Deprecated: Using null as an array offset is deprecated, use an empty string instead in /home/gesellig/htdocs/gesellig.co.za/index.php on line 1064

Deprecated: Using null as an array offset is deprecated, use an empty string instead in /home/gesellig/htdocs/gesellig.co.za/index.php on line 1064
Supertaal
Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: veerpen
veerpen [boodskap #153300] Di., 20 Oktober 2026 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Veerpen.
'n Veerpen.
veerpen
Afbreking: veer•pen
Samestelling: veer + pen


Selfstandige naamwoord: veerpen
Meervoud: veerpenne

Betekenis:
• 'n Pen wat van 'n voëlveer gemaak is en in ink gedoop word om mee te skryf.

Gebruik:
• Voor die uitvinding van die vulpen het mense briewe met veerpenne geskryf.

Hiperoniem:
• skryfinstrument

Vertaling:
Engels: quill
Nederlands: ganzenveer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 21 Oktober 2026 05:59]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: viltpen
viltpen [boodskap #153301] Di., 20 Oktober 2026 18:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Viltpen.
'n Viltpen.
viltpen
Afbreking: vilt•pen
Samestelling: vilt + pen


Selfstandige naamwoord: viltpen
Meervoud: viltpenne

Betekenis:
• 'n Pen met 'n poreuse punt van vilt (saamgeperste vesels) of soortgelyke materiaal waardeur ink na die papier vloei.

Gebruik:
• Die leerder het die opskrifte met 'n rooi viltpen op die plakkaat geskryf.

Hiperoniem:
• skryfinstrument

Vertaling:
Engels: felt-tip pen, felt pen
Nederlands: viltstift

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 20 Oktober 2026 18:55]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: verkleuring
verkleuring [boodskap #153302] Di., 20 Oktober 2026 19:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
verkleuring
Afbreking: ver•kleu•ring
Samestelling: verkleur + -ing


Selfstandige naamwoord: verkleuring
Meervoud: verkleuringe, verkleurings

Betekenis:
• 'n Verandering in die kleur van iets, of die verlies van kleur.

Gebruik:
• Rook kan aanleiding gee tot die verkleuring van die tande.

Sinoniem:
• kleurverandering
• ontkleuring
• pigmentasie
• verbleiking
• verbleking

Vertaling:
Engels: discoloration, discolouration; fading, paling
Nederlands: verkleuring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: jeugdigheid
jeugdigheid [boodskap #153303] Di., 20 Oktober 2026 19:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
jeugdigheid
Afbreking: jeug•dig•heid
Samestelling: jeugdig + -heid


Selfstandige naamwoord: jeugdigheid
Meervoud: jeugdighede

Betekenis:
• Die toestand of mate van jonk en jeugdig wees.

Gebruik:
• Die room kan blykbaar jou vel se jeugdigheid herstel.

Sinoniem:
• jonkheid
• varsheid

Antoniem:
• bejaardheid

Verwant:
• neotenie

Vertaling:
Engels: youthfulness
Nederlands: jeugdigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: jonkheid
jonkheid [boodskap #153304] Di., 20 Oktober 2026 19:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
jonkheid
Afbreking: jonk•heid
Samestelling: jonk + -heid


Selfstandige naamwoord: jonkheid
Meervoud: jonkhede

Betekenis:
• Die toestand of mate van jonk wees.

Gebruik:
• Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks. [Prediker 11:10]

Sinoniem:
• jeugdigheid

Antoniem:
• ouderdom

Vertaling:
Engels: youthfulness, juvenility, juvenescence
Nederlands: jonkheid, jeugdigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 20 Oktober 2026 19:29]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: tenminste
tenminste [boodskap #153305] Di., 20 Oktober 2026 19:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
tenminste
Afbreking: ten•min•ste
Samestelling: ten + minste


Bywoord: tenminste

Betekenis:
• Nie minder as die gegewe aantal nie.
• In elk geval.

Gebruik:
• Die reis duur tenminste twee ure.
• Hy het tenminste probeer.

Sinoniem:
• minstens

Vertaling:
Engels: at least; at any rate
Nederlands: ten minste; minstens

Nota:
• "Tenminste" kan ook as twee woorde (ten minste) geskryf word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 21 Oktober 2026 06:02]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Wo. Okt. 21 12:52:14 UTC 2026