Rugby in Beaufort Wes
Ma., 18 November 2002 11:08
Die volgende is te sê deur die wat behoort te weet:
Rian Oberholzer: Die Curriebeker skep 'n valse verwagting van vaardigheid.
Strauli: Die voorspelers moet sterker in hul bene wees.
Krige: Ek was verbaas oor hoe paniekerig die spelers was.
Nou ja - my stuiwer in die oorvol armbeurs is: As ek R75000 kry net om op
die veld te kom en te sorg ek word nie beseer nie, dan sal ek ook maar
versigtig wees om aan die bal te vat.
Nie, nie meer nie.
Nee nie weer nie
Nee, nie nie nie
Nie alweer nie.
Annette
Sport & ontspanning |
16 kommentare
Rugbypale
Ma., 18 November 2002 07:48
Vanaf Roekeloos:
Rugbypale gesteel
============================================================ =
Die Hoërskool Empangeni se aluminium-rugbypale het oornag
verdwyn. Dit is 20cm van die grond af afgesaag en weggedra.
Die diewe sou sowat R50 kry by 'n skrootwerf vir hul buit,
maar dit kos die skool sowat R10 000 om nuwe pale op te rig.
Koeitjies & kalfies |
22 kommentare
Groep van 63
Ma., 18 November 2002 07:46
Dis nou die mense wat glo wag dat die bomplanters die land oorneem, sodat
hulle in die vakante kabinetsposte kan instap.
Gelukkig het Van Zyl Slabbert amper te laat agtergekom wat hul agenda
eintlik is, en toe as adviseur bedank.
Nou wonder ek net hoe bevoeg hulle as regeerders sal wees, en of hulle al
klaar hul salarispakette saamgestel het.
Wie gaan Onse Prez se vliegtuig kry?
Alles natuurlik net hersenskimme waarmee hulle hul tyd mors.
Annette
Koeitjies & kalfies |
50 kommentare
Canyoubelieveït...!
So., 17 November 2002 18:28
canyoubelieveiït - hierdie dien as geen waarborg nie
maar ek het die program vingerafdrukke.co.za getoets
en dit wil blyk dat die enigste mens wat ooit 'n inskrywing
in my killfile verdien en ontvang het, namens die berugte ANC
reportertjie toe after all ook die houer is van die skuilnaam Paul
Van Straaten! Let wel dat die program nie gewaarborg is nie maar
die tog blyk waar te wees. Interessant né!!!!
DD
Koeitjies & kalfies |
23 kommentare
Mrs Balls se nuutste
So., 17 November 2002 11:40
Soos die pittige advertensie langs die M2 reken: uiteindelik 'n tamatiesous
vir volwassenes!
Het julle dit "getraai"? Dis nou die nuwe tamatie blatjang van die genoemde
tante. Heerlik! Een van die beter redes hoekom ek nog hier is.....
Koeitjies & kalfies |
13 kommentare
Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie.
So., 17 November 2002 06:32
My pa (86) het nou vir so 'n paar dae by ons gekuier. Daar word altyd
gesê dat 'n ouer 4 kinders kan grootmaak, maar dat 4 kinders nie na
een ouer kan kyk wanneer dié oud word nie. Ek het altyd gedink dat dit
'n skande is dat kinders dit nie kan doen nie. Die swart mense stel so
'n goeie voorbeeld vir ander kulture in ons land. Selfs die
plattelandse bruin mense kyk ook goed, nie net hul eie nie, maar ook
die wat naby of om hulle bly.
Na my pa se besoek sien ek hoe klein sy wêreldjie geword het, dan dink
ek dat ek ook oud moet word en as ek so lank lewe sal ek ook seker so
word :-( Gaan my kinders my ook so behandel soos meeste witmense hul
ouers behandel of gaan hulle kyk hoe ek my pa behandel in sy ou dag en
dan vir my ook so behandel.
--
--------------------------------------------
News & photos from Luanda
http://walk.isat.co.za
--------------------------------------------
Koeitjies & kalfies |
9 kommentare
Help
So., 17 November 2002 00:56
Help asb. Ek het vandag (of is dit gister?) 'n baba hondjie persent gekry
en sy weier om te slaap. Sy wil nie ophou skree nie, nie eers as ek haar
optel nie. My eerste hond het net geskree as hy wou uitgaan, en het na die
tyd weer ewe soet in sy boks gaan lê en slaap. Dis al 3:00 en dit gaan al
van 5 uur vanmiddag aan. My man lê rustig en slaap. Daai swembad begin al
hoe aantrekliker lyk. Heeeeeeeelllllllllppppppppppp!
Groete
Elaine
Koeitjies & kalfies |
14 kommentare
Rugby - alweer ....
Sa., 16 November 2002 17:29
Ja swaer ....
Ten minste het ons nou 'n klomp jongmanne kans gegee om eendag 'n
Springbokbaadjie te kan dra...
Is daar iets om ervaring mee te vervang?
(Party van die Currybekerhelde het hulle se .... gesien, nê?)
Sport & ontspanning |
5 kommentare