Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Die Ghoebaai Bed - 'n Gedig deur MARIETTE LIEBENBERG
Die Ghoebaai Bed - 'n Gedig deur MARIETTE LIEBENBERG [boodskap #7789] Wo, 11 Desember 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DIE GHOEBAAI BED
Mariette Liebenberg

WEEK 1
Perfekte beddens in 'n ry,
grys liggame, soos jy,
wat georden saam met die skadu's
teen die mure verby gly.
Dis jou kas !
Dis jou tas!
hangslot liewer alles
want hier kan selfs God verdwyn.
Kom voetspoor op die glad getrapte vloer
na geen gesig - net doktersjas.
Valiumparade in die dag
Pethidine in die nag.

WEEK 2
Die ringkoppe hou indaba.
Kliniese oë vra:
Wie is jy?
Sukkel deur al die vrae -
O, al die pyn.
Dankie tog,
nog 'n martelsessie is verby!
Laat ons aansit by die tafel sonder wyn
waar ons met weetbixblokke oë vermy.

WEEK 3
Vyf-uur is slagskaaptyd.
In gelid na die skokstoel gelei:
Slagskaap een...
Slagskaap twee...
Slagskaap drie...
Bande oor die lyf, tentakels op die kop.
Moenie worry nie
iemand sal jou brekfistafel toe lei.
Iemand?
Ek is dan naak
afgeskil en uitgedop,
Net my kop steek bo die water uit.

WEEK4
Liewe Iemand,
na 'n uiters psigiese maand wil ek net vra
wat word van Annie, Gertrud en ou Fred,
almal hier om my ghoebaai bed?
Of nee,
juis ek moet weet
dat Jy nie skaamkry om tussen
rubbermure rond te sluip...

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Rapport oor 'n resensie van CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: KOM HERWAARTS GELIEFDES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 18:02:00 MGT 2024