| Hittegolf [boodskap #1966] |
Ma., 11 Augustus 2003 17:37  |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hier in Noord-Europa bak ons in 'n hittegolf - en dis nogal erg want hier is
die huise teen koue gebou en nie teen hitte nie :-) Moet seker nie kla nie,
eersdaags het ons seker weer sneeu.... Oor weer gepraat, spaar die storms
jou tuin darem die afgelope tyd Katryn?
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hittegolf [boodskap #1978 is 'n antwoord op boodskap #1976] |
Wo., 13 Augustus 2003 19:46   |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:ek3ljvgk9ul4cmsr7535dr58n16f2l38mj@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
>> Oor weer gepraat, spaar die storms
>> jou tuin darem die afgelope tyd Katryn?
>
> Ja, ons het nogal 'n paar erge storms gehad die afgelope ruk. Meeste
> van die plante en struike hanteer dit darem. Die enigste werklike
> probleem is dat die tamaties nie so goed doen nie, want hulle bars mos
> na 'n ruk van teveel water. Die ander probleem met al die water,
> gepaardgaande met die hitte, is dat daar meer muskiete broei, en hier
> is mos alreeds so geweldige probleem met "west nile" virus. Alreeds
> 'n hele paar mense dood hierdie jaar.
> Het julle dit ook? Ek is mos een van daardie gelukkige mensies wat
> die muskiete vreeslik lief is voor. As daar een muskiet in 'n vertrek
> met honderde mense is, sal daardie muskiet my bloed kom soek en leeg
> suig!! :-(
> Ek het dit al oorweeg om vir my 'n NASA space suit te koop om buite in
> die tuin mee te werk. :-))
> Ek beny julle gladnie julle hittegolf nie. Stay cool!!!
> :-)
Van tamaties gepraat, ek dink nou die dag daaroor, in Suid-Afrika was
tamatie konfyt mos nogal algemeen? Daar bestaan nie so iets hier nie, ek
wonder waarom..... Nee, daar is geen "west nile" virus hier nie (in elkgeval
nie waarvan ek al gehoor het nie..). Daar is nie baie muskiete hier nie,
selfs in die hitte. Toe ek in Griekeland gebly het het hulle my ook altyd
opgevreet. Ons bloed is seker soet, Katryn!
Die NASA space suit in die tuin is 'n wonderlike idee:-) Ek wonder wat die
bure sal dink:-))
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hittegolf [boodskap #1981 is 'n antwoord op boodskap #1978] |
Wo., 13 Augustus 2003 20:00   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 13 Aug 2003 20:46:28 +0100, "Lorinda" wrote:
>
> Van tamaties gepraat, ek dink nou die dag daaroor, in Suid-Afrika was
> tamatie konfyt mos nogal algemeen?
>
> Lorinda
>
>
Een van die lekkerste konfyte ooit!
Vye, tamatie, druiwe en youngberrie.
Verlede Saterdag was ek in 'n Restaurant by Princess Crossing.
Een van my gunsteling blatjangs, is die immer gewilde 'Mrs Balls
Perske blatjang".
Daar is toe op die tafel perske én Mrs H.S. Balls Tamatie blatjang.
Omdat ek die tamatie chutney nie ken nie, skep ek dit op my kos.
En weer, em weer:-) En dit staan nie terug vir tannie Ball se perske
blatjang nie. Lorinda, daar is mos 'n winkel naby jou wat spesialiseer
in SA produkte. Gaan koop vir jou 'n bottel van haar tamatie blatjang,
en rapporteer terug met 'n smile:-)
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hittegolf [boodskap #1984 is 'n antwoord op boodskap #1981] |
Wo., 13 Augustus 2003 20:13   |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:le5ljvodc693cp7us7hlrn6kijdaggako5@4ax.com...
>
> Een van die lekkerste konfyte ooit!
> Vye, tamatie, druiwe en youngberrie.
>
> Verlede Saterdag was ek in 'n Restaurant by Princess Crossing.
> Een van my gunsteling blatjangs, is die immer gewilde 'Mrs Balls
> Perske blatjang".
> Daar is toe op die tafel perske 'n Mrs H.S. Balls Tamatie blatjang.
>
> Omdat ek die tamatie chutney nie ken nie, skep ek dit op my kos.
> En weer, em weer:-) En dit staan nie terug vir tannie Ball se perske
> blatjang nie. Lorinda, daar is mos 'n winkel naby jou wat spesialiseer
> in SA produkte. Gaan koop vir jou 'n bottel van haar tamatie blatjang,
> en rapporteer terug met 'n smile:-)
>
> DD
Ek is so bly jy het bevestig dat daar tamatie konfyt in SA is, ek het al
begin dink ek maak dalk 'n fout! Vir die mense hier in Engeland is die idee
snaaks.
Ek sal beslis die tamatie blatjang gaan koop, dit klink lekker. Die winkel
hier naby my hou die perske blatjang aan, want ek het dit al gekoop, so
hulle sal seker tamatie ook he (maar ek het dit nog nooit opgelet nie).
Van youngberrie gepraat, iemand het my nou die dag 'n tuisgemaakte bottel
van die konfyt gegee (al die berry produkte hier is baie lekker want alle
soorte berries groei baie mooi hier), en toe eet ek nou die aand die hele
bottel (net so met 'n lepel) want dit was so lekker...
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hittegolf [boodskap #1991 is 'n antwoord op boodskap #1984] |
Wo., 13 Augustus 2003 20:40   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 13 Aug 2003 21:13:39 +0100, "Lorinda" wrote:
>
> Ek is so bly jy het bevestig dat daar tamatie konfyt in SA is, ek het al
> begin dink ek maak dalk 'n fout! Vir die mense hier in Engeland is die idee
> snaaks.
Ek herhaal, dat dit een van die lekkerste konfyte op
die Suid Afrikaanse huisvrou se kombuisrak is:-)
> Ek sal beslis die tamatie blatjang gaan koop, dit klink lekker. Die winkel
> hier naby my hou die perske blatjang aan, want ek het dit al gekoop, so
> hulle sal seker tamatie ook he (maar ek het dit nog nooit opgelet nie).
Doen dit, en jy sal dit geniet. Veral omdat ek hieronder sien
dat jy netso soettand soos ek is:-)
> Van youngberrie gepraat, iemand het my nou die dag 'n tuisgemaakte bottel
> van die konfyt gegee (al die berry produkte hier is baie lekker want alle
> soorte berries groei baie mooi hier), en toe eet ek nou die aand die hele
> bottel (net so met 'n lepel) want dit was so lekker...
>
> Lorinda
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hittegolf [boodskap #2153 is 'n antwoord op boodskap #2070] |
Wo., 20 Augustus 2003 15:34  |
Roely
Boodskappe: 267 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
>
>
>> Ek wag nou vir hul eerste klaagsange as dit weer koud word :-).
>
>
> Ik ben blij als het weer koud wordt! In Nederland kan het niet koud genoeg
> worden voor mij :-)
>
> Marco
Hoi Marco,
ik geniet nou juist van dat heerlijke warme weer! Het kan me niet lang
genoeg duren! Zo'n 22-25 graden Celsius, fantastisch is dat. Op blauwe
lippen zit ik nog niet te wachten.
groeten van Roely
>
|
|
|
|