Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Randall Wicomb

Fri, 30 October 2015 19:58

Soek 'n liedjie van Randall Wicomb. Dink dit begin met wit is die kleur van my.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Waar is die egte Afrikaans gebly?

Sun, 04 October 2015 11:11

Dis jare gelede ek was nog hier in hierdie nuusgroep..
Ek is self geen Afrikaner nie; ek is 'n Belg ('n Vlaming) en hier is seker
nog baie mense wat my herinner. Waar is Annette, Gloudina, DuPlessis en
anderes?
Waar is die egte Afrikaanse taal gebly in hierdie nuusgroep? Is daar
miskien geen Afrikaners meer in Suid-Afrika nie? Hierdie nuusgroep noem
se eie tog soc.culture.south-africa.afrikaans, is dit nie? Teenwoordig is
alles hier in Engels geskryf..
'n Skande! 'n Egte skande is dit!! Julle het ooit geveg vir julle eie
taal teen die Engelsman en nou het julle dit opgegee? Ek vind dit
verskrikkelik!! Julle moes beskaamd wees! Ek is self natuurlik niet
bekwaam om daaroor 'n oordeel te gee want ek het self nog nooit in Suid-
Afrika gewees nie. Ek kan julle taal maklik verstaan en skryf omdat dit
vir my niet moeilik is nie. Maar ek wou tog graag geweet het waarom
hierdie nuusgroep nie meer dieselfde as jare gelede is nie.
--
Norbert die strandkruier & vrugtekweker (uit Vlaandere)
https://sites.google.com/site/strandkruier/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kaal uitgetrek in selle

Mon, 01 December 2014 18:16

"'n Man is kaal uitgetrek en erg aangerand, deur 'n groep van 10 verhoorafwagtendes in die polisieselle."
http://mobserver.co.za/22093/kaal-uitgetrek-in-selle/

---

"Dit was net hou, op hou, op hou..." het mnr. Carel van der Schyff afgemete vertel.

Die berugte selle het al 'n inwoner se lewe geëis, nadat hy selfmoord gepleeg het omdat hy daar verkrag is en 'n bekende advokaat het gesê dat hy 'n traumatiese ondervinding in die selle gehad het.

Hy wou nie daaroor uitwei nie.

Nagmerrie in polisieselle vir Carl van der Schyff:

Mnr. Carel van der Schyff wou aanvanklik nie praat oor die gebeure toe hy in die polisieselle aangerand is nie, maar toe hy begin vertel, is dit asof hy die woorde wil uitspoeg.

"Ek slaap nie, my vrou slaap nie en my kinders slaap nie. Netnou word ons wéér geviktimiseer!"

Asof dit pas met hom gebeur het, vertel hy hortend hoe een van die verhoorafwagtendes sy kop tussen sy bene vasgeknyp het, terwyl die ander sy hande vashou en sy klere afstroop. Daarna het die eerste hou langs sy kop geval. Die slag langs sy oor was só gewelddadig dat hy steeds nie mooi kan hoor nie.

Hy het genadiglik tussen die houe op sy lyf op 'n stadium sy bewussyn verloor en eers later wakker geword en sy klere aangetrek.
Mnr. Carel van der Schyff is só hard aan die kant van sy gesig geslaan dat hy steeds nie mooi met dié oor kan hoor nie.

Die skokkende realiteit is dat mnr. Van der Schyff nooit in dié sel moes gewees het nie, aangesien sy borg rééds betaal was en aanklaers later die saak uit die hof gegooi het, omdat hy onregmatig aangekla is.

Die aanloop tot die gebeure was Woensdagmiddag toe mnr. Van der Schyff op aandrang van mnr. Anton Human drade gaan knip het op 'n perseel wat IT Investments onlangs gekoop het (hoek van Beyers Naude- en Wesstraat).

Mnr. Human sê hulle het al 'n geruime tyd probleme met 'n man wat weier om van die erwe wat hulle gekoop het, pad te gee.

Woensdag het hy genoeg gehad en besluit om die draad te knip, sodat daar met bouwerk van 'n muur begin kon word.

