Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AMERICA: Black writer says 'ThankGod for slavery'
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70840 is 'n antwoord op boodskap #70830] Vr, 20 Desember 2002 02:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"bobby's girl"
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70841 is 'n antwoord op boodskap #70831] Vr, 20 Desember 2002 02:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

bobby's girl wrote:

Ja-nee, ek val nie meer vir jou
> strikke nie, maar ek sien ek het nog steeds die vermoë om jou reg
> in myne te laat vasloop...

Skote Petoors. Die keurige Afrikaans uit die
pen van die persoon wat so gekla het oor haar
Afrikaans so verroes was. Ek kan nooit verstaan
hoekom mense dink dit gee hulle cachet om te kla
dat hulle moedertaal verroes is nie. So asof
hulle hul moeder wil beledig, omdat sy nou nie
die nodige klas het nie.

Tant Hessie
Re: Die paradys [boodskap #70842 is 'n antwoord op boodskap #70834] Vr, 20 Desember 2002 03:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

bobby's girl wrote:

Ek is net besonder
> gelukkig dat my "state of mind" so perfek weerkaats word in die
> plek waar ek nou woon.

Suid-Afrika was nie goed genoeg nie.
New Zealanders het jy gehaat. Die kanse
is goed dat jy eintlik ook baie fout
vind met Australië, want dit lyk my dis
jou natuur om fout te vind. Maar op hierdie
nuusgroep moet jy natuurlik die ek-leef-nou-
in-die-paradys spel speel. Ons weet egter
waar Dawid die wortel gegrawe het.

Tant Hessie Haka
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70847 is 'n antwoord op boodskap #70818] Vr, 20 Desember 2002 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ek bly in Pretoria en dit is 'n paradys.

skryf in boodskap news:3E01D31C.9090608@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>> Hess de Haka het ge-hakkkaa:
>
>> Die parrad'ys is dus ook nie in Kanada nie?
>
> Daar is 'n verskil tussen mense wat besef
> dat hulle in 'n paradys lewe, maar nie
> daarmee te koop loop nie, en daardie mense
> wat praat van "die paradys waarin hulle nou
> bly," duidelik met die bedoeling dat hulle dié
> mense jaloers wil maak wat volgens hulle te
> stupid was om te emigreer.
> Ek is dankbaar vir die heenkome wat Kanada
> my gebied het toe ek nie meer in SA tuis gevoel
> het nie. Maar Kanada het ook sy tekortkomings.
> Net soos Australië. Net New Zealand is perfek.
>
> Tant Hessie Haka
>
Re: Die paradys [boodskap #70848 is 'n antwoord op boodskap #70834] Vr, 20 Desember 2002 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Daardie "paradys" is 'n speling op 'n vorige gesprek,
> waarin ek uit Jongensfontein as die "paradys" geskryf het
> en bobby's girl probeer beduie het dat sy ook in haar
> eie paradys woon.

bobby's girl :
Was jy al ooit in Brisbane? Wanneer jy hier woon, sal jy
met my saamstem!

Wouter
Nee, nog nie. Maar die expats in Melbourne en Sydney
(en 'n vriend wat vroeër in Brisbane was vir 'n paar jaar)
het vir my beduie dat Brisbane vir Aussies is soos
Bloemfontein vir ons.

Maar hier is minstens een op hierdie ng wat dink dat
Bloemfontein die "dead centre" van SA is, so what the hell?
:-)

bobby's girl
Dit maak in elk geval nie saak waar mens woon nie, 'n
paradys was nog altyd 'n "state of mind".
Groetnis uit my Paradys (33 grade en 80% humiditeit vandag)

Wouter
Stem saam. Groete uit my paradys.
(Bewolk en lekker.)
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70850 is 'n antwoord op boodskap #70786] Vr, 20 Desember 2002 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
Dis waar, maar dis darem ook nie al wat daar oor taal gesê is nie.
Die "Charter en sy "Preamble" maak dit ook duidelik dat dit oor
bespreking in en oor Afrikaans gaan.

Royleen:
Ek weet van al die ander aanhalings, het dit self al 'n paar keer op
Google gelees - die punt is dat daar wel voorsiening gemaak word
vir die gebruik van Engels, en dat dit in die Charter aanvaar word.

