Saterdagoggend sê Clive Rice toe op TV3 wat ek al lankal voel - we applaud
mediocrity.
Wat is dit dat mens nou kamstig nie meer die krieketspan mag uitkryt as
hulle droogmaak nie?
Wie is die regte ondersteuners - die wat vir die span laat weet hulle is nie
so goed as wat hulle dink nie, of die wat "agter die span staan" en tevrede
is met wat ook al opgedis word?
Ek gee nie om as my span goed speel en dan verloor nie. Maar as 'n
paaltjiewagter skielik nie meer balle kan vang nie en as 'n kaptein met
hangskouertjies en koppie af na die grond op die veld stap, dan moet iets
daaraan gedoen word.
Met die spelers moet bestuur en afrigter moet hul tyd gebruik om die
probleem met die spelers aan te spreek en reg te stel, nie dit gebruik om
joernaliste te skakel en uit te vreet omdat hule dit durf waag om die span
te kritiseer nie.
Die nuwe verskoning is glo dat daar te veel druk op die span is.
Blykbaar verkeer die ander spanne nie onder druk nie.
Miskien moet ons spelers se gesinne en huise ook gedreig en bedreig word,
sodat hulle werklik kan weet wat dit is om onder druk te speel - soos Indië
skielik begin beter speel het.
'n Goeie vriend met 'n voorliefde vir boeregrappe is op soek na 'n
kopie van "Die Poepwedstryd" (ek dink dit het in die Paarl
plaasgevind). Is daar iemand wat kan help?
Dankie
Betistia
One morning while making breakfast, Gatiep walked up to Maraai and
klapped her on her boud and said, "Ek se, ou Dikkes, if you firmed
this up we could get rid of your girdle, ne?"
She just gave him the evil eye and replied with silence.
The next morning Gatiep woke Maraai with a pinch on the breast and
said,"Dolly Parton, if you firmed these up we could get rid of your
bra,ne?"
This was beyond a silent response, so she rolled over and grabbed him
by his manhood. With a death grip in place she said, "Jy weet ou
Slappes, if you firmed this up we could get rid of the postman, the
gardener, your neighbour, the plumber, the pool man en jou broer,n
e......!"
Skielik ontdek tv-kommentators die rede vir Boucher se swak vangwerk. Hy
knyp sy oë toe as hy die bal wil vang ..
Boucher se laerskoolonderwyser, verantwoordelik vir krieketafrigting moes
ook raakgesien het dat Boucher nie net sy oë toemaak wanneer hy die bal
"vang" nie, hy draai ook sy kop weg van die bal af. Waarom die gebrek in
mondering nou "ontdek" word verstom my.
Boucher het die swak gewoonte reeds gehad toe hy provinsiaal begin speel
het....t
Daar sit ou Mattewis Fourie van Hibberdene toe verlede week hier by die
watergat, laat die aand, na die soveelste dubbel Klippies en Coke, en staar
met 'n sielewroeging op sy gesig oor die see.
Hy sit daar totaal verslae met 'n brief in sy hand."Mattewis:, vra ek,
half bang ek versteur of hinder hom, "wat is dit?" Stilte. "Het die Sharks
verloor?" Stilte. Ek huiwer weer. "Het Hettie jou gelos?" Hy sê steeds niks
en ek kry die indruk hy sou beter gevoel het as dit maar die rede was. "Dood
in die familie?" Skielik stoot hy die brief oor die toonbank. "Lees dit" sê
hy.
Ek lees.
Liewe pa en ma,
Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die Voortrekkerkamp af aan
julle skryf, net ingeval julle die vloed op TV gesien het en bekommerd is
oor ons. Ons is ok. Net een van ons tente en twee slaapsakke het weggespoel.
Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal op die berg om na Jan
te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir Jan se ma hy's ok. Hy kan nie
skryf nie, omdat sy arm in gips is. Ek het in een van daai
reddingshelikopters gery. Dit was lekker. Ons sou hom nooit in die donker
gekry het as dit nie vir die weerlig was nie. Verkenner Skroewie het kwaad
geword vir Piet omdat hy gaan rondloop het sonder om vir iemand te sê. Piet
sê hy het hom gesê, maar dit was seker tydens die vuur, so hy het hom seker
nie gehoor nie.
Het julle geweet as jy een van daai spuitblikke op die vuur gooi, dan
ontplof hy? Die nat hout wou nie brand nie, maar een van die tente en party
van ons klere het. Dawie gaan snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.
Ons kom Saterdag weer terug as Verkenner Skroewie die kar kan regmaak.
Die ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was ok toe ons hier weg is.
Hy sê 'n mens moet verwag dat so 'n ou kar gereeld sal breek.
Dis seker hoekom hy nie versekering kan kry nie. Ons hou van die kar. Hy
gee nie om as dit vuil is binne nie, en partykeer laat hy ons op die dak of
voorop ry. Dit word warm binne-in met tien mense. Hy het ons in die sleepwa
laat ry totdat die polisie ons gestop en met hom gepraat het. Maar hy is 'n
goeie ou en drywer. Hy en Klasie is op die oomblik weg. Hy leer hom op die
bergpaaie bestuur, waar daar nie karre is nie, net groot vragmotors wat
boomstompe wegry.
Vanoggend het almal gaan swem, maar Verkenner Skroewie wou my en Jan nie
laat swem nie, want ek kan nie swem nie, en Jan se arm is in gips. Toe gee
hy vir ons di roeibootjie op die rivier. Dit was lekker. Party plekke is die
water so diep na die vloed, en daar is bome onder die water.
En Verkenner Skroewie is nie so kwaai oor lewensbaadjies soos daai ou
verlede jaar nie. Hy werk nou baie aan die kar so ons probeer hom nie veel
pla nie.
Raai wat? Ons het nou almal ons noodhulp-kentekens gekry. Toe Adriaan in
die water geduik het, het hy sy arm oopgesny, en Verkenner Skroewie het gesê
ons moet op hom oefen om die wond toe te werk. Ek en Herman het opgebring,
maar Verkenner Skroewie sê dis seker net vrot hoender wat ons gister geëet
het of iets. Hy sê hy het ook baie keer siek geword van vrot kos toe hy in
die tronk was. Ek is bly hy is nou uit, want hy sê hy het baie geleer terwyl
hy in die tronk was.
Wat is 'n pedofiel? Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan om ons
briewe te pos. Moenie oor ons worry nie.
Ons is ok.Baai. Sakkie.
Dis toe dat ek vir my 'n trippel Klokkies skink en langs Mattewis gaan
sit en saam met hom oor die donker see tuur. My seun is die Jan wie se arm
in gips is.
---
Jy het geskryf "Dit is ook wat Christus in die berg-predikasie gebid het" en
my aanname was dat jy daarmee verwys het na die Onse Vader-gebed in Matteus
6. (Die hele bergrede is in Matt 5 - 7.) Wat verstaan ek onder saligheid?
Dis nogal nie maklik om te antwoord nie. Die waarheid is dat ek nie seker is
wat ek verstaan nie. (Dit beteken egter nie dat ek nie seker is waarin ek
glo nie.) Saligheid is vir my iets soos die ewige lewe, die hiernamaals, 'n
volmaakte bestaan sonder sonde, kwale en ellende en al die lelike en slegte
dinge waarmee ons daagliks worstel. Maar ek weet nie hoe daardie lewe is
nie. Kan my dit nie voorstel nie. Openbaring praat van die nuwe Jerusalem
met goue strate en sulke goed, maar dis ook maar beeldspraak. As Chrsitene
word ons geleer jy kan dit net bereik as jy jou eie ek aflê en jou volledig
oorgee aan God en aan Christus. Jou drange en begeertes moet jy op die
agtergrond skuif, en aan ander diensbaar wees. In alles moet jy die wil van
God soek en dit navolg. Ek glo nie ons kan dit doen as mense nie. Moeder
Teresa het seker naby gekom, en ander "heiliges" oor die eeue heen. Maar
soos jy sê, in hierdie lewe kan ons dit nooit volledig regkry nie. In elk
geval tref dit my meer en meer, soos ek ouer word, dat verskillende
godsdienste op die ou end baie dieselfde dinge sê, net op ander maniere en
met ander begrippe.