Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kaapstad is top-stad in wêreld

Ma., 11 November 2002 11:55

1|11|2002 10:22 - (SA)
Die Burger
Kaapstad is top-stad in wêreld
Theuns van der Westhuizen

KAAPSTAD. - Dis amptelik. Kaapstad is die top-stad op die lys
van die 50 plekke wat mense in hul leeftyd moet sien, en vyfde algeheel.
Dié goeie nuus vir Kaapstad is gisteraand om tienuur in 'n regstreekse
uitsending van die BBC se 50 places to see before you die aangekondig.

Die lys is saamgestel nadat die vervaardigers van die hoogaangeskrewe
BBC Holiday Programme sowat 9 miljoen kykers gevra het om vir die
50 beste vakansiebestemmings ter wêreld te stem. Meer as 20 000
kykers het deelgeneem.

Kaapstad het stede soos Sydney, Parys, New York, Las Vegas,
Venesië en Rome uitgestof. Die eerste vier plekke word ingeneem deur
die Grand Canyon in die VSA, die Groot Barrière-rif in Australië,
Disney World in Florida, VSA, en die Suideiland van Nieu-Seeland.
Die nuus is gister wyd verwelkom deur die stad se toerisme-
en sakesektor.

Die BBC-lys is nie net op BBC1 uitgesaai nie, maar gaan ook
op die BBC World-Wide-satellietdiens en die Discovery Channel
vertoon word. Die inligting kan ook gekry word op die BBC se
webwerf www.bbc.co.uk/50.

'n Uittreksel uit die lys is:
1. Grand Canyon, VSA.
2. Groot Barrière-rif, Australië.
3. Disney World, Florida, VSA.
4. Suideiland, Nieu-Seeland.
5. Kaapstad.
6. Goue Tempel, Amritsar, Indië.
7. Las Vegas, VSA.
8. Sydney, Australië.
9. New York, VSA.
10. Taj Mahal, Indië.
11. Rotsgebergte en Louise-meer, Noord-Amerika.
12. Uluru/Ayers Rock, Australië.
13. Chichen Itza, Mexiko.
14. Machu Picchu, Peru.
15. Niagara-waterval, VSA.
16. Petra, Jordanië.
17. Piramides, Egipte.
18. Venesië, Italië.
19. Maledive.
20. Die Groot Muur van China.
21. Victoria-waterval, Zimbabwe.
http://www.news24.com/Die_Burger/Plaaslik/0,5824,4-77_128332 3,00.html

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Ek en Richard

So., 10 November 2002 22:46

Van die van julle wat nog in Suid-Afrika is en wat BB2 gevolg het wil ek
graag hierdie storie vertel. Ek was in die bevoorregde posisie om 'n
paartie vir my en 9 van my pelle saam met Richard Cawood (wenner van Big
Brother 2) by Nando's te wen. Wat 'n heerlike dag het ons nie gehad nie.

Die Nando's span het vreeslik moeite vir ons gedoen. By ons aankoms het ons
elkeen 'n geskenk pakkie met 'n T-hempie, 'n potlood, 'n Nando's sous en
twee Nando's kondome in gekry.
Richard was veronderstel om eers 3:00 daar te wees. 2:40 het hy (alleen)
daar gestop en terwyl hy sy Nando's hempie gaan aantrek het, het die Nando's
personeel alles buitentoe geskuif. Richard het gesê hy's gatvol daarvoor om
"indoors" te wees, maar dis my besluit of ons binne of buite sit.
Ek was bietjie skaam aan die begin, maar hy was so aangenaam en vriendelik
dat ons almal gou ontdooi het. Hy't lekker saam met ons gekuier en tot
"gepose" vir 'n klompie fotos. 'n Paar keer het van sy bewonderaars kom vra
vir 'n handtekening en hy't vriendelik geglimlag en gesels en elkeen
"verpersoonlik". Twee vrouens, met twee klein meisiekinders, het nader
gestaan en gevra of hulle 'n foto van hom kan neem. Hulle volg hom glo die
hele Johannesburg vol, maar in hulle eie woorde is hulle nie "phsyco's" nie.
Hy't met die dogtertjies gesels en gegrap en geposseer vir die foto's.
Voor hy gery het, het hy elkeen van ons se T-hempies geteken. Op myne het
'n gekryf "To Elaine - from one winner to another - Love Richard". En vir
my suster se baas "To the "boss" give her a raise please - from Richard -
BB2", en so het hy in die ry afgegaan en elkeen se hempie met 'n persoonlike
boodskappie geteken. Op my man s'n het hy eenvoudige geskryf "Chucky
Rules", en net omdat my man die enigste een was wat Chucky "genoem" het.

