Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: sal ek dit glo?

Ma., 20 Januarie 2003 21:08

On Mon, 20 Jan 2003 20:52:06 +0000, l&p wrote:

>
> Bestaan daar 'n offisieele plek waar ek dese
> e.pos skam kan meld?
> patrick
>

Ag kom nou Long Play, moet nie spog oor die briewe nie.
Ons ander kry dit (ek twee per dag) en vee dit uit sonder
om dit te lees. Stuur dit na die welsyn toe of so iets maar
moet nie ons daarmee verveel nie. Al wat jy doen is om
te bewys dat jy steeds te veel van 'n leek is om 'n
program soos Mailwasher te gebruik.

Tannie Hester van Uit(K)trapfontein se man

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

grappie (dalk oud)

Ma., 20 Januarie 2003 13:55

Die taksibestuurder en die pastoor kom saam by die hemelpoorte aan -

Die taksibestuurder is voor en die engel vra sy naam en wat hy vir 'n
lewe gedoen het.

"My naam hy is Johannes Thabalala" antwoord hy.
"Ek is hom, die taxi drywer"

"Goed" se die engel vir hom, "Hier is vir jou n goue bokleed. Volg net
die breë pad met die goue rante"
Johannes vat sy bokleed en stap deur.

"En wat is jou naam en beroep" vra die engel vir die pastor.
"Ek is (vul maar 'n naam hier in) en ek is 'n pastoor"
"Goed" se die engel, "Hier is vir jou n bokleed gemaak van mieliesakke. Volg net die smal klipperige pad met die afgrond na links"

"Wat?!" roep die pastor uit.
"Hoekom het die taksibestuurder dan die goue kleed en breë pad gekry?"

"Pastoor, elke Sondag as jy gepreek het, het die mense geslaap maar elke keer as hy gery het, het die mense GEBID!"

----
Ek kon seker die een vertaal het maar almal verstaan mos Engels -

This guy comes to the pharmacy and asks for a vial of cyanide. The
pharmacist, trying to keep up a professional posture, asks the
customer what he might need it for.

"Oh" says the guy, "I want to poison my wife".

"I am sorry Sir," says the pharmacist "but you will have to
understand that, under these circumstances, it is impossible for me to
sell you the cyanide."

The guy reaches in to his wallet and pulls out a picture of his wife
and quietly lays it on the sales counter.

The pharmacist blushes and politely remarks "I'm sorry Sir, I didn't
realize you had a prescription".


Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 10 kommentare

Centre for Advanced Governance ??

Ma., 20 Januarie 2003 12:41

Onder die opskrif �: Mbeki�s patient approach to Zimbabwe pays off� � M&G
(17 Jan 2003) skryf ene Sean Cleary (voorsitter van die Centre for Advanced
Governance) dat Mbeki se beleid jeens Zim baie suksesvol is.Volgens Cleary
word Mbeki se beleid se sukses bepaal deur die feiut dat daar nie
grootskaalse �landgrabbing� in die RSA plaasgevind het nie!

Die vraag ontstaan wat Cleary se motivering is vir die skryf van hierdie
artikel, en wie is die sog. Centre for Advanced Governance. (Ek wonner wie
die �Centreë borg? )

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ons kan nie kla nie

Ma., 20 Januarie 2003 08:31

Dis die Amerikaners wat rede het om onrustig te voel.
Volgens Vrydag se M&G artikel, sit hulle onder andere met hierdie probleem,
wat erger as ons s'n is, gegewe dat hulle Afrikaner-Amerikaner gemeenskap
kleiner is as die blanke gemeenskap - dus 'n omgekeerde situasie as hier:
Ek haal aan:
In the US black urban culture dominates youth culture, and youth culture
generates huge anounts of money. Rap's edgy reputation help sell the
records.
Place all this in a country where black men are six times more likely to be
murdered than whites and where one in three young black men are either in
jail, on parole or on probation, and you have a potentially explosive
cocktail.

Die artikel gaan daaroor dat daar nou 6 polisiemanne in New York aangestel
is om slegs op die Rap en Hip-Hop industrie te konsentreer vir inligting
t.o.v. oorsake van misdaad

G'n wonder Bush wil oorlog nie, om van so 'n paar duisend van die
moeilikheidmakers ontslae te raak nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die morele probleem

So., 19 Januarie 2003 16:52

OK... so ek spel soos my agterwereld, maar is dit regtig die grootste
probleem. Wat van morele waardes.

