Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoonwas
skoonwas [boodskap #152539] Sa., 15 Augustus 2026 13:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26132
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
skoonwas
Afbreking: skoon•was
Samestelling: skoon + was


Werkwoord: was skoon, skoonwas
Verlede tyd: het skoongewas
Verlede deelwoord: skoongewaste

Betekenis:
• Om iets te was totdat dit skoon is.
• (figuurlik) Om van sonde, skuld of blaam te bevry.

Gebruik:
• Hy was sy gesig skoon. Sy het die tafeldoek skoongewas.
• God kan ons sondes vergewe en ons harte skoonwas.

Spreekwoord:
• Al die seewater kan iemand nie skoonwas nie. [Kan nie maklik vir wandade vergewe word nie.]

Sinoniem:
• afwas
• reinig
• skoonmaak

Afgelei:
• skoonwassing

Vertaling:
Engels: to wash clean; to whitewash
Nederlands: schoonwassen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 15 Augustus 2026 13:19]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: woordgebruik
Volgende onderwerp: swartmamba
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Aug. 15 16:32:12 UTC 2026