Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re:Vryheids manifes van die Afrikaner volk

Sa., 09 November 2002 08:55

Wie is Paul van Straaten?
Laat ek u sommer self antwoord.
Ek is 'n sakeman met verskeie besighede!
Ek glo in die pad wat die Afrikaner geloop het en weer sal
loop indien nodig.Ek glo dat jy nie iets met geweld kan
regverdig nie.Ek glo in God-drie-enig...en gaan sit nie my gat deur op die
harde kerk-banke nie, weens die feit dat ek glo die Kerk het sy Roeping
verloor!
Ek is nie verbind tot enige politieke groep nie,hoewel ek
in die jare '80 & '90 die KP ondersteun het!
Ek keur soos reeds voorheen (telkemale)vermeld,alle
vorme van geweld af.Ek vra ook nie dat iemand my gedagtegang volg nie, maar
het iets op die nuus-groep
geplaas om sinvol te debatteer!
Ek het niemand gevra om hierdie manifes te steun nie,
aangesien dit reeds 12 jaar gelede gepubliseer is met
'n byeenkoms te monumentkoppie.
Op daardie dag was 13,89% van die totale Afrikaner
bevolking daar wat hulself met daardie manifes vereenselwig het.
Soos u weet staan die meeste Afrikaners vandag appaties
teenoor die gebeurde van die dag!
Wat doen die ander Afrikaners om (dit maak nie saak
watter party of ideologie aangehang word nie) die mense
weer te laat belangstel in wat daar aangaan in hierdie land.
My vriend u sal vind dat ek nog nooit gevra het dat die
Afrikaner moet baklei nie.U sal ook vind dat ons besef
dat daar 'n ander bedeling is waarbinne ons moet kyk
wat die beste is vir die Afrikaner en andere wat glo dat die son op alle
volke in hierdie donker vasteland moet
skyn.Het u geweet dat hierdie volk het baie om te offer?
Het u geweet dat swartes se dat ek die "SPIRIT OF
UBUNTU" het?
Hoekom?
Want ek is seker die regverdigste mens wat ek ken!
Ek sien leef en laat leef!Ek sal myself en my gesin tekort
doen om iemand te help waar ek kan.
Miskien moet u uself 'n guns doen en begin om mense wat
minder bevooreg as uself is, te help...en kyk hoe verander
u lewe!
Ek het groot geword en miskien...dalk net miskien kan die raad vir u ook
werk.
Ek het nog nooit genoem dat die Afrikaner 'n uitverkore
groep is nie.U moet 'n bietjie gaan kyk wat die VN noem
oor minderhede en minderheids regte.Dan is die oproep
in hierdie manifes geensins "outdated" nie, maar in terme
van die VN, 'n moderne veralgemening waarvoor die VN
hom beywer!
Wat dink u van die volgende feite:Dat Afrikaans nie geregtig is op 'n enkele
universiteit in hierdie land nie?
Dat Afrikaanse skole almal dubbel-medium skole moet
word?
As dit nie deel is van die begin van onderdrukking nie...
wat is?
Met Afrikaners as deel van die oplossing van hierdie land
se probleme gaan die huidige regering dit ver bring, maar moenie verwag dat
jy die Afrikaner met sy minderheids-
regte in 'n sardientjie blikkie kan toemaak, en daarvan
vergeet nie.Dan gaan jy die tier in hom wakker maak!
Ek gun dieselfde regte wat ek vir myself opeis, ook aan alle ander mense.Die
vraag is of hulle dieselfde vir my
gun?Indien wel, gaan die land se grondwet 'n bewys
lewer dat dit die mees Liberale Grondwet in die wereld is,
maar indien nie...dan sal ons maar moet sien!
pau...@lantic.net

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Re:Regse leier he he

Sa., 09 November 2002 08:18

Vorster is 'n swaap!
Het hy nie geweet dat daar vir elke 1 witmens,20 swartes...wettig en
onwettig in hierdie land is nie.
Nee,'n mens kan nie alles reg skop,skiet en donner nie!
Laat die swaap maar begaan...hy is slegs een van enkeles.
pau...@lantic.net

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

11 van die 11 de om 11:00

Sa., 09 November 2002 06:21

Arthur vertel my waar kom die Hollandse tradisie om 'n
'prins' te kies op die 11 van die 11 om 11:00 vandaan.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Regse leier ... he,he...

