Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Tuti

Vr., 17 Januarie 2003 19:00

Johan Potgieter
Chrisjolette
Sebs
Juan
Pieter
Joe
Paul Van Straaten
Ens. ens. ens.

Tot Max lag al daaroor en noem homself Max Du Plessis.

Ek skryf nie as:
Johan Potgieter
Chrisjolette
Sebs
Juan
Pieter
Joe
Paul Van Straaten
Sannie
Ina
Koos
Gert
Piet
ens ens. ens. nie.

Ek gaan nou vir 'n rukkie 'n ander stokperdjie beoefen
want ek is bietjie dik vir die nuusgroep. Miskien is ek
oor 'n uur terug, Miskien oor drie ure en miskien oor drie weke
maar een ding belowe ek julle:
EK IS NOG NIE TERUG AS EK NOG NIE TERUG IS NIE...
sò as Paultjie of Kosie of Antjie skryf, is dit Paultjie of Kosie of
Antjie wat geskryf het.

maw. ek is nie:
Johan Potgieter
Chrisjolette
Sebs
Juan
Pieter
Joe
Paul Van Straaten
Sannie
Ina
Koos
Gert
Piet
Boerseun
ens ens. ens. nie.

en as
Johan Potgieter
Chrisjolette
Sebs
Juan
Pieter
Joe
Paul Van Straaten
Sannie
Ina
Koos
Gert
Piet
Boersen
ens ens. ens. skryf,
is dit nie ek nie.

Liefde
Dawie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Begripstoets

Vr., 17 Januarie 2003 12:39

Die juffrou vra:
"Klas, sê vir my wat gee hoenders?"
Marietjie antwoord: "Eiers juffrou"
"Nou wie kan vir my sê wat gee boerbokke?"
Sannie sê "Bokmelk juffrou"
"En wat gee 'n koei ons?"
Jannie antwoord "Wiskunde en huiswerk juffrou!"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Klasfoto's

Vr., 17 Januarie 2003 12:38

Die fotograaf het 'n klasfoto van die kinders geneem en die juffrou het
die kinders probeer motiveer om van die foto's te koop.
"Dink net hoe lekker sal dit wees as julle eendag weer na die foto kan kyk
en sê:
"Daar's Jennifer, sy's 'n prokureur' of 'Dit is Michael, hy's 'n dokter!"
'n Stem agter uit die klas sê: "en daar's Juffrou, sy's al dood!"

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Mugabe se verkiesing

Vr., 17 Januarie 2003 08:49

Gistermiddag toe ek huistoe ry toe hoor ek oor die vyfuur nuus op RSG
dat die hof beslis het dat die afgelope verkiesing van Mugabe ongeldig
is en dat daar ten minste 7 setels was waar ongerymdhede gebeur het.

Met verwagting om meer hiervan te wete te kom het ek gisteraand die
nuus gekyk maar helaas daar was nie n woord daaroor gerep nie.

Nou wonder ek. Is dit so en as dit so is watter hof het dit beslis?
(ek het seker net te laat ingeskakel om te hoor). En dink julle daar
sal iets van kom?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Tipies Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners

Vr., 17 Januarie 2003 07:53

Het enige een van julle gistermiddag na 3 na RSG
geluister?

Daar was verteenwoordigers van 4 verskillende vakbonde wat aan die
bespreking deelgeneem het. Almal het keurige Afrikaans gepraat in die
stemtoon en op die manier van Kortbroek. ( hulle het seker almal dieselfde
werkswinkel in openbare kommunikasie bygewoon)
Toe die programleier meld dat dit blyk dat almal se oogmerke en
doelstellings dieselfde blyk te wees, en vra hoekom hulle nie saamsmelt om
'n groter en sterker bedingingsmag te vorm nie, toe het elkeen van die vier
iets te sê oor die verskil tussen samewerking en samesmelting. Almal was
bereid om met die ander saam te werk, maar nie een was bereid om met een van
die ander saam te smelt nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Hoe werk die koppies?

Vr., 17 Januarie 2003 06:48

'n Dokument op 'n disket wat gevind is tydens die inhegtenisneming van die
drie regsgesindes wat na bewering die Vaaldam wou opblaas, sluit 'n brief
aan die Ku Klux Klan in, asook 'n "hoogs geheime" mediaverklaring wat na die
uitbreek van "die nag van verskrikking" uitgereik sou word.

Die "hoogs geheime" verklaring is gerig aan:
" Die Kaffers, Moslems, Basters, Vrymesselaars, Jode, Jingo's en alle ander
rasse-vreemdelinge en hul vreemde gode."

Mnr Leon Peacock (41) het getuig dat die verklaring is deur mede-beskuldigde
Hercules Michael Viljoen geskryf, en deur hom hersien en onderskryf na
aanleiding van Siener van Rensburg se profesieë.

Die verklaring lui dat " oorlog verklaar word deur die bloed van ons
voorvaders. Die Boervolk het opgestaan in die naam van hul Almagtige Vader
en roep hul volgelinge wêreldwyd om saam met hulle die laaste veldslag te
veg ter ere van die Almagtige Vader se naam om sy koninkryk op hierdie
planeet te begin."

