| SA paaie 'nie gevaarlik genoeg' vir 'n vuurwapen [boodskap #110894] |
Wo., 02 Augustus 2006 19:07  |
mon[1]
Boodskappe: 11 Geregistreer: Junie 2006
|
Junior Lid |
|
|
SA paaie 'nie gevaarlik genoeg' vir 'n vuurwapen
01 Aug 2006 09:06:44:537PM - (SA)
Eduan Roos
Suid-Afrika se paaie is nié gevaarlik genoeg om 'n vuurwapen te hê nie -
ondanks verskeie dodelike aanvalle op motoriste regoor die land.
Sê het 'n Kempton Parkse man gehoor nadat hy einde verlede jaar om 'n
vuurwapenlisensie aansoek gedoen het.
As motivering vir sy aansoek op 29 Desember het mnr. Gerhard Marx (28), 'n
ouditeur wat daagliks na sy werk in Pretoria ry, gesê hy wil hom beveilig op
dié "gevaarlike paaie".
Op 14 Julie het Marx egter 'n brief van die sentrale vuurwapenregister
ontvang waarin sy aansoek afgekeur word, omdat hy - ingevolge die nuwe Wet
op die Beheer van Vuurwapens - "nie genoeg bewyse het" dat die land se
hoofweë gevaarlik is nie.
Marx kon glo ook nie motiveer waarom hy nie dié behoefte kan bevredig anders
as deur die besit van 'n vuurwapen nie.
Minstens vier motoriste is die afgelope maand vermoor en nóg vier deur
rowerbendes aangeval.
"Dit is belaglik," het Marx gesê. "Ná al my geld en moeite om eers bevoeg
verklaar te word en daarna aansoek te doen om dié lisensie, moet ek nou
hoor dat die paaie nie gevaarlik genoeg is vir my om 'n vuurwapen te besit
nie."
Marx het die vuurwapen, 'n .22-rewolwer, by sy pa geërf.
"Ek het in November 2004 aansoek gedoen om 'n bevoegdheidsertifikaat en
daarna vir die lisensie," het hy gesê.
Dir. Phuti Setati, nasionale polisiewoordvoerder, het by navraag erken dat
die land se paaie gevaarlik is, maar gesê aansoeke word "baie deeglik"
nagegaan en dat Marx teen die besluit mag appelleer.
"Daar kan verskeie redes wees waarom sy aansoek afgekeur is en hy het sê
lank gewag omdat daar doodseker gemaak moet word dat aansoekers in alle
opsigte bevoeg is om vuurwapens te hanteer," het Setati gesê.
"Daar is géén manier om vas te stel hoe lank dit sal duur sou hy appelleer
nie, omdat ons nie oorhaastig is om lisensies toe te staan of af te keur
nie - juis omdat dit sê noukeurig gedoen moet word."
Mnr. Martin Hood, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse
vuurwapeneienaarsvereniging (Saga), het gesê onvoldoende motivering word in
70% van alle aansoeke aangevoer.
"Om appèl aan te teken vat gewoonlik meer as twee jaar," het Hood gesê.
"In meeste van die gevalle word die appelle toegestaan - wat beteken dat die
polisie nie doen wat nodig is om landsburgers hulself te laat beveilig nie."
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: SA paaie 'nie gevaarlik genoeg' vir 'n vuurwapen [boodskap #110905 is 'n antwoord op boodskap #110903] |
Do., 03 Augustus 2006 15:09   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Groot vraag is, hoe gaan jy weet hy's by jou as jy aan die slaap is?
Gewoonlik gaan die mense se alarm af en wys by die sekuriteitsfirma dat daar
'n probleem by een van sy kliënte is, maar jy in die huis, wat maak jy
gedurende die reaksietyd. Gaan koop vir jou so 'n paar 'ding-dong'
klokkies en installeer dit op pad na jou slaapkamer toe sodat die klokkie
raas as iemand in die huis beweeg.......of vra die sekriteitsouens om ekstra
'ogies' te koppel op plekke en dit herlei na die klokkie toe in jou kamer.
Dis net om 'n vroegtydige waarskuwing te kry van mense wat jou plek betree
en jou kans te geen om daai rollie uit die kassie te haal. So nie, kom
skiet die ou joumet jou eie rollie vrek in die bed.
NS: Moet net nie in die bed skeit as daai klokkie skielik in die nag
afgaan nie!!!
"mon" skryf in boodskap news:dzmAg.942$GO4.111726@phobos.telenet-ops.be...
> Ek stem saam met jou,snags slaap my S&W .357 in my nagkastjie
>
> "Suidwester" schreef in bericht
> news:8oqdne-ABuOGI0zZnZ2dnUVZ_tOdnZ2d@is.co.za...
>> Ek dink weer 'n ou is so weerbaar as wat jy wil wees. Deur bloor net 'n
>> vuurwapen in die kar te hê, sal niks help bloot net omdat dit daar is
>> nie. Jy moet self wakker wees en gereed wees om dit te gebruik as die
>> nood ontstaan. Dis ongelukkig ook net hier waar selfverdediging
>> gewoonlik platval want die slagoffers wil sonder sorge 'tra-la-la' deur
>> die lewe. Die dra van 'n vuurwapen bring verantwoordelikhede. Die
>> polisie is ook nie juis aan die kant van iemand wat skiet om homself te
>> verdedig nie. Ek sal egter steeds verkies om my kant van die 'saak te
>> stel' met 'n vuurwapen teenoor my aanvaller, eerder as om om te rol sodat
>> hy maar kan vat wat hy wil. Na die tyd moet jy saam met jou eie ek leef
>> en as jy oorgee, wéét jy jy is 'n lafaard en dit kan vir mense van
>> karakter veel erger as die dood wees.
