Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

100 Grootste

Di., 26 November 2002 11:32

From: "Annette"
Subject: Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners.
Date: Tuesday, 26 November, 2002 11:14 AM

Eugene Terblanche
PW Botha
HF Verwoerd
Nelson Mandela
Tutu (cancel sy gat)
Johannes Kerkorrel
Wayne Ferreira
Jan Pohl
Dirkie de Villiers
Van Zyl Slabbert
Frew McMillan
9)

"Rico" skryf in boodskap news:3de3352c$0$11756$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Nelson Mandela sal die nommer 1 moet wees en soos Annette se, julle kan
> daaroor nie baklei nie!!
>
> Ook Paul Kruger moet op die lys geplaas word en bisschop Tutu, Johannes
> Kerkorrel en Wayne Ferreira.
>
> Rugbyplayers ken ek nie, so dis up to u all :-))
>
> Gr.Rico
> "Annette" schreef in bericht
> news:arv44o$lml81$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Kan ons 'n lys saamstel? - Dooies tel ook.
>> Op die ander ng is die 100 Britte gelys.
>> Mick Jagger het dit nie gemaak nie.
>>
>> Sal bietjie later die Britse lys hier pos sodra ons 'n paar SA name gekry
>> het.
>> Moet nou net nie begin baklei oor wie eerste is nie - dit maak nie saak
>> nie - solank ons net 100 name kan kry.
>>
>> Annette
>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Irriterende advertensie

Di., 26 November 2002 10:04

Die nuwe Sel C advertensie op RSG laat my tande kners elke keer as ek dit
hoor.
Hulle praat van bepalings en voorwaardes as vertaling vir terms and
conditions, terwyl (sekere) voorwaardes 'n beter vertaling sou gewees het.
Tyd dat mense wat ordentlik Afrikaans kan praat die werk kry om die
vertaalwerk te doen.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Herrie

Di., 26 November 2002 08:32

Potter 2 :
Dit begin hier te draai hierdie naweek.
Iemand daar ver wat dit al gesien het?
Van een klomp hoor ek dat dit beter is as die vorige prent, en van ander
weer dat dit swakker is.
Sal maar self moet gaan kyk.
Ek hoor dat mense wat bang is vir slange en spinnekoppe sal dink dis 'n
riller:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 36 kommentare

Werk vir Willie

Di., 26 November 2002 06:55

Willie Vorster
is die koster
Tannie speel die orrel
Al die vroue
is verkoue
Mans met baadjies
sonder moue
Predikant
slaan sy hand
bont en blou
op die kanselrand

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

100 Grootste Suid-Afrikaners.

Di., 26 November 2002 06:13

Kan ons 'n lys saamstel? - Dooies tel ook.
Op die ander ng is die 100 Britte gelys.
Mick Jagger het dit nie gemaak nie.

Sal bietjie later die Britse lys hier pos sodra ons 'n paar SA name gekry
het.
Moet nou net nie begin baklei oor wie eerste is nie - dit maak nie saak
nie - solank ons net 100 name kan kry.

Annette

Koeitjies & kalfies | 91 kommentare

In opvolg - my aanbod aan Davie

Di., 26 November 2002 05:05

>>> OK Jonas die coward agter die skuilnaam. Ek is hier. Bel my. Ek wag...

> kyk 'n bietjie wat aangaan in jou land en skryf daaroor anders as om nou 'n
> ontmoeting met Davie te wil vra...

Dit raak al hoe meer komies. Nou skryf ek al onder die naam 'Jonas'
ook:-))) Ek wonder wie is werklik almal op hierdie nuusgroep behalwe
ek.

Ek beoog om volgende week met verlof te gaan. Beslis wil ek nie dat
die nuusgroep ten gronde gaan nie, so ek sal dus steeds as Katryn,
Paul van Straaten, Jonas, Gloudina en Sebs skryf sowel as twee name
waaronder ek op die ander groep deel. (Daardie name sal ek egter nie
openbaar nie want dit is wonder bo wonder steeds geheim). Die
vrouenaam waaronder ek geskryf het en slegs Tannie Hester my
(heel komplimenterend!) uitgevang het, sal ek miskien weer gebruik.
Davie Davis gun ek egter 'n lekker verlof maar dit is ook eers
volgende week so kom ons kyk wat is nuut in die komende week.

En wanneer ek terug is van verlof, kom kry ek miskien tog dat Ferdi
verhuis het na soc.culture.anc.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners.

Di., 26 November 2002 02:34

Retha Harmse

On Tue, 26 Nov 2002 08:13:38 +0200, "Annette" wrote:

> Kan ons 'n lys saamstel? - Dooies tel ook.
> Op die ander ng is die 100 Britte gelys.
> Mick Jagger het dit nie gemaak nie.
>
> Sal bietjie later die Britse lys hier pos sodra ons 'n paar SA name gekry
> het.
> Moet nou net nie begin baklei oor wie eerste is nie - dit maak nie saak
> nie - solank ons net 100 name kan kry.
>
> Annette
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

My antwoord aan Wouter

Di., 26 November 2002 00:13

... wat hy klaarblyklik nie kan lees nie want hy antwoord nie op
SLEUTEL-DELE daarvan nie.
Veral so teen die einde se kant, waar ons graad een wiskunde praat....

