Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Daniel Hugo (geb. 1955) - erediens

Ma., 18 Maart 2002 18:49

Daniel Hugo (geb. 1955)

erediens

die Here is in sy heilige tempel
spreek hy die votum eerbiedig uit
swyg voor Hom o ganse aarde - en buite
begin balhorig 'n bokmakierie fluit

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

President Krugers Cabinet?

Ma., 18 Maart 2002 16:16

Sorry if this is the wrong forum.
I am wondering if there is a website with a list of the members of
President Kruger's Cabinet? I'm looking for a reference to my great,
great oupa.
TIA,

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bankroof

Ma., 18 Maart 2002 09:09

Ek hoor daar is Saterdag by die Zimbabwiese Reserwebank
> ingebreek en oor 'n biljoen Zimdollars gesteel.
>
> Die polisie kan glo geen motief vir die misdaad vind nie.........

Kry dit van iemand anders - en dit is vir my baie snaaks.
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vir Norbert:

Ma., 18 Maart 2002 09:00

Norbert - terwyl jy nou so op hoogte daar onder is oor wat presies hier
aangaan - kan jy vir my laat weet wat hulle daar in Europa sê van Zimbabwe
se onmiddelike toekoms, en van Onse Prez wat nog steeds werk aan sy
toespraak ivm die Zimbabwiese uitslag?

Moet sê, hier dink ek ons beleef die stilte voor die storm.
Nou net oor die nuus: Eerste boer net buite Harare doodgeskiet deur
besetters.
Die storm het begin:((

Kan julle nie 'n lugbrug organiseer, om die arme mense te help wanneer hulle
ons land begin invlug nie?
Ons sal tog nie almal kan huisves en voed nie - en van werk praat ons nie
eers nie.
Organiseer 'n bietjie daar en kry 'n massiewe humanitêre aksie op die been.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Jammer Aantie

Ma., 18 Maart 2002 07:31

Steve het sy bes probeer om jou biltong deur doeane daar te kry - helaas
tevergeefs.:((
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

world broadcasting of your country

So., 17 Maart 2002 09:53

Hi, all

Can someone tell me the radio-freq. from the World-broadcasting of your
Country?

thx.
b.bruch
http://home.wanadoo.nl/hbruch

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

recepte gevraag!

So., 17 Maart 2002 08:26

Hello,

This dutch man, with a heart for South-Africa,
is looking for real south-African recepte.
Can anyone suggest (south-african) websites where I can find these?

M.v.g.
Xander Helmich
(reply by mail? please remove # from address)

Kos & resepte | 1 kommentaar

chillie

So., 17 Maart 2002 07:05

Hallo

Weet iemand nie van 'n lekker resep om chillies in te maak nie? Ek wil graag
die chillies opkook saam met tamaties , uie , groen pepers en ander
bestandele om 'n lekker chillie sous te maak wat ek kan bottelleer en wegsit
vir latere gebruik. Wat ek dus eintlik soek is 'n resep vir 'n warm sousie.

--
Carel

B.Ing.e , Pr Ing , Dip Datametrics

My webpages at http://mzone.mweb.co.za/residents/vdwestch/index.html

and at http://www.oocities.org/dirkie6/page1.html

Kos & resepte | 1 kommentaar

ek skud van die lag!

Sa., 16 Maart 2002 10:22

.:-})})})})})})
nuwe leesteken... ek skud van die lag!!!:-})})})})})})

kopiéreg DiDi@SAng2002

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Moeg!

Vr., 15 Maart 2002 20:37

Ek lees nou al vir 'n geruime tyd almal se bydraes op hierdie ng en ek hou
van almal se bydraes en veral wanneer Annette haar 'Nuusies" plaas - ek kan
nooit wag vir die weeklikse update nie!
Maar ek is nou moeg vir die Lastige Liddoring se siniese op- en aanmerkings.
En om dus enige verdere warm boordjies te vermy het ek die besluit geneem om
nie langer deel te hê aan hierdie ng nie.
Ek sal maar die dagblaaie lees en hoop dat ek 'n redelike objektiewe beeld
van die nuus in my land sal kan ontvang.
En glo my as ek sê dat ek wel die ng gaan mis, maar ek vind dit uiters
onregverdig om konstant uitgeskel te word as 'n swak wit Suid-Afrikaner.
Ek sal probeer om kortliks die redes uiteen te sit waarom ons onsself in
Ierland bevind:

Die grootste rede is, ons het twee kinders (6 en 4 jaar) vir wie die lewe
nog voorlê en SA kan nie in hul onderrig voorsien op hierdie stadium en
hulle voorberei vir volwassenheid nie.

Verder is my man 'n hoogs opgeleide, professionele persoon wat 'n
invloedryke pos beklee, 'n werk wat hom meer van my af wegneem en my dwing
om 'n alleenouer in die week te wees sonder die bystand en ondersteuning van
my wonderlike ouers, maar ek kla nie, want dit was immers ons keuse en ons
het heeltemal oop oë die geleentheid aangeneem.

Ek is Ierland baie dankbaar vir dit sy aan ons verskaf, ten minste leef ons
in veiligheid en kan ek slaap in die nagte wanneer my man nie by my isnie,
sonder twee handwapens onder my kopkussing.
Ek is en sal altyd dankbaar wees vir SA, dit is nog steeds my land en as ek
miskien 'n ouer persoon was sonder die belangrike taak van twee jong telgies
grootmaak, sou ek beslis gebly het, maar ek kan nie wag vir 'dinge' om te
verbeter nie, want my kinders gaan nie wag om groot te word nie en
uiteindelik wil ons as ouers opreg kan sê dat ons alles in ons vermoë gedoen
het om hulle vir die lewe toe te rus.

Verder glo ek dat daar 'n Plan is met ons hier, of dit nou is om 'n bydrae
tot Ierland maak of miskien op 'n ander wyse tot SA by te dra, wie weet?
Daar is 'n Rede!

Ek mis my land, ek mis my vriende, ek mis my familie en veral my ouers en ek
is ongelooflik spyt dat my kinders nie die voorreg het om hul oumas en oupas
te ervaar in hierdie hul belangrike vormingsjare nie.

Nou het ek my sê gesê, beslis toe nie kortliks nie! :-)
Hiermee sluit ek dus die hoofstuk af.

Groete
Patricia

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Bladsye (1835): [ «    779  780  781  782  783  784  785  786  787  788  789  790  791  792  793  794    »]
Tyd nou: Do. Jan. 15 21:45:56 UTC 2026