Die polisie het kort hierna opgedaag en mnr. Van der Schyff, wat besig was om die draad te knip, gearresteer op 'n klagte van "opsetlike saakbeskadiging". Daar is verskeie kere vir die polisie deur middel van dokumentasie gewys dat die grond aan hulle behoort, maar mnr. Van der Schyff is steeds polisiestasie toe geneem.

Hy is in die aanhoudingsel geplaas. Mnr. Human het intussen hul regsverteenwoordiger, me. Johan-Lee Benadie, in kennis gestel en sy het ook opgedaag. Hulle het verskeie kere aan die polisie probeer verduidelik dat die grond aan hulle behoort en dat mnr. Van der Schyff net gedoen het wat vir hom gesê is.

Daar is intussen R1 000 borg vasgestel en betaal. Teen hierdie tyd, omstreeks 18:00, was dit skofruiling en kapt. Timothy Dladla het aan diens gekom.

Me. Benadie sê sy is toegang tot haar kliënt geweier en terwyl sy en mnr. Human besig was met onderhandelings het hulle mnr. Van der Schyff vir 'n rukkie nie gesien nie. Toe hulle terugkom by die polisie gemeenskapsentrum, was mnr. Van der Schyff nie meer in die aanhoudingsel nie.

Mnr. Van der Schyff sê kapt. Dladla het hom aan die arm gevat en na die aanhoudingselle vir verhoorafwagtendes gedwing.
"Daar was tot menslike ontlasting teen die mure gesmeer!" vertel hy van sy nagmerrie.

Kapt. Dladla het met die verhoorafwagtendes gepraat en mnr. Van der Schyff toegesluit.

Die oomblik toe die seldeure toegaan, het die ander verhoorafwagtendes op mnr. Van der Schyff toegesak.

"Hulle het vir my geskree: 'wat het jy aan die kaptein gedoen?' Ek het vir hulle gesê ek het niks gedoen nie. Hulle het egter begin vloek en skree en gesê dat 'die kaptein sou nie gesê het dat ons jou moet uitsorteer as jy niks gedoen het nie!" Net daarna het hulle sy klere uitgepluk en hom aangerand. In die proses is sy staalarmband ook van sy arm afgesteel.

Na 'n geruime tyd, mnr. Van der Schyff kan nie onthou hoe lank nie, het die kaptein teruggekeer. "Hy het sy eie foon vir die verhoorafwagtendes gegee om privaat oproepe te maak om vir hulle dankie te sê!"

Mnr. Human het bekommerd begin raak oor mnr. Van der Schyff en hom gaan soek. Op hierdie oomblik het kaptein Dladla met hom aangestap gekom.

Mnr. Human en me. Benadie het dadelik besef hy is aangerand. 'n Kolonel het intussen by hulle aangesluit, die situasie opgesom (ook hy het gesien mnr. Van der Schyff is aangerand) en hulle na 'n kantoor geneem waar verklarings geneem is.

• Klagtes van onder meer aanranding is teen die verhoorafwagtendes aanhangig gemaak.

• Me. Benadie het aangedui dat 'n siviele aksie ook binnekort kan volg.

• Die volgende oggend is mnr. Van der Schyff saam met sy regsverteenwoordiger hof toe. Nadat alle dokumentasie gewys is, is die saak uit die hof gegooi en mnr. Van der Schyff se borggeld is aan hom terugbetaal.

• Kol. Leonard Hlati (provinsiale polisiewoordvoerder) het Woensdagoggend gesê dat daar beslis 'n ondersoek sal volg.

• Jare gelede is 'n jong man in die selle geboender vir gesinsgeweld waar hy deur verskeie mans verkrag is. Hy is vrygelaat omdat daar 'n gebrek aan getuienis was. Die dag toe hy vrygelaat is, het hy selfmoord gepleeg.

• Adv. Hein Brauckman moes sowat twee jaar gelede ook 'n nag in die selle deurbring. Hy het nie uitgebrei oor die gebeure in die selle nie, maar net gesê dat daar 'n traumatiese voorval plaasgevind het.

Nuus | 0 kommentare

"Muskiete jag" deur A.D. KEET

Sun, 08 December 2013 01:33

It is 3:15 am in cairo,egypt,as a south african living in egypt I could not sleep because of a mosquito and it reminded of this poem that I learnt in 1978 at primary school,I hunted it and now I have a bloedkol teen my kamer muur;so die muskiet het finally gesterf,lol

Prosa & poësie | 2 kommentare

Gesprek met Breyten Breytenbach

Thu, 14 November 2013 14:49

Breyten Breytenbach hield vorige dinsdag een lezing in Brussel.
De VRT (Vlaamse Radio en Televisie) had een kort gesprek met hem dat
nu te bekijken is op cobra.be, de cultuursite van de VRT.

Hier is de link.

http://tinyurl.com/prbt2lh

Interessant wat Breytenbach zegt over het gebruik van het Engels door
o.a. de parlementariërs. Een taalgebruik zonder ziel volgens BB.
Breytenbach spreekt Nederlands maar zijn Afrikaans klinkt er
(gelukkig) nog door.
--
Michel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Veranderinge

Tue, 09 April 2013 11:47

Sien ou Ferdi se standpunte het heelwat verander na al die jare, kan julle glo hy like nie meer die ANC nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans

Sun, 24 February 2013 07:25

Waar het die Afrikaans gebly?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Question about Dutch (and Afrikaans) Grammar

Thu, 07 February 2013 18:47

Sorry to ask such basic questions, but I would appreciate if you
could possibly tell me how you would translate the following English
sentences into Dutch :

(i) I have to repair my car

(ii) I had to repair my car

(iii) I have had to repair my car

(iv) I had had to repair my car

(v) I will have to repair my car

(vi) I would have to repair my car

(vi) I would have had to repair my car


Similarly, I would like to know how a native speaker would
translate :


(i) I am able to repair my car

(ii) I was able to repair my car

(iii) I have been able to to repair my car

(iv) I had been able to repair my car

(v) I will be able to repair my car

(vi) I would be able to repair my car

(vi) I would have been able to repair my car


Since I am aware that Afrikaans may possibly use different structures
than Dutch for the examples above, I would appreciate if Afrikaans
speakers on the group could also tell me how they would translate the
aforementioned sentences.

Thank you very much !

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Reënboog in die skemering

Sun, 16 December 2012 04:46

Reënboog in die skemering: review of book by Elizabeth Vermeulen

http://su.pr/1YgXCT

--
Steve Hayes from Tshwane, South Africa
Blog: http://khanya.wordpress.com
E-mail - see web page, or parse: shayes at dunelm full stop org full stop uk

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Plaasmoordondersoeker geteiken

Sun, 17 June 2012 15:38

Plaasmoordondersoeker geteiken

Posted by Louis Marais ⋅ 7 Maart, 2012⋅ 1 Kommentaar

Filed Under Afrikaanse nuus, Boer, Brits, Dawid Swart, dr Dawid
Swart, hofsaak, Junie 2009, Kleinfontein, Klipkop, Nuus, plaas,
Plaasmoord, teiken, vandaliseer, wraakveldtog


Lesers sal nog die berigte in die media rondom die gebeure in die saak
teen dr Dawid Swart onthou. Die hele wraakveldtog teen hom het in
Junie 2009 begin.

Dr Dawid Swart, destyds ‘n lektor in kriminologie aan die Universiteit
van Pretoria, woon met sy gesin op sy plaas Klipkop in die
Kleinfontein-omgewing, noord van Brits. Dr Swart was toe besig met
navorsing oor plaasmoorde vir ‘n verdere doktorstesis. Hy het tereg
gestaan op aanklagte van poging tot moord nadat vier swartes hom op sy
plaas bly lastig val het. Die hele gebeure was weer ‘n tipiese swart
rassistiese toneel: ‘n Blanke boer word geteiken, geterroriseer en sy
eiendom tot vervelens toe gevandaliseer, maar hy mag homself nie
verdedig nie.

