| Plaasgrond: interessant [boodskap #101813] |
Do., 10 Maart 2005 10:10  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
'n Kliënt van my vertel my pas 'n storie. Jare gelde, in 1992 om presies
te wees, raak 'n plaas naby die Namib beskikbaar en hy stel belang om die
grond te koop. Die plek is rof en ongerep en jy kan eintlik nie 'n groot
boerdery daar aan die gang sit nie, maar die natuurskoon is ongelooflik en
hy dink toe om daar 'n tentekamp op te rig vir die toeriste. Hy sit toe af
Landbank toe want die plaas kos toe R250 000. Die amptenary sê toe vir hom
hy kan die lening kry, maar omdat hy 'n wit vel het, moet hy die huidige
oortrokke bankrente betaal [23% op daai tydstip] en hy moet aan die end van
die eerste maand van die lening, die eerste paaiment terugbetaal. Sou hy
'n swart vel gehad het, sou hy kwalifiseer vir 'n 4% lening en 'n 5 jaar
latente tydperk voor hy sy eerste paaiment moet terugbetaal.
Seker nie nodig om te sê dat die ou nie gekoop het nie en die plaas lê
vandag nog onverkoop. Ek maak twee belangrike punte:
1. Die mense wat reken dat daar nie kommersiële geleenthede is vir swart
mense nie, weet nie waarvan hulle praat nie.
2. Omgekeerde apartheid en diskriminasie vier hoogty.
|
|
|
|
| Re: Plaasgrond: interessant [boodskap #101816 is 'n antwoord op boodskap #101813] |
Do., 10 Maart 2005 12:50   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Janee - goeie punt wat jy daar beet het.
Wonder wat die Anti daaroor gaan sê ( van geleenthede en so aan:)) )
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:Q62dnRwcH5uOgK3fRVn-jg@is.co.za...
> 'n Kliënt van my vertel my pas 'n storie. Jare gelde, in 1992 om presies
> te wees, raak 'n plaas naby die Namib beskikbaar en hy stel belang om die
> grond te koop. Die plek is rof en ongerep en jy kan eintlik nie 'n groot
> boerdery daar aan die gang sit nie, maar die natuurskoon is ongelooflik en
> hy dink toe om daar 'n tentekamp op te rig vir die toeriste. Hy sit toe af
> Landbank toe want die plaas kos toe R250 000. Die amptenary sê toe vir hom
> hy kan die lening kry, maar omdat hy 'n wit vel het, moet hy die huidige
> oortrokke bankrente betaal [23% op daai tydstip] en hy moet aan die end van
> die eerste maand van die lening, die eerste paaiment terugbetaal. Sou hy
> 'n swart vel gehad het, sou hy kwalifiseer vir 'n 4% lening en 'n 5 jaar
> latente tydperk voor hy sy eerste paaiment moet terugbetaal.
> Seker nie nodig om te sê dat die ou nie gekoop het nie en die plaas lê
> vandag nog onverkoop. Ek maak twee belangrike punte:
> 1. Die mense wat reken dat daar nie kommersiële geleenthede is vir swart
> mense nie, weet nie waarvan hulle praat nie.
> 2. Omgekeerde apartheid en diskriminasie vier hoogty.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Plaasgrond: interessant [boodskap #101826 is 'n antwoord op boodskap #101824] |
Do., 10 Maart 2005 14:38   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Los die Eskimo's uit - hul stel nie in grond belang nie:))
Dis die Indiane wat hul grond wil terughê!
--
Groetnis
Annette
"Riaan" skryf in boodskap news:1110465014.782932@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Is dit nie dieselfde as met jou geliefde Kanada nie Gloudina, Is jy seker
> daar is nie iewers 'n eskimo met 'n grondeis teen jou huis nie
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:zcidnVP489HX1q3fRVn-vQ@rogers.com...
>
>
>> Jy praat natuurlik asof jy in 'n land bly waar die
>> bevolking gelykop verdeel is tussen swart en wit.
>> Maar jy sit in 'n land waar 'n baie klein handjievol
>> witmense op meeste van die land sit, land wat hulle
>> afgevat het van die swart bewoners van daardie
>> land in die afgelope twee of drie eeue. Ek sou dink
>> dat daardie land gratis aan swart mense gegee moet
>> word, sodat die speelveld meer gelyk kan word.
>> Dis wat in ander dele van die wêreld gebeur. Ek
>> verbaas my daagliks hoekom die swart regerings
>> in suidelike Afrika nie meer aktief hierdie onbalans
>> probeer regstel nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
| Re: Plaasgrond: interessant [boodskap #101828 is 'n antwoord op boodskap #101819] |
Do., 10 Maart 2005 15:06   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:zcidnVP489HX1q3fRVn-vQ@rogers.com...
> Jy praat natuurlik asof jy in 'n land bly waar die
> bevolking gelykop verdeel is tussen swart en wit.
