Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sakkie

Wo., 20 Februarie 2002 17:12

Liewe pa en ma
Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die voortrekkerkamp vir
julle skryf, net ingeval julle die vloed op TV gesien het en bekommerd
is oor ons. Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsakke het
weggespoel. Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal op die
berg besig om vir Jan te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir Jan se
ma hy is OK. Hy kan nie skryf nie omdat sy arm in gips is. Ek het in een
van daai redding-helikopters gery. Dit was lekker! Ons sou hom nooit in
die donker gekry het as dit nie vir die weerlig was nie. Verkenner
Skroewie het kwaad geword vir Piet omdat hy gaan rondgeloop het sonder om
vir iemand te sê. Piet sê hy het hom gesê, maar dit was seker tydens die
vuur, so hy het hom seker nie gehoor nie. Het julle geweet dat as jy een
van daai spuitblikke op die vuur gooi, dan ontplof hy? Die nat hout wou
nie brand nie, maar een van die tente en party van ons klere het.
Dawie gaan snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.

Ons kom Saterdag terug as verkenner Skroewie die kar kan regmaak. Die
ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was OK toe ons hier weg is.
Hy sê 'n mens moet verwag dat so 'n ou kar gereeld sal breek, dis seker
hoekom hy nie versekering kan kry nie. Ons hou van die kar. Hy gee nie om
as dit vuil is binne nie en partykeer laat hy ons bo-op die dak of voorop
ry. Dit word warm binne in met 10 mense. Hy het ons in die sleepwa laat ry
totdat die polisie ons gestop het en met hom gepraat het. Maar hy is 'n
goeie ou en 'n goeie drywer. Hy en Klasie is op die oomblik weg. Hy leer
hom op die bergpaaie bestuur, waar daar nie karre is nie, net groot
vragmotors wat boomstompe wegry.
Vanoggend het almal gaan swem, maar Verkenner Skroewie wou my en Jan nie
laat swem nie, want ek kan nie swem nie en Jan se arm is in gips, toe gee
hy vir ons die roeibootjie op die rivier. Dit was lekker! Party plekke is
die water so diep na die vloed, daar is bome onder die water! En Verkenner
Skroewie is nie kwaai oor lewensbaadjies soos daai ander een verlede jaar
nie. Hy werk nou baie aan die kar, so ons probeer hom nie veel pla nie.
Raai wat? Ons het almal nou klaar ons noodhulp kentekens gekry! Toe
Adriaan in die water geduik het, het hy sy arm oopgesny en Verkenner
Skroewie het gesê ons moet op hom oefen om die wond toe te werk. Ek en
Herman het opgebring, maar verkenner Skroewie sê dis seker net vrot
hoender wat ons gister geet het of iets. Hy sê hy het ook baie keer siek
geword van vrot kos toe hy in die tronk was. Ek is bly hy is nou uit, want
hy sê hy het baie geleer terwyl hy in die tronk was. Wat is 'n pedofiel?
Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan om ons briewe te pos en
vaseline te koop. Moenie oor ons worry nie. Ons is OK. Baai
Sakkie


--

QUIPd 1.02: (79 of 428)
-> There are two rules for success in life:
-> 1. Do not tell people everything you know.
Linux:
7:12pm up 16 days, 14:52, 2 users, load average: 1.16, 1.22, 1.09

Humor & grappe | 0 kommentare

Mooi

Vr., 22 Mei 1998 00:00

Sorry Anglo's, this joke doesn't do too well in English.

Die Juffrou gee die klas die opdrag om huis toe te gaan
en gaan kyk wat is nou werklik mooi. Die volgende dag kom die
antwoorde toe:

Sannie: "Die sonsondergang gister was vir my sooo mooi Juffrou."
Pietie: "My ma het 'n bos blomme van my Pa gekry en dit was vir my baie mooi."
Jannie: " 'n Vyftienjarige meisie wat verwag Juffrou."
Juffrou: "Wat?"
Jannie: "Ja Juffrou, dit is so. My sussie wat vyftien is kom
gister by die huis van skool af en sê toe vir my Pa dat sy
verwagtend is. My Pa sê toe "Dis nou mooi! Dis nou f@$$&n mooi!"

Jakes

Humor & grappe | 0 kommentare

Bier

Do., 24 Julie 1997 00:00

"Bier is van vroulike hormone gemaak."

"Waarom?"

"As 'n man 'n paar biere in het praat hy baie en kan hy nie kar bestuur nie."

Humor & grappe | 2 kommentare

Idioom: Oggendstond

Di., 19 September 2017 18:44

Wat beteken goud in die mond, dis 'n idioom?

