker was - ou menslike ding - onthou die
lekker en vergeet die bad stukke - soos wagstaan, snotkop offisiere se stront
en 'intellectually challenged' PF's se magspeletjies, tydmors, terug keer van
pas, maak gou en wag ens ens.

Mens kan sien jy is al 'n tydjie uit die land. Die Afrikaners (en Engelse)
wat ek ken (ek het meeste uit gehaal en ken ingesit voor iemand weer oop my
kop dinges) krimp in mekaar as iemand die kaffer en meit woord gebruik. Dis
erger as om te vloek so sensitief is dinge deesdae. Was onlangs oorsee en
snaaks hoe die mense wat 'n tydjie uit die land is nog daardie woorde gebruik.
Jy voel hoe jy ineenkrimp as iemand dit hardop in 'n geselskap sê. Kyk rond
of iemand nie dalk gehoor het en jou in 'sulke' geselskap sien nie. Snaaks hoe
gou dinge verander.

Ek was gelukkig nie in die infanterie nie so het geen diens in operasionele
toestande gesien nie - was in die MP's en op die grens (Nam) - en het baie van
die minder gewenste elemente in die weermag gesien. So om nou van verkragting,
doodskiet by begrafnisse, konfiskeer van drank, bloufilms, verkragtings,
rondslaap, dagga rook te praat asof dit die norm was is 'n bietjie, nee sommer
baie oordrewe. Ek dink jy ruk die hol onder die hoender uit daarso.

So terug na Vietnam/SA - ons was binne 'n stelsel en het nie die moed of die
inisiatief of die lus gehad om teen die prikkels te skop nie. Het meer geworry
oor jou volgende date as oor die politiek. Bietjie volstruis politiek ja maar
dis nou maar ons Afrikaners - sal ons 'perceived' leiers tot in die hel volg -
hulle sal mos nie vir ons lieg nie, sal hulle? So moet ons nou ons eie longe
oopskeur en daarop kak omdat ons deel was van 'n stelsel wat uitgedraai het
dat dit mense regte geskend het? (Al was dit duidelik as jy vir 'n oomblik
stil gestaan en gedink het). Nie deel was van die stigting van so 'n stelsel
nie, maar tog gedeel het in die voordele daarvan (en gestem het vir die
voortbestaan daarvan?)? Hoe lank moet ons boete doen( as enig sins)? Hoekom?
Gaan dit enigiets verander? Daar is tans hierdie geskopte hond mentaliteit (
jy weet mos so 'n brak wat sy baas baie geskop het - gaan le^ stert tussen die
bene - reg vir die volgende skop of skrobering) by die Afrikaner. Die klere
skeur en as op die hoof hoop mentaliteit - kruisig my - ek's 'n Afrikaner - ek
het gebaat by apartheid - mentaliteit! Die gat kruip by enig iemand wat nie
gesien word as apartheid deler? Hoekom moet ons boete doen? Moet ons
kollektief verantwoordelikheid aanvaar vir die sondes van apartheid? Gaan dit
enigsins help - of sal dit maar wees soos - ons het dit gedoen - voel jammer
daaroor ( en fok julle in elk geval)! Hoeveel van die ouens voor die
Waarheids Kommissie is rerig jammer en hoeveel probeer maar net hulle eie
gatte red?

Soos (ek dink) klaasvakie gesê het : wat is eintlik aan die gang? Probeer ons
nou ons eie gewetes salf deur die sondes van apartheid as ons eie te aanvaar?
Of is dit maar net 'n gebors slanery - ter salwing van die gewete?

Vir eers - genoeg vrae? Antwoorde het ek nie! Het iemand?

Cheers
Lou

Prosa & poësie | 4 kommentare

Afrikaanse Radio?

Wo, 11 Desember 1996 00:00

As daar iemand is wat Afrikaanse of Suid Afrikaanse Radio luister in Noord
-Amerika sal ek bly wees as die inligting beskikbaar gemaak kan word. 'n
Mens mis baie duidelik Afrikaans en Suid-Afrikaans in die deel van die
wereld. Ons het 'n groep Suid-Afrikaners wat so drie maal per jaar hier in
Orlando area bymekaar kom en vleis braai, maar 'n radiostasie sal 'n treffer
wees.

