Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swart beeste ?
Swart beeste ? [boodskap #111254] Di, 03 Oktober 2006 11:22
mon[1]  is tans af-lyn  mon[1]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Boer opgehang, vrou ernstig beseer in aanval
Oct 03 2006
http://www.news24.com/Die_Volksblad/...007236,00.html

PAUL ROUX. - Gistermiddag helder oordag is 'n afgetrede boer hier vermoor en
sy vrou kritiek gelaat toe waarskynlik diewe hulle in hul huis hier op die
dorp aangeval het.

Mnr. Fanie Schoeman (74) is in sy motorhuis met draad opgehang.

Mev. Christie Schoeman is na verneem word oor die kop en in die gesig
geslaan. Sy is kritiek en is na die Hoogland-Medi-Clinic op Bethlehem vir
behandeling gebring. Volksblad verneem dat die voorval omstreeks 16:00
plaasgevind het. Slegs die inhoud van mev. Schoeman se handsak is na
bewering gevat.

Schoeman het op die plaas Rietpoort in die Paul Roux-distrik geboer en het
verlede jaar afgetree. Sy seuns boer nou op die plaas.

Mnr. Johan Schoeman, sy seun, sê hy glo die motief was moord. "My pa is
vermoor," het hy aan Volksblad gesê.

Hy sê sy ma het om 16:15 gebel en gesê dat hulle aangeval is. Dit is nie
bekend hoeveel aanvallers betrokke was nie. Die polisie ondersoek die saak.

Schoeman word ook oorleef deur sy seuns, Fanie en Chris.

__._,_.___

------------------------------------------------------------ --------------------
Mijn Postvak In wordt beschermd door SPAMfighter
168 spam-mails zijn er tot op heden geblokkeerd.
Download de gratis SPAMfighter vandaag nog!

Vorige onderwerp: Torreke - As jy tyd het
Volgende onderwerp: gate
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 00:26:01 MGT 2024