Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ferdi-o-Ferdi...waar is jy?

Vr., 06 Desember 2002 07:45

Waar kruip jy weg?Of het jy bang geword weens die
ontmaskering as 'n NI-Agent?
'n Mens mis jou liberale-treurmare.Het Beeld se sirkulasie syfer dalk iets
daarmee te doen?
Lyk my jy het regtig misgetas toe jy jou lakeie oorreed het
om so snaaks op te tree!

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

MIV %'s toe verkeerd!!

Vr., 06 Desember 2002 06:14

Niks verkeerd met die totaal in getalle nie - 11.9%,
Maar Vrystaat!!! is nou die kampioen.
Natal is nie so stout soos wat algemeen aanvaar is nie, en die Kaap is
stouter as wat hulle gedog het.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: DISKRIMINASIE IN DIE REENBOOGNASIE

Do., 05 Desember 2002 18:54

In article ,
writes:
>
> VRIENDE - versprei hierdie epos so wyd as moontlik.
>
>
>
> Rasgebaseerde voorskrifte wat gaan geld wanneer lede van die publiek
> eersdaags Telkomaandele kan aankoop, is die huidige brandpunt. Hierdie
> reaksie volg op volblad advertensies in vandag se Sondagkoerante, asook
> 'n inligtingsbrosjure wat deur die regering en Telkom aan die publiek
> versprei is, waarin aangedui word dat swartmense minder as witmense sal
> betaal vir Telkomaandele.
>
> Die verskil in aandeelprys op grond van ras word deur die regering
> ingeklee as 'n poging om ongelykhede uit te wis. Indien ras - en nie
> mense se inkomstevlak nie - gebruik word as maatstaf om goedkoper
> aandele te verskaf, sal dit slegs die ryk swart elite bevoordeel en nie
> ongelykhede uitwis nie.
>
> Daar word 'n beroep op die publiek gedoen word om die regering se
> rasvoorskrifte te verontagsaam en dat selfs diegene wat nie swart is
> nie, vir die afslagaandele aansoek moet doen. Dit sal die regering met
> die onbegonne taak laat om te probeer bepaal wie swart is en wie nie,
> wat hopelik daartoe sal lei dat die regering sal afsien van hierdie
> blatante diskriminasie op grond van ras.
>
> Benewens die bostaande beroep op die publiek, het Solidariteit (128000
> lede) ook aangedui dat hy die rasvoorskrifte gaan teenstaan deur die
> vakbond se strukture in Telkom te gebruik om intern 'n dispuut hieroor
> te verklaar.
>
> Ongelykhede en armoede moet sekerlik uitgewis word. Die bepaling van die
> verkoopprys van aandele op grond van ras gaan egter volgens hom nie
> ongelykhede ophef nie, maar eerder nuwe ongelykhede tot gevolg hê.
> Volgens hierdie wyse van toekenning van aandele sal meebring dat 'n
> swart miljoenêr byvoorbeeld goedkoper aandele sal kan koop as 'n arm
> werklose witte, terwyl die meeste arm swartmense steeds nie geld het om
> aandele te koop nie. Die nuwe swart elite is dus die enigste wat sal
> baat by die rasvoorskrifte.
>
> Hoekom word die inkomstevlak as maatstaf, eerder as ras nie gebruik nie?
> Indien die afslagaandeelopsie aan almal aangebied word wat byvoorbeeld
> minder as R 5 000 per maand verdien, sal dit help om ongelykhede uit te
> wis. Arm mense van alle gemeenskappe sal baat en nie net die nuwe swart
> elite nie.
>
>
>
> Die uwe
>
> RAPPORTRYERBEWEGING
>
>
>
> ONGETEKEN AGV ELEKTRONIESE VERSENDING
>
> J.A. KLEINHANS
>
> WEBMEESTER
>
> +27 23 3422505 - T
>
> +27 23 3474528 - F
>
> RRB WEB
>
>
>
>
>
> ----- Posted via NewsOne.Net: Free (anonymous) Usenet News via the Web -----
> http://newsone.net/ -- Free reading and anonymous posting to 60,000+
groups
> NewsOne.Net prohibits users from posting spam. If this or other posts
> made through NewsOne.Net violate posting guidelines, email ab...@newsone.net

----- Posted via NewsOne.Net: Free (anonymous) Usenet News via the Web -----
http://newsone.net/ -- Free reading and anonymous posting to 60,000+ groups
NewsOne.Net prohibits users from posting spam. If this or other posts
made through NewsOne.Net violate posting guidelines, email ab...@newsone.net

