Vanaf Roekeloos:
Rugbypale gesteel
============================================================ =
Die Hoërskool Empangeni se aluminium-rugbypale het oornag
verdwyn. Dit is 20cm van die grond af afgesaag en weggedra.
Die diewe sou sowat R50 kry by 'n skrootwerf vir hul buit,
maar dit kos die skool sowat R10 000 om nuwe pale op te rig.
Dis nou die mense wat glo wag dat die bomplanters die land oorneem, sodat
hulle in die vakante kabinetsposte kan instap.
Gelukkig het Van Zyl Slabbert amper te laat agtergekom wat hul agenda
eintlik is, en toe as adviseur bedank.
Nou wonder ek net hoe bevoeg hulle as regeerders sal wees, en of hulle al
klaar hul salarispakette saamgestel het.
Wie gaan Onse Prez se vliegtuig kry?
Alles natuurlik net hersenskimme waarmee hulle hul tyd mors.
canyoubelieveiït - hierdie dien as geen waarborg nie
maar ek het die program vingerafdrukke.co.za getoets
en dit wil blyk dat die enigste mens wat ooit 'n inskrywing
in my killfile verdien en ontvang het, namens die berugte ANC
reportertjie toe after all ook die houer is van die skuilnaam Paul
Van Straaten! Let wel dat die program nie gewaarborg is nie maar
die tog blyk waar te wees. Interessant né!!!!
My pa (86) het nou vir so 'n paar dae by ons gekuier. Daar word altyd
gesê dat 'n ouer 4 kinders kan grootmaak, maar dat 4 kinders nie na
een ouer kan kyk wanneer dié oud word nie. Ek het altyd gedink dat dit
'n skande is dat kinders dit nie kan doen nie. Die swart mense stel so
'n goeie voorbeeld vir ander kulture in ons land. Selfs die
plattelandse bruin mense kyk ook goed, nie net hul eie nie, maar ook
die wat naby of om hulle bly.
Na my pa se besoek sien ek hoe klein sy wêreldjie geword het, dan dink
ek dat ek ook oud moet word en as ek so lank lewe sal ek ook seker so
word :-( Gaan my kinders my ook so behandel soos meeste witmense hul
ouers behandel of gaan hulle kyk hoe ek my pa behandel in sy ou dag en
dan vir my ook so behandel.
--
--------------------------------------------
News & photos from Luanda http://walk.isat.co.za
--------------------------------------------
Help asb. Ek het vandag (of is dit gister?) 'n baba hondjie persent gekry
en sy weier om te slaap. Sy wil nie ophou skree nie, nie eers as ek haar
optel nie. My eerste hond het net geskree as hy wou uitgaan, en het na die
tyd weer ewe soet in sy boks gaan lê en slaap. Dis al 3:00 en dit gaan al
van 5 uur vanmiddag aan. My man lê rustig en slaap. Daai swembad begin al
hoe aantrekliker lyk. Heeeeeeeelllllllllppppppppppp!
Ja swaer ....
Ten minste het ons nou 'n klomp jongmanne kans gegee om eendag 'n
Springbokbaadjie te kan dra...
Is daar iets om ervaring mee te vervang?
(Party van die Currybekerhelde het hulle se .... gesien, nê?)
1)Daar moet werk geskep word, deur van die plase wat
in die regering se besit is, te gebruik om op te boer.Hoe
groter die aanbod van 'n produk,hoe goedkoper word
dit.
Dit sal aanleiding gee dat die mense van S.A. weer
produktief raak en dit sal die " per capita" inkomste
vergroot.
Verder sal dit lei daartoe dat mense geld het om te
spandeer, wat weer aanleiding gaan gee dat ander
nywerhede gaan blom.
2)'n Verbeterde Staatsdiens wat weer werk kan skep
moet gepropageer word.
3)Werklike behuisingsprojekte moet van stapel gestuur
word, en daar moet huise gebou word(nie vuurhoutjie-
dosies nie), wat die boubedryf sal stimuleer.
4)Lee fabrieke kan omskep word in skole, waar
meer bekostigbare onderwys en opleiding kan geskied.
5)Alle hospitale soos onder die ou-bedeling moet op ge-
gradeer word tot op Internasionaal aanvaarbare
standaarde.Hierdie dienste moet gelewer word, nie
nie gratis nie,maar teen 'n verhoogde koste...aangesien
die persoon wat dit gebruik weer geld in sy/haar sak sal
he.
6)Diskriminasie teen Blanke-arbeid moet gestaak word,
en die diens wat die witman kan lewer, moet aangewend
word tot goed van die land.
7)Mbeki moet vir 'n wyle in die land vertoef sodat hy kan
regeer as dit in sy broek sit om so-iets te probeer...en
ophou bakhand staan en bedel in die buiteland.
Hy herinner 'n mens sterk aan ou Jannie Smuts wat meer
in die buiteland was as in sy eie land.Mbeki moet onthou
dat die swartes hom ook kan uitskop soos wat die
wittes destyds van Smuts ontslae geraak het.
8)Minimum lone moet afgestel word en lone moet aan
produktiwiteit gekoppel word.
9)Nie-lonende bedrywe moet genasionaliseer word en
kundiges op daardie gebied aangestel word, om die
bedryf weer lonend te maak, waarna dit geprivatiseer
kan word...wat geld vir die staat sal beteken.
10)Wet en orde moet 'n terugkeer maak en die doodstraf
moet weer ingestel word.
11)Aborsies moet afgeskaf word,aangesien dit te duur is.
12)Staats-spandering moet beperk word...
en siedaar,die gelde om bogenoemde te kan vermag
is beskikbaar!