Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom
Idioom [boodskap #9420] Wo, 21 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Wanneer die perde horings kry.
Water uit 'n klip.
Baba met die badwater uitgooi.
'n Hond uit 'n bos uit.
Koel soos 'n komkommer.

Ek los die verduideliking vir die Afrikaanse ghurus soos Gloudina.

Gloudina doen my net een guns moet nie politiese of rassistiese
konnetasies daaraan koppel nie.

Groetnis
JHV
Re: Idioom [boodskap #9446 is 'n antwoord op boodskap #9420] Do, 22 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Galjoen
Ha ha haaaahaaaaaa................:^D
Jy is baie humoristies, ek geniet jou bydraes vreeslik. Die idioom " 'n
hond uit 'n bos" so oorsprong is die TV reeks ORKNEY SNORK NIE en is deur
almal ge bruik, terwyl die reeks aan was en daarna.

JHV
Re: Idioom [boodskap #9447 is 'n antwoord op boodskap #9420] Do, 22 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) writes:
> Wanneer die perde horings kry.
> Water uit 'n klip.
> Baba met die badwater uitgooi.
> 'n Hond uit 'n bos uit.
> Koel soos 'n komkommer.
>
> Ek los die verduideliking vir die Afrikaanse ghurus soos Gloudina.
>
> Gloudina doen my net een guns moet nie politiese of rassistiese
> konnetasies daaraan koppel nie.
>
> Groetnis
> JHV

Dit is nou nie juis 'n sitkameronderwerp nie, maar:
(of is dit juis ?)
Ek ken die idioom so:
"Hy poep 'n hond uit 'n bos uit" - menende dat hy vreeslike stink winde los.

Ek kan my indink daar is 'n hond iewers in 'n bos,
(jy weet nie waar nie, dalk soek jy hom).
jy los 'n wind wat so erg is dat die hond uitgehardloop kom.

Terloops: Ek dink vroue en mans, wit en swart, poep maar ewe stink.

Vriendelike Groete
Re: Idioom [boodskap #9448 is 'n antwoord op boodskap #9420] Do, 22 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
klaas...@aol.com says...
>
> Wanneer die perde horings kry.
> Water uit 'n klip.
> Baba met die badwater uitgooi.
> 'n Hond uit 'n bos uit.
> Koel soos 'n komkommer.
>
> Ek los die verduideliking vir die Afrikaanse ghurus soos Gloudina.
>
> Gloudina doen my net een guns moet nie politiese of rassistiese
> konnetasies daaraan koppel nie.
>
> Groetnis
> JHV

Het jy nie dalk nou die baba saam met die badwater uitgegooi nie? Ek
verwys na jou laaste sin.

Ek neem aan jy sê dit na aanleiding van my voorstel dat Gloudina vir
Thotmes moet sê om te gaan doppies blaas. Ek is die skuldige, nie
Gloudina nie. Dit was ook nie bedoel om rassisties/polities te wees nie.
Ek is net uiters geïrriteerd met hierdie kêrel wat ons pragtige taal
afkraak, en dit is mos nou 'n mooi manier om vir hom te sê om ons uit te
los. Of hy nou pienk of geel is het absoluut niks daarmee te doen nie.

Ek sê weer: Hy kan maar probeer tot die perde horings kry, maar Afrikaans
gaan ons praat!

Groete
Alwyn
Re: Idioom [boodskap #9609 is 'n antwoord op boodskap #9420] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dit is hoekom ek die verduideliking van die idiome oorlaat aan die taal
ghurus. Dankie vir die korreksie.

JHV
Re: Idioom [boodskap #9610 is 'n antwoord op boodskap #9420] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) writes:

> Jy is baie humoristies, ek geniet jou bydraes vreeslik. Die idioom " 'n
> hond uit 'n bos" so oorsprong is die TV reeks ORKNEY SNORK NIE en is deur
> almal ge bruik, terwyl die reeks aan was en daarna.

Nie waar nie. Ek het daardie uitdrukking al in 1978-79 gehoor terwyl ek by
YSKOR 'n programmeerder was. Dit was my stelselontleder se geliefkoosde
gesegde.

Groete

Christo
Re: Idioom [boodskap #9611 is 'n antwoord op boodskap #9420] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) writes:

> Jy is baie humoristies, ek geniet jou bydraes vreeslik. Die idioom " 'n
> hond uit 'n bos" so oorsprong is die TV reeks ORKNEY SNORK NIE en is deur
> almal ge bruik, terwyl die reeks aan was en daarna.

Nie waar nie. Toe ek in 1978-79 'n programmeerder by YSKOR was, het die
stelselontleder vir wie ek gewerk het die uitdrukking graag gebruik.

Niks nuut onder die son nie!

Groete

Christo
Vorige onderwerp: Idioom: SKILPADVERE
Volgende onderwerp: Idioom: Oggendstond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:37:01 MGT 2024