Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

ken julle mirc?

Wo., 12 Maart 2003 10:13

hallo daar

Net gewonner of julle mirc ken en het.

Die wat wel het chek die channel uit - #RockSpidersUnited

Dis a afrikaanse channel en is op die Dal.Net servers

Dis lekker man

arios

PS

mirc is a internet relay chat program - maw a cool program wat maak dat
mense met mekaar kan chat, download dit by
http://www.mirc.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kom saam?

Di., 11 Maart 2003 20:58

Ooooooooooppppppppppsssssss PER KOP lolol

E

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e6deb7c.0@news1.mweb.co.za...
> Elaine
> ... kan jou deesdae maklik R100 per kom of meer uit die sak jaag.
>
> Wouter
> Dan is die wittebrood seker die duur deel van die troue?
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pipperellakoors (die oplossing?)

Di., 11 Maart 2003 16:35

Ek het waarskynlik 'n spoor gevind vir die krisis rond die woord
"pipperellakoors" op hierdie nuusgroep.
Pipperellakoors sou gewoon griep wees of influensa. "Pipperella" is 'n
verbastering van die woord "Pfeifferella". Pfeifferella was 'n
bakterie waaraan die Duitse dokter Pfeiffer sy naam gegee het. Daardie
naam word nou nie meer toegepas nie. Oorspronklik het Pfeiffer gedink
dit was die bakterie wat griep veroorsaak maar teenwoordig weet ons
dis 'n virus. Die bakterie bestaan nog maar heet nou "actinobacillus"
en is 'n soort streptokok.
Ek is egter nog nie baie seker daaroor nie. Gloudina sou kan reg wees
as sy sê dat pipperellakoors mononucleosis is (mononucleosis
infectiosa) want daardie siekte word ook "siekte van Pfeiffer" genoem
en dis inderdaad 'n siekte wat deur soene oorgebring word. In die
konteks van die gedig van Anton Goosen is dit dan wel baie begryplik.
Moet weet dat Pfeiffer sy naam gegee het aan 'n klomp bakteries waarin
Pfeifferella 'n vaste bestanddeel vorm. Is nou Pipperellakoors gewoon
griep of die siekte van Pfeiffer, ek weet dit nie. Beide is moontlik.
Pipperella is nêrens op die Internet te vind nie behalwe as
bestanddeel van 'n Latynse plantnaam: "Thymus piperella", 'n soort van
tym wat in Spanje groei. Ek vind dit nie waarskynlik dat daar 'n
relasie bestaan nie. Ek dink dat inderdaad "pipperella" eintlik
"pfeifferella" is en na Pfeiffer verwys. Oor Pfeiffer en
"pfeifferella" kan julle baie webbladsye terugvind.

Groete van

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Fliek: God is Africa

Ma., 10 Maart 2003 07:03

Het hierdie naweek begin draai, en ek beter dit gaan kyk hierdie week
voordat dit afgehaal word.
Alhoewel dit vir twee toekennings oorsee benoem is, maar nie as 'n wenner
aangewys is nie, wil ek graag gaan sien hoe lyk 'n poging wat R60 000 gekos
het om te maak.

Annette

Geloof & kerksake | 10 kommentare

Re: Important news regarding your M-Web subscription

So., 09 Maart 2003 11:05

easy online editing ability?
microsoft independent?
click and create?
databases?

ky is welkom om my persoonlik temail vir die hele ou vervelige storie....
lekkr dag :)

"Tobie" skryf in boodskap news:b4el2n$hpr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> and so does powerpoint :-)
> ---
> "Carinus Lemmer" wrote in
> message news:1047188870.985275@ftp.adept.co.za...
> : ...And we offer web-building tools for small
> operators...
> : ...see some of our work at www.upstart.co.za -
> more affordable than a site
> : from mweb, and easy online editing capabilities.
> :
> : "TJ" wrote in
> message
> : news:3e630a44$0$225@hades.is.co.za...
> : > "Important news regarding your M-Web
> subscription: Your monthly
> : subscription
> : > will be R139-00 (inclusive of VAT) from April
> onwards."
> : >
> : > ---
> : >
> : > Visit Artslink.co.za
> (http://www.artslink.co.za) ISP for fast ADSL
> (FREE
> : > pilot!), 128k and 64k ISDN, Basic Dial-Up and
> POP3 e-mail (from
> : R20/month).
> : >
> : > FREE - SA Arts, Culture and Entertainment
> News - browse the news on the
> : site
> : > or select your interests, download your e-mail
> and read all about it at
> : your
> : > leisure. (Value: R300/annum - inclusive).
> Support SA Arts and Culture!
> : >
> :
> :
> :
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Maer Hond

