Alhoewel daar hordes boeke en artikels oor hierdie onderwerp verskyn het,
bly dit 'n kopseer vir alle betrokkenes. Hier gee Nataniel bietjie hulp:
1. Laat per ongeluk 'n prominente familielid uit tydens
nooi van gaste. Dit veroorsaak 'n geweldige bitterheid en agteraf geskinder
en sorg dat die geleentheid vir altyd onthou word.
2. Gebruik 'n silwer koki en skryf uitnodigings met die
hand. So bly dit persoonlik en die reuk versag die werklikheid. (Lek ook
die koeverte self, die genot van gom is ongekend.)
3. Verander die kleurskema nadat die moeder van die
bruidegom in kennis gestel is. Die feit dat sy dan heeltemal uitstaan en
heeltyd snaaks aangekyk word, trek dus haar aandag af van die verrigtinge.
(Onthou, sy verloor haar seun).
4. Borsruikers: Vervang die tradisionele orgideë deur
blomme van versiersuiker, veral as jy vermoed dit gaan reën. Dit sorg vir
eindelose pret en hou die vlieë van die buffet af.
5. Blomme teen die banke: Vars ruikertjies is tog so
vervelig. Laat hekel die goedjies - veral as jy herfskleure trou. Buiten
dat dit werk verskaf, kan jy dit later verkoop of bêre indien 'n tweede
huwelik beplan word.
6. Laat ALTYD die trourok ontwerp deur 'n moffie
(homoseksueel). Sy grootste fantasie kry gewoonlik die oorhand (almal het
hulle drome) en sorg dat die bruid soos 'n wandelende tert opeindig. Dit
wakker die nodige behoeftes aan by die bruidegom, veral as 'n voorhuwelikse
oor-die-tou-trappery reeds plaasgevind het!
7. Bestel loperige geregte by die caterers (aartappelslaai,
slap hoederpastei en trifle bly treffers). Dit verhoed dat bejaardes en
minder gegoede kollegas kos in hulle handsakke laai.
8. Hou die onthaal in 'n saal met 'n verhoog en sluit die
aand af met karaoke. Sodoende ontaard die geleentheid in 'n platvloerse
affêre en bespaar jy die onkoste van 'n going-away uitrusting - wie gaan
notice?
9. Plaas groot hoeveelhede goedkoop vonkelwyn vooraf op die
tafels en gaan neem foto's vir ure in die munisipaliteit se tuin. Sodoende
is almal vroeg al gesuip en maak dit die seremoniemeester baie meer
draaglik.
10. In geval van 'n beperkte begroting, plaas 'n waterval of
fontein in die hoek van die saal. Dit is tog te weelderig en die gedrup
sorg dat gaste hulle self kort-kort moet verlig en minder drink.
11. Ten Laaste: Nooi altyd mense met kinders, dit bly die
simbool van vrugbaarheid. Huur 'n springkasteel en plaas dit direk agter
die bruidstafel - die op-en-af-gespring en aanhoudende gegil bespaar jou die
koste van 'n orkes en lei tot volgehoue opwinding (veral met 'n paar
beserings).
Mag hierdie wenke lei tot 'n onvergeetlike dag en gelukkige samesyn. -
Nataniel
Gister kon die Nieu Zeelanders teen die Aussies gewen het, maar het nie.
Vandag het die Keniane die span van Zimbabwe lag-lag kafgedraf.
Zimbabwe het vir die geleentheid weer vir Andy Flower en Henry Olonga gekies
om die span te versterk, alhoewel daar al na die eerste wedstryd laat
verstaan is dat die twee spelers nooit weer vir Zim sal speel nie omdat
hulle dit durf waag het om in die eerste wedstryd met swart armbande te
speel.
Kenia het nou deurgedring na die halfeindstryd.
Afrikaans se hoofkultuurfees se taalgebruik raak nou lekker deurmekaar en
die advertensies banaal.
Het ons hierdie platvloersheid nodig om die fees te adverteer?
Vandag gesien in 'n volkleuradvertensie in 'n tydskrif:
Onderaan: Hou jou lyf reg vir 839 vertonings in 32 venues.
Bo-aan:
Aambeie?
Skrop jou fondament mooi skoon. Neem 'n stukkie kanfer op jou vinger met
dieselfde hoeveelheid van 'n antiseptiese smaaersalfie uit 'n buisie. Druk
dit alles in jou fondament op. Dit brand nie. Dit voel heerlik koel.
Chantal Kloppers van Heidelberg.
Vandag is ek waaragtag 'n nul op 'n kontrak. Ek kan nou net nie aan die
gang kom nie. Het iemand raad vir energie drankies of iets? Net nie
bioplus nie, daai goed laat my hart te wild bokspring en as dit uitgewerk is
voel jy soos 'n pap lap :-)) En koffie laat my net beter slaap...
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e6deb7c.0@news1.mweb.co.za...
> Elaine
> ... kan jou deesdae maklik R100 per kom of meer uit die sak jaag.
>
> Wouter
> Dan is die wittebrood seker die duur deel van die troue?
>
Ek het waarskynlik 'n spoor gevind vir die krisis rond die woord
"pipperellakoors" op hierdie nuusgroep.
Pipperellakoors sou gewoon griep wees of influensa. "Pipperella" is 'n
verbastering van die woord "Pfeifferella". Pfeifferella was 'n
bakterie waaraan die Duitse dokter Pfeiffer sy naam gegee het. