Gelukkig het Pierre vir my 'n bottel van sy allerlekkerste Maroelalikeur
gestuur. Na 'n lekker dop om te proe of dit nog reg is, kon ek vanoggend se
twee verloorwedstryde hanteer:))
Dit was toe nie Bobby se tong se skuld vir die Stormers se vertoning
laasjaar nie:))
More hou ons paartie heeldag by die Waterfront by die bierplek in die nuwe
gedeelte. Vir R55 kan ek heeldag sit en knibbel aan 'n buffet, en drink (
ekstra), gesels en sport kyk op die groot skerm.
Ek kry die mense jammer wat nie kan dop steek nie - hoe verwerk hulle ons
spanne se verloorkultuur?:))
"Kaalgat tussen 'ie alwyne" skryf in boodskap news:3e685adc.0@news1.mweb.co.za...
> Hallo daar!
>
> Kom ek toe mos per geluk af op die nuusgroep (verrassing nommer 1) MET
> boodskappe in!(verrassing nommer 2)
>
> Ons Afrikaners is mos maar 'n sku klomp vir nuwerwetse tegnologie. Of so dog
> ek.
>
> Dit was nou wraggies lekker om so tussen al die ander heidentale my taal te
> sien!
>
> Lekker dag vir julle almal.
>
> Kaalgat
>
Dit wil lyk of Ginwala se beker nou oorloop. Dit het lank gevat - seker
omdat die beker so veel volume het?
Indien die agbare ministers so traag is, hoe gaan dit binne hule eie
departemente. In sy begrotingsrede het Trevor skep gekap na oneffektiewe
staatsamptenare - die parlement het met applous gereageer. Die "parlement"
is te onnosel om te besef dat hulle self verantwoordelik is vir die verval
binne die staatsdepartemente.
Om my van 'n langnaweek te beroof, en in die kerk te kry op Paassondag, gaan
ons koor nou daardie dag in die Grootte Kerk optree.
Ons sing Schubert se Deutsche Messe in Afrikaans - en omdat dit my
hoendervleis gee elke keer as ons dit sing, sal ek maar gaan - net vir die
opwinding;))
Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.