Ek het eerlikwaar gedink dat sy kop omtrent twee keer te groot vir sy lyf
gaan wees, maar hy's 'n eenvoudige plat op die aarde mens wat vir ons vertel
het dat dit net "luck" was en dat dit 'n kans was wat hy gekry het, en dat
hy van plan is "too ride it for all it's worth", voordat hy teruggaan na sy
plaas in die Karoo. Hy het nie eenkeer gemaak of hy beter is as ons nie, en
het selfs 'n paar keer self opgestaan om sy koeldrank te gaan haal en kos te
bestel.
Hy was veronderstel om net 'n uur saam met ons te kuier, maar hy's eers 4:45
daar weg met 'n smile en 'n "I'm gonna watch 'n movie tonight - I'm really
looking forward too it." Hy't elkeen met die hand gegroet en my met 'n
drukkie en 'n soentjie, met die woorde: "I hope too see you around some
time", ek het terug geantwoord met 'n witty "That's highly unlikely!"
Nie een van ons wat daar was, was hengse groot BB fans nie, ek het op die
meeste 4 keer 'n week die half uur hoogtepunte gekyk, en maar op die
ingewing van die oomblik deelgeneem. Na gister is ek 'n groot Richard
aanhanger en ek wens hom die beste en al die geld wat hy kan kry uit die
ondervindig uit toe.

Chucky Rules!

Groete
Elaine

Ns. Vir die regte groot fans van BB wil ek net noem dat daar, volgens
Richard, nie volgende jaar weer een gaan wees nie, ons sal maar wag en kyk
of hy reg is.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Afrikaners is plesierig 3

So., 10 November 2002 18:38

Al lê die berge nog so blou
al lê die berge nog so blou
al lê die berge nog so blou
?????????

Ai, hoe gou vergeet mens. :-)

Die vorige een was "aanstap rooies' né Tobie, wonder wie
die rooies was, seker die beeste.


"Tobie" wrote in message

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Afrikaners is plesierig

So., 10 November 2002 18:21

Ek het daardie musiek kan beluister en ek moet sê: dit lui vir my net
so verfrissend as die taal wat julle praat.

Norbert (uit Vlaanderen)

On Sun, 10 Nov 2002 19:15:37 +0200, "Tobie" wrote:

>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Eie staat vir die Afrikaners

