Reg oor die land het poespas die mense verstom
Selfs ook dié wat met geleerde woorde regkom
Dat so `n rein mooi woord nou verdag kan klink
`n Deurmekaarspul met `n sindelike rinkink
Prof Elize Botha praat met gesag oor ons taal
Stellenbosch se kanselier sal hiermee nooit faal
Sy sê as poespas jou laat dink aan `n gat of riool
Behoort jy jou ook te onstel oor die "tool" in pistool
Dit laat my dink aan daardie Hollandse gids
Wat met sy toerlede in Suid-Afrika rondrits
Sê hy vir hulle : "Hierdie taaltjie is leuk maar pasop
Hier is wel `n paar woorde wat jou baie lelik fop
"So het ek geleer, een doos is effe verdag
Praat liewers van `n boks of die boere gaan vir jou lag
En kat- of ander telers moet hulle daarmee versoen
Julle Hollandse fokkers, moet dit hier nooit nie noem
"Veral in kombinasie met `n Hollandse kat
Sê dit vir `n Afrikaanse en hy maak homself nat
So versigtig vir die taaltjie, al is hy baie leuk
Die woorde het hier `n ander klank en reuk
ek wonder of die res van europa nou ook gaan vra om alles te
boikot uit frankryk siende dat le pen nou ook goed doen soos die
kêrel destyds van oostenryk.
ek wag nog net vir die v.b. in belgië
ik kom uit belgi� (waar men vlaams spreekt) en moet een presentatie geven
over de verschillen en gelijkenissen tussen het nederlands en het afrikaans.
Zou er iemand zo vriendelijk willen zijn om mijn (korte) inleiding vlug even
te vertalen naar het zuid-afrikaans ? Ik zou u heel erg dankbaar zijn, (als
je de voorlaatste regel met die spreekwoorden niet kunt vertalen, mag je
deze gerust overlaten ... )
Pieter
------------------------------------------------------------ ----------------
------------------------------------------------------------
Beste medestudenten,
Vandaag zouden wij jullie graag iets bijleren over de verschillen en de
gelijkenissen tussen het zuid-afrikaans en het nederlands. Zoals jullie
kunnen horen, zijn deze talen heel erg verwant aan elkaar. We leggen jullie
van naaldje tot draadje uit hoe de vork aan de steel zit. Maar niet in het
afrikaans, omdat we de taal ook niet echt machtig zijn.
Dis M. Shuttleworth in Russies.
Hy gaan Donderdag saam met 'n Italianer en 'n Rus die ruimte invaar.
Geskiedkundige oomblik - die eerste persoon van Suid Afrika wat 'n
ruimtereisiger is.
Hy het self vir alles betaal vir hierdie voorreg.- R208 miljoen.
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Boer Koos se vrou :-
" Ek dink nie ons moet meer toelaat dat ons Sarie en jong Jan van die
buurplaas elke dag gaan perdry nie."
Koos:" Hoekom nie?"
KsV:" Want gister toe hulle terugkom, was hulle meer uitasem as die perde."
" Koos, kan jy Hollands praat?"
" Ek weet nie. Ek het nog nooit probeer nie."
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Julle wou geweet het waarom ek 'n rusie het met Annette. Wel, dis baie
eenvoudig: sy het me arrogant genoem, ek sou idiotiese opmerkings maak
en ek het ook gesien sy gaan me verraai by andere mense. Nie me styl
nie!
Ek hou meer van Gloudina as van Annette. Gloudina verdedig konsekwent
se mening en het 'n ongelooflike omvattende akademiese kennis.
Bowendien is Gloudina 'n mens wat ook menslik is wat ook die agtersy
van die SA medalje bekyk en nie probeer om dit weg te moffel nie.
Annette, met se eindelose reeks van artikele, vra slegs voortdurend
aandag vir se eie en sy pap aan met alle mannes op hierdie nuusgroep.
Ek glo sy is op soek na 'n vryer, miskien verkieslyk een met geld. Sy
sou beter na alt.romance gaan want die bierkaai waar 'n mens moet teen
veg op soc.culture.afrikaans is al groot genoeg! Voilà, me genitalie
is nie in die brand geskiet maar dis wel die wind wat ek afgelaai het
verlede week.
Ek wil julle sommer iets vertel, sonder dat dit nou weer n rasse storie
word.
