Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AMERICA: Black writer says 'ThankGod for slavery'
|
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70841 is 'n antwoord op boodskap #70831] |
Fri, 20 December 2002 02:56   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
bobby's girl wrote:
Ja-nee, ek val nie meer vir jou
> strikke nie, maar ek sien ek het nog steeds die vermoë om jou reg
> in myne te laat vasloop...
Skote Petoors. Die keurige Afrikaans uit die
pen van die persoon wat so gekla het oor haar
Afrikaans so verroes was. Ek kan nooit verstaan
hoekom mense dink dit gee hulle cachet om te kla
dat hulle moedertaal verroes is nie. So asof
hulle hul moeder wil beledig, omdat sy nou nie
die nodige klas het nie.
Tant Hessie
|
|
|
Re: Die paradys [boodskap #70842 is 'n antwoord op boodskap #70834] |
Fri, 20 December 2002 03:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
bobby's girl wrote:
Ek is net besonder
> gelukkig dat my "state of mind" so perfek weerkaats word in die
> plek waar ek nou woon.
Suid-Afrika was nie goed genoeg nie.
New Zealanders het jy gehaat. Die kanse
is goed dat jy eintlik ook baie fout
vind met Australië, want dit lyk my dis
jou natuur om fout te vind. Maar op hierdie
nuusgroep moet jy natuurlik die ek-leef-nou-
in-die-paradys spel speel. Ons weet egter
waar Dawid die wortel gegrawe het.
Tant Hessie Haka
|
|
|
|
|
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70850 is 'n antwoord op boodskap #70786] |
Fri, 20 December 2002 06:25   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter
Dis waar, maar dis darem ook nie al wat daar oor taal gesê is nie.
Die "Charter en sy "Preamble" maak dit ook duidelik dat dit oor
bespreking in en oor Afrikaans gaan.
Royleen:
Ek weet van al die ander aanhalings, het dit self al 'n paar keer op
Google gelees - die punt is dat daar wel voorsiening gemaak word
vir die gebruik van Engels, en dat dit in die Charter aanvaar word.
Wouter
Ja, in Engels solank dit oor Afrikaans, ens gaan. Dus as uitsondering.
Royleen
Die besprekings hier is tog oorwegend in Afrikaans - dis net dat
Engels en ander tale NIE uitgesluit word nie.
Wouter
Stem saam. Maar ek glo steeds as ons nie die *besprekings*
tot Afrikaans beperk nie, hierdie ng op die ou end net soos
soc.culture.south-africa gaan lyk. Dis die ondervinding met
enige forum in SA, as jy Engels akkommodeer, praat almal
op die ou end hoofsaaklik of selfs uitsluitlik Engels. Anders
is daar mense wat nie (goed) verstaan nie..
Wouter
Dis juis een van die redes hoekom die ng geskep is, "vir diegene
wat besprekings in Afrikaans wil voer".
Royleen:
En dit doen ons tog wel. Maar as Nederlands en Vlaams hier aanvaar
word, waarom nie Engels nie? Dis duidelik dubbele standaarde
Wouter
Nederlandse belangstelling in Afrikaans was een van die stigtingsredes
vir die ng. Ek sien dit nie as dubbelle standaarde nie, dis een van
die redes hoekom die ng hier is. Die "diskriminasie" teen Engels
is bepland en positief, amper soos regstellende aksie :-)
En om goeie redes.
Royleen
En ek hoop jy onderskryf nie daardie ou argument van sekere
mense nie - dat Afrikaans nouer bande het met Nederlands en..
Wouter
Dis 'n feit dat Afrikaans nader aan Nederlands (en veral die
Suid-Hollandse dialek is as enige ander taal)
Royleen
.. daarom kan dit meer geredelik aanvaar word want dis
tog amper dieselfde tale. Dit laat Afrikaans minderwaardig lyk.
Wouter
Nee, ek dink nie so nie. Afrikaans is 'n volwaardige taal. In my
oë (en die van baie ander) 'n Afrika-taal, wel met besliste Europese
wortels. Ek verwelkom persoonlik die laaglanders op hierdie
ng, veral die wat in Afrikaans skryf of leer skryf, al is dit met
'n sterk Nyderlandse aksent. Dit bring 'n interessante dimensie
en perspektief aan die gesprek. My enigste "gripe" is wanneer
sommiges (wel by hoë uitsondering) lang gesprekke met mekaar
voer in 'n Nederlands wat vir my ongeveer onverstaanbaar is.
|
|
|
|
|
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70864 is 'n antwoord op boodskap #70850] |
Fri, 20 December 2002 13:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Nederlandse belangstelling in Afrikaans was een van die stigtingsredes
> vir die ng. Ek sien dit nie as dubbelle standaarde nie, dis een van
> die redes hoekom die ng hier is. Die "diskriminasie" teen Engels
> is bepland en positief, amper soos regstellende aksie :-)
> En om goeie redes.
Ja, ek dink dit was 'n Nederlander, Robert
Wagenaar, wat een van die aktiefste mense
was om die Afrikaanse nuusgroep tot stand te
bring. En hy was gesetel in, as ek reg onthou,
die Universiteit van Utrecht.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Die paradys [boodskap #70866 is 'n antwoord op boodskap #70848] |
Fri, 20 December 2002 13:27   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
Maar die expats in Melbourne en Sydney
> (en 'n vriend wat vroeër in Brisbane was vir 'n paar jaar)
> het vir my beduie dat Brisbane vir Aussies is soos
> Bloemfontein vir ons.
