Weens 'n kragonderbreking van 'n halfuur, sodat die skerm nie geskuif kon
word nie, en 'n reenbui - sodat nog tyd verlore gegaan het, moes ons toe
sorg dat NZ in 39 boulbeurte uitgeboul word, of net oor die 208 lopies
aanteken. Ons was nie suksesvol nie.
Pollock was alweer nie 'n goeie kaptein vandag nie.
Jonas - die fortuinvertelster was nou gedeeltelik al reg - sy het gesê ons
gaan nie die beker wen nie.
Bly ingeteken vir die July-wenner:)))
Gloudina het vir my gesê dat Afrikaans 'n sustertaal is van die
Nederlands.
Ek gaan daar nie mee akkoord nie! Vir ons, Vlaminge, is Engels 'n
sustertaal en ons kan ditselfde sê oor die Duits. Die ooreenkomste is
duidelik en die verskille tussen sustertale ook, maar sonder studie
kan 'n mens nooit 'n sustertaal (goed) verstaan nie.
Dit is nie die saak vir die Afrikaans nie. Ons, Vlaminge en
Nederlanders kan byna onmiddellik daardie taal verstaan. Daar is meer
ooreenkomste as verskille. Ek het self soms moeite om in daardie
verskille te glo. Daarom sê ek vir Gloudina: "Gloudina, jy is
verkeerd! Afrikaans is nie 'n sustertaal van die Nederlands nie.
Afrikaans is 'n kind van die Nederlands en susters het 'n andere
relasie met mekaar as dat kinders het met hulle moeder." Ek moet
toegee: dis wel nie onnatuurlik nie as tenslotte moeder en kinders van
mekaar gaan verskil maar uiteindelik kan die relasie nooit dieselfde
wees as tussen susters of broers onderling nie.
Gloudina, as jy hierop 'n antwoord het mag jy eers praat. Maar gee
asseblief nou ook eens die andere mense die geleentheid om ook iets te
sê!
Asseblief..
Wat my as Vlaming tog so baie opval in Afrikaners is hulle sin vir
onafhanklikheid. Dis asof hulle dit met die moedermelk het opgedrink.
Soms maak dit selfs 'n normale dialoog met hulle onmoontlik. Ek het so
'n gevoel daardie sentiment is al baie oud en is miskien al so oud as
die Afrikaanse volk self is. Histories het dit waarskynlik sy redes.
My vraag daarom is: soos die Afrikaners in die neentiende eeu geveg
het vir onafhanklikheid sou hulle dit nog steeds op dieselfde manier
doen in die toekoms? Of gaan hulle definitief 'n bestendige modus
vivendi aangaan met die volkere wat hulle omring?
Soms vra ek my af of daardie houding eintlik nie die enigste
bestaansrede is vir die Afrikaners nie. En ek dink dat dit nog mees
van al deur die andere volkere van Suid-Afrika sou kan verstaan word
as dit laaste vir daardie andere volkere gewoon duidelik sou wees.
Tobie het geskryf:
"I can not remember what years it were when young Dutch students
ransacked libraries in the Nederlands and destroyed Afrikaans books.
It was during the time when all ties were broken off between the
cultural institutions of the two countries. It was also shown on our
tv how those books were torn and burnt. Could that be the reason for
the lack of Afrikaans books in the Nederlands?"
------------------------------------------------------------ --------------------------------------------------
Hallo, Tobie,
Ek het inderdaad iets gevind oor daardie gebeurtenis..
Loer asseblief op: http://www.dfa.gov.za/for-relations/bilateral/netherlands.ht m
Daar staan 'n paragraaf oor die Suid-Afrikaanse Instituut ('n
biblioteek) in Amsterdam.
Daardie boekestorm was nie in alle biblioteke van Nederland nie maar
slegs in een enkele. Maar miskien is dit tog moontlik dat daardeur
baie boeke verdwyn het in die teenwoordige biblioteke. In Nederland
werk biblioteke baie goed saam en miskien het hulle hul Suidafrikaanse
boeke na 1990 daarnatoe gestuur. Ek gaan dit eens vra.
Suid-Afrikaanse Instituut (Library)
This Institute (Library) was founded in 1939 in Amsterdam. This
Institute has 18,000 books available and 5,000 books of the NZAV,
amongst which several Africana. In 1984 the anti-apartheid
demonstrators occupied the Institute in "Action Bookcharge" (Aksie
Boekenstorm). In the process the building was bombarded with
paint-bombs and books were thrown in the Keizersgracht. The Institute
is open on weekdays and also serves as an information centre about
South Africa.
Die stuk oor die matriekvraestel was net 'n gespot - maar dikwels is
spottery na aan die waarheid.
In die week het 'n lektor in inginieurswese by UP ingeskakel en gekla oor
die eerstejaars, waarvan goed 50% nie eers die basiese begrippe van wiskunde
ken nie, en daar was selfs twee studente wat nie eers geweet het hoe om 'n
liniaal te gebruik nie.
Behalwe om te wonder hoe die kinders matriek geslaag het, moet mens ook
bedenkinge hê oor die keuring vir geskikte kandidate vir die
inginieurskursus by PU.
Toentertyd, toe ek nog jonk en onskuldig was, moes 'n student wat vir die
kursus wou inskryf, eers bewys lewer dat hy 'n meganiese hand kon ontwerp
wat 'n eier kan optel sonder om dit te breek.