Saterdag toets ons die "nuwe" Audi op die langpad. Ons ry deur die mooie KZN
se Noordelike dele al kronkelend vanaf Dundee na Greytown. Ons stop by
Rorke's Drift om daar by die Museum meer te wete te kom van die Zoeloe
oorloë. En dit is hier wat die kriewels in my hart begin roer. Die museum
toon alle tekens van erge verval. Op die terrein is n paar pragtige ou
huise maar hulle staan verwaarloos in hulle vervloë glorie. Oral is die
gras te lank en mens sukkel om op die terrein te beweeg. Die
aanwysingsbordjies is vaal en amper nie sigbaar nie. Op die terrein staan
ook n "wat-een-was" pragtige ou sendingkerkie. Dit is nou verwaarloos en
aan verval blootgestel. Vensters word met groterige klippe toegehou maar
binne in die kerk staan n pragtige hout preekstoel. Vanaf die dak hang
kandelare van hout waarop kerse gemonteer kan word. Van kerse is daar
natuurlik nie sprake nie.
Rorke's Drift is n Zoeloe gemeenskappie. Oral lê die zoeloes rond en bak in
die son. Eet slaptjips en drink Coke en gooi daai papiere en bottels oral
neer. Kou kougom uit n plaaslike winkeltjie en smyt die papiere neer.
Met die ongemak in my binneste, ry ons verder.
By die Tugela Faerie word ons begroet met die ongelooflikste gesig! Nie een
wat jou asem in wonder wegslaan nie maar een wat die kriewel in jou hart
losruk! Oral staan mense en verkoop hulle ware op straat. Tussendeur veg
die bokke en honde vir stukkies afval. Een verkoopman verkoop vars vleis op
die binnekante van n kartonboks wat hy platgedruk het. Effens laer af vreet
n hond die laaste vleis van so n winkelrak. Bokke 'steel' die koolkoppe van
n ander winkeleienaar en dié jaag hom agterna. Maar as hy sy rug draai
beweeg die res van die trop in.
Dit is n miernes van bedrywighede en almal skree en praat tegelyk. Bokke,
honde en mense beweeg oor die pad en mens besef dat karre hier geen voorrang
op n pad geniet nie. En skielik onthou ek en manlief hoe ons n paar jaar
gelede hier verbygery het en hoe trots dieselfde mense hul ware verkoop het.
Hoe netjies hul ware verpak en uitgestal was. Dat hulle in tradisionele
drag gesit en hulself met handwerk besig gehou het. En ek besef dat die
lewe ook vir hulle verander het. Dat hul lot ook n hartseer lot geword het.
Maar my hart pyn oor die mooi omgewing wat oral tekens van erosie toon.
Erosie wat veroorsaak word deur oorbeweiding. Oorbeweiding wat deur
hongersnood veroorsaak word en hongersnood wat deur oorbevolking veroorsaak
is.
Ek maak nie verskoning vir hierdie verslag nie. Hierdie is die realiteite.
Maar hierdie is ook my land. Ek het nie deel gehad in die politieke foute
van die verlede nie en ek het nêrens om heen te gaan nie. Maar dit beteken
nie dat ek goedsmoeds wil toekyk hoe alles om my aan die verval is nie . . .
Greytown is n pragtige ou dorpie en herinner my aan soortgelyke dorpies wat
ek n jaar gelede met my Kaapse vakansie saam met my vriendin besoek het.
Dit lê knus tussen die berge en is stil. Daar sien ons n pragtige kerk met
n ou wêreldse weerhaan op die koepel! Maar wat hierdie dorpie anders maak
as die Kaapse dorpies, is die aanwesigheid van zoeloemense wat ook hier oral
hul ware op straat verkoop en die indruk van slordigheid skep.
Ons ry terug Newcastle toe maar kies die binnepaaie. Van ons land se
mooiste natuurtonele is op hierdie binnepaaie te sien. Die berge van Natal
begroet ons met n herfsgroet in die laatmiddagson. En ek voel so heerlik en
gemaklik in my menswees en weet vir seker dat ons bevoorreg is om in hierdie
mooie land te mag woon.
Daar is woorde wat soms kwyn in ons mooi taal
Van daardie woorde het 'n besondere verhaal
En dit is 'n skade as dit sou gebeur
Kom ons gooi wal om dit te keer
Die woord hier ter sprake is nou baie gepas
In hierdie tye gaan dinge dikwels poespas
Ja, poespas is die chaos wat ons gaan opklaar
Dit beteken maar net dinge is baie deurmekaar
As jy my nie glo, kyk in jou woordeboek
Dan sien jy ek`s reg en jy voel soos `n koek
Nou as hy daar staan, kan ons hom mos gebruik
`n Heel goeie woord, rein en skoon sonder ruik
Is jou kamer dus poespas, maak hom aan die kant
Het jy `n poespas klomp rommel, steek dit aan die brand
En as dominee vind dinge raak druk, o gedorie
Sit hy sowaar met `n poespas in sy konsistorie
Tog `n mooi woord die poespas, ek vind hom heel leuk
Moet hom glad nie verwar met `n Hollandse geneuk
Los die koster en scriba met die poespas-konsistorie
En gebruik vir poespas, herstel hom tot sy glorie
-----------------Piet Pompdonkie----------------