Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nepad

Ma., 15 April 2002 09:18

Ek hoor Onse Prez het besluit om nie die Nepad kongres by te bring nie - kan
nie eers onthou waar nie - maar wil liewers teenwoordig wees by die finale
afsluiting ( uiteindelik) van die Kongolese se kongres in Sun City.
Lyk my Nepad is net belangrik as dit Onse Prez pas?
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

onskillig, antie.

So., 14 April 2002 17:17

hellou my antie,

na driehonnertenvyftag jaar is die kaap weer hollans antie. so sê my
pa nalat jats hartsenberg gesê het oom wouterjie is onskillig van
allie goed waarvan hy beskillig is. my pa sê hy is bly lat die hof nog
die hoogste gesag innie land is en lat hy hom nie moet laat ly deur
die soesijale gevoel soos wat oom tim vannie koerant gesê het toe oom
nelson moes hof toe gaan vir oom loeis lyt nie.

weet antie lat die staatsaanklaers vir jats hartsenberg gevra het om
na die saak te kyk soos wat 'n jurie sou maak. toe sê die jats hille
moenie mal wees nie want 'n jurie het ook na oom oujy simpson se saak
gekyk. ma' my pa sê wat hom warrie is lat veldmaarskalk smuts
inkomjama sê lat die ytspraak 'n bespotting maak van versoening.
veldmaarskalk smuts is 'n grootkop innie a-en-see antie en my pa sê hy
wonner of die a-en-see in die regering se howwe glo. oom hansie vannie
pênnelbieters sê miskien is die a-en-see jys die moer in virrie howwe
omlat die hof gesê het hille moet nevverapien virrie yds mammies gee.
en allie tyd sê hille nog nevver.

ma' miskien is veldmaarskalk smuts reg antie ma' hy praat yntlik
vannie wraak en versoenings koemissie wat perdalks 'n verspotting was.
my pa sê da' wassie ondervraging onner die krys soos inne hof nie en
elkeen kon sy eie strooistorie gaan virtel terwyl biskop toetoe sit en
hyl. soos die ou op potgietersrus wat nou mokopane is wat gesê het die
koemmandoe lede het hom gedwing om sy eie strooi op te vreet. toe kry
die premier vannie noordelike provinsie wat nou limpoepoe is hom so
jammer lat hy vir hom geld gee. ma' onner onnervraging vannie krys sê
hy hy het strooi gepraat oor die strooi.

ma' my pa sê wat hy nie hard wil sê nie is lat die ytspraak vannie hof
oor oom wouter dalk nog deel is van negentienvierennegentig se
onnerskikte handeling. my pa sê hy dink oom wouter weet goed wat
handig kan wees vir oom taboe se regering soos wat dit was vir oom
peewee sin. het antie al ooit gewonner hoekom biskop toetoe vir oom
peewee eers hof toe gevat het om vorie koemiessie te kom getuig toe
die koemiessie oor was.

my pa sê ek moet vir antie vra of antie weet wanner koning dawid en
die fillistyne een dag 'n onderskikkende handeling sal hê en of antie
geld daarop sal wet.

koebaai antie

hennerietjie (dink antie koning dawid werk nog aan die lobola wat hy
vir mikal moes betaal)

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nederburg Veiling

So., 14 April 2002 07:00

Gister het die Nederburg Wynveiling weer plaasgevind.
Die drie grootste kopers was supermarkgroepe Spar, Makro & Pick & Pay.
Chardonnay was die die wyn waarin die meeste belangstelling was. Avontuur
1999 Chardonnay Reserve het R1250 per kas gehaal.
In teenstelling was daar min belangstelling vir Chenin Blanc - Old Vines
1997 Chenin Blanc het glad nie 'n bod gekry nie - en die meeste ander
Chenin Blancs het net die insetprys van R360 per kas gehaal.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels)

Sa., 13 April 2002 20:53

Kry toe die volgende in die pos...

"First, I must solicit your strictest confidence in this transaction. This
is by virtue of its nature as being utterly confidential and "top secret".
We are top officials of the Federal Government Contract Review Panel who are
interested in importation of goods into our country with funds that are
presently trapped in Nigeria. In order to commence this business, we solicit
your assistance to enable us transfer into your account the said-trapped
funds.