Ek het destyds persoonlike onderhoude met die gesin gevoer en was
verstom om te sien hoe die liberale media elke faset in die hele
treurmare tot leuens verdraai. Dit was ‘n deursigtige en driftige
poging om van ‘n wit boer in die noordweste van Transvaal ‘n
moordenaar en monster te maak met ‘arme swart kindertjies’ as
‘slagoffers.’

Nou, na twee en ‘n half jaar, is die saak uiteindelik afgehandel en is
dr Swart onskuldig bevind want ten spyte van die talle leuens teen hom
kon daar geen bewyse gevind word dat hy skuldig is aan die aantygings
nie. Dit was nogal ‘n swart regter wat hom vrygespreek het met die
uitspraak dat die aanklagte en getuienisse so pateties en inkonsewent
was dat daar geen regtelike aansprake op kan wees nie. Hierdie uitslag
sal sekerlik nie in die liberale media berig word nie – hul
vernedering was te groot.

Maar vir dr Swart en sy gesin oor wie die hofsaak soos ‘n swaard vir
twee en ‘n half jaar gehang het, is daar ook nog die R300 000
regskoste wat hy êrens vandaan moet verhaal.

Doktor Dawid Swart het die Sondagmiddag met sy motorfiets deur die
lemoenboorde op sy plaas gery toe hy ná die hoeveelste waarskuwing met
vorige voorvalle, weer die swartes op sy grond gewaar. Dit, nadat hy
in alle leesbare tale denkbaar, rondom sy grond borde laat plaas het
met kennisgewing dat dit privaat eiendom is en nie betree mag word
nie.

Hy het twee skote met sy haelgeweer in die lug opgeskiet en die vier
swartes het laat spaander, twee skerp na links en die ander twee na
regs, en heeltemal ongedeerd weggehardloop sou enige regdenkende glo
wanneer hael die lug in geskiet word. Dr Swart beweer hy is oortuig hy
het niks ongeoorloof gedoen nie. Die vier swart moeilikheidmakers,
Tebogo Thabane, Thabo Thabane, Leonard Nkadimeng en Nchoco Ntoagae is
glo vir wonde in die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa
behandel maar selfs hierdie truuk het agterna geboemerang.

Dit was nie lank daarna nie toe die spul wat met Cosatu kop in een mus
is, op sy plaas toesak, hom in hegtenis neem, alle wapens onregmatig
konfiskeer, sy vrou binne hul huis rondstamp, hom agter op hul
voertuig gooi waarvan hulle die seil op daardie tydstip toe verwyder
het sodat hy in die yskoue wind geboei lê terwyl hulle teen 140 km per
uur van die plaas na die polisiestasie in die dorp jaag.

Die saak is vooraf so goed beplan en opgeblaas, selfs Noordwes se
premier, Maureen Modiselle, is opdrag gegee om haar skok oor die
‘rassistiese’ voorval in ‘n ellelange mediaverklaring uit te spreek,
natuurlik alles in Engels aangehaal in die plaaslike koerant.

Selfs by die motorversieningshandelaar in die dorp waar mev Swart een
middag ‘n paar dae later haar motor gelaat het vir verstelwerk, het
swartes onmiddellik nadat sy uit die motor geklim het verwys na die
voertuig van “doktor Swart wat die swartes geskiet het”, min wetende
dat sy hul taal magtig is en alles kon verstaan – so wyd is die nuus
klaarblyklik deur die ANC versprei.

Dr Swart is eers dae later op borg van R7 000 uitgelaat.

Waaroor niemand egter ‘n woord gepraat het nie, is die voorafgaande
voorvalle wat reeds so lank as drie jaar op hierdie plaas voortduur,
gevalle van gewapende roof, talle diefstalle in die winkeltjie op die
plaas, huisinbrake, hoenders wat in die hoenderhok vermoor word en net
daar gelaat word as teken van waarskuwing, bokke wat gereeld gesteel
word, aanranding op mev Swart in haar winkeltjie op die plaas, alles
gebeure wat net doodeenvoudig nie deur die polisie ondersoek is na
aanmelding nie maar net geïgnoreer is. Hulle het hulle meestal nie
verwerdig om uit te gaan vir klagteondersoeke nie, en die een maal wat
hulle wel op ‘n klagte van die Swarts gereageer het, het hulle nie
eens die moeite gedoen om vingerafdrukke te neem nie, alhoewel hulle
blitsvinnig op die plaaswinkeltjie toegeslaan het die dag toe ‘n
besope swart vrou gaan kla het dat die kleingeld wat sy gekry het, te
min is. Gelukkig het mev Swart die strokie van die aankope gehou en
moes die dronkie ná wiskundige berekening daarmee onverrigtersake die
perseel verlaat.

