| Weer Baviaanskloof [boodskap #59177] |
Di., 26 Maart 2002 10:33  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
So rukkie terug het ek iets oor Baviaanskloof hier berig. Gaan kyk
bietjie na die website, louis.vanbiljon.com.
Louis is met 'n fiets daardeur. Wow en WOW! Daar is hoogtes en
afgronde wat absoluut skrik vir niks. Met 'n fiets nogal. Lig
julle hoede hoog! Ook vir sy vrou wat hom skynbaar in 'n Mazda
1300 bygestaan het! Dis defnitief nie 'n plek vir sissies nie.
Al probleme wat ek het met Louis se fotos is dat die plek so groen is.
Toe ek daar gery het was daar niks wat groen was nie. Seker maar
'n goeie seisoen wat hy daar ondervind het. Ook dat hy sinspeel
dat daar baie mense is. Daar is nie, en ek glo nie daar was ooit nie.
Die plase wat hy noem is ver van mekaar af en om "dorp
toe" te gaan is werk, nie net 'n trippie nie. As die
suiker opraak drink jy maar bitter koffie.
Ek kan Baviaanskloof sterk aanbeveel. Dis 'n ongelooflike mooi
plek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die regte Baviaanskloofstorie [boodskap #59272 is 'n antwoord op boodskap #59252] |
Do., 28 Maart 2002 04:17  |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: Oktober 2001
|
Senior Lid |
|
|
Danielle skryf in boodskap news:...
> On 26 Mar 2002 22:18:37 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:
>
>> Hier, http://louis.vanbiljon.com, en ek hoop dit kom ‘ reg uit
>> (-:, dis nou oor ek links voel, sien.
>
> Dankie Drom. Dit was nou baie lekker om na te kyk. Ek het dit sommer
> vir 'n paar vriende ook gestuur, en nou is ek spyt want ek sit met nie
> minder as 7 briewe hier wat nou wil weet wat daar staan, en ek sal
> moet verduidelik!! Drats!:-))
>
> Waarom voel jy dan nou so "linkserig" vandag? Traai eerder om in die
> ␋ mirrel te bly - dis my raad. :-)
KinkY: Baie dankie Drom! Ek het só lekker gelees en gekyk na al die
wonderlike fotos. Ek beny jou jou fiksheid! Ekself is n stapper en
toe wonder ek sommer hoekom stap nie ook sal werk nie? Miskien, net
miskien organiseer ek so n toer! :-) Dankie in elk geval!
|
|
|
|