Die groepe aan wie die verklaring gerig is, word gewaarsku om nie teen
hulle, wat die verklaring uitreik, te veg nie en uit die land te vlug.
As hulle nie gehoor gee aan hierdie waarskuwing nie. sal hulle "met die mag
van die Almagtige Vader" uitgewis word.

Peacock het getuig sy hele lewenswandel getuig daarvan dat hy die gemeenskap
dien en help, maar het toegegee op 'n stelling van die streekhofpresident
dat hy slegs een bevolkingsgroep dien.

Peacock het 'n stelling van die aanklaer ontken dat hy eers na sy
inhegtenisneming begin sê het hy wou die ander keer om die dam op te blaas
deur aan hulle te sê die Vaaldam het 'n bars in.
Peacock het ook getuig dat hy voor sy inhegtenisneming 'n oproep van ene
Mike ( sou dit nou goeie vriend Viljoen wees?)gekry het wat gesê het hy moet
alles wat onwettig is begrawe, omdat die polisie op Lourens du Plessis
toegeslaan het.
Peacock het toe die onwettige ammunisie in sy besit begrawe. Na
inhegtenisname is beslag daarop gelê.
Peacock en Viljoen staan saam met Allan Rautenbach tereg op aanklagte van
sabotasie.

Kommentaar:
Nou kyk, as die sg Boeremag ( ek wens hulle wil vir hulle 'n ander naam
kry - iets soos Verdwaaldes - die regte boere wil niks met hulle te doen hê
nie - hulle wil net boer) hulle beman met mense met die intelligensie van
bogenoemde, dan het niemand hier iets te vrees van hierdie lot wat eerder in
'n gestig tuishoort as 'n hof nie.
As hulle dan kwansuis deur die bloed van hul voorvaders wil oorlog, waarom
sluit hulle dan nie sommer die Engelse ook in nie.
Dit is opmerklik dat al drie of 'n Engelse naam of van het, en geen poging
in hul misplaaste patriotisme aangewend het om hul vanne en name na
behoorlike boerename te verander nie.

NS:
Ek wonder of Peacock die jonger boetie is van my beste maat op laerskool in
Witbank - Paul - ken jy hom ?- Weet jy of sy pa 'n pastoor in die AGS was,
en of hy 'n suster met die naam van Annette het?)

Koeitjies & kalfies | 36 kommentare

Ook terug...

Do., 16 Januarie 2003 18:54

...laas Donderdag al, maar my ISP was van die lug af. Sinet het hulle
afgeskop - seker nie hulle rekening betaal nie.

Ons was vir twee weke op Riversdal by ons rolstoelmensies. Ook darem
so paar keer met ou Tobie gesels. Dit gaan goed met hom dankie.

Ook was ons weer George toe - amper 300 km heen en weer - vir die
tweede episode van 'The Lord of the Rings.' Dit was baie goed, maar
niemand kan rërig die atmosfeer van 'n boek, of die mooi taalgebruik,
in 'n fliek regkry nie. Ons seun het dit gelees toe hy elf jaar oud
was en onthou meer daarvan as ek.

Op pad terug was ons by antieke vriende van ons aan. Op Danabaai. My
kleinboet - 11 jaar jonger as ek maar omtrent 20 cm langer - is in
Oktober met 'n mooie meisie getroud wat 15 jaar jonger as hy is. Die
bliksem! Op die troue toe kom .ek toe agter my ou vriend is die bruid
se oom! Weer bliksem! Hom en sy vrou omtrent 30 jaar gelede gesien,
Mens wil nie oud word nie nè.

Die jaar is al aan die gang, maar hy dra nog gebreide kousies, dus,
voorspoed en goeie wense vir julle almal

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sutherland - akkommodasie gesoek...

Do., 16 Januarie 2003 15:22

Sutherland blyk die koelste plek in die land te wees.
Is daar akkommodasie beskikbaar ?
(Dis mos Van Wyk Louw se geboorteplek - lyk my hy was slimmer as wat ons
besef.)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Donkerwerk

Do., 16 Januarie 2003 09:31

Vir die 5de keer in 'n tydperk van 12 maande is die 15 ligte wat op die N2,
Modderdamweg en die brug by Nyanga aangebring en op sementblokke gemonteer
is, om vliegtuie te help land gesteel.
Lugdiens bagasietrollies is ook gesteel.
By twee vorige gevalle is die ligte opgespoor by die skrootwerf wat daar
naby is gevind.
Die sekuriteitsfirma wat veronderstel is om 'n ogie oor die ligte te hou is
gevra om die sekuriteit meer effektief toe te pas.

Wanneer gaan die "slim" mense dit in hul koppe kry om by diefstal van sulke
items sommer heel eerste die goed by skrootwerwe en pandjieswinkels te gaan
soek.
En wanneer gaan die delers ( eienaars van bg besighede) ook gestraf word as
hulle nie die ooglopende gesteelde artikels raporteer of selfs die inligting
van die steler verskaf nie?

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Sjoe ma dis walm

Do., 16 Januarie 2003 09:29

Ek weet nie van julle ander knakkies in die res van die land nie, maar hier
in Bobbejaansberg is dit vrek warm.... al die hele week gewees. Ek hoor dit
was eergister 39 in PTA.... lekker walm ne!

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Bladsye (1838): [ «    644  645  646  647  648  649  650  651  652  653  654  655  656  657  658  659    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 25 10:34:07 UTC 2025