So., 10 November 2002 16:19

Hallo, elkeen,

Ek is 'n mens wat eintlik maar deur 'n toeval kontak gemaak het met
die Suidafrikaanse samelewing en ek het selfs nog nie eens in
Suid-Afrika gewees nie. Maar ek het oor die geskiedenis van daardie
land gelees en ek het selfs 'n poging onderneem om die taal van die
Afrikaners magtig te word. Dit was nie baie moeilik nie, omdat ek 'n
Vlaming is lyk onse tale baie op mekaar en daardeur gaan dit nogal
vlot.
Is ek verkeerd as ek sê dat die Afrikaners eintlik deur gans die
geskiedenis slegs een wens gehad het en dis die wens te lewe in
'n eie onafhanklike staat waar hulle hulle eie kan wees, waar hulle
hulle eie taal kan praat, waarin hulle vry is om hulle geloof te bely
en waarin niemand anders as hulle self hulle kom vertel hoe hulle moet
lewe? Dis vir my die rooie draad wat ek sien in al die gebeurtenisse
sedert die ontstaan van die Kaapkolonie: 'n strewe om 'n eie staat te
hê. Ek dink dat die Afrikaners soiets nodig het anders gaan die
Afrikaners hulle eie nooit gelukkig voel in die wêreld nie.
Ek dink die Verenigde Nasies moet daar 'n keer oor debatteer en
daarvoor 'n oplossing soek want anders gaan daar nog baie moeilikhede
van kom. As ek die artikels van hierdie nuusgroep lees dan kry ek eg
nie die indruk nie dat die Afrikaners in Suid-Afrika rêrig gelukkig is
met die "demokrasie" waarin hulle lewe. Daar gaan oorlog kom, ek voel
dit. Daardie mense lewe in 'n soort van land soos ons in Joegoslawië
geken het: hier woon 'n bietjie van die een soort, dan weer 'n bietjie
andere en daarna weer die een soort en so kan ons aangaan. En elkeen
het daar sy eie geskiedenis, moraal, taal en manier van lewe. Een
multikulturele samelewing wat geag word te kan werk soos in die
Verenigde State van Amerika, een reënboognasie. Verskoning, maar ek
glo daar nie meer in nie. Ek dink dis nie moontlik om 'n ganse
samelewing, soos dit daar nou teenwoordig uitsien, in 'n ruk gelyk te
skakel nie. Tito het dit ook nie kan doen in Joegoslawië nie.
Langs die andere syde weet ek ook dat mense gelykheid tog as 'n
wenslike eindbestemming beskou en dit maak die saak nie of mense
nou wit of swart of geel is nie. Merkwaardig is dat, waar rasse of
kulture uit mekaar gaan, hulle na 'n tydjie tog weer mekaar opsoek.
Dis asof mense tog meer aan mekaar gelyk wees as hulle self
veronderstel. Die een het die andere nodig en omgekeerd. Ons noem dit
symbiose en dit is 'n hele gesonde manier van samelewe. Slegs as die
een doodgaan deur die ander een, dan is dit geen symbiose meer maar 'n
verrottingsverskynsel, 'n parasitêre samelewing.
Ek dink Afrikaners moet 'n eie staat hê in Suid-Afrika. En ek is
daarvan oortuig dat as hulle slegs 10% van die ganse oppervlakte van
Suid-Afrika kry hulle dan nog 'n baie welstellender maatskappy sal
ontwikkel as die res van daardie land. Die Engelssprekendes kan met
die swartes bly samelewe, hulle het tog altyd 'n imperialistiese
gedagte gehad en hulle is soos hulle voorkeur vir voedsel, nie hard
kieskeurig nie. Hulle sal met die res van die bevolking wel 'n manier
van samelewe ontwikkel; hulle het die eieskap daarvoor. Die Afrikaners
moet maar eens met mr Mbeki praat, vind ek. 'n Skeiding van tafel en
bed kan tog beter met vriendskap afloop as dat die betrokke persone
daar rusie oor maak. En dis nog beskaafd ook.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 39 kommentare

Famine becomes Mugabe weapon (Engels)

So., 10 November 2002 11:26

Hoofberig in vandag se Mail & Guardian oor die mense wat so
getrou deur Gloudina ondersteun word. Terloops, Gloudina, die
M&G is seker SA se mees liberale koerant:
http://www.mg.co.za/Content/l3.jsp?o=11857

Famine becomes Mugabe weapon
10 November 2002 10:28

The rains have come to the undulating pastures of northern Matabeleland.
In the bread basket of Zimbabwe, the seed should be in the ground by
now. But instead the rural poor are bracing themselves for a catastrophe
on a scale not seen since the Matabeleland massacres a generation ago.

Death is stalking the people of Matabeleland again. Only this time it is
a slow death by starvation -- orchestrated in large part by Robert
Mugabe's Zanu-PF party as a weapon against his opponents in the
Movement for Democratic Change.

Amid warnings that more than 6,7-million Zimbabweans are facing
starvation, the Matabele have found themselves attacked by Mugabe's
thugs, who are refusing food to anyone suspected of supporting the
MDC. They have been abandoned by donor countries in the
international aid community, who have judged Zimbabwe a bad
bet; and threatened by forecasts of a strong El Nino effect on the
country's weather set to bring a season of heavy rains followed by drought.

The combination is bad enough for Zimbabwe's hungry rural
communities - where one in three adults is infected with HIV - but
there is more bad news. Thanks to drought and the Government's
'fast-track' land reform policy, cereal production is down 57%
from last year and maize output by 67%. The international community
has raised barely half the money needed to bridge that gap.

With inflation rampant and foreign exchange rates in dramatic
decline, shortages of bread, maize, milk and sugar are worsening.
To complicate the picture further, Western officials accuse senior
Zanu officials of profiteering from a black market in food that
most cannot afford.

'Zimbabwe is facing an utter catastrophe,' said one British official
last week involved in organising the aid effort for Zimbabwe.
'Countries that usually give in crises like this don't want to know
because of Mugabe's reputation. At present funding for food aid
is running at only 40% of what is needed. If we can't persuade
people to give more, then we are looking at a disaster.

'Mugabe is playing politics with aid, but the international community
must not be drawn into doing the same, no matter how repellent
Mugabe's behaviour. It is the people of Zimbabwe themselves
that matter, and we have got to help them.'