Dit is duidelik dat die ANC hierdie hele saak vroegtydig baie
spesifiek teen dr Swart georkestreer het. Die deurlopende
teenwoordigheid van Cosatu tydens hofverskynings was ‘n
deursigtigheid. Daarbenewens wou die blanke boere in die omgewing dr
Swart ondersteun tydens sy hofverskynings deur middel van ‘n optog,
maar hulle is deur die prokureur wat die saak hanteer gewaarsku dat
dit tot ‘n enorme fiasko gaan lei, dit, terwyl Cosatu die stof witwarm
gedans het in die omgewing. Blankes het dus nie dieselfde regte as
swartes nie.

Destyds het die universiteitsowerheid doktor Swart ingeroep met die
waarskuwing indien hy skuldig bevind sou word aan die aanklagtes, hy
sy pos by die universiteit kwyt sal wees en is daar aan hom summier
verlof toegestaan. Watter groter bewys het mens nodig om te weet onder
watter kommunistiese hiel die Universiteit van Pretoria staan, dat ‘n
lektor wat slegs sy eiendom probeer beskerm het, nog voordat daar
uitsluitsel oor sy saak is, reeds gewaarsku word dat hy sy pos kwyt
sal wees. As dit nie vooraf gereël is nie, is daar seker ook geen
misdaad in ons land nie, ons verbeel ons seker maar net.

Intussen is die Swart-gesin onbeskermd gelaat op hul plaas, sonder
wapens, en het hulle gebruik moes maak van ‘n sekuriteitsmaatskappy
wat ‘n wag met ‘n selfoon vir die nag daar kom aflaai, dit teen
R250-00 per nag.

Een nag kon doktor Swart en sy vrou nie slaap nie en het die ligte
heeltyd laat brand. In die vroeë oggendure het hulle besef daar is ‘n
aantal swartes op die werf wat by die stoor bedrywig was. Die swart
sekuriteitswag van Rens Sekuriteitsmaatskappy se enigste verweer op
die vraag waarom hy hulle nie reeds vroeër die nag in kennis gestel
het nie want hulle was dan wakker, was dat sy selfoonbattery pap was.
Dus kon hy ook nie hulp ontbied van sy werkgewers in geval van nood
nie, baie gerieflik.

Sou enige regdenkende hierdie toestand as toevallig beskryf? Daar kan
nie eers geglo word dat dit nalatigheid was nie, Rens Sekuriteit is in
die omgewing bekend vir wakker optrede. Chris van Rensburg, eienaar en
wakker bestuurder van hierdie maatskappy, was vroeër jare een van die
skerpste polisiemanne. Daar kan nie anders as om te redeneer dat
Cosatu totaal uit hul pad gaan met moeite om alle swartes om te koop
of te dreig tot samewerking met hul vernietigingsproses in die
uitwissing van die blanke bevolking in Suid-Afrika nie.

Mens kan met reg bespiegel of Cosatu hierdie vryspraak van dr Swart
gaan ignoreer of gaan die hele terrorisering weer van vooraf begin? ‘n
Kriminoloog wat besig is met ondersoeke na korrupsie in die
polisiemag, plaasmoorde op blanke boere en die uitwissing van ‘n volk,
se lewe is waarskynlik niks werd in die vrot Nuwe Suid-Afrika nie.

Skakel:
http://gelofteland.org/index.php?option=com_content&view =article&id=2407:boer-se-2-waarskuwing-skote-kos-hom-r30 0-000&catid=34:kriewelkop&Itemid=6

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    58  59  60  61  62  63  64  65  66  67  68  69  70  71  72  73    »]
Tyd nou: Sun Feb 02 14:26:12 UTC 2025