Sa., 08 Maart 2003 09:37

Het enigiemand raad? My arme hond (die chow) is so maer dat sy ribbes al
beginne deursteek. Hy't nie wurms nie en hy eet nie vreeslik baie nie, al
is hy ongelooflik aktief. Ek het my pa se raad van bruinbrood en melk
probeer, maar die hond raak net alhoe maerder en maerder. Op die oomblik
voer ek hom mieliepap en melk saam met sy gewone kos, maar ek dink nie hy
hou van pap nie, behalwe as daar 'n vleissousie saam is. Hy lyk gesond, se
velletjie blink, sy neusie is nat en hy's baie spelerig en aktief. Het
enigiemand 'n idee hoe om bietjie vetjies aan sy lyfie te kry, of moet ek
hom dalk veearts toe vat?

Dankie en groete
Elaine

Troeteldiere | 19 kommentare

"pipperel" ?

Vr., 07 Maart 2003 22:33

Die woord "Pipperel" staan niet in die
Nederlandse Etymologisch woordenboek
(van Dalen, uitgawe 1997)
Dit lyk op 'n verbastering - dus -
moontlik is die woord "Pimpernel" bedoel
wat die naam van 'n plant is: "Pimpernellenkruid"
Of uit 'n ou Frans verhaal "Die rooi Pimpernel"
Het jy geen Nederlands Etymologisch woordenboek nie
Norbert? Baie interessant vir 'n egte taalkundige
so's jy is ne?
Patrick

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Ramaphosa-gerug?

Vr., 07 Maart 2003 16:58

Daar is 'n gerug dat Ramaphosa sy vere regskud om die land te lei - wie weet
waar willem wouter woon? Wie weet wat?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bond tegen vloeken (vir Annette)

Vr., 07 Maart 2003 12:18

Geagte Annette,

Ek het daaroor danig verwonder gewees omdat jy al 'n paar kere geskryf
het op hierdie nuusgroep dat Nederlanders 'n volk is wat nogal baie
kan vloek...
Ek het dit nog nie kan opmerk nie. Miskien is dit omdat daardie
Nederlanders wat nie ver van my deur woon (ek woon aan die Nederlandse
grens) nie egte Nederlanders is nie. Min of meer word hulle nog steeds
"Vlaminge" genoem (Zeeuws-Vlaminge). Hulle is natuurlik Nederlanders
maar tog het hulle altyd al baie Vlaamse en selfs Belgiese trekke
gehad.
Maar elders in Nederland skyn die mense tog 'n probleem met hulle
vloeke te hê. Want vandag het ek gelees in "Kijk" ('n
populêr-wetenskaplike maandblad):"..We staan er bovendien bekend om
(in die buiteland) dat we creatief met onze scheldvocabulaire omgaan."
Dit sou dus dan tog waar kan wees wat jy daaroor gesê het.
Maar ek glo die Nederlanders is hulle eie bewus van hulle eienskappe
daaromtrent want hulle het 'n bond daarteen! Sien asseblief hier:
http://www.bondtegenvloeken.nl/ (Vandag het daardie bond selfs op die
televisie verskyn. Hulle wil 'n boek laat verbied van 'n sekere Ronald
Giphart omdat in daardie boek teveel vloeke is).
Daar is egter, soos altyd, ook Nederlanders wat die andere kant opkyk
en hulle vind dat vloek goed is vir die (emosionele) gesondheid. Sien
hier: http://www.parodie.nl/vloeken/
In Vlaandere het ons geen bonde teen vloek nie. Die Vlaminge het
waarskynlik daaromtrent nie so'n groot probleem nie.
Vloek Afrikaners dan nooit nie? En as hulle vloek, wat sê hulle dan?

Die groete vanweë

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Dag Vrinne!

Vr., 07 Maart 2003 10:37

Hallo daar!

Kom ek toe mos per geluk af op die nuusgroep (verrassing nommer 1) MET
boodskappe in! (verrassing nommer 2)

Ons Afrikaners is mos maar 'n sku klomp vir nuwerwetse tegnologie. Of so dog
ek.

Dit was nou wraggies lekker om so tussen al die ander heidentale my taal te
sien!

Lekker dag vir julle almal.

Kaalgat

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    620  621  622  623  624  625  626  627  628  629  630  631  632  633  634  635    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 02:19:52 UTC 2026