Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kronies
kronies [boodskap #152477] Ma., 10 Augustus 2026 09:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26081
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kronies
Afbreking: kro•nies


Byvoeglike naamwoord: kronies
Vergrotende trap: kronieser
Oortreffende trap: kroniesste
Attributief: kroniese

Betekenis:
• Wat lank voortduur of herhaaldelik voorkom; aanhou en nie einde kry nie.

Gebruik:
• Sy rook kronies.
• Hy gebruik kroniese medikasie vir sy cholesterol.

Wisselvorm:
• chronies

Sinoniem:
• aanhoudend
• deurlopend
• langdurig
• nimmereindigend
• voortdurend

Antoniem:
• akuut

Vertaling:
Engels: chronic
Nederlands: chronisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 11 Augustus 2026 08:22]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: draaibaar
Volgende onderwerp: gevegswapen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Aug. 11 13:42:16 UTC 2026