Groete

Rex (Oud Vrystater)

Musiek & liriek | 9 kommentare

KOM HERWAARTS GELIEFDES

Wo, 11 Desember 1996 00:00

LOFSANG
Antjie Krog

kom herwaarts geliefdes
met voete vlugtig oor bolandse berge
oor koel valleie varkoor
versamel in die vlaktes
trek op uit die Hantamgebergtes
uit die Koue Bokkeveld
en die Witteberge naby Bethlehem
vertoef nie vir klere nie
ook nie vir brood of wyn nie
snel geluidloos deur die donker
net die hoewe van die aarde wat sterre vonk
en silwer mane wit salpeter teen sy flanke
want 'n kind is vannag gebore
'n seun is gegee in vreugde ontvang en gebore
'n seun wat die aarde langs sal huppel
oseane sal opvang in sy strandemmer
sy speelgoed oor vastelande strooi
oor kape met windrigtings sy helder top laat tol
en die son soos 'n ghoenie-ghoen in sy agtersakkie dra

o kom herwaarts geliefdes
vrolik en seëvierend
psalmsing
met goud en wierook en mirre
en kniel op die berge waar daar son is
gevange
en heerlik en bloesend gekruisig
teen die aardse ritme van die ewigheid.

(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

re: re dringende versoek

Wo, 11 Desember 1996 00:00

Hei Sakkie-sakkie

Oe, maar ons is bitter, né. Laaskeer toe iemand my as 'Sakkie' aangespreek
het, het ek 'n bruin uniform gedra. Miskien was onse Jan toe 'n korporaal, en
het die aanspreekvorm sowel as die mentaliteit vasgesteek, daarom dat woorde
soos 'misbruik' ingespan word om te dui op my sogenaamde onreëlmatige gebruik
van gesaghebbers se infrastruktuur. Moenie worrie nie, korporaal, ek het klaar
die pakkie gepos, self daarvoor betaal met my salaris wat ek darem verdien so
tussendeur die misbruik van e-pos en die internet. En hoe lekker dit ook al
was om met jou te praat, ek moet nou gaan werk. Sodat ek volgende keer nie so
skuldig voel as ek iemand anders se e-pos misbruik nie.

En wat die Broederbond betref: mense wat hou van sakkie-sakkie sal seker
graag tant mossie (of is dit oom mossie?) se boeredans doen.

Balke toe!
herman

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Ghoebaai Bed - 'n Gedig deur MARIETTE LIEBENBERG

Wo, 11 Desember 1996 00:00

DIE GHOEBAAI BED
Mariette Liebenberg

WEEK 1
Perfekte beddens in 'n ry,
grys liggame, soos jy,
wat georden saam met die skadu's
teen die mure verby gly.
Dis jou kas !
Dis jou tas!
hangslot liewer alles
want hier kan selfs God verdwyn.
Kom voetspoor op die glad getrapte vloer
na geen gesig - net doktersjas.
Valiumparade in die dag
Pethidine in die nag.

WEEK 2
Die ringkoppe hou indaba.
Kliniese oë vra:
Wie is jy?
Sukkel deur al die vrae -
O, al die pyn.
Dankie tog,
nog 'n martelsessie is verby!
Laat ons aansit by die tafel sonder wyn
waar ons met weetbixblokke oë vermy.

WEEK 3
Vyf-uur is slagskaaptyd.
In gelid na die skokstoel gelei:
Slagskaap een...
Slagskaap twee...
Slagskaap drie...
Bande oor die lyf, tentakels op die kop.
Moenie worry nie
iemand sal jou brekfistafel toe lei.
Iemand?
Ek is dan naak
afgeskil en uitgedop,
Net my kop steek bo die water uit.

WEEK4
Liewe Iemand,
na 'n uiters psigiese maand wil ek net vra
wat word van Annie, Gertrud en ou Fred,
almal hier om my ghoebaai bed?
Of nee,
juis ek moet weet
dat Jy nie skaamkry om tussen
rubbermure rond te sluip...

