| kronies [boodskap #152477] |
Ma., 10 Augustus 2026 09:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26086 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
kronies
Afbreking: kro•nies
Byvoeglike naamwoord: kronies
Vergrotende trap: kronieser
Oortreffende trap: kroniesste
Attributief: kroniese
Betekenis:
• Wat lank voortduur of herhaaldelik voorkom; aanhou en nie einde kry nie.
Gebruik:
• Sy rook kronies.
• Hy gebruik kroniese medikasie vir sy cholesterol.
Wisselvorm:
• chronies
Sinoniem:
• aanhoudend
• deurlopend
• langdurig
• nimmereindigend
• voortdurend
Antoniem:
• akuut
Vertaling:
Engels: chronic
Nederlands: chronisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 11 Augustus 2026 08:22] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|