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Re: AIDS in South Africa hits blacks twice as hard as whites

Do., 05 Desember 2002 18:32

dis reg so net jammer vigs is so stadigig, kon satan nie iets beters uit
gedink het nie?

dis reg so net jammer vigs is so stadigig, kon satan nie iets beters uit
gedink het nie?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Goeie Web Site

Wo., 04 Desember 2002 22:36

Gaan lê 'n kuiertjie af by http://www.jollygoodjokes.co.za dit is seker die
beste "jokes site" wat ek in 'n lang tyd gesien het. Daar's natuurlik jou
gewone "lees" grappies en dan 'n hele klompie "strokies" en mpeg en avi
flieks. Ek sit nou al amper twee dae lank pal op die site en ek's nog
steeds nie deur al die flieks nie. Hulle voeg ook so elke tweede dag nuwe
grappies by. Ek het my sat gelag vir 'n hele klomp van die flieks, veral
die hollandse advertensies is nogal snaaks, en dan moet julle ook kyk na die
een genoemd "Shuttle(worth)'s home". Dis 'n advertensie wat deur 'n
Suid-Afrikaanse maatskappy gemaak is.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kinderbomvervaardigers

Wo., 04 Desember 2002 12:02

Volgens die Rooikruis hospitaal was daar die afgelope 2 weke meer as vier
gevalle waar kinders wat tuisbomme wou vervaardig, in die hospitaal beland
het met beserings en brandwonde.
Die kind in die koerant het lelik verbrand toe hy en 'n maat 'n bom van
chloried wou maak.
Hy is 9, en sy ouers het aan hom die gevare van bomme en die giftigheid en
gevare van chloried verduidelik.
Hy het nie geluister nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 44 kommentare

My geweeklaag

Wo., 04 Desember 2002 10:21

Na my klaery nou-die-dag oor die moddergooiery op die ng kom ek toe op
hierdie model van slegsê op 'n ander nuusgroep af. Dis so lelik dis eintlik
mooi.

Dus:
"I cannot believe how incredibly stupid you are. I mean rock-hard stupid.
Dehydrated-rock-hard stupid. Stupid so stupid that it goes way beyond
the stupid we know into a whole different dimension of stupid. You are
trans-stupid stupid. Meta-stupid. Stupid collapsed on itself so far that
even the neutrons have collapsed. Stupid gotten so dense that no
intellect can escape. Singularity stupid. Blazing hot mid-day sun on
Mercury stupid. You emit more stupid in one second than our entire
galaxy emits in a year. Quasar stupid. Your writing has to be a troll.
Nothing in our universe can really be this stupid. Perhaps this is some
primordial fragment from the original big bang of stupid. Some pure
essence of a stupid so uncontaminated by anything else as to be beyond
the laws of physics that we know. I'm sorry. I can't go on. This is an
epiphany of stupid for me. I don't have enough strength left to deride
your ignorant questions and half baked comments about unimportant
trivia, or any of the rest of this drivel. Duh."

...en dit nogal in 'n sterrekunde-gesprek!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Desai Die Sê

Wo., 04 Desember 2002 08:53

Gister moes ons toe amptelik hoor wat ons al amper vergeet het:
1) Die sekuriteitslot van N van Heerden was paranoies.
2) Sekuriteitsinligting wat van Internet en koerante verkry is, is deurgegee
as navorsing waarvoor R195 per uur betaal is.
3) Harksen jok
4) Morkel is stout om maatjies te wou wees met Harksen
5) Markovitz se Hans bestaan nie.

Wonder hoeveel hierdie nonsens op die ou end gekos het.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vuurwapenlisensies

Wo., 04 Desember 2002 07:54

Uit die perd se bek:))
Die nuwe herregistrasie van lisensies begin volgende jaar in Januarie - dan
sal almal kredietkaarttipe lisensies kry.
Die aankondiging van hoe, wanneer, waar en die periode sal vroeg Januarie
aangekondig word.
Alle wapens, behalwe die kleinste haelgewere, sal gelisenseer moet word -
al is dit ook 'n ding uit die jare toet wat vir versiering gebruik word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Moppies

Wo., 04 Desember 2002 07:34

Noudat Noppies ietwat uitgeklaar is - my allergie ten spyt:))
Wat van Moppies.
Ons weet wat dit beteken - maar waar kom die woord vandaan en hoekom word
dit so genoem?
Annette

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Bladsye (1834): [ «    662  663  664  665  666  667  668  669  670  671  672  673  674  675  676  677    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 01:02:08 UTC 2026