Hoekom noem ons verkeersligte robotte ( robots) - tot die verbasing van die
res van die wêreld?
In die 1950's het ons verkeersligte hier gekry. Terselfdertyd het robotte in
die VSA en Europa gewild geword. Omdat dit gelyk het asof die verkeersligte
selfstandig werk en veranderende liggies het, wat ook al is wat die robotte
daardie tyd kon doen, het Suid-Afrikaners die verkeersligte robotte
robots) begin noem.
Nou wag ons vir Petrus J se resitasie oor robotte:))
Hoekom word Kaapstad die Moederstad genoem?
Volgens ons toeristevereniging kom die naam van die Engelse vertaling van
die Griekse woord metropolis.
Metro beteken moeder en polis beteken stad.
Noudat Ma ook nie meer Huisgenoot wil lees nie - koop ek toe gister Fair
Lady - hoofsaaklik omdat dit op die voorblad aankondig dit is 'n Proudly
South African uitgawe.
Hieronder is twee webbladsye wat gegee word ivm gesondheidsorg in SA - ek
het dit nog nie self oopgemaak nie - een of twee probleempies met daardie
time-out dingetjie - so hier is dit solank vir wat dit werd is:
Health-E - www.health-e.co.za
Health Sysytems Trust - www.hst.org.za
Daar is ook in die boek 'n artikel oor die IMC ( International Marketing
Council) wat meer goed as kwaad doen - hoofsaaklik omdat dit inligting van
2000 gebruik, en glad nie eers noem dat sekere goed wat Onse Prez en ander
politici gedoen het tydens en na 2000 alles behalwe gehelp het om SA
Internasionaal te bemark - inteendeel.
Elk geval - een van die punte wat genoem word waarop ons as Suid Afrikaners
vreeslik trots op kan wees is dat 4 van SA banke onder die wêreld se top 500
banke gereken word.:)))
Nog een: ( wat ek nie glo nie) - Elektrisiteit is landwyd beskik teen van
die goedkoopste tariewe ter wêreld.
( Dit is seker nou nog goedkoper noudat die rand swakker is teen die dollar
en pond)
Annette
Reg oor die land het poespas die mense verstom
Selfs ook dié wat met geleerde woorde regkom
Dat so `n rein mooi woord nou verdag kan klink
`n Deurmekaarspul met `n sindelike rinkink
Prof Elize Botha praat met gesag oor ons taal
Stellenbosch se kanselier sal hiermee nooit faal
Sy sê as poespas jou laat dink aan `n gat of riool
Behoort jy jou ook te onstel oor die "tool" in pistool
Dit laat my dink aan daardie Hollandse gids
Wat met sy toerlede in Suid-Afrika rondrits
Sê hy vir hulle : "Hierdie taaltjie is leuk maar pasop
Hier is wel `n paar woorde wat jou baie lelik fop
"So het ek geleer, een doos is effe verdag
Praat liewers van `n boks of die boere gaan vir jou lag
En kat- of ander telers moet hulle daarmee versoen
Julle Hollandse fokkers, moet dit hier nooit nie noem
"Veral in kombinasie met `n Hollandse kat
Sê dit vir `n Afrikaanse en hy maak homself nat
So versigtig vir die taaltjie, al is hy baie leuk
Die woorde het hier `n ander klank en reuk
ek wonder of die res van europa nou ook gaan vra om alles te
boikot uit frankryk siende dat le pen nou ook goed doen soos die
kêrel destyds van oostenryk.
ek wag nog net vir die v.b. in belgië
ik kom uit belgi� (waar men vlaams spreekt) en moet een presentatie geven
over de verschillen en gelijkenissen tussen het nederlands en het afrikaans.
Zou er iemand zo vriendelijk willen zijn om mijn (korte) inleiding vlug even
te vertalen naar het zuid-afrikaans ? Ik zou u heel erg dankbaar zijn, (als
je de voorlaatste regel met die spreekwoorden niet kunt vertalen, mag je
deze gerust overlaten ... )
Pieter
------------------------------------------------------------ ----------------
------------------------------------------------------------
Beste medestudenten,
Vandaag zouden wij jullie graag iets bijleren over de verschillen en de
gelijkenissen tussen het zuid-afrikaans en het nederlands. Zoals jullie
kunnen horen, zijn deze talen heel erg verwant aan elkaar. We leggen jullie
van naaldje tot draadje uit hoe de vork aan de steel zit. Maar niet in het
afrikaans, omdat we de taal ook niet echt machtig zijn.
Dis M. Shuttleworth in Russies.
Hy gaan Donderdag saam met 'n Italianer en 'n Rus die ruimte invaar.
Geskiedkundige oomblik - die eerste persoon van Suid Afrika wat 'n
ruimtereisiger is.
Hy het self vir alles betaal vir hierdie voorreg.- R208 miljoen.
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Boer Koos se vrou :-
" Ek dink nie ons moet meer toelaat dat ons Sarie en jong Jan van die
buurplaas elke dag gaan perdry nie."
Koos:" Hoekom nie?"
KsV:" Want gister toe hulle terugkom, was hulle meer uitasem as die perde."
" Koos, kan jy Hollands praat?"
" Ek weet nie. Ek het nog nooit probeer nie."
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Julle wou geweet het waarom ek 'n rusie het met Annette. Wel, dis baie
eenvoudig: sy het me arrogant genoem, ek sou idiotiese opmerkings maak
en ek het ook gesien sy gaan me verraai by andere mense. Nie me styl
nie!
Ek hou meer van Gloudina as van Annette. Gloudina verdedig konsekwent
se mening en het 'n ongelooflike omvattende akademiese kennis.
Bowendien is Gloudina 'n mens wat ook menslik is wat ook die agtersy
van die SA medalje bekyk en nie probeer om dit weg te moffel nie.
Annette, met se eindelose reeks van artikele, vra slegs voortdurend
aandag vir se eie en sy pap aan met alle mannes op hierdie nuusgroep.
Ek glo sy is op soek na 'n vryer, miskien verkieslyk een met geld. Sy
sou beter na alt.romance gaan want die bierkaai waar 'n mens moet teen
veg op soc.culture.afrikaans is al groot genoeg! Voilà, me genitalie
is nie in die brand geskiet maar dis wel die wind wat ek afgelaai het
verlede week.