|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111231 is 'n antwoord op boodskap #111182] |
Ma., 02 Oktober 2006 07:09  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" < wrote
> En ek staan nog steeds by my punt oudste van dae. Ek is gebore in 1970 toe
> Apartheid lankal aan die gang was. Ek het dit nie daar gestel nie, so ek
> sal nie daarvoor verskoning vra nie. Ek was onderdanig aan die regering
> wat toe oor my aangestel was - net soos die Bybel dit vereis.
Jy laat 'n ander, baie belangrike Bybelse beginsel, buite rekening -
kollektiewe verantwoordelikheid! Toe Adam en Eva in sonde geval het, het
die hele menslike geslag saam met hulle in sonde geval. In Josua word gesê:
Maar die Kinders van Israel het gesondig, want Agan ... het van die bangoed
uit Jerigo geneem. Israel word verantwoordelik gehou, omdat Agan gesondig
het. Toe Koning Dawid die volk laat tel het, is die hele volk met pes
getref! Ek sal die sondes van die vaders (dus: ook die regering) besoek aan
die kinders (dus: ook die onderdane) ... Die ander kant is ewe waar: Ek
bewys barmhartigheid tot aan die duisendste geslag... Die verbond van God
strek oor geslagte heen! In Hebreërs word gesê dat Levi wat nog in die
skoot van Abraham was, tiendes aan Melgisedek gegee het. Voorbeelde is
legio!
Die feit dat jy gehoorsaam was aan 'n owerheid wat onreg gepleeg het, maak
jou voluit mede-verantwoordelik vir die onreg! - en jy het daarvoor netso
seker vergifnis nodig as vir jou persoonlike sondes!
> PS - Het die Britte al die Boere om verskoning gevra vir die 20000 vrouens
> en kinders wat hulle in die konsentrasie kampe om die lewe gebring het
Met die koningin se besoek het sy iets gesê met die strekking van dat die
konsentrasiekampe 'n groot fout was! Volgens kenners is dit die naaste wat
sy aan 'n verskoning kan kom.
Maar mens sou dié soort vrae tot in die oneindigheid kon uitbrei: Het die
Swartes uit Noord-Afrika al verskoning gevra vir die Wittes wat hulle uit
Europa ontvoer en as slawe aan die Arabiere verkoop het? Het die Arabiere
en Indiërs al verskoning gevra vir die Swartes wat hulle uit Afrika ontvoer
en as slawe verkoop het? Het die Spanjaarde verskoning gevra vir die Inkas
wat hulle uitgemoor en as sekslawe aan die Arabiere verkoop het?
Die belangrikste vraag vir ons as Wittes in SA is: Mag ons, terwyl ons weet
ons het verkeerd gedoen, weier om om vergifnis te vra, omdat ander dit nie
gedoen het of wil doen nie?
|
|
|
|