Jy bedoel wat Kramer van Bloenfontein
sê?
Tant Hessie van Onderstepoort
|
|
|
Re: Die paradys [boodskap #70877 is 'n antwoord op boodskap #70848] |
Sat, 21 December 2002 06:38   |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark"
---knip---
> Stem saam. Groete uit my paradys.
> (Bewolk en lekker.)
---
was by jou huis innie paradys Vrydagmiddag, alles het oopgestaan, die
2 braais voor die deur, die groen metaal tafel ook voor die deur, ek
wou jou staalborsel wat op die braai lê wegsteek, maar besluit toe dat
ek eerder sal beskryf hoe dit daar lyk.
Was by 'n goeie vriend net onder ommie draai, die huis lang huis net
duskant die winkeltjie. Piet Willemse bly daar, ry 'n wit Toyota
LandCruiser, CCC registrasie. Het weer by jou gestop, maar steeds nog
geen vark by sy trog. :-) Was toe daar by Roylene se moeder aan, maar
daar was dit ook nag. Sien dat daar 'n 4 sale bordjie voor die huis
staan. Die boot Ben Hur staan ook nog daar, sonder 'n 4 sale bord.
---
|
|
|
|
Re: Die paradys [boodskap #70880 is 'n antwoord op boodskap #70878] |
Sat, 21 December 2002 14:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Wouter Plaasvark wrote:
Brisbane vir Aussies is soos
>> Bloemfontein vir ons.
> Jy bedoel wat Kramer van Bloenfontein sê?
> Tant Hessie van Onderstepoort
>
> Wouter
> Darem nie soooo erg nie :-)
So wat bedoel jy met "soos
Bloemfontein vir ons." En
hoeveel onse is op jou pond?
Ek het nog altyd aan Bloem-
fontein gedink as 'n beskaafde
en aantreklike stad en een met
die helderste naghemel en die
suiwerste lug. Weet jy dat
Tolkien in Bloemfontein gebore
is? Ek dink sy pa het daarheen
gekom vir sy gesondheid, en is
daar dood.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Bloemfontein [boodskap #70887 is 'n antwoord op boodskap #70884] |
Sun, 22 December 2002 00:26   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> En dit was nie my beskrywing nie, dit was die mense
> wat ek aangehaal het wat dit so beskryf het.
Dink die mense dus dat Brisbane ver weg
van die aksie in Australië is? Of dink
hulle die mense in Brisbane is vriendelik
maar provinsiaal? Ek probeer nog uitvind
wat in Brisbane herinner die mense aan
Bloemfontein.
Gloudina
|
|
|
Re: Bloemfontein [boodskap #70888 is 'n antwoord op boodskap #70884] |
Sun, 22 December 2002 00:32   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek dink daar is min ingeligtes in SA wat nie van sy Bloemfontein-
> konneksie weet nie. Maar hy is terug Birmingham toe toe hy 4 jaar
> oud is, so hy is eintlik maar 'n Brit. En ek is persoonlik ook nie
> juis beïndruk met sy "Lord of the Rings" nie, dis vervelig.
Ja, ek stem saam. Ek hou oor die algemeen nie
van science fiction of enige van hierdie fantasie-
stories nie. Ek dink nie eers ek kon die eerste
tien bladsye van Lord of the Rings deurlees nie.
Maar nou het ek een kind gehad wat dit as 'n tiener
absoluut verslind het. Hy kom oor die Kersfees
hierheen, van San Jose af, en het al lankal bestel
dat ons sy dogtertjie oppas sodat hulle "The Twin
Towers" kan gaan kyk (wat hierdie week hier in
Ottawa begin wys).
Gloudina
|
|
|
Re: Bloemfontein [boodskap #70891 is 'n antwoord op boodskap #70888] |
Sun, 22 December 2002 00:49  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
My man se broer en my suster se man is net so lief vir Lord of the Rings.
Ek het self die boeke probeer lees, maar na die eerste paar bladsye moed op
gegee. Die boek "gryp" my net nie. Die flieks is nie te sleg nie, maar ek
sal nie uit my pad gaan om dit te gaan kyk nie. Maar ons kan Tolkien dit toe
gee, hy het darem oorspronklike karkaters uitgedink.
Groete
Elaine
wrote:
>
> Ja, ek stem saam. Ek hou oor die algemeen nie
> van science fiction of enige van hierdie fantasie-
> stories nie. Ek dink nie eers ek kon die eerste
> tien bladsye van Lord of the Rings deurlees nie.
> Maar nou het ek een kind gehad wat dit as 'n tiener
> absoluut verslind het. Hy kom oor die Kersfees
> hierheen, van San Jose af, en het al lankal bestel
> dat ons sy dogtertjie oppas sodat hulle "The Twin
> Towers" kan gaan kyk (wat hierdie week hier in
> Ottawa begin wys).
>
> Gloudina
>
|
|
|
Bladsye (3): [ 3] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 09:04:31 UTC 2025
|