Gaan lê 'n kuiertjie af by http://www.jollygoodjokes.co.za dit is seker die
beste "jokes site" wat ek in 'n lang tyd gesien het. Daar's natuurlik jou
gewone "lees" grappies en dan 'n hele klompie "strokies" en mpeg en avi
flieks. Ek sit nou al amper twee dae lank pal op die site en ek's nog
steeds nie deur al die flieks nie. Hulle voeg ook so elke tweede dag nuwe
grappies by. Ek het my sat gelag vir 'n hele klomp van die flieks, veral
die hollandse advertensies is nogal snaaks, en dan moet julle ook kyk na die
een genoemd "Shuttle(worth)'s home". Dis 'n advertensie wat deur 'n
Suid-Afrikaanse maatskappy gemaak is.
Volgens die Rooikruis hospitaal was daar die afgelope 2 weke meer as vier
gevalle waar kinders wat tuisbomme wou vervaardig, in die hospitaal beland
het met beserings en brandwonde.
Die kind in die koerant het lelik verbrand toe hy en 'n maat 'n bom van
chloried wou maak.
Hy is 9, en sy ouers het aan hom die gevare van bomme en die giftigheid en
gevare van chloried verduidelik.
Hy het nie geluister nie.
Na my klaery nou-die-dag oor die moddergooiery op die ng kom ek toe op
hierdie model van slegsê op 'n ander nuusgroep af. Dis so lelik dis eintlik
mooi.
Dus:
"I cannot believe how incredibly stupid you are. I mean rock-hard stupid.
Dehydrated-rock-hard stupid. Stupid so stupid that it goes way beyond
the stupid we know into a whole different dimension of stupid. You are
trans-stupid stupid. Meta-stupid. Stupid collapsed on itself so far that
even the neutrons have collapsed. Stupid gotten so dense that no
intellect can escape. Singularity stupid. Blazing hot mid-day sun on
Mercury stupid. You emit more stupid in one second than our entire
galaxy emits in a year. Quasar stupid. Your writing has to be a troll.
Nothing in our universe can really be this stupid. Perhaps this is some
primordial fragment from the original big bang of stupid. Some pure
essence of a stupid so uncontaminated by anything else as to be beyond
the laws of physics that we know. I'm sorry. I can't go on. This is an
epiphany of stupid for me. I don't have enough strength left to deride
your ignorant questions and half baked comments about unimportant
trivia, or any of the rest of this drivel. Duh."
Gister moes ons toe amptelik hoor wat ons al amper vergeet het:
1) Die sekuriteitslot van N van Heerden was paranoies.
2) Sekuriteitsinligting wat van Internet en koerante verkry is, is deurgegee
as navorsing waarvoor R195 per uur betaal is.
3) Harksen jok
4) Morkel is stout om maatjies te wou wees met Harksen
5) Markovitz se Hans bestaan nie.
Wonder hoeveel hierdie nonsens op die ou end gekos het.
Uit die perd se bek:))
Die nuwe herregistrasie van lisensies begin volgende jaar in Januarie - dan
sal almal kredietkaarttipe lisensies kry.
Die aankondiging van hoe, wanneer, waar en die periode sal vroeg Januarie
aangekondig word.
Alle wapens, behalwe die kleinste haelgewere, sal gelisenseer moet word -
al is dit ook 'n ding uit die jare toet wat vir versiering gebruik word.
Noudat Noppies ietwat uitgeklaar is - my allergie ten spyt:))
Wat van Moppies.
Ons weet wat dit beteken - maar waar kom die woord vandaan en hoekom word
dit so genoem?
Annette
Gisteraand op KykNet was toe die program 'Die 4x4 Turksvy' gebeeldsend en ek
moet sê die gevolgtrekkinge waartoe hulle daarin gekom het, het baie dinge
wat ons hier aan ons kus beleef, net bevestig:
1. Daar is paar duidelike invloedgroepe onder mense wat betrokke is by
strandgebruik. Ten eerste is daar die langtermyn kusinwoner. Dan is daar
die afgetrede stedeling wat na 6 maande se verblyf so slim raak oor die kus
en wat hy in 6 maande daaroor geleer het dat hy daarvan kan omval. Verder
is daar ook die stadsbewoner wat kus toe kom vir vakansies en slegs die
toestand sien op die ergste spitsgetye. Die res van die jaar gooi hy geld
vir bewaringsorganisasies om sy gewete te stil.
2. Daar is nog nooit eintlik toepaslike navorsing gedoen wat bewys dat
4x4'e wel die strande beskadig nie. Dit blyk dat die RSA regering hierdie
besluit geneem het op hoorsê en uit reaksie op druk van mense wat eintlik
nie die praktiese situasie glad nie reg lees nie. G'n wonder dan ook dat
hulle nie een regeringsaptenaar kon kry wat bereid was om hulle saak te
verdedig op TV nie!
3. 4x4'e billik gebruik, beskadig nie die omgewing nie. Wat wel 'n
gemors kan veroorsaak, is as jy 'n boel mense dwing om op een kol te parkeer
en dan verder te loop. Daar waar die parkering gaan plaasvind, gaan 'n
groot gemors wees. Ek dink ook dat jy veel meer samewerking gaan kry van
strandgebruikers deur 'n kompromis te tref....iets soos permitte vir
strandgebruik op beperkte gebiede, eerder as hierdie algehele verbod.
4. Feit is, mense wil by die see kom aftree en vakansiehou. Daarvoor is
daar permanente infrastruktuur nodig. Elke dorpie, hoe klein ook al, het
sy skoot besighede nodig wat deurlopend moet bestaan om diens te verskaf aan
permanenete inwoner en aan die vakansieganger. Meeste van hierdie mense is
mense wat vroeg aftree en dan lekker op die kus gaan woon. Dit is so dat
hengel 'n belangrike tydverdryf vir hierdie mense is en as hulle nie meer
kan op die strand ry nie, hoe gaan hulle visvang? Dis maklik om te sê
hulle moet loop, maar 'n ou mens?
Hierdie storie is maar dieselfde as hier by ons in Namibië toe
visregulasies ingestel is [wat baie nodig was 'n goed nagevors was, moet ek
toegee], maar toe ons by Seevisserye verneem toe daar verwarring by die
publiek is oor die permitte en die inhoud van die wet oor hoekom hulle nie
pamflette beskikbaar stel om die kusgebruiker op te voed oor
verantwoordelike kusgebruik nie, toe vertel die amptenaar ewe 'snotty' vir
my dat dit nie sy werk is om ander mense te leer nie. Daar's die
wet....'take it, or leave it'...
"Annette" skryf in boodskap news:ask09t$sdb2q$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> This morning at 8:19 people in Musina and the Kruger National Park will be
> able to see a total eclipse of the sun. Thousands of people and even people
> from abroad flocked to that area to be able to experience a night during
> day.
> Johannesburg and Free State got a cloud cover, so they will miss out.
> We will only have another chance here to see it over 28 years.
> Here in Cape Town I will only see a 53% eclipse, and that is good enough for
> me, for it is cloudless here.
> I just hope all those who spent so much to get to Musina will also have a
> clear sky.
>
> Annette
>
Dit gaan nou glo volgende jaar ingestel word - en daar is verskillende
loonstelsels vir verskillende gebiede.
Ek wonder nou net wat hulle sal moet betaal vir reis ( Saterdagoggende in
dorp toe) en verblyf - (die wooneenhede op die plaas.)
Dan is die arme lot in die Kaap nog slegter af ook, want nou moet hulle vir
hul vaaljapie en bokkoms betaal:)))
Annette