Wouter
Ja, in Engels solank dit oor Afrikaans, ens gaan. Dus as uitsondering.

Royleen
Die besprekings hier is tog oorwegend in Afrikaans - dis net dat
Engels en ander tale NIE uitgesluit word nie.

Wouter
Stem saam. Maar ek glo steeds as ons nie die *besprekings*
tot Afrikaans beperk nie, hierdie ng op die ou end net soos
soc.culture.south-africa gaan lyk. Dis die ondervinding met
enige forum in SA, as jy Engels akkommodeer, praat almal
op die ou end hoofsaaklik of selfs uitsluitlik Engels. Anders
is daar mense wat nie (goed) verstaan nie..

Wouter
Dis juis een van die redes hoekom die ng geskep is, "vir diegene
wat besprekings in Afrikaans wil voer".

Royleen:
En dit doen ons tog wel. Maar as Nederlands en Vlaams hier aanvaar
word, waarom nie Engels nie? Dis duidelik dubbele standaarde

Wouter
Nederlandse belangstelling in Afrikaans was een van die stigtingsredes
vir die ng. Ek sien dit nie as dubbelle standaarde nie, dis een van
die redes hoekom die ng hier is. Die "diskriminasie" teen Engels
is bepland en positief, amper soos regstellende aksie :-)
En om goeie redes.

Royleen
En ek hoop jy onderskryf nie daardie ou argument van sekere
mense nie - dat Afrikaans nouer bande het met Nederlands en..

Wouter
Dis 'n feit dat Afrikaans nader aan Nederlands (en veral die
Suid-Hollandse dialek is as enige ander taal)

Royleen
.. daarom kan dit meer geredelik aanvaar word want dis
tog amper dieselfde tale. Dit laat Afrikaans minderwaardig lyk.

Wouter
Nee, ek dink nie so nie. Afrikaans is 'n volwaardige taal. In my
oë (en die van baie ander) 'n Afrika-taal, wel met besliste Europese
wortels. Ek verwelkom persoonlik die laaglanders op hierdie
ng, veral die wat in Afrikaans skryf of leer skryf, al is dit met
'n sterk Nyderlandse aksent. Dit bring 'n interessante dimensie
en perspektief aan die gesprek. My enigste "gripe" is wanneer
sommiges (wel by hoë uitsondering) lang gesprekke met mekaar
voer in 'n Nederlands wat vir my ongeveer onverstaanbaar is.
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70851 is 'n antwoord op boodskap #70791] Vr, 20 Desember 2002 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Ek het geen probleem as iemand hier ter ondersteuning van 'n standpunt
'n Engelse aanhaling plaas nie, ook nie iets in Engels plaas wat 'n
moontlike bespreking kan uitlok nie. .. hoog waardeer as die plaser
selfs net 'n reël in Afrikaans skryf ter inleiding.

Wouter
Dis presies hoe ek dit ook sien, Annette.

Solank daar 'n "Afrikaanse" rede is, moet enige Engelse teks welkom
wees. Maar duplikate van Engels berigte na ander ng'e en algemene
besprekings in Engels hoort nie hier nie, daar is ander ng'e en forums
daarvoor. Ek hanteer dit soos spam.
Re: Die paradys [boodskap #70852 is 'n antwoord op boodskap #70842] Vr, 20 Desember 2002 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hoe sal ons se : komende van jou

skryf in boodskap news:3E028B1C.1020203@rogers.com...
. Die kanse
> is goed dat jy eintlik ook baie fout
> vind met Australië, want dit lyk my dis
> jou natuur om fout te vind. >
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70864 is 'n antwoord op boodskap #70850] Vr, 20 Desember 2002 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Nederlandse belangstelling in Afrikaans was een van die stigtingsredes
> vir die ng. Ek sien dit nie as dubbelle standaarde nie, dis een van
> die redes hoekom die ng hier is. Die "diskriminasie" teen Engels
> is bepland en positief, amper soos regstellende aksie :-)
> En om goeie redes.

Ja, ek dink dit was 'n Nederlander, Robert
Wagenaar, wat een van die aktiefste mense
was om die Afrikaanse nuusgroep tot stand te
bring. En hy was gesetel in, as ek reg onthou,
die Universiteit van Utrecht.