(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Om te oordeel.... (EK GENIET DIT !!!)

Wo, 11 Desember 1996 00:00

In , augu...@icon.co.za writes:
>
> Ek is een van die duisende ouens in Suid Afrika wat dit haat om politiek te
> gesels en in die besonder om te luister na ander se opinies oor hoe sleg en
> verkeerd die wit Suid Afrikaner is. Net 'n paar gedagtes gedagtes vir veral
> julle ouens in die buiteland:
>
>

Ek is so bly dat jy tog oor politiek geskryf het.
Dis lekker om sulke opinies te hoor,
al verskil ek soms baie.
En dis lekker as dinge op 'n rasionele manier gestel word,
i.p.v. 'n histeriese, persoonlike belediging.

Ek wil eerder hoor van my eie mense in my eie taal,
oor hoe hulle oor DIE dinge voel en verskil, as bv. van 'n engelse of
ander ou wat nooit in SA was nie maar wat sy bek vol het
- al stem ek miskien met hom saam.

So skryf asseblief oor julle army-balsakke en julle skuld
en verontwaardiging en onskuld !!!
Julle kan maar kak praat ook, (ek doen dit heeltyd).
Ek lees en dan dink ek daaroor as ek gaan visvang.
Ek het baie dinge op my hart, en ek moet dit uitskryf.
En soos Koos seg: mens maak maar vyande ook.
As jy gedurig met almal saamstem het jy niks te seg nie.

Van Army-balsak tot balsak
Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Eentonigheid

Di, 10 Desember 1996 00:00

Hallo

Ek moet se dat vir die afgelope tyd (paar maande of so) altyd tyd maak om na
hierdie nuusgroep te kyk. Wat my opval is dat die afrikaans sprekendes so
afgestomp is dat hulle oor niks anders kan praat en skryf as oor hulle skuld
gevoel en apartheid nie. Ek moet se dat ek werklik teleurgesteld is dat die
afrikaans sprekendes geen behoefte het om oor iets belangriker as politiek en
apartheid te praat nie.

Ek dink julle moet bietjie bykom en julle skuldgevoelens afskud.

Stoffel

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

dringende versoek

Di, 10 Desember 1996 00:00

Ek het 'n dringende versoek -
Ek soek iemand wat binne die volgende week of wat (dis vandag 10 Desember)
Europa toe vertrek uit Kaapstad. Ek het 'n dringende pakkie wat in België moet
uitkom so gou moontlik, maar ek wil dit nie pos nie, want dan kom dit of nooit
daar nie of eers oor baie lank. En 'n koerier kos 'n plaas se prys. As iemand
dalk die pakkie vir my in Europa kan pos, sal dit gouer in België aankom.
Vanselfsprekend sal ek alle koste daaraan verbonde dra.

Ek weet dis 'n long shot, die odds is skraal, maar miskien.....
E-pos my asseblief by hwa...@burger.naspers.co.za indien jy kan help.

Dankie
Herman

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Nuwe versie van Afrikaanse woordelys beskikbaar voor Ergane

Ma, 09 Desember 1996 00:00

Daar is 'n nuwe versie van die Afrikaanse woordelys beskikbaar vir die
veeltalige woordeboekprogram Ergane op:

http: //www.travlang.com/Ergane/

Die nuwe lys bevat nou 3.741 Afrikaanse woorde. Opbouende kritiek
betreffende eventuele foute en belangrike weglatinge is welkom.

------------------------------------------------------------ ---------------------------------------------------

Estas nova versio de la afrikansa vortlisto disponebla por la
multlingva vortarprogramo Ergane sur:

http: //www.travlang.com/Ergane/

La nova listo nun enhavas 3.741 afrikansajn vortojn. Pozitiva kritiko
koncerne eventuelaj eraroj kaj gravaj preterlasoj estas bonvena.

------------------------------------------------------------ ---------------------------------------------------

Gerard van Wilgen

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1570  1571  1572  1573  1574  1575  1576  1577  1578  1579  1580  1581  1582  1583  1584  1585    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 09:32:08 MGT 2024