> Ferdi
> ..die reaksie van een van jou kamerade in die Groep op die brief.
> Die reaksie is gepubliseer in Beeld.
>
> Wouter
> Ek het reeds gesê ek stem nie saam met G63 se brief nie, Ferdi.
> Hierdie verdere poging tot disinformasie gaan dus nie af nie.

En ek het mos al vir jou gese ek werk nie vir die veiligheidsdienste
of sulke mense nie, maar steeds gaan jy voort met die insinuerende
manier van antwoord. Ek bewys jou maar net dieselfde komplement.
Antwoord my op wat ek se en nie op die modder wat jy na my gooi nie,
en ek sal dieselfde met jou doen.


> Daar is nie een sin in die brief hier onder wat naastenby met jou
> saamstem soos wat jy beweer het nie, Ferdi. Jy het gesê G63
> het die bomme "halfhartig verwerp". Niemand anders hier onder
> sê dit nie, dis net nog disinformasie van jou kant af.
> Is dit vrywillig of word jy voorgesê?

Sien? Die laaste sin.

So:
Jou lees van die brief is 'n vreemde een. Werk jy volgens 'n deel van
die Groep van 63 se program van skade-beheer of lees jy maar net
selektief?

Kyk na die volgende:

Marais skryf:

1daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
2. [/color]
>
> -------G63-lede kritiseer óók brief aan Mbeki---------
>
> Die Groep van 63 se brief aan pres. Thabo Mbeki oor die verregse
> bomplanters en die vermoedelike gevoel van vervreemding onder
> Afrikaners het reeds baie negatiewe reaksie ontlok.
> Dat lede van die groep ook krities is oor die brief en hulle selfs
> daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
> My siening as lid van die Groep van 63 is dat die brief inderdaad
> misbruik kan word as 'n apologie vir die gebruik van geweld, hoewel
> dit na alle waarskynlikheid nie so bedoel was nie.
> Terselfdertyd het die brief die gevoel van vervreemding onder
> Afrikaners ongenuanseerd gestel en word 'n eng en uitgediende siening
> van Afrikaners en Afrikaanssprekendes gegee.
> Die leiers van die Groep van 63 en by name die voorsitter, prof. Danie
> Goosen, se hantering van die polemiek is ongetwyfeld net so
> betreurenswaardig soos die brief self. Hulle klou doodgewoon verbete
> aan hul oorspronklike standpunt asof hulle sodoende 'n hero¨ese daad
> verrig.
> Dit is ook betreurenswaardig dat hulle nie blyke daarvan gee dat daar
> lede van die groep is wat hulle nié met die brief vereenselwig nie.
> Een van die belangrikste redes vir die onenigheid in die groep is die
> gebrekkige hantering van die kwessie in verband met konsensus. Die
> leiers van die Groep van 63 het doodgewoon in gebreke gebly om die
> breë ondersteuning van die groep se lede (en selfs adviseurs!) vir die
> sensitiewe saak te verkry. 'n Lid van die groep, Leopold Scholtz, se
> rubriek Groep van 63 én NNP-leier fouteer is 'n sprekende bewys
> hiervan.
> Ek ondersteun Johann Durand se versoek in sy brief Spreekbuis vir die
> enkeles wat oorbly (20 November) dat die georganiseerde Afrikaanse
> kultuurgemeenskap hulle van die Groep van 63 se standpunt distansieer.
> Gelukkig het 'n aantal dit al gedoen. Pogings om vir die belange van
> Afrikaans op te kom, loop inderdaad die gevaar om deur die gewraakte
> brief in die wiele gery te word. Die volgehoue idiosinkratiese
> uitsprake van die leiers van die Groep van 63 verskil toenemend
> van die ideale waarvoor 63 mense in 2000 in Hammanskraal
> bymekaargekom het.
> Johann Lodewyk Marais, Eldorette
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: In opvolg - my aanbod aan Davie

Ma., 25 November 2002 23:32

On Tue, 26 Nov 2002 07:05:07 +0200, Davie Davis wrote:

>>>> OK Jonas die coward agter die skuilnaam. Ek is hier. Bel my. Ek
wag...
>
>
>> kyk 'n bietjie wat aangaan in jou land en skryf daaroor anders as om nou 'n
>> ontmoeting met Davie te wil vra...
>
>
> Dit raak al hoe meer komies. Nou skryf ek al onder die naam 'Jonas'
> ook:-))) Ek wonder wie is werklik almal op hierdie nuusgroep behalwe
> ek.

My aanbod Davie, my aanbod! Hoe reageer jy daarop? Hmmmmmm?
Ou slimjan......
Ek sien jy praat net nie daarvan nie, so al asof dit sal weggaan.....
Ha, ha,ha...

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Nou DIS 'n goeie verskoning

Ma., 25 November 2002 22:41

'n 23-jarige man het vandag in die hof verskyn omdat hy sy meisie se
3-jarige seuntjie aangerand het. Hy't die kind se beentjies en heupies of
verskeie plekke gebreuk. Sy verskoning was hy was so bietjie hoog op dagga
toe hy dit gedoen het. Flouste verskoning wat ek nog gehoor het, maar hy
sal seker wegkom daarmee. Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie. Maar nou ja, as
hy 'n goeie prokureur en 'n paar rand het, kan hy seker maar getuies koop
dat dagga jou aggro maak.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Bladsye (1835): [ «    666  667  668  669  670  671  672  673  674  675  676  677  678  679  680  681    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 20:59:13 UTC 2025