Dit wil lyk of Ginwala se beker nou oorloop. Dit het lank gevat - seker
omdat die beker so veel volume het?
Indien die agbare ministers so traag is, hoe gaan dit binne hule eie
departemente. In sy begrotingsrede het Trevor skep gekap na oneffektiewe
staatsamptenare - die parlement het met applous gereageer. Die "parlement"
is te onnosel om te besef dat hulle self verantwoordelik is vir die verval
binne die staatsdepartemente.
Om my van 'n langnaweek te beroof, en in die kerk te kry op Paassondag, gaan
ons koor nou daardie dag in die Grootte Kerk optree.
Ons sing Schubert se Deutsche Messe in Afrikaans - en omdat dit my
hoendervleis gee elke keer as ons dit sing, sal ek maar gaan - net vir die
opwinding;))
Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
Die aansoeke vanaf Maandag het verminder na 'n druppel in die emmer in
vergelyking met verlede week se stortvloed.
Nog 'n strortvloed gaan seker weer gebeur die laaste week van April.
Al is daar elke dag genoeg aansoeke om die mense 8 uur lank besig te hou,
dan gaan hulle nog nie al die lisensies uitgereik kry nie, maar die laat
laatslapers gaan nog steeds wag tot die laaste dag en verwag dat hulle
betyds gehelp moet word.
Tony Yengeni, na veelvuldige ontkennings, advertensies ten dien effekte in
koerante, en na 'n uitgerekte hofsaak (waar sy aansoek om regshulp geweier
is, en hy sy laaste advokaat verloor het omdat hy hulle 800 000 skuld) wat
uitgeloop het op 'n ooreenkoms waar hy nie vir die ernstiger van twee
aanklagte vervolg is nie, en skuld beken het dat hy die parlement doelbewus
mislei en bedrieg het, het toe vandag as parlementslid bedank.
Dis die eerste ANC parlementslid wat ek van weet wat so "eerbaar" optree.
Het hy dit maar gedoen heel aan die begin dan was hy nie nou so diep in die
skuld nie, en is ons ook nie so seker dat die bedanking nie heeltemal
vrywillig was nie.
Ons sal maar moet sien hoe lank hy as lid van die uitvoerende kommittee van
die ANC gaan aanbly, aangesien Maduna verklaar het dar die ANC die mense
help wat hulp nodig het.
Sjeim.
Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in 'n land
soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat as jy jou stamboom
kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan jy aansoek doen vir
burgerskap?
Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek begin
soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie goed doen vir
'n lewe?