Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Idioom

Wo, 21 Mei 1997 00:00

Wanneer die perde horings kry.
Water uit 'n klip.
Baba met die badwater uitgooi.
'n Hond uit 'n bos uit.
Koel soos 'n komkommer.

Ek los die verduideliking vir die Afrikaanse ghurus soos Gloudina.

Gloudina doen my net een guns moet nie politiese of rassistiese
konnetasies daaraan koppel nie.

Groetnis
JHV

Afrikaans, ons taal | 6 kommentare

Idioom: DOPPIES BLAAS

Wo, 21 Mei 1997 00:00

In article <5lslio$lhs$1...@nntp.igs.net>, @igs.net says...
>
> Idioom: Gaan blaas doppies.
> "Gaan blaas doppies. Ek wil niks met jou te doen
> hê nie. Gaan bars."
>
> The background of this idiom is obscure. I asked

> So, all that remains for me now is to say:
> "Thotmes 3, gaan blaas doppies. Tula man".
>
> Gloudina Bouwer
>

Ha ha ... Pragtig Gloudina! Nouja, ons het die raaisel van die doppies
nog nie opgelos nie, maar die ou Farao is immers op sy plek gesit.
Afrikaans is pragtig, en hy en bleah kan probeer tot die koeie huistoe
kom om ons daarvan te laat afsien, maar praat gaan ons hom praat.

Alwyn

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

"ek wag in my hart" deur BREYTEN BREYTENBACH

Di, 20 Mei 1997 00:00

ek wag in my hart
Breyten Breytenbach

my hart (ek het nooit gedink dat ek
oor hart sou uitwei nie, die klotsel bloed
in pypies en kraakbeen)
is 'n toring

sodat ek jou van ver kan sien kom

oor die windkaal heuwels

met skraal bome verskroeide winkende vingers

oor die suisende wit vlakte

met my hand bo die o"e (verspied verspied)

die feestafel staan gedek, die musikante wag sluimerend
in hulle manelle soos dromende pikkewyne
met die aandster skreeu die krieke in die vlei
ek luister asemloos vir jou voeteval
(waar dool jy tussen skaterende wolwe?)

ek hang 'n lantern in die venster
en stuur my ore uit in helikopters
(het jy genoeg padkos saamgebring vir die lang tog?)
ek klim die trappe van my hart gereeld op
voedsel en drank sal my lippe nie aanraak sonder jou nie

ek hoor jou in die maanlose klowe ruis
kom jy dan nooit nader nie?

soos 'n skildwag leun ek oor die borswering van my hart
en kneus dit met rondtrappery van my moedelose voete

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: SA English vs US (att Heidi)

Di, 20 Mei 1997 00:00

V wrote in article
...
> Hi Heidi
>
>> very true. In the US we say "a couple" to represent "two". For more than
>> two we say "a few".
>
> A Question : Something I still haven't been able to figure out ~ does the US "couple", meaning
> "two" also carry a gender connotation? e.g. - if I said to an American that "a couple of guys
> went to the pub" , would he think of 'couple' as in 'married couple', therefore these blokes must
> be gay? If he understood Afrikaans, I reckon the same would hold true, i.e. "'n paar ouens..."
>
> Look fwd to hearing from you,
> Vira.
>
>

Hello Vira!

You can say "a couple of guys went to the pub" and it would not at all mean
that they were gay. It would only mean that there were two males going to
a pub. :>

If you did say the sentence that only thing that would attract attention is
the word "pub"! :> We use the word "bar" and reserve "pubs" for telling
stories of traveling in England! :)

Glad to be of help. If you have other questions, please feel free to ask.

Regards,
Heidi

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bewaarkloof

Di, 20 Mei 1997 00:00

Oorlog is 'n afskuwelike ding.

Dis fataal om bagasie saam te piekel in 'n oorlog.

Met en na die Tweede Vryheidoorlog is die Boeremagte beskuldig dat
hulle nie na hulle vrouens en kinders omgesien het nie. Dit was byvoorbeeld
'n hoofmotivering vir die oprigting van konsentrasiekampe. Die kwessie
van bagasie is doodgeswyg. Dit gebeur selfs vandag nog in gesprekke
oor hierdie oorlog.

Sowat 40 km suid van Pietersburg lê 'n verstommende bergreeks, naamlik
die Strydpoortberge. Hulle loop vir sowat 150 km reg oos tot in die
Drakensberge, daar waar die Strydomtonnel gele"e is. Ry suid van
Pietersburg totdat jy deur Chuniespoort gaan. Suid van die poort swaai
die pad oos na Burgersfort se kant toe. Ry nog sowat 50 km totdat 'n
grondpad na links afdraai terug na die berge se kant toe. Daar staan hopelik
nog die padwyser met die naam The Downs. Swaai op die grondpad af en
hou so 4 km. 'n Paadjie swaai uit na links terug na Chuniespoort se kant toe.
Daar is nie meer 'n padwyser nie. Draai op die paadjie af om uiteindelik
by Bewaarkloof uit te kom. Moenie sommer daar invoeter nie - dis
slangwereld soos min.