> Maar jy sit in 'n land waar 'n baie klein handjievol
> witmense op meeste van die land sit, land wat hulle
> afgevat het van die swart bewoners van daardie
> land in die afgelope twee of drie eeue.
----Ek het amper vergeet van die simplistiese twak wat jy kan praat, ou
antie! Vertel jy bietjie vir ons presies watter grond is afgevat van
watter swartes? Ek weet jy het 'n gediggiegraad en syfers is nie jou sterk
punt nie, maar sekerlik sal jy kan begryp dat as 'n ou nie op 'n stuk grond
woon nie en ook nie kaart en transport vir daai grond het nie, dan het hy
nie eiendomsreg nie? Net so, as 'n spesifieke stam swart mense in 'n area
woon beteken dit nie dat hulle die grond gekoop het van mense wat voorheen
daar gebly het en wat hulle verdryf het nie. As mens die geskeidenis volg
dan was die Boesmans heel eerste. So het die Damaras en die Namas hulle
verdryf en amper uitgemoor, en toe kom die Bondelswarts en die Hereros en
moor dié lot weer amper uit en vat hulle grond. Toe kom die Duitsers en
probeer die vrede bewaar tussen die namas en die Hereros en raak betrokke in
die oorloë en gee op die ou end die Namas en die Hereros fluks op hulle
moer. Toe kom WW1 en Engeland besluit hulle regeer mos nou SA en hulle wil
die Duitsers se mandaat oor SWA hê en hulle moer die Duitsers op.
NOU, moet jy stadig lees: Die SA regering het vir die onderskeie swart
bevolkings tuislande geskep waar hulle kommunale gronde gratis kon beset.
Die regering het gesorg vir water...iets wat baie duur bekom word in ons
droë land.
NOG STADIGER: Daar bestaan nie 'n blanke wat ooit grond verniet in ons
land gekry het nie. Reg van die Duitse tyd af het die regerings mense
plaasgrond laat koop en subsidies betaal op sekere ontwikkelings, soos die
boor van watergate, die span van lyndrade, ens. Lenings is ook so gegee
dat die ou 'n kans het om eers op sy voete te kom, voor hy begin betaal.
Anders as in die kommunale gebiede waar die swartes onaantasbaar was, moes
die blanke boer wat 'n stuk grond aankoop, binne vyf jaar bewys lewer dat hy
genoeg vordering maak om die grond te ontwikkel, so nie het hy die grond
verloor.
Ek sou dink
> dat daardie land gratis aan swart mense gegee moet
> word, sodat die speelveld meer gelyk kan word.
-----Jy duik jou mede-swart burgers darem verskriklik vlak! Wie dink jy
gaan die kos vir die land produseer as hulle die landbougrond skielik vir
die swartes gee? Sê stupid sal selfs die slegste politikus nie wees nie.
> Dis wat in ander dele van die wêreld gebeur.
---waar? Zimbabwe? En wie gee vir hulle kos?
Ek
> verbaas my daagliks hoekom die swart regerings
> in suidelike Afrika nie meer aktief hierdie onbalans
> probeer regstel nie.
----Jy sal verbaas wees, want jyself het jou lewe lank geteer op ander mense
en jy sal die bedelkultuur van Afrika baie goed verstaan
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Plaasgrond: interessant [boodskap #101863 is 'n antwoord op boodskap #101857] |
Sa., 12 Maart 2005 05:46  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:E_-dnWhT396NEKzfRVn-3g@rogers.com...
> So 'n toestand moet in 'n hof beslis word. Ek sou dink
> die grond behoort aan dié mense wat nog altyd op die
> grond sit.
---presies van wanneer af? Niemand kan presies bepaal wie het waar 'gesit'
nie.
Vir die eerste honderd jaar was hulle sonder
> die "besetters." Vir die tweede honderd jaar is hulle
> beset en was hulle nie baas van hulle eie grond nie,
----Hoekom nie? Omdat dit julle kultuur is om niks te koop en betaal nie?
> maar hulle het nog altyd op daardie grond gebly. Nadat
> die besetters uitgestoot is, bly die mense nog altyd op
> die grond. Aan wie dink jy "behoort" daardie grond?
----Logies, enigiemand wat die grond by die staat gekoop het. Dis soos
enige land werk anders is dit onregeerbaar. Jy propageer dat as 'n man sy
pondok in die veld opslaan net omdat daar niemand anders is nie en hy bly
lank genoeg daar, dan word die grond syne? Hoe weet jy dat iemand nie lank
voor jou daar gebly het en so 'n bietjie vakansie gevat het nie? Jy
openbaar 'n geweldige gebrekkige kennis oor hierdie kwessie. Doerie jare
toe van die wit boere in die onbesette....lees weer: ONBESETTE grond
ingetrek het, het hulle die grond afgebaken en 'n aansoek ingedien by die
regering om die grond te kan koop. KOOP! Jy verstaan g'n niks. Jy moet
geld gee en hulle gee vir jou grond.
|
|
|
|