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

"Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede)

So., 15 Mei 2016 23:57

"eviscerate" nie diviserate nie. Dit beteken uithaal of verwyder en d's 'n gesegde oftewel 'n werkwoord. Elliot gebruik dit in The Waste Land as 'n byvoeglike naamwoord. Dit sou amper die idee van mineraallose grond skep.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Monica se tikdienste Pretoria

Sa., 30 April 2016 05:39

Monica se tikdienste Pretoria.  Vir al julle professionele tik werk,
skakel vir Anneke: Internasionaal +27793875735 / Suid Afrika 0793875735
of stuur 'n e-pos na anne...@gmail.com Fax2E-mail : 0867708428. Ons
bied 'n wye verskeidenheid tikdienste, insluitende tik van handleidings,
briewe (besigheid of persoonlik), verslae, aanbiedings, katalogusse,
opnames, brosjures, publikasies, curriculum vitae, redigering van
dokumente ens. Konfidensialiteit gewaarborg. http://monicatype.itgo.com
of
  https://www.facebook.com/pages/Monicas-Typing-Services-South -Africa/225732360795636

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Huskies

Ma., 01 Februarie 2016 10:42

Hi,
Hoekom grou huskies en lê in blombeddings?

Troeteldiere | 0 kommentare

Randall Wicomb

Vr., 30 Oktober 2015 19:58

Soek 'n liedjie van Randall Wicomb. Dink dit begin met wit is die kleur van my.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Waar is die egte Afrikaans gebly?

So., 04 Oktober 2015 11:11

Dis jare gelede ek was nog hier in hierdie nuusgroep..
Ek is self geen Afrikaner nie; ek is 'n Belg ('n Vlaming) en hier is seker
nog baie mense wat my herinner. Waar is Annette, Gloudina, DuPlessis en
anderes?
Waar is die egte Afrikaanse taal gebly in hierdie nuusgroep? Is daar
miskien geen Afrikaners meer in Suid-Afrika nie? Hierdie nuusgroep noem
se eie tog soc.culture.south-africa.afrikaans, is dit nie? Teenwoordig is
alles hier in Engels geskryf..
'n Skande! 'n Egte skande is dit!! Julle het ooit geveg vir julle eie
taal teen die Engelsman en nou het julle dit opgegee? Ek vind dit
verskrikkelik!! Julle moes beskaamd wees! Ek is self natuurlik niet
bekwaam om daaroor 'n oordeel te gee want ek het self nog nooit in Suid-
Afrika gewees nie. Ek kan julle taal maklik verstaan en skryf omdat dit
vir my niet moeilik is nie. Maar ek wou tog graag geweet het waarom
hierdie nuusgroep nie meer dieselfde as jare gelede is nie.
--
Norbert die strandkruier & vrugtekweker (uit Vlaandere)
https://sites.google.com/site/strandkruier/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kaal uitgetrek in selle

Ma., 01 Desember 2014 18:16

"'n Man is kaal uitgetrek en erg aangerand, deur 'n groep van 10 verhoorafwagtendes in die polisieselle."
http://mobserver.co.za/22093/kaal-uitgetrek-in-selle/

---

"Dit was net hou, op hou, op hou..." het mnr. Carel van der Schyff afgemete vertel.

Die berugte selle het al 'n inwoner se lewe geëis, nadat hy selfmoord gepleeg het omdat hy daar verkrag is en 'n bekende advokaat het gesê dat hy 'n traumatiese ondervinding in die selle gehad het.

Hy wou nie daaroor uitwei nie.

Nagmerrie in polisieselle vir Carl van der Schyff:

Mnr. Carel van der Schyff wou aanvanklik nie praat oor die gebeure toe hy in die polisieselle aangerand is nie, maar toe hy begin vertel, is dit asof hy die woorde wil uitspoeg.

"Ek slaap nie, my vrou slaap nie en my kinders slaap nie. Netnou word ons wéér geviktimiseer!"

Asof dit pas met hom gebeur het, vertel hy hortend hoe een van die verhoorafwagtendes sy kop tussen sy bene vasgeknyp het, terwyl die ander sy hande vashou en sy klere afstroop. Daarna het die eerste hou langs sy kop geval. Die slag langs sy oor was só gewelddadig dat hy steeds nie mooi kan hoor nie.

Hy het genadiglik tussen die houe op sy lyf op 'n stadium sy bewussyn verloor en eers later wakker geword en sy klere aangetrek.
Mnr. Carel van der Schyff is só hard aan die kant van sy gesig geslaan dat hy steeds nie mooi met dié oor kan hoor nie.

Die skokkende realiteit is dat mnr. Van der Schyff nooit in dié sel moes gewees het nie, aangesien sy borg rééds betaal was en aanklaers later die saak uit die hof gegooi het, omdat hy onregmatig aangekla is.

