Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ons is te kalm

Di., 18 Februarie 2003 08:30

Ek hoor die mense van Indië is so vies vir hul span se swak vertonings by
die toernooi, dat die polisie by hul huise moet wagstaan om te keer dat hul
gesinne bestook word, of dat hul eiendom vernietig word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Coke vs Pepsi by krieket

Di., 18 Februarie 2003 05:37

Ek lees vanoggend in Beeld van die gesin wat by Centurion se stadion
uitgegooi is omdat hulle Coke gedrink het op die stadion en Pepsi is die
borg. mens sou nou dink dat dit redelik is om te aanvaar dat Pepsi kan
aanspraak maak daarop dat alle koeldrank wat in die stadion verkoop mag
word, Pepsi moet wees, maar om 'n mens te dwing om net hulle produkte te mag
gebruik? Dit terwyl die gesin R525 vir kaartjies betaal het! Belaglik
het ek nou al baie gehoor, maar hier ruk hulle darem die hol lelik uit die
hoender uit!

Sport & ontspanning | 11 kommentare

Bollocks vir Pollocks

Ma., 17 Februarie 2003 17:55

Al daardie manne en meisies wat nou protesteer teen 'n oorlog in Irak kan
hulle tyd baie beter mors.

Ons het Pollock en sy familie-stories nou reeds vir +/- 2 jaar verduur - ek
dink die minste wat Pollock nou kan doen is om bloot uit te tree as kaptein.
Hy het sy beurt gehad. Yy oom en pa het het in hulle deel vir hom gedoen.
Maar nou verdien ons 'n breek. Kan iemand nie 'n nasiewye protesveldtog reël
nie?

Terselfdertyd kan krieket nou van al die politieke en kleuraanstellings
ontslae raak.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bye-bye worldcup.

Ma., 17 Februarie 2003 13:28

Ek dink die opskrif is genoeg.
Ali,Sonn en Henry moet die skuld kry.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Krieket #7

So., 16 Februarie 2003 20:19

Weens 'n kragonderbreking van 'n halfuur, sodat die skerm nie geskuif kon
word nie, en 'n reenbui - sodat nog tyd verlore gegaan het, moes ons toe
sorg dat NZ in 39 boulbeurte uitgeboul word, of net oor die 208 lopies
aanteken. Ons was nie suksesvol nie.
Pollock was alweer nie 'n goeie kaptein vandag nie.

Jonas - die fortuinvertelster was nou gedeeltelik al reg - sy het gesê ons
gaan nie die beker wen nie.
Bly ingeteken vir die July-wenner:)))

Annette

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Is Afrikaans 'n sustertaal van die Nederlands?

So., 16 Februarie 2003 18:37

Hallo, elkeen,

Gloudina het vir my gesê dat Afrikaans 'n sustertaal is van die
Nederlands.
Ek gaan daar nie mee akkoord nie! Vir ons, Vlaminge, is Engels 'n
sustertaal en ons kan ditselfde sê oor die Duits. Die ooreenkomste is
duidelik en die verskille tussen sustertale ook, maar sonder studie
kan 'n mens nooit 'n sustertaal (goed) verstaan nie.
Dit is nie die saak vir die Afrikaans nie. Ons, Vlaminge en
Nederlanders kan byna onmiddellik daardie taal verstaan. Daar is meer
ooreenkomste as verskille. Ek het self soms moeite om in daardie
verskille te glo. Daarom sê ek vir Gloudina: "Gloudina, jy is
verkeerd! Afrikaans is nie 'n sustertaal van die Nederlands nie.
Afrikaans is 'n kind van die Nederlands en susters het 'n andere
relasie met mekaar as dat kinders het met hulle moeder." Ek moet
toegee: dis wel nie onnatuurlik nie as tenslotte moeder en kinders van
mekaar gaan verskil maar uiteindelik kan die relasie nooit dieselfde
wees as tussen susters of broers onderling nie.
Gloudina, as jy hierop 'n antwoord het mag jy eers praat. Maar gee
asseblief nou ook eens die andere mense die geleentheid om ook iets te
sê!
Asseblief..

Die groete van

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Die sin vir onafhanklikheid

So., 16 Februarie 2003 18:14

Hallo, elkeen,

Wat my as Vlaming tog so baie opval in Afrikaners is hulle sin vir
onafhanklikheid. Dis asof hulle dit met die moedermelk het opgedrink.
Soms maak dit selfs 'n normale dialoog met hulle onmoontlik. Ek het so
'n gevoel daardie sentiment is al baie oud en is miskien al so oud as
die Afrikaanse volk self is. Histories het dit waarskynlik sy redes.
My vraag daarom is: soos die Afrikaners in die neentiende eeu geveg
het vir onafhanklikheid sou hulle dit nog steeds op dieselfde manier
doen in die toekoms? Of gaan hulle definitief 'n bestendige modus
vivendi aangaan met die volkere wat hulle omring?
Soms vra ek my af of daardie houding eintlik nie die enigste
bestaansrede is vir die Afrikaners nie. En ek dink dat dit nog mees
van al deur die andere volkere van Suid-Afrika sou kan verstaan word
as dit laaste vir daardie andere volkere gewoon duidelik sou wees.

Die groete

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Zimbabwe (vervolg.)

So., 16 Februarie 2003 12:03

Trokke wat graan na die uitgehongerde Zimbabweers vervoer wag klaarblyklik
tot sewe (7) dae by Beitbrug-grenspos.

Die saak is reeds telkemale op SATV vertoon - luierskap ?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie spring?

Sa., 15 Februarie 2003 21:52

Oooo, ting-a-ling-a-ling die ...... spring?

En die antwoord is.......?

Onthou mense, 'n Dingus is 'n wonderliKKe ding.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Freeslike Vliek

Sa., 15 Februarie 2003 19:50

Gister in The Argus was daar 'n resensie oor die fliek " Below".
Die ouderdomsbeperking en ander waarskuwings in die resensie lees:
113LV

Dit klink of daar in die fliek 'n ferskriklike floekery aan die gang is.
:)))

Annette

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    629  630  631  632  633  634  635  636  637  638  639  640  641  642  643  644    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 05:58:49 UTC 2026