Vr., 08 November 2002 13:58

Die leier van die Boeremag of wat ookal die bommers hulle noem, Tom
Vorster, is raai hoe in hegtenis geneem?
Hy het sy alie af gaan traai om sy groen kaart vir werk in die VSA te
hernie.
He, he..
Ja swaer, Afrikaner Volkstaat en so aan, ne? Opoffer en die ideale en
sukke kak...
Groen kaart... He,he, ha, ha!!!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

DIE GOUE MEISIE VAN BLOEMFONTEIN IS TERUG!

Vr., 08 November 2002 13:50

Graag gebruik ek hierdie geleentheid om vir :
ZOLA(BUDD)PIETERSE, geluk te wens met haar
insluiting in die SUID-AFRIKAANSE LANDLOOP
SPAN NA DIE WERELD KAMPIOENSKAPPE IN
2003!Sy keer terug na dieselfde baan waar sy as 'n skaam terug getrokke
Afrikaner meisietjie van Bloemfontein haar eerste wereld titel onder die
Engelse vlag gewen het.
Sy is vandag die trotse moeder van drie kindertjies, en haar tweede plek op
die S.A.Kampioenskappe is 'n bewys dat daar nog baie hardloop oor is in
haar.
Sy kan met reg trots wees op haar prestasie as daar in ag geneem word dat sy
reeds 36 jaar oud is en dus 'n veteraan is wat tien jaar gelede opgehou het
met aktiewe
atletiek.
TROTS OP JOU, ZOLA!
"GO GIRL,GO"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DIE VRYHEIDSMANIFES VAN DIE AFRIKANER VOLK

Vr., 08 November 2002 12:26

ONS VOLK GLO:
dat die drie-enige God volkome beskik oor die bestaan en
lotgevalle van volkke;dat ons vaders deur Hom na hierdie
land gelei is met die doel dat ons as volk hom in hierdie
Land sal dien;dat ons in nederige gehoorsaamheid en
verantwoording voor Hom moet buig.
ONS VOLK VERWERP:
'n Onverdeelde eenheidstaat waarin die verskillende volke
een nasie onder een owerheid moet word;enige
oorheersing deur 'n volksvreemde meerderheids regering
of enige bestel wat nie voorsiening maak vir volledige
vryheid van elke volk in sy eie vaderland.
ONS EIS DIE REG:
om as volk voort te bestaan;vry te wees;om sonder enige
inmenging van buite onsself in ons eie Vaderland te regeer;
om ons identiteit te bewaar;om ons voortbestaan met alle
middele tot ons tot ons beskikking(binne wetlike raamwerke)te verdedig;om na
ons keuse ons eie
gemeenskapslewe,opvoeding en samelewing in te rig.
ONS VOLK ONDERNEEM:
om God as volkome oppermagtig te erken en Hom uit
dankbaarheid vir Sy genade te eer en te dien;om volgens Bybelse eise van
sedelikheid te lewe;om vrede,vryheid
en welsyn te bevorder;om die Vaderlandsbodem te
bewaar;om trou en offervaardigheid tussen Volksgenote
te bevorder;om vreedsame verhoudings met ander volke na te streef.
DAAROM SAL ONS VOLK:
Dat ons nie sal rus alvorens ons vryheid in ons eie vaderland volkome
bevestig is nie.Ons versoek ons volksgenote om in hierdie uur van nood
mekaar te
onderskraag en ons eenheid te verstewig.Ons vesoek ons
volksgenote om te verootmoedig voor ons Hemelse Vader
en om onophoudelik te bid vir die herwinning van ons Vryheid.Ons versoek ons
volksgenote om hulle passief
en sonder geweldadige optredes, tot die vryheidstryd
verbind te wees.
VIR VRYHEID,VOLK EN VADERLAND!
pau...@lantic.net

Koeitjies & kalfies | 74 kommentare

Re: DIE VRYHEIDSMANIFES VAN DIE AFRIKANER VOLK

Vr., 08 November 2002 03:17

Nou moet ek net gou eers vasstel - wie is die "Afrikaner Volk" ?