Gloudina
Re: Engels op hierdie ng [boodskap #70865 is 'n antwoord op boodskap #70825] Vr, 20 Desember 2002 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andrew Taylor  is tans af-lyn  Andrew Taylor
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 19 Dec 2002 20:20:28 +0200, "Tobie" wrote:

> "bobby's girl"
>> Ek weet van al die ander aanhalings, het dit self al 'n paar keer op
>> Google gelees - die punt is dat daar wel voorsiening gemaak word vir
>> die gebruik van Engels, en dat dit in die Charter aanvaar word.
> ---
> How now brown cow? :-)

Jy kan nie dit in die UK se nie

Die aanvaal woorde is 'brown' :-)

Andrew

Andrew (Taylor) http://www.taylor.co.uk
http://www.taylor.co.uk
Re: Die paradys [boodskap #70866 is 'n antwoord op boodskap #70848] Vr, 20 Desember 2002 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Maar die expats in Melbourne en Sydney
> (en 'n vriend wat vroeër in Brisbane was vir 'n paar jaar)
> het vir my beduie dat Brisbane vir Aussies is soos
> Bloemfontein vir ons.

Jy bedoel wat Kramer van Bloenfontein
sê?

Tant Hessie van Onderstepoort
Re: Die paradys [boodskap #70877 is 'n antwoord op boodskap #70848] Sa, 21 Desember 2002 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"
---knip---
> Stem saam. Groete uit my paradys.
> (Bewolk en lekker.)
---
was by jou huis innie paradys Vrydagmiddag, alles het oopgestaan, die
2 braais voor die deur, die groen metaal tafel ook voor die deur, ek
wou jou staalborsel wat op die braai lê wegsteek, maar besluit toe dat
ek eerder sal beskryf hoe dit daar lyk.
Was by 'n goeie vriend net onder ommie draai, die huis lang huis net
duskant die winkeltjie. Piet Willemse bly daar, ry 'n wit Toyota
LandCruiser, CCC registrasie. Het weer by jou gestop, maar steeds nog
geen vark by sy trog. :-) Was toe daar by Roylene se moeder aan, maar
daar was dit ook nag. Sien dat daar 'n 4 sale bordjie voor die huis
staan. Die boot Ben Hur staan ook nog daar, sonder 'n 4 sale bord.
---
Re: Die paradys [boodskap #70878 is 'n antwoord op boodskap #70866] Sa, 21 Desember 2002 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
Maar die expats in Melbourne en Sydney
> (en 'n vriend wat vroeër in Brisbane was vir 'n paar jaar)
> het vir my beduie dat Brisbane vir Aussies is soos
> Bloemfontein vir ons.

Jy bedoel wat Kramer van Bloenfontein sê?
Tant Hessie van Onderstepoort

Wouter
Darem nie soooo erg nie :-)
Re: Die paradys [boodskap #70880 is 'n antwoord op boodskap #70878] Sa, 21 Desember 2002 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter Plaasvark wrote:

Brisbane vir Aussies is soos
>> Bloemfontein vir ons.

> Jy bedoel wat Kramer van Bloenfontein sê?
> Tant Hessie van Onderstepoort
>
> Wouter
> Darem nie soooo erg nie :-)

So wat bedoel jy met "soos
Bloemfontein vir ons." En
hoeveel onse is op jou pond?
Ek het nog altyd aan Bloem-
fontein gedink as 'n beskaafde
en aantreklike stad en een met
die helderste naghemel en die
suiwerste lug. Weet jy dat
Tolkien in Bloemfontein gebore
is? Ek dink sy pa het daarheen
gekom vir sy gesondheid, en is
daar dood.

Gloudina
Re: Die paradys [boodskap #70883 is 'n antwoord op boodskap #70877] Sa, 21 Desember 2002 22:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"
---knip---
> Stem saam. Groete uit my paradys.
> (Bewolk en lekker.)
---
Tobie
was by jou huis innie paradys Vrydagmiddag, alles het oopgestaan,

Wouter
Hier in die paradys sluit ons nie, dit staan maar altyd so oop.
Jammer ek het jou gemis, ons was Vrydag bietjie Stilbaai toe.
Maak weer 'n draai as jy dié rigting kom.
Bloemfontein [boodskap #70884 is 'n antwoord op boodskap #70880] Sa, 21 Desember 2002 22:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
>> Brisbane vir Aussies is soos
>> Bloemfontein vir ons.