Ek het hulp nodig om `n besluit te maak. Kyk na hierdie website en vertel my
asof dit aanvaarbaar is om hierdie tiepe inhoud op die internet te sit? Dink
jy ek moet die website afhaal?

http://myweb.absa.co.za/gschoonbee/sms/index.htm

Baie dankie vir jou hulp
--
,-._,-.
\/)"(\/ :: GIDEON ::
(_o_)

.:Crowded Cubicle Web studio:.
--------------------------------------------------
Web: www.crowded.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

ik zoek werk in Zuid-Afrika

So., 19 Januarie 2003 12:44

Hallo,

6 jaar geleden studeerde ik af als Vertaler-Tolk (Frans-Engels-Duits) en
zoek nu een job in Zuid-Afrika.
Mijn moedertaal is Nederlands.
Ik heb 6 jaar ervaring in "International Trade" op de boekhoudafdeling van
een Amerikaanse multinational.

Wie kan me informatie bezorgen? of helpen bij mijn zoektocht?

Alvast bedankt

M.P.
Belgium

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Tuti

Vr., 17 Januarie 2003 19:00

Johan Potgieter
Chrisjolette
Sebs
Juan
Pieter
Joe
Paul Van Straaten
Ens. ens. ens.

Tot Max lag al daaroor en noem homself Max Du Plessis.

Ek skryf nie as:
Johan Potgieter
Chrisjolette
Sebs
Juan
Pieter
Joe
Paul Van Straaten
Sannie
Ina
Koos
Gert
Piet
ens ens. ens. nie.

Ek gaan nou vir 'n rukkie 'n ander stokperdjie beoefen
want ek is bietjie dik vir die nuusgroep. Miskien is ek
oor 'n uur terug, Miskien oor drie ure en miskien oor drie weke
maar een ding belowe ek julle:
EK IS NOG NIE TERUG AS EK NOG NIE TERUG IS NIE...
sò as Paultjie of Kosie of Antjie skryf, is dit Paultjie of Kosie of
Antjie wat geskryf het.

maw. ek is nie:
Johan Potgieter
Chrisjolette
Sebs
Juan
Pieter
Joe
Paul Van Straaten
Sannie
Ina
Koos
Gert
Piet
Boerseun
ens ens. ens. nie.

en as
Johan Potgieter
Chrisjolette
Sebs
Juan
Pieter
Joe
Paul Van Straaten
Sannie
Ina
Koos
Gert
Piet
Boersen
ens ens. ens. skryf,
is dit nie ek nie.

Liefde
Dawie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Begripstoets

Vr., 17 Januarie 2003 12:39

Die juffrou vra:
"Klas, sê vir my wat gee hoenders?"
Marietjie antwoord: "Eiers juffrou"
"Nou wie kan vir my sê wat gee boerbokke?"
Sannie sê "Bokmelk juffrou"
"En wat gee 'n koei ons?"
Jannie antwoord "Wiskunde en huiswerk juffrou!"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Klasfoto's

Vr., 17 Januarie 2003 12:38

Die fotograaf het 'n klasfoto van die kinders geneem en die juffrou het
die kinders probeer motiveer om van die foto's te koop.
"Dink net hoe lekker sal dit wees as julle eendag weer na die foto kan kyk
en sê:
"Daar's Jennifer, sy's 'n prokureur' of 'Dit is Michael, hy's 'n dokter!"
'n Stem agter uit die klas sê: "en daar's Juffrou, sy's al dood!"

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Mugabe se verkiesing

Vr., 17 Januarie 2003 08:49

Gistermiddag toe ek huistoe ry toe hoor ek oor die vyfuur nuus op RSG
dat die hof beslis het dat die afgelope verkiesing van Mugabe ongeldig
is en dat daar ten minste 7 setels was waar ongerymdhede gebeur het.

Met verwagting om meer hiervan te wete te kom het ek gisteraand die
nuus gekyk maar helaas daar was nie n woord daaroor gerep nie.

Nou wonder ek. Is dit so en as dit so is watter hof het dit beslis?
(ek het seker net te laat ingeskakel om te hoor). En dink julle daar
sal iets van kom?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    644  645  646  647  648  649  650  651  652  653  654  655  656  657  658  659    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 11:06:17 UTC 2026