Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Reginald Bosanquet speaks from the abyss - Mugabe = Hitler

Di., 09 April 2002 06:18

Het ons Ferdi nou wragtag weer loop nonsens soek op 'n ander NG en dit
saamgetrek na ons toe! Leer die arme siel nie?!

"Reginald Bosanquet" skryf in boodskap news:72335186.0204081908.18a76146@posting.google.com...
> add...@not.for.you (Ferdi Greyling) wrote in message news:...
>> On 31 Mar 2002 11:38:15 -0800, Reginald...@yahoo.ca (Reginald
>> Bosanquet) wrote:
>>
>> > NG.
>>> Farmers murdered, women raped, land plundered, uncontrollable AIDS,
>>> famine, rampant racism by people like Mugabe and the ANC. Sounds like
>>> nirvana to you. LOL! You fool.
>>
>> The point is you are as big a racist as Bob.
>
>
> Bob Mugabe is the black Hitler. Ferdi Geryling is a big supporter of
> the black Hitler.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Midnight in the Realm... all is quiet

Ma., 08 April 2002 23:18

Quintin:
Jis Q

Q:
Hallo ou maat, hoe gaan dit?

Quintin:
Goed makker, en jy?

Q:
Kla nie... stil vanaand.

Quintin:
Ja, die mense is almal bed toe. Wat maak jy?

Q:
Nee oom Leeu, ek sit maar hier, eet 'nannas en praat kaai met die ander
diere. En jy?

Quintin:
Ek probeer 'n paar gedigte onthou van die ou dae af. Maar ek het nie meer my
Groot Verseboek nie.

Q:
Whoa, dis bad. Wanneer ek so voel, dan maak ek sommer my eie weeregawes van
gedigte op.

Quintin:
Dem, dis 'n goeie idee... wat van:
"Hoe koud is die windjie en skraal"

Q:
Hanou, ou wa...

Quintin:
Was fout?

Q:
Is dit die real mcoy of die een van die bul en die koei?

Quintin:
Erhm...

Q:
Nee man, kinners kan mos hierdie goeters lees...

Quintin:
Sorry boet... wat van:
"Dis donke donker middernag"

Q:
Ja, hy's olraait.

Quintin:
Oukay...
"Nader sluip die Zoeloe mag"
"Kyk hoe blink die assegaaie"

Q:
En die res?

Quintin:
Nee, ek weet nie... dink hy stop daar.

Q:
Dis maar 'n kaai versie jong.

Quintin:
Oukay, wat van:
"Opgevoer en dik gemoer deur Quintin van Zyl"

Q:
Klink goed

Quintin:
Lus vir nog?

Q:
Nee, ek gaan nou 'n Google soektog doen.

Quintin:
Waarop?

Q:
Weetie, sal jou later sê.

Quintin
Oukay, ek sien jou later.

Q
Baai

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Internationaal gerechtshof

Ma., 08 April 2002 11:43

quote : http://www.nd.nl/htm/nieuws/nart.htm

DEN HAAG - ,,Nederland is als gastland op 1 juli klaar voor het
Internationaal Strafhof.En als de internationale gemeenschap het wil is er
ook een team om bewijzen van oorlogsmisdaden in ontvangst te nemen, te
registreren en op te slaan. Al komen ze met duizenden dozen materiaal.''

grt emmy

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Nuut onder die Son

Ma., 08 April 2002 07:28

Daar is mos die gesegde dat daar niks nuut onder die son is nie.
Maar daar is.
Dinge verander mos, gesindhede en uitkyke verander, en wat reg en toepaslik
was 50 jaar gelede is vandag soms nie meer geredelik aanvaarbaar nie.

Dit is seker daarom dat ek so 'n gly vang as mense vandag se probleme en
gebeure aanspreek of bespreek, en optredes van die jare toet word as
voorbeeld gegee van hoe ek vandag behoort te dink of op te tree. Strooi in
my opinie - maar dit kan wees dat dit net ek is wat so dink.

Mens pas toe vandag wat mens uit die verlede kan neem as 'n riglyn, maar in
die meeste gevalle is identiese optrede of gedrag net pleinweg te
onprakties.

Nou waarmee is ek nou al weer besig word gesug:
Ek lees die naweek van Wyle Leslie Rubin - 'n man wat 'n doring in die vlees
was van Onse Dokter Verwoerd.
'n Man wat met 'n vlymskerp humorsin en sarkasme, enigiemand behoorlik op
hul plek kon sit sonder om 'n vuis te lig.
Eendag, in die parlement, terwyl hy besig was met 'n toespraak, toe daar uit
die NP geledere skuinsweg hom toegesnou word dat hy 'n Jood is, was sy
antwoord:
Meneer die President. Ek is 'n Jood. En terwyl die agbare lid wat daardie
opmerking gemaak het se voorouers nog brutale barbare was iewers in Europa,
was my voorouers priesters in die Tempel van Solomo.

Goed gesê, dink julle nie so nie?
Maar Tony Leon sal dit nie in ons parlement kan sê nie, nog minder kan die
Israelies van vandag dit gebruik as rede vir hul optrede in die Palestynse
gebiede.

En alhoewel dit waar is, sal so 'n stelling deesdae as baie arrogant beskou
word as 'n opmerking , terwyl dit in 1959 glad nie so beskou was nie-
inteendeel, almal het gedink dit was 'n baie gevatte opmerking.

In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
besluitnemer en leier van sy mense.
Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie sal ek
nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die persoon
en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
toelaat nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

O Koek!! Dis snaaks!!

So., 07 April 2002 21:56

Daar is selfs iets spesiaal vir Die Plaasvark by die snekseksie))

You have to see this site. I loved the 'snack' section .
http://www.engrish.com/

Annette

Humor & grappe | 4 kommentare

kook en geniet

So., 07 April 2002 21:33

Daar is blykbaar nou 'n tipe van 'n Kook en Geniet beskikbaar op
www.food24.co.za

Behalwe vir die die gewone manier om die 13500 resepte op te soek, kan mens
glo ook in tik wat jy beskikbaar het, en die resepte wat daardie bestanddele
bevat sal aangetoon word.
Dit kan ook resepte aanpas by die hoeveelheid gaste wat jy wil onthaal.
Annette

Kos & resepte | 2 kommentare

Om te Wykvirt

So., 07 April 2002 21:26

Wat dink julle - is dit wat Mnr Wakeford gedoen het , wat hy as sy plig as
'n patriotiese Suid Afrikaner beskou, reg - of gaan hy 'n absolute boks
verder van homself maak?

Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Waarom?

So., 07 April 2002 15:29

Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
bewys dat dinge sleg gaan.

Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...

-Gids-

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Hallo

So., 07 April 2002 12:13

Aangename kennis.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

weggesteekte bladsy op ....

So., 07 April 2002 10:46

Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    771  772  773  774  775  776  777  778  779  780  781  782  783  784  785  786    »]
Tyd nou: Do. Jan. 15 18:50:53 UTC 2026