Het tannie nog koppies en pierings om uit te leen?
"A solid gold tea-set worth about R3-million, a gift from the British royal
family to the South African government in 1952, has been stolen from
Tuynhuys." - www.iol.co.za
Ek koop die Huisgenoot vir ma, en omdat ek dit koop, blaai/lees ek dit gou
deur voordat ek dit vir haar gee.
Van verlede week af is 'n nuwe redaktrise aan die roer, en haar hand kan
onmiddelik gesien word
Verlede week was daar 'n artikel oor 'n "slim" blonde advokaat en haar
"bates". Hierdie "slim" dame laat haar absoluut manipuleer deur haar
mansvriend, wat ook 'n advokaat is, en liggaamsboubedinges is.Dan ook die
aspris onnodige verwysing na die syblomme wat in die tuin geplant is.- glo
omdat daar nie tyd is om na regte blomme om te sien nie.
Hierdie week is dit 'n bietjie erger - Thereza Troskie - sjeim en foeitog-
al wat ek kan sê is dat daar in byna elke stelling wat daar gemaak word, in
dieselfde paragraaf soms, of verder aan, die eerste stelling weerspreek
word.
Ek is ook seker sy gaan binnekort 'n brief kry van iemand wat by die
Ontvanger werk.
Sou Huisgenoot die artikel vir goedkeuring aan die slagoffers voorlê voordat
dit geplaas word?
Die vraag is of Huisgenoot doelbewus van en op die spesifieke wyse van
hierdie mense skryf om reaksie van die lesers uit te lok, en of Huisgenoot
hulle mark skat as diegene wat net die strokiesprente lees, en nie kan
onthou wat van die een sin tot die volgende gelees word nie, of 'n algehele
gebrek aan begrip het van wat gelees word.
In die lig van bogenoemde, en omdat ek net bevrees is dit sal vorentoe net
al hoe erger en meer idioties -sensasiolisties raak, kan ek nie eers 'n
brief aan Huisgenoot skryf nie, want hulle sal heelwaarskynlk uit pure
vermaak die brief plaas - en daar sal mense wees wat sekerlik dit verkeerd
sal vertolk dat ek jaloers is op die twee dames in die artikels.
'n Meer verkeerde aanname kan daar nie wees nie.
Om die waarheid te sê, ek kry die twee betrokke dames jammer, omdat hul
gebrek aan oordeel so uitgebasuin word.
Dit gaan vir my meer dat Huisgenoot vir my, as potensiele leser, so
geringskat.
Nou sal ek maar die Huisgenoot vir ma koop, en dit dadelik wegsit in 'n
bruin papiersakkie totdat ek dit vir haar gee - net soos die ouens wat op
straat uit 'n bottel drink wat nog in 'n bruin papiersak toegemaak is:))
Het ons Ferdi nou wragtag weer loop nonsens soek op 'n ander NG en dit
saamgetrek na ons toe! Leer die arme siel nie?!
"Reginald Bosanquet" skryf in boodskap news:72335186.0204081908.18a76146@posting.google.com...
> add...@not.for.you (Ferdi Greyling) wrote in message news:...
>> On 31 Mar 2002 11:38:15 -0800, Reginald...@yahoo.ca (Reginald
>> Bosanquet) wrote:
>>
>> > NG.
>>> Farmers murdered, women raped, land plundered, uncontrollable AIDS,
>>> famine, rampant racism by people like Mugabe and the ANC. Sounds like
>>> nirvana to you. LOL! You fool.
>>
>> The point is you are as big a racist as Bob.
>
>
> Bob Mugabe is the black Hitler. Ferdi Geryling is a big supporter of
> the black Hitler.
DEN HAAG - ,,Nederland is als gastland op 1 juli klaar voor het
Internationaal Strafhof.En als de internationale gemeenschap het wil is er
ook een team om bewijzen van oorlogsmisdaden in ontvangst te nemen, te
registreren en op te slaan. Al komen ze met duizenden dozen materiaal.''
Daar is mos die gesegde dat daar niks nuut onder die son is nie.
Maar daar is.
Dinge verander mos, gesindhede en uitkyke verander, en wat reg en toepaslik
was 50 jaar gelede is vandag soms nie meer geredelik aanvaarbaar nie.
Dit is seker daarom dat ek so 'n gly vang as mense vandag se probleme en
gebeure aanspreek of bespreek, en optredes van die jare toet word as
voorbeeld gegee van hoe ek vandag behoort te dink of op te tree. Strooi in
my opinie - maar dit kan wees dat dit net ek is wat so dink.
Mens pas toe vandag wat mens uit die verlede kan neem as 'n riglyn, maar in
die meeste gevalle is identiese optrede of gedrag net pleinweg te
onprakties.
Nou waarmee is ek nou al weer besig word gesug:
Ek lees die naweek van Wyle Leslie Rubin - 'n man wat 'n doring in die vlees
was van Onse Dokter Verwoerd.
'n Man wat met 'n vlymskerp humorsin en sarkasme, enigiemand behoorlik op
hul plek kon sit sonder om 'n vuis te lig.
Eendag, in die parlement, terwyl hy besig was met 'n toespraak, toe daar uit
die NP geledere skuinsweg hom toegesnou word dat hy 'n Jood is, was sy
antwoord:
Meneer die President. Ek is 'n Jood. En terwyl die agbare lid wat daardie
opmerking gemaak het se voorouers nog brutale barbare was iewers in Europa,
was my voorouers priesters in die Tempel van Solomo.
Goed gesê, dink julle nie so nie?
Maar Tony Leon sal dit nie in ons parlement kan sê nie, nog minder kan die
Israelies van vandag dit gebruik as rede vir hul optrede in die Palestynse
gebiede.
En alhoewel dit waar is, sal so 'n stelling deesdae as baie arrogant beskou
word as 'n opmerking , terwyl dit in 1959 glad nie so beskou was nie-
inteendeel, almal het gedink dit was 'n baie gevatte opmerking.
In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
besluitnemer en leier van sy mense.
Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie sal ek
nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die persoon
en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
toelaat nie.
Daar is blykbaar nou 'n tipe van 'n Kook en Geniet beskikbaar op
www.food24.co.za
Behalwe vir die die gewone manier om die 13500 resepte op te soek, kan mens
glo ook in tik wat jy beskikbaar het, en die resepte wat daardie bestanddele
bevat sal aangetoon word.
Dit kan ook resepte aanpas by die hoeveelheid gaste wat jy wil onthaal.
Annette
Wat dink julle - is dit wat Mnr Wakeford gedoen het , wat hy as sy plig as
'n patriotiese Suid Afrikaner beskou, reg - of gaan hy 'n absolute boks
verder van homself maak?