Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Radio Africa

Wo., 06 November 2002 20:14

"Tobie" wrote:

> frequency?

Elke dag, elke dag....vir 30 minute aaneen.

:-)))

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

What means the following word?

Wo., 06 November 2002 14:45

Hi all,

My name is Thijs and I am from the Netherlands.
Recently I have been promoted within the scoutinggroup of which
I am a member. I am now the leader of "De Stam".
The leader of "De Stam" is reffered to as 'oubaas'.
Everyone in my group says it is a nautical term, but after doing
some research on the internet I have come to the conclusion that
it originates from the African language. The only problem now is,
that I can't find the exact meaning of the word 'oubaas'.
Can anyone help me, it would mean a lot to me.

Thanks in advance,

Thijs Kromhout

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 56 kommentare

Mans kan as hulle wil

Wo., 06 November 2002 10:13

Lees gister dat 'n man, wie se vrou dood is net na die baba se geboorte, uit
moedeloosheid die kind begin borsvoed het - en daar was melk!.
Dus, nou weet ons, dis uit pure kleinserigheid dat mans maak asof hulle nie
kan borsvoeding gee aan babas nie.:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Kriewel 4: Manshokkie

Wo., 06 November 2002 08:31

Ons het altyd 'n goeie manshokkiespan gehad. Met die inmenging van almal wat
politiek najaag, en die weiering dat hulle aan die spele kon deelneem, het
baie goeie spelers hulle van die sport op internasionale kompeterende basis
onttrek. Nou sit ons seker met die swakste nasionale span ooit.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kriewel 3: Swem

Wo., 06 November 2002 08:29

Bo en behalwe dat die nasionale swemspan nie gedwing word om
verteenwoordigiend te wees nie, en hulle nie die swaard oor hul kop het dat
hulle nie aan byeenkomste sal deelneem agv hul lelieblanke verteenwoordiging
nie, lyk dit vir my of die wat veronderstel is om te presteer te hoog in die
pers aangeskryf word. Dis hoekom ons so teleurgesteld is as hulle nie almal
goue medaljes wen nie.
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Kriewel 2: Krieket

Wo., 06 November 2002 06:31

Mens behoort die VKRSA seker dankbaar te wees dat hulle die notules van
hulle vergadering met minister Balfour laat uitlek het. Nou sien 'n mens
waarmee hulle te kampe het en dat ministers maar net so rassisties soos ons
kan wees as hulle dink niemand kyk nie...

Wat die ANCYL in die vergadering moes maak, verstaan ek nie. Waar was hulle
eweknieë in regse geledere, om die balans reg te stel?

Gelukkig weet ons nou die NNP is byderhand om wigte en teenwigte te gaan
inslaan met hul nuwe, nie-konfronterende styl wat ons regering so suksesvol
in Zimbabwe gebruik.

X Demourin

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Kriewel 1: Rugby

Wo., 06 November 2002 06:17

Iets waarmee ek my eie bloeddruk onnodig opjaag, is my ergenis elke keer as
ek sien rugby is hoofnuus in die koerant. Sondae sal jy sien dat die een of
ander koerant 'n sappige scoop het, maar dan het Rapport weer ontdek daar is
weer die een of ander rebellie of grief in die rugbygeledere.

Gee hulle hulle eie koerant - RUGBYNUUS (met 'n kort oorsig oor die wêreld
daarbuite)...

Sport & ontspanning | 12 kommentare

Koekspuit.....

Wo., 06 November 2002 06:00

Ek het gister iets verskriklik snaaks beleef. Ek was in hierdie
hardewarewinkel en staan en kyk hoe 'n nader kliënt 'n ghriespomp terugbring
wat hy blykbaar vroeër die dag gekoop het. Hulle kom 'af die Kaap af' en
hulle wil skaap braai en hy gebruik blykbaar 'n ghriespomp om die marinade
toe te dien. Hy vertel toe vir die meisie agter die toonbank dat hy, toe
hy by die huis gekom het, gesien het dat die ander mense in sy groep
reggekom het en daarom wil hy die pomp teruggee. Nuuskierig wil die meisie
toe weet wat hulle gedoen het?
"Hulle het sommer my vrou se koekspuit gebruik," antwoord
hy....bedoelende natuurlik koekversiersuikerspuit!
Sy word so effe rooi en vra: "Het die vleis nie snaaks geruik nie?"
He-he!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kwien Liz kan nog onthou

Di., 05 November 2002 14:05

Wat is julle mening omtrent die kwien wat skielik 'n oudiensie onthou? Die
hele storie klink maar baie verdag, en sy kan nie eers ondervra word hoekom
sy nou skielik so iets kon onthou nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vinnige les in header lees.

Di., 05 November 2002 07:19

Vir die mense wat die afgelope tyd so bietjie lieg en/of valse goed beweer
op die nuusgroep. (Slegs vir die wat Outlook Express gebruik, as jy 'n ander
nuusleser gebruik is ek seker jy weet in elk geval hoe om dit te doen)

1. Regs kliek op 'n boodskap en kies "Properties".
2. Kies die "Details" tab.
Daar behoort jy (in die meeste gevalle) alles te kan sien wat jy moet weet
om agter te kom vanwaar iemand pos.

Voorbeeld : (Fiktiewe voorbeelde, enige ooreenkomste met die werklikheid is
bloot toevallig)
Iemand sê byvoorbeeld hy pos van bv. Welkom af, maar jy dink hy pos van
Nederland af:
Kyk wat staan onder "Details" by "NNTP-Posting-Host:"

1. As dit 'n IP adres is (bv. 213.51.190.236), doen 'n tracert op daardie
adres.
Gaan in 'n DOS Window en tik "tracert 213.51.190.236" en enter.
Jy behoort iets te kry soos:
Tracing route to cc140774-a.emmen1.dr.home.nl [213.51.190.236]
over a maximum of 30 hops:
En dan die presiese "pad" van jou rekenaar af tot by daardie adres.
As die "pad" na Nederland toe is, soos in die geval, dan weet jy die ou pos
beslis nie van Welkom in Suid Afrika af nie.

2. Onder "NNTP-Posting-Host:" kan daar ook iets staan soos
"pc5X-01-p2X2.nt.saix.net"
Jy kan op presies dieselfde manier as hierbo 'n tracert doen op wat ookal by
"NNTP-Posting-Host" staan.

As daar dan twee boodskappe (een omtrent 10 minute na die ander een gestuur)
op die nuusgroep is van twee persone wat jy vermoed dieselfde mens is en
deur tracert kom jy agter hulle IPs verskil en hulle pos nog uit twee
verskillend lande wat ver van mekaar af is (beslis nie 'n afstand wat in 10
minute afgelê kan word nie), dan kan jy maar weet hulle is nie dieselfde
persoon nie.

Hoop dit help.

PS: Daar is maniere om te keer dat mense jy IP uitvind deur deur 'n proxy
server te stuur ens., maar dit is gewoontlik opvallend en nie die geval in
die boonste fiktiewe voorbeeld nie:-)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    676  677  678  679  680  681  682  683  684  685  686  687  688  689  690  691    »]
Tyd nou: Do. Jan. 15 11:18:18 UTC 2026