Britain's International Development Secretary, Clare Short, has called
on fellow members of the Organisation for Economic Co-operation
and Develpoment to pledge more. Despite deteriorating relations
between Britain and the Mugabe regime that saw Zimbabwe last
week ban scores of British and European politicians and impose
visa requirements on Britons travelling to the country, Britain
remains the second largest donor behind the United States -
providing 36-million pounds since September 2001.

The most recent assessments suggest that the 'coping strategies'
of those most badly affected will run out early in the new year.
And then people will start to die.

The elections may be over but, according to one human rights
observer returned from Zimbabwe, the use of starvation as a
political weapon is continuing in some of the most hard-hit areas.
The human rights worker - who asked not to be named for fear
of reprisals against witnesses - described widespread use of
starvation against opposition communities.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Julle moet almal onthou....

So., 10 November 2002 06:20

... dat 'n DINGUS is 'n wonderliKKe ding!

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Carjackings

Sa., 09 November 2002 21:10

Vandag het die nuusleser van die Vlaamse televisie gesê dat die aantal
carjackings in België gedurende die laaste paar jare drasties gedaal
is. Hoekom? Daar is teenwoordig intensiewere kontroles deur die
polisie, meer arrestasies en inhegtenisneminge.
Dit bewys dat egte repressiewe aksies deur die owerheid hulle doel nie
mis nie. As daar êrens teveel misdaad is dan kom dit omdat die
owerheid te laks is of self 'n misdadigersbende is.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Loer asseblief op:
http://www.standaard.be/nieuws/binnenland/index.asp?ArticleI D=DMF09112002_004&Snel=1
en:
http://193.121.55.225/tt/tt.php?p=118&g=1&s=0&r= 0&x=1

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re:Vryheidsmanifes van die Afrikaner

Sa., 09 November 2002 20:07

Dave,
Ek gaan nou 'n baie lelike ding kwyt raak!
Hierdie Afrikaner Volk het nog nie seer genoeg gekry nie.
Miskien het ons nog nie toegelaat dat die arme swart aktiviste ons vrouens
en kinders genoeg rape en moor nie.
Ons doen mos slegs iets wanneer ons aan die kortste end
trek.Ek het darem agter gekom dat meeste van die mense
verraaiers is sonder dat hulle dit hoef te noem.Jare gelede in 1989 met 'n
algemene verkiesing het ek genoem dat jy kan sien hoe die mense stem.
'n Vriend vra my :Hoe?
Ek antwoord:Jy sien dit op hulle gesigte!
Hoe?
Die vriendelike mense stem reg en die ou norse varke
stem die land weg!
From: "Dave"
Subject: Re: Vryheids manifes van die Afrikaner volk
Date: Saturday, November 09, 2002 8:04 PM

On Sat, 9 Nov 2002 10:55:01 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> Met Afrikaners as deel van die oplossing van hierdie land
> se probleme gaan die huidige regering dit ver bring, maar moenie verwag dat
> jy die Afrikaner met sy minderheids-
> regte in 'n sardientjie blikkie kan toemaak, en daarvan
> vergeet nie.Dan gaan jy die tier in hom wakker maak!

Ek lees wat jy sê en stem met die meeste daarvan saam.
Toe herhaal jy tot my teleurstelling, hierdie holrug geryde storie.
Soos Elaine sê, die dominee sê so. Jy sê hier ook maar net
wat jou buurman en jou neef en jou kroegman sê.
Jy is verkeerd. Die Suid Afrikaner is 'n slapgat liberalis en daar is
zero tier in hom, my maat. Hulle vlug vir die swartes na Kanada, na
Nederland, na England; en verraai daarvandaan SA.
Jy klink nou soos die boere unies van wie die voorsitter na elke
plaasmoord sê: "as dit nog een keer gebeur gaan
ons die reg in eie hande neem."

D

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Verloën deur die Haan

Sa., 09 November 2002 13:49

Nog voordat die Haan vanaand drie keer kon kraai, is ons verloën deur die
ref!
Min mense weet dat die goed lank voor die tyd gereël word, maar sommige van
ons het diep insae.

Ons is veral hoogs onsteld deur die twee drieë wat vanaand nie goedgekeur
gaan word nie.
Ek wens die Refduiker van formaat was daar :-(

Ruk op my volk, ruk op. Die Doelpale brand.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    674  675  676  677  678  679  680  681  682  683  684  685  686  687  688  689    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 09:29:31 UTC 2025