Die aanloop tot die gebeure was Woensdagmiddag toe mnr. Van der Schyff op aandrang van mnr. Anton Human drade gaan knip het op 'n perseel wat IT Investments onlangs gekoop het (hoek van Beyers Naude- en Wesstraat).

Mnr. Human sê hulle het al 'n geruime tyd probleme met 'n man wat weier om van die erwe wat hulle gekoop het, pad te gee.

Woensdag het hy genoeg gehad en besluit om die draad te knip, sodat daar met bouwerk van 'n muur begin kon word.

Die polisie het kort hierna opgedaag en mnr. Van der Schyff, wat besig was om die draad te knip, gearresteer op 'n klagte van "opsetlike saakbeskadiging". Daar is verskeie kere vir die polisie deur middel van dokumentasie gewys dat die grond aan hulle behoort, maar mnr. Van der Schyff is steeds polisiestasie toe geneem.

Hy is in die aanhoudingsel geplaas. Mnr. Human het intussen hul regsverteenwoordiger, me. Johan-Lee Benadie, in kennis gestel en sy het ook opgedaag. Hulle het verskeie kere aan die polisie probeer verduidelik dat die grond aan hulle behoort en dat mnr. Van der Schyff net gedoen het wat vir hom gesê is.

Daar is intussen R1 000 borg vasgestel en betaal. Teen hierdie tyd, omstreeks 18:00, was dit skofruiling en kapt. Timothy Dladla het aan diens gekom.

Me. Benadie sê sy is toegang tot haar kliënt geweier en terwyl sy en mnr. Human besig was met onderhandelings het hulle mnr. Van der Schyff vir 'n rukkie nie gesien nie. Toe hulle terugkom by die polisie gemeenskapsentrum, was mnr. Van der Schyff nie meer in die aanhoudingsel nie.

Mnr. Van der Schyff sê kapt. Dladla het hom aan die arm gevat en na die aanhoudingselle vir verhoorafwagtendes gedwing.
"Daar was tot menslike ontlasting teen die mure gesmeer!" vertel hy van sy nagmerrie.

Kapt. Dladla het met die verhoorafwagtendes gepraat en mnr. Van der Schyff toegesluit.

Die oomblik toe die seldeure toegaan, het die ander verhoorafwagtendes op mnr. Van der Schyff toegesak.

"Hulle het vir my geskree: 'wat het jy aan die kaptein gedoen?' Ek het vir hulle gesê ek het niks gedoen nie. Hulle het egter begin vloek en skree en gesê dat 'die kaptein sou nie gesê het dat ons jou moet uitsorteer as jy niks gedoen het nie!" Net daarna het hulle sy klere uitgepluk en hom aangerand. In die proses is sy staalarmband ook van sy arm afgesteel.

Na 'n geruime tyd, mnr. Van der Schyff kan nie onthou hoe lank nie, het die kaptein teruggekeer. "Hy het sy eie foon vir die verhoorafwagtendes gegee om privaat oproepe te maak om vir hulle dankie te sê!"

Mnr. Human het bekommerd begin raak oor mnr. Van der Schyff en hom gaan soek. Op hierdie oomblik het kaptein Dladla met hom aangestap gekom.

Mnr. Human en me. Benadie het dadelik besef hy is aangerand. 'n Kolonel het intussen by hulle aangesluit, die situasie opgesom (ook hy het gesien mnr. Van der Schyff is aangerand) en hulle na 'n kantoor geneem waar verklarings geneem is.

• Klagtes van onder meer aanranding is teen die verhoorafwagtendes aanhangig gemaak.

• Me. Benadie het aangedui dat 'n siviele aksie ook binnekort kan volg.

• Die volgende oggend is mnr. Van der Schyff saam met sy regsverteenwoordiger hof toe. Nadat alle dokumentasie gewys is, is die saak uit die hof gegooi en mnr. Van der Schyff se borggeld is aan hom terugbetaal.

• Kol. Leonard Hlati (provinsiale polisiewoordvoerder) het Woensdagoggend gesê dat daar beslis 'n ondersoek sal volg.

• Jare gelede is 'n jong man in die selle geboender vir gesinsgeweld waar hy deur verskeie mans verkrag is. Hy is vrygelaat omdat daar 'n gebrek aan getuienis was. Die dag toe hy vrygelaat is, het hy selfmoord gepleeg.

• Adv. Hein Brauckman moes sowat twee jaar gelede ook 'n nag in die selle deurbring. Hy het nie uitgebrei oor die gebeure in die selle nie, maar net gesê dat daar 'n traumatiese voorval plaasgevind het.

Nuus | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    59  60  61  62  63  64  65  66  67  68  69  70  71  72  73  74    »]
Tyd nou: Di. Feb. 03 01:40:04 UTC 2026