Bewaarkloof is eintlik 'n groot kom in die berge wat deur 'n kloof bereik
word. Gedurende die laaste 18 maande, so is ek vertel, het die
Boeremagte honderde vrouens, kinders en vee in Bewaarkloof
weggesteek. Die Britse magte het nooit vermoed dat daar so 'n
wegsteekplek kon wees in hierdie skynbaar onherbergsame berge nie.
In my verkenning van die natuur het ek 'n paar keer op grafte tussen die
bosse afgekom. Die grafte was nie tipies van die Sotho kultuur nie. Dan
het ek maar naby die grafte gaan sit en wonder wat die geskiedenis
agter hulle is. Was hulle deel van die Tweede Vryheidstryd?

Ek dink dat Bewaarkloof 'n argeologiese paradys is. Dis net jammer dat
daar soveel verwoesting gesaai is deur die talle asbesmyntjies gedurende
hierdie eeu. Wie weet van hoeveel rotstekening wat deur mynbou vernietig
is?

Ek kon bitter min in die literatuur oor Bewaarkloof raakloop. Wie van julle
kan dalk meer lig werp op hierdie interessante plek met sy duistere
verlede?

Alles van die beste
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Heimwe"e en Hanepootdruiwe

Di, 20 Mei 1997 00:00

@igs.net wrote:
> Nou wil ek net weet: as die hanepoot wit
> korrels het, hoekom was die muskadel, wat ek
> nou die aand gedrink het, rooi?
>
> Gloudina Bouwer

Muskadel wyn word van muskadeldruiwe gamaak, nie van hanepoot nie, en
daar is rooi en wit muskadel wyn te koop
--
Chris Theron
Durbanville
South Africa

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

IDIOOM: Yebo go-go!

Ma, 19 Mei 1997 00:00

Idioom: Yebo go-go!

Verduideliking en agtergrond: Rondom die opwindende tyd in 1995 toe die
Springbokke die All Blacks verslaan het en Pres. Mandela die no. 11 trui
gedra het, was daar 'n advertensie vir 'n sellulere telefoon maatskappy op
TV wat 'n nuwe idioom gebaar het: Yebo go-go! Sover ek verstaan beteken
dit iets soos - Ja, ouma!
Die man wat die regte woorde op die regte plek gehad het, was toe ook met
'n plakaat by die finale rugbywedstryd.

Die betekenis wat dit in die algemene gebruik het, is egter meer in die
lyn van: alles is bakgat!

Wie weet meer besonderhede, of kan vir my vertel of die uitdrukking nog in
omloop is?

--
Stefan Harms @ S.E.

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Op soek na die Bybel in Afrikaans vir 'n swak siende rekenaar gebruiker

Sa, 17 Mei 1997 00:00

Ek is dringend op soek na 'n Afrikaanse elektroniese weergawe van die Bybel
vir 'n familielid wat Makulere Degenerasie onderlede het. Ek weet nie meer
waar om nog te soek nie. Kan iemand asseblief help?
Groete
Johann

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Leon Schuster

Sa, 17 Mei 1997 00:00

Weet enige iemand in hierde NG waar 'n mens Leon Schuster videos in die VSA
kan kry ? NTSC formaat ens...

Baie Dankie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

A coin called "dubbeltjie."

Vr, 16 Mei 1997 00:00

I found the following explanation of the coin
called a "dubbeltjie" in our "Dictionary of South
African English". Apparently this British twopenny
piece was introduced during the very first British
Occupation of the Cape in 1795. (dubbel: double.)
This was done to relieve the shortage of small
money at the Cape. The British had invaded the
Cape in 1795, because the Batavian Republic
(then established in Holland) fought on the side of
France. (The Cape was briefly given back to the
Batavian Republic from 1803-1806, and then re-
occupied by the British.)
It is interesting to read that a Zulu word for
the penny is "indiblishi" and is apparently derived
from "dubbeltjie."
I imagine that we in the Northern Cape also
called "dubbeltjies" the terribly sharp thorns
of a plant that grew along the ground and spread
their thorns over a very wide area. These thorns,
when dry, would lie in wait for the unsuspecting feet
of those stubborn children that refused to wear
shoes. However, I think that the name of these
thorns should really be spelled "duwweltjies," as
I suspect that the word is really derived from the
word "duiwel" (devil) and that the thorns were seen
as little devils (duiweltjies.) The following is from
a diary written in 1809 by J. Mackrill:
"Double-gees...spikes all roads.. Rumex
spinosis, Dubbeltjies, very painful to the
slave who has no shoes."
There is apparently an Australian form called
"double-gee". The word double-gees is used
by D. H. Lawrence in "The Boy in the Bush"
written in 1924.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1520  1521  1522  1523  1524  1525  1526  1527  1528  1529  1530  1531  1532  1533  1534  1535    »]
Tyd nou: Sa Nov 16 23:28:55 MGT 2024