>> Ek dink nie ek stem saam met jou swart-teorie nie. 'n Misdadiger
>> wat roof, roof omdat hy goed wil hê wat hy kan verkoop vir geld. Die
>> polisie klink vir my deesdae ook maar kakkerig oor die algemeen......
>> "Deneile" wrote in message
>> news:easd49$quh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ek kom nogal heel goed oor die weg sonder 'n vuurwapen in my kar! Die
>>> ouens bele te veel valse hoop in 'n skietding en dan dink hulle, hulle
>>> is "Untouchable". Die ouens sien dan reeds kans vir jou omdat hulle
>>> agter jou vuurwapen is. Kyk hoeveel poliesiemanne word uitgeroep net om
>>> van hul dienspistole beroof te word!
>
|
|
|
|
| Re: SA paaie 'nie gevaarlik genoeg' vir 'n vuurwapen [boodskap #110906 is 'n antwoord op boodskap #110905] |
Do., 03 Augustus 2006 17:55  |
mon[1]
Boodskappe: 11 Geregistreer: Junie 2006
|
Junior Lid |
|
|
Reel 1_sluit die deur van jou slaapkamer en ook andere binnedeure voor jy
gaan slaap
Reel 2_Soos jy sê,installeer een paar eenvoudig dinge wat kan lawaai maak
Reel 3_an enigiemand probeer die slaapkamer binne te dring,skiet drie a vier
koels op die deur
Nota: ons slaap op die tweede verdieping wat binnedring bemoeilyk
My S&W http://www.madogre.com/images/sw696.jpg
My Fn browning 9mm http://www.greatnortherngunsak.com/images/Bro_hp_prac.JPG
" Colt ace .22
http://www.sightm1911.com/1911pix/historic/Colt_Ace_Olympic_ 300.jpg
"Suidwester" skryf in boodskap news:hsWdnV-HQdmTnk_ZnZ2dnUVZ_o6dnZ2d@is.co.za...
> Groot vraag is, hoe gaan jy weet hy's by jou as jy aan die slaap is?
> Gewoonlik gaan die mense se alarm af en wys by die sekuriteitsfirma
> dathttp://www.greatnortherngunsak.com/images/Bro_hp_prac.JPG daar 'n
> probleem by een van sy kliënte is, maar jy in die huis, wat maak jy
> gedurende die reaksietyd. Gaan koop vir jou so 'n paar 'ding-dong'
> klokkies en installeer dit op pad na jou slaapkamer toe sodat die klokkie
> raas as iemand in die huis beweeg.......of vra die sekriteitsouens om
> ekstra 'ogies' te koppel op plekke en dit herlei na die klokkie toe in jou
> kamer. Dis net om 'n vroegtydige waarskuwing te kry van mense wat jou plek
> betree en jou kans te geen om daai rollie uit die kassie te haal. So
> nie, kom skiet die ou joumet jou eie rollie vrek in die bed.
> NS: Moet net nie in die bed skeit as daai klokkie skielik in die nag
> afgaan nie!!!
> "mon" wrote in message
> news:dzmAg.942$GO4.111726@phobos.telenet-ops.be...
>> Ek stem saam met jou,snags slaap my S&W .357 in my nagkastjie
>> "Suidwester" schreef in bericht
>> news:8oqdne-ABuOGI0zZnZ2dnUVZ_tOdnZ2d@is.co.za...
>>> Ek dink weer 'n ou is so weerbaar as wat jy wil wees. Deur bloor net
>>> 'n vuurwapen in die kar te hê, sal niks help bloot net omdat dit daar is
>>> nie. Jy moet self wakker wees en gereed wees om dit te gebruik as die
>>> nood ontstaan. Dis ongelukkig ook net hier waar selfverdediging
>>> gewoonlik platval want die slagoffers wil sonder sorge 'tra-la-la' deur
>>> die lewe. Die dra van 'n vuurwapen bring verantwoordelikhede. Die
>>> polisie is ook nie juis aan die kant van iemand wat skiet om homself te
>>> verdedig nie. Ek sal egter steeds verkies om my kant van die 'saak te
>>> stel' met 'n vuurwapen teenoor my aanvaller, eerder as om om te rol
>>> sodat hy maar kan vat wat hy wil. Na die tyd moet jy saam met jou eie
>>> ek leef en as jy oorgee, wéét jy jy is 'n lafaard en dit kan vir mense
>>> van karakter veel erger as die dood wees.
>>> Ek dink nie ek stem saam met jou swart-teorie nie. 'n Misdadiger
>>> wat roof, roof omdat hy goed wil hê wat hy kan verkoop vir geld. Die
>>> polisie klink vir my deesdae ook maar kakkerig oor die algemeen......
>>> "Deneile" wrote in message
>>> news:easd49$quh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Ek kom nogal heel goed oor die weg sonder 'n vuurwapen in my kar! Die
>>>> ouens bele te veel valse hoop in 'n skietding en dan dink hulle, hulle
>>>> is "Untouchable". Die ouens sien dan reeds kans vir jou omdat hulle
>>>> agter jou vuurwapen is. Kyk hoeveel poliesiemanne word uitgeroep net
>>>> om van hul dienspistole beroof te word!
>
|
|
|
|