> Jy bedoel wat Kramer van Bloenfontein sê?
> Tant Hessie van Onderstepoort
>
> Wouter
> Darem nie soooo erg nie :-)

Gloudina
So wat bedoel jy met "soos
Bloemfontein vir ons." En
hoeveel onse is op jou pond?

Wouter
Ek bedoel Suid Afrikaners buite die Vrystaat.
Vir sulkes het dit nie verduideliking nodig nie.
En dit was nie my beskrywing nie, dit was die mense
wat ek aangehaal het wat dit so beskryf het.

Gloudina
Ek het nog altyd aan Bloem-
fontein gedink as 'n beskaafde
en aantreklike stad en een met
die helderste naghemel en die
suiwerste lug.

Wouter
Ja, net effe ver van die dorp af. :-)

Gloudina
Weet jy dat Tolkien in Bloemfontein gebore is?

Wouter
Ek dink daar is min ingeligtes in SA wat nie van sy Bloemfontein-
konneksie weet nie. Maar hy is terug Birmingham toe toe hy 4 jaar
oud is, so hy is eintlik maar 'n Brit. En ek is persoonlik ook nie
juis beïndruk met sy "Lord of the Rings" nie, dis vervelig.
Re: Bloemfontein [boodskap #70887 is 'n antwoord op boodskap #70884] So, 22 Desember 2002 00:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> En dit was nie my beskrywing nie, dit was die mense
> wat ek aangehaal het wat dit so beskryf het.

Dink die mense dus dat Brisbane ver weg
van die aksie in Australië is? Of dink
hulle die mense in Brisbane is vriendelik
maar provinsiaal? Ek probeer nog uitvind
wat in Brisbane herinner die mense aan
Bloemfontein.

Gloudina
Re: Bloemfontein [boodskap #70888 is 'n antwoord op boodskap #70884] So, 22 Desember 2002 00:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek dink daar is min ingeligtes in SA wat nie van sy Bloemfontein-
> konneksie weet nie. Maar hy is terug Birmingham toe toe hy 4 jaar
> oud is, so hy is eintlik maar 'n Brit. En ek is persoonlik ook nie
> juis beïndruk met sy "Lord of the Rings" nie, dis vervelig.

Ja, ek stem saam. Ek hou oor die algemeen nie
van science fiction of enige van hierdie fantasie-
stories nie. Ek dink nie eers ek kon die eerste
tien bladsye van Lord of the Rings deurlees nie.
Maar nou het ek een kind gehad wat dit as 'n tiener
absoluut verslind het. Hy kom oor die Kersfees
hierheen, van San Jose af, en het al lankal bestel
dat ons sy dogtertjie oppas sodat hulle "The Twin
Towers" kan gaan kyk (wat hierdie week hier in
Ottawa begin wys).

Gloudina
Re: Bloemfontein [boodskap #70891 is 'n antwoord op boodskap #70888] So, 22 Desember 2002 00:49 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My man se broer en my suster se man is net so lief vir Lord of the Rings.
Ek het self die boeke probeer lees, maar na die eerste paar bladsye moed op
gegee. Die boek "gryp" my net nie. Die flieks is nie te sleg nie, maar ek
sal nie uit my pad gaan om dit te gaan kyk nie. Maar ons kan Tolkien dit toe
gee, hy het darem oorspronklike karkaters uitgedink.

Groete
Elaine

wrote:
>
> Ja, ek stem saam. Ek hou oor die algemeen nie
> van science fiction of enige van hierdie fantasie-
> stories nie. Ek dink nie eers ek kon die eerste
> tien bladsye van Lord of the Rings deurlees nie.
> Maar nou het ek een kind gehad wat dit as 'n tiener
> absoluut verslind het. Hy kom oor die Kersfees
> hierheen, van San Jose af, en het al lankal bestel
> dat ons sy dogtertjie oppas sodat hulle "The Twin
> Towers" kan gaan kyk (wat hierdie week hier in
> Ottawa begin wys).
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Bid woorde van Engels na Afrikaans
Volgende onderwerp: Re: Telkom's rates hike gets go ahead from Icasa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 06:30:25 MGT 2024