The source of the fund is as follows: During the regime of the last Military
transitional government of Gen. Abdulsalami Abubakar, government officials
set up companies and awarded themselves contracts which were grossly over
invoiced in various ministries.
The present democratic government of President Olusegun Obasanjo set up the
Contract Review Panel and we have identified a lot of inflated contract
funds that are presently floating in the Central Bank of Nigeria ready for
payment. However, by virtue of our position as civil servants and members of
this panel, we cannot acquire this money in our names. I have therefore been
delegated as a matter of trust by my colleagues in the panel, to look for an
oversea partner into whose account we would transfer the sum of
US$31,320,000.00 (Thirty-One Million, Three Hundred and Twenty thousand
United States Dollars) in which we hope to use in purchasing Agro Allied
equipment, and to enable us to own properties and invest in the stable
economy of your country. Hence, we are sending you this email message. We
have agreed to share the money thus:

1. 20% for the account owner (you)
2. 70% for us (the officials of the CRP)
3. 10% to be used in settling taxation and all local and foreign expenses."

Lyk my die Nigeriese regering wil graag vir my $6,264,000 gee. Hoe
vriendelik... en ek ken die mense skaars.

Wie 'dare' my? Maar onthou, julle mag vir niemand vertel nie, want hierdie
is hoogs geheim... belowe!

Q

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Hoeveel Rande???

Sa., 13 April 2002 20:34

die samekoms by Sun City gaan nog steeds aan. Iets in die 100 is
nou terug van waar 'ever' hulle kom.
Wie kan sê wat dit nou al kos om die spul daar aan die lewe te
hou en WIE BETAAL Sun City se rekening?
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Nuus uit Luanda - Louw
Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nuwe Afrikaanse CD's

Sa., 13 April 2002 10:56

Wat ons binnekort behoort te kan sien.

Steve: Bop saam met die Engeltjies en ander vredeliewende songs.

Patricia: Meer as net my hare, my lyfie en ek.

Dozi: Dozi sing op die Duzi

Karike: Kleuterliedjies

David Kramer: Anner Hotelle, Anner Mense

Nataniël: Glimlaggend deur die Lewe

Karin Hougaard: Kaalvoetluisterliedjies

Randall Wicomb: Grys

Kurt Darren: Maai heart se geheimes and fansters.

David Butler: Kitaar

Amandla: Soen my maar

Laurika: Laurika sing van die dorsmasjien en ander implemente.

Annette

Musiek & liriek | 6 kommentare

Vinnige Visdis

Sa., 13 April 2002 05:26

Kan snoek of tuna gebruik:

2 blikkies tuna
1 koppie rou noedels, gekook
2 koppies melk
2 eiers
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 koppie gerasperde kaas
( 1/2 koppie mayonaise - opsioneel)

Meng alles saam.
Bak by 180F vir 35min.
Of soos ek - in mikrogolf totdat die eier gaar en gestol is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kan iemand help, asb?

Vr., 12 April 2002 20:02

Hoe spel mens:

"goeienaand"

"goeie middag"

"goeie môre"

Is dit reg so?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vleisvragie

Vr., 12 April 2002 19:53

Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
smaak tussen perd en donkie.

Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
Ek hou van boerbok, maar my ma sê sy kan nie so baie daarvan eet soos lam
nie.
Annette

Kos & resepte | 46 kommentare

BAIE GELUK WOUTER BASSON !!

Vr., 12 April 2002 19:17

Jy was vals beskuldig en deurgaans het jy die wat jou beswadder het, met 'n
glimlag in die oë gekyk. Waarom? Jy het geglo in jou onskuld. Miskien is
jou probleme nie heeltemaal opgelos nie. Moontlik gaan die magte van die
duister en haat en nyd nie sommer lê nie.

Dis nie die Swart gemeenskap nie. Hulle is maar bloot reaksionêr en laat
hulself opstook.

Die wat jou met soveel oortuiging haat beskryf jou nie as 'n persoon nie
maar as 'n simbool van Afrikaner-onderdrukking en wreedheid. Maar hulle
LIEG! En hulle sal met hul heksejag aangaan tot in lengte van dae. As jy
aan die pen sou ry is dit maar net nog 'n spyker in die Afrikaner se
doodskis.

Ek wag vir u boek op u baie interesante lewe.

Nogmaals geluk!!!

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Bladsye (1835): [ «    768  769  770  771  772  773  774  775  776  777  778  779  780  781  782  783    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 16 09:46:47 UTC 2026