Verlede week is die regterkant van my motor so te sê afgeskryf terwyl dit
geparkeer was in Langmarkstraat.
Ek was by my Vriend Die Ontvanger terwyl my motor so verniel is, en ongeag
'n nota met 'n naam en telefoonommer op my voorruit - is daar oor die naweek
tot die besef gekom dat net die engeltjies die ongeluk sien gebeur het.
Vanoggend is ek toe polisiestasie toe, om 'n saaknommer te kry sodat ek van
die versekeraars kan eis.
Die kleurlingdame wat my gehelp het was baie gaaf - sy het nie 'n uniform
gedra nie,so ek weet nie wat haar rang was nie.
Sy het aangedring om die verklaring af te neem en dit in die boek
opgeteken - baie op haar tyd en sy skryf nogal mooi en duidelik ook.
Maar ai!!! van spel weet sy nie baie nie ( sy praat vlot Afrikaans) - Ek het
maar so veel as moontlik probeer reghelp, maar die ry agter my het bietjie
lank en ongeduldig begin raak:))
Hier is 'n paar van die spelfoute wat sy op my aandrang reggemaak het:
Freedehooc ( Vredehoek).
keur ( keer)
weur ( weer)
regtersei ( regtersy)
het gaan ( het gegaan)
seispiel ( syspieël)
virskye ( verskeie)
dyke ( duike)
skrappes ( skrape)
niemangnd ( niemand)
Gelukkig was dit nie nodig vir my om anderaan die poging my naam te teken
nie.
Dit alles terwyl ek al klaar laat was vir my volgende afspraak.
Nou wonder ek, as dit weer gebeur, of ek nie maar die beskrywing doen op die
rekenaar en dit uitdruk nie ( ek moes 'n dokter gewees het- geen mens kan
my handskrif lees nie) sodat hulle dit net kan inplak daar in die boek -
baie tyd kan so gespaar word.
O ja - net voor my 'n ou oom wat pensioen van die staat ontvang.
Het nogal 'n kleurafdruk van sy ID boekie gemaak wat saam moet ingaan.
Boegenoemde dame dring toe aan hy moet sy ID boek ook bring, sodat sy die
afskrif kan bevestig.
Ek sê toe maar hoekom - sy kan mos sien die foto is van die oom - nee, sy
MOET die ID boekie hê.
Ek en die oom het maar net kop geskud, en hy het die aftog geblaas.
Ek kan nie onthou of daar enige dames was wat toentertyd saam met die
alternatiewes getoer het nie;))
Dinge het nogal verander vir die deelnemers.
Springbok Nude Girls bestaan nie meer nie.
Koos Kombuis is nou mooi netjies.
Johannes Kerkorrel het nader na sy etniese bande beweeg.
Valiant Swart sprei sy vlerke in Amerika.
Moet sê daardie lot het nogal 'n geweldige ommekeer veroorsaak in ons
musiek.
Annette
Lees nou hier van die Franse se wye vriendekring en invloed.
Gisteraand op Special Assignment onderhoude met die Palestyne en toekomstige
selfbom-moordenaars .
Toe word daar vertel dat die meeste van hul wapens word verkry van Israel -
Israelse soldate wat hul wapens verkoop.
Wonder hoeveel ander lande se weermagte is die hoofvoorsiener van wapens vir
rebellegroepe.
Annette
On Mon, 22 Apr 2002 23:12:34 +0200, "Tobie" wrote:
> DEEEEEEEEEEEEDEEEEEEEEEEEEEEE !!!!!!!!!!!!
> waar is jy?
>
>
Hiieeeeeeerrrr Tobieeee!:-)))
Tobie, ek het so bietjie dik geword vir die bakleiery(e) hier.
Hier is werklik geen (soos in geen) opbouende gesprekke
hier nie. Ek het gisteraand vir die eerste keer in 'n paar dae
weer hier ingeloer en was nie eens van plan om vanaand
weer hier aan te klop nie. Maar toe sien ek wat Hantankind
vertel en behou dit toe en besluit om vanaand te besluit of
ek daarop gaan reageer. Ek het soos jy sien.
Ek het hier begin deelneem (dink dit was in die 80's) en jy
sal onthou dat ek daarvan gehou het om dit somtyds op 'n
ietwat ligsinnige wyse tedoen. Jy sal ook onthou dat ek een
aand vir Danielle gesê het dat ek kan "Ballroom Dance' as
ek wil, maar kyk hoe suur is die dansers se gesigte. Ek sal
Ballroom dance in die dag op kantoor maar in die aande wil
ek sokkie.
Nou sit ons hier met mense soos Norbert wat nie kan besluit
aan wie se kant hy wil wees nie, 'n verskriklike beterweterige
SS en 'n Plaasvark wat nie 'n eie indentiteit wil skep nie maar
besluit het om die onbeskofte Gloudina as templet te gebruik.
Wanneer Tobie, het jy ons gesien lag oor iets? Yes, dit gebeur
wel... maar so by die uitsondering.
Ek is besig om ander belangstellinge te ontwikkel as die groep.
Steeds sal ek terugkom want ek het vriende soos jy, Arthur,
Danielle, Streepmuis, Katryn, Sakkie, Annette.......... ek het Q se
geselskap begin waardeer... daai onnie in Australië is baie spesiaal
vir my... ens. (snik!) haai waar is Rico? My en Lou se fights
kan jy nooit vergelyk met die laagvatte hier nie...
Ek het 'n briefie geskryf vir Hantamkind daar by 'nuus' van Annette.
Juis onder 'n ander naam weer want die Plaasvark waardeer dit...
Sien julle more of oormore Tobie. Ek het steeds vriende hier...
Verhit 30ml ( 2 e) olyfolie ( regte olyfolie, hoor?:)) ) in 'n braaipan, en
smoor 6 klein uitjies, gehalveer, en 500ml ( 2 k) butternut ( botterskorsie)
in blokkies gesny vir 2 minute - die pampoen behoort dan halfgaar te wees.
Sny 6 ontbeende ( en sonder vel) hoenderborsies in 4 stukke elkeen. Voeg by
uie en pampoen in braaipan en braai vir 1 minuut.
( hierdie onder het hulle vergeet om in te sit, maar aangesien dit by die
bestanddele is, dink ek dit moet hier inkom:
2 rooi rissies gerasper ( ek los dit uit)
6 gedroogde vye - gehalveer ( ek hou baaaaaie van vye)
Voeg by mengsel en braai 'n verdere 2 minute of tot vye deurskynend is- die
prentjie wys die vye so)
Voeg 250ml( 1k) soet Hanepootwyn ( lekkkkerrrrr!), en 125ml ( 1/2 k)
hoenderaftreksel by vleismengsel en kook 1 minuut of totdat die
hoenderstukke sag is.
Waar kom die naam biltong vandaan?
Volgens onbetroubare bronne:
Bil - wat boud beteken in Hollands en
tong wat wat beteken 'n strook ( strip) - weet nie van watter taal nie.
Dus is biltong 'n strokie boud.
Annette
Hoekom noem ons verkeersligte robotte ( robots) - tot die verbasing van die
res van die wêreld?
In die 1950's het ons verkeersligte hier gekry. Terselfdertyd het robotte in
die VSA en Europa gewild geword. Omdat dit gelyk het asof die verkeersligte
selfstandig werk en veranderende liggies het, wat ook al is wat die robotte
daardie tyd kon doen, het Suid-Afrikaners die verkeersligte robotte
robots) begin noem.
Nou wag ons vir Petrus J se resitasie oor robotte:))
Hoekom word Kaapstad die Moederstad genoem?
Volgens ons toeristevereniging kom die naam van die Engelse vertaling van
die Griekse woord metropolis.
Metro beteken moeder en polis beteken stad.
Noudat Ma ook nie meer Huisgenoot wil lees nie - koop ek toe gister Fair
Lady - hoofsaaklik omdat dit op die voorblad aankondig dit is 'n Proudly
South African uitgawe.
Hieronder is twee webbladsye wat gegee word ivm gesondheidsorg in SA - ek
het dit nog nie self oopgemaak nie - een of twee probleempies met daardie
time-out dingetjie - so hier is dit solank vir wat dit werd is:
Health-E - www.health-e.co.za
Health Sysytems Trust - www.hst.org.za
Daar is ook in die boek 'n artikel oor die IMC ( International Marketing
Council) wat meer goed as kwaad doen - hoofsaaklik omdat dit inligting van
2000 gebruik, en glad nie eers noem dat sekere goed wat Onse Prez en ander
politici gedoen het tydens en na 2000 alles behalwe gehelp het om SA
Internasionaal te bemark - inteendeel.
Elk geval - een van die punte wat genoem word waarop ons as Suid Afrikaners
vreeslik trots op kan wees is dat 4 van SA banke onder die wêreld se top 500
banke gereken word.:)))
Nog een: ( wat ek nie glo nie) - Elektrisiteit is landwyd beskik teen van
die goedkoopste tariewe ter wêreld.
( Dit is seker nou nog goedkoper noudat die rand swakker is teen die dollar
en pond)
Annette