Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dag - 'n kort besoekie

So., 04 Februarie 2001 20:09

Goeienaand. Het hier ingeloer sowat 3 jaar gelede. Die rede vir my vlugtige
besoek is 'n grappie wat ek nie in die ander nuusgroep waar ek aan behoort
kan vertel nie. Dit sal geheel en al verlore gaan. Ek weet ook nie of dit al
hier vertel is nie, maar dit is aan my vertel as 'n ware storie. Vir al wat
ek weet is dit 'n streekstorie ( urban legend)
Afrikaanse skool. Kinders ken net Afrikaans ( moet 'n ou grappie wees).
Engelse klas. Onderwyser vra vir Jannie om 'n sin te maak met die woorde
attack en quarrel daarin.
Jannie: Last Saturday I went to the winefarm. I pick a tack from the
grapetree, and eat the grapes quarrel for quarrel:)))
--
ann...@ctnet.co.za
Rooiwyn liefhebber..

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dag na 'n jaar of wat

Sa., 03 Februarie 2001 23:51

Dagse

Ek het gedink ek sal gou inloer na 'n jaar of wat se afwesigheid.
Ek is bly om te sien die groep is nog net so hard aan die praat,
gesels, redeneer, redekawel, argumenteer, skel en wat nie al.

Ek sien Gloudina is maar nog steeds die vliegwiel van hierdie
enjin. Hou van haar of haat haar, sy is die ultimate ng survivor.
(Hallo doudie, jy sal een van die min wees wat my onthou. Miskien
Leswin ook - 'propacem' as ek reg onthou.)

Ek kon my oë nie glo dat iemand nog steeds / alweer daardie
onnosel-arrogante (en kwetsende) ding plaas oor die petrol joggie
se Afrikaans en Engels pratery. Liewe hemel mens, beweeg
vorentoe.

Groete

Bees, AAA
Alberta, Kanada

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Weet julle dit ?

Sa., 03 Februarie 2001 22:45

'n Disting is 'n wonderlikke ding !

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Die enkelbytende keffer (vol1) to be continued....

Sa., 03 Februarie 2001 20:56

On Sat, 03 Feb 2001 19:23:05 GMT, @home.com wrote:

> Dankie, Patrick. I aim to please.Ek lê elke dag, soos die koekkoek,
> eiers in hierdie nuusgroep
> en sien dan wat uitbroei. Somtyds kry ons 'n derde Boere-oorlog,
> somtyds ontbloot iemand ( soos Danielle) die leegheid onder die
> oppervlakte, somtyds (soos met Davie Davis) die leegheid onder
> die leegheid.
>
> Gloudina

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Gasteboeke

Sa., 03 Februarie 2001 19:55

Hi almal,
Kan ek julle asseblief `n guns vra.
Indien julle op `n webblad, veral in Afrikaans afkom wat `n gasteboek het
waar `n mens die briefies kan lees wat geskryf word oor die blad ens, wees
asseblief so gaaf en e-pos vir my die blad se URL.

Ek werk so bietjie statestieke van `n heel ander aard uit.

Baie dankie
Frikkie
rsa...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vir krokkie

Sa., 03 Februarie 2001 10:44

Haai krokkie

Ek kry deesdae so blerrie min tyd om op die net rond te hang, as jy my direk
email kan ons dalk daai html probleempie van jou uitgesort kry. Jammer ek
kan dit nie hier doen nie, maar ek's alweer oppad.

Groete
Elaine

--
Check out:
http://www.lost.co.za
http://www.webmagic.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

ek is lief vir Gloudina !

Sa., 03 Februarie 2001 10:29

Sy bring verskeidenheid, amusement, verskil van mening,

kontoverse. Kortom sy is 'n baie standvastige mens,

ek is lief vir haar insendinge en standpunte.

Gloudina, moenie ophou nie !

Patrick,

(van die Wes Europese ondersteuningsgroep "Gloudina moet bly")

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

koers

Sa., 03 Februarie 2001 07:11

drie swaeltjies draai nog en soek
hul koers in die lug
by die kerktoring weerhaan

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Liewers Konserwatief

Vr., 02 Februarie 2001 20:51

George hospitaal suig soos die res v/d provinsiale hospitale
........... niemand gaan na daardie hospitaal nie, jy moet down and
out wees, of oumens pensioen kry. Ek weet van mense wat lenings
gaan neem om eerder na die privaat hospitale Lambrecht kliniek
George of Bay View Hospitaal in Mosselbaai te gaan. Hoekom moes jy
die vroumens se brief aanhaal Dani, ( jy't my hele blerrie aand
ge-spoil)
Welaf! en sy laat haar mediese polis opskort? Met die ou
de klerk-botha-vorster regime kon sy dit bekostig. Sy is nie meer
welaf nie en sal dit ook nie erken nie, die eerste dinge wat gesny
word as die knyp kom is die luukshede. Ek sê nou, sy is arm soos
die res van
ons, arm geword deur die huidge regime wat die gans wat die goue
eiers lê se keel nou al afsny om te vreet. Ek wens die halfnaatjie
vroumens wil hier kom woon vir 'n jaar, sy
het nie 'n cooking clue wat hier aangaan nie, sy glo wat haar
"welaf" suster vir haar lieg, to keep up a good front or pose.
Seker bang haar ouer sussie sê sy is 'n apartheids-varksog, as sy
begin vertel hoe dit regtig in die kammaland gaan ............
BAH!!!
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Danielle skryf in boodskap news:9bgh7tosi18lkl1rbf78liq1gsesgkh1du@4ax.com...
: On Wed, 31 Jan 2001 13:32:49 GMT, @home.com kots die volgende
aborsie :
:
: >. My jonger suster ( taamlik welaf,
: >dwarsdeur die ou regime met 'n duur private
: >assuransie-polis) het onlangs haar gesondheids-
: >assuransie gekanselleer en gaan nou na die
: >staatshospitaal op George.

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

SA Magte Geselsgroep

Vr., 02 Februarie 2001 17:49

Indien hier enige Oud / Huidige Weermag / SAP lede is wat miskien belangstel
om saam met ons oor die goeie ou dae te gesels kontak my gerus direk.

Ons het heelwat Spesmag Lede en gesels ook alreeds met legendes soos Kol.
Wynand du Toit, Kmdt. Willem Ratte en vir die SAP manne, Brig. Beyl van
Verdrag en `n paar manne van Koefoet.

Beste weermag Groete
Frikkie
Ps: Geen politiek op groep en geen bulshitters nie asseblief.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1834): [ «    967  968  969  970  971  972  973  974  975  976  977  978  979  980  981  982    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 00:23:00 UTC 2026