On Fri, 8 Nov 2002 14:26:00 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> ONS VOLK GLO:
> dat die drie-enige God volkome beskik oor die bestaan en
> lotgevalle van volkke;dat ons vaders deur Hom na hierdie
> land gelei is met die doel dat ons as volk hom in hierdie
> Land sal dien;dat ons in nederige gehoorsaamheid en
> verantwoording voor Hom moet buig.
> ONS VOLK VERWERP:
> 'n Onverdeelde eenheidstaat waarin die verskillende volke
> een nasie onder een owerheid moet word;enige
> oorheersing deur 'n volksvreemde meerderheids regering
> of enige bestel wat nie voorsiening maak vir volledige
> vryheid van elke volk in sy eie vaderland.
> ONS EIS DIE REG:
> om as volk voort te bestaan;vry te wees;om sonder enige
> inmenging van buite onsself in ons eie Vaderland te regeer;
> om ons identiteit te bewaar;om ons voortbestaan met alle
> middele tot ons tot ons beskikking(binne wetlike raamwerke)te verdedig;om na
> ons keuse ons eie
> gemeenskapslewe,opvoeding en samelewing in te rig.
> ONS VOLK ONDERNEEM:
> om God as volkome oppermagtig te erken en Hom uit
> dankbaarheid vir Sy genade te eer en te dien;om volgens Bybelse eise van
> sedelikheid te lewe;om vrede,vryheid
> en welsyn te bevorder;om die Vaderlandsbodem te
> bewaar;om trou en offervaardigheid tussen Volksgenote
> te bevorder;om vreedsame verhoudings met ander volke na te streef.
> DAAROM SAL ONS VOLK:
> Dat ons nie sal rus alvorens ons vryheid in ons eie vaderland volkome
> bevestig is nie.Ons versoek ons volksgenote om in hierdie uur van nood
> mekaar te
> onderskraag en ons eenheid te verstewig.Ons vesoek ons
> volksgenote om te verootmoedig voor ons Hemelse Vader
> en om onophoudelik te bid vir die herwinning van ons Vryheid.Ons versoek ons
> volksgenote om hulle passief
> en sonder geweldadige optredes, tot die vryheidstryd
> verbind te wees.
> VIR VRYHEID,VOLK EN VADERLAND!
> pau...@lantic.net
>

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Raai wie's terug

Vr., 08 November 2002 00:43

Jaaa Elaine's terug. Ouer, nie noodwendig slimmer nie, vetter en armer.
Die laaste jaar het ek deur twee Russell Crowe, een Mel Gibson, 'n Linkin
Park, Limp Bizkit en Collective Soul fase gegaan. Op die oomblik gaan ek,
tot groot misnoeë van my man, hond en kollegas deur 'n Eminem fase.
Ek het twee keer verhuis en het een hond ryker geword. O ja, en ek het in
die laaste drie maande dit reg gekry om R1050 by een video winkel te
spandeer. Hulle ken ons al so goed daar, ons word op ons voorname genoem en
nuwe DVD's word eenkant gesit sodat ons dit eerste kan kry. Wat 'n sad, sad
lewe het ek nie.

Anyhoo, ek's darem bly (en dankbaar) om dieselfde ou en nuwe (wel nuut vir
my) name hier te sien, selfs ou Kosie , met sy verskriklike taal is nog
hier. Dit was 'n besige jaar, en tyd vir rondspeel op die net was daar nie
juis gewees nie, kom ons hoop ek het bietjie meer tyd in die jaar wat kom.

Groetnis vir eers
Elaine

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

"We just want justice for the white farmers"

Do., 07 November 2002 18:06

Geregtigheid in die Zimbabwe-styl

MAPUTO, Nov 7 (AFP) - Zimbabwe Foreign Minister Stan Mudenge
said Thursday the government wants Britain to compensate white farmers
in the southern African country for land seized under a contentious land
reform programme.
"We have completed the land reform programme, and it is now up to
the British govermment to assume its responsibility to compensate the
commercial farmers," Mudenge told journalists at an EU-SADC meeting here.
Mudenge said the compensations could be made directly to the
farmers, through Britain and Zimbabwe, or even through the United
Nations. "We just want justice for the white farmers", he said.
Mudenge was speaking on the sidelines of a two-day meeting of
government ministers from the 14-member Southern Africa Development
Community (SADC) and the European Union (EU) in Maputo, Mozambique.
Zimbabwe is currently embroiled in a land reform programme which
has seen the seizure of most of the properties belonging to the country's
4,500 white farmers.

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Re: Radio Africa

Wo., 06 November 2002 20:14

"Tobie" wrote:

> frequency?

Elke dag, elke dag....vir 30 minute aaneen.

:-)))

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Bladsye (1835): [ «    675  676  677  678  679  680  681  682  683  684  685  686  687  688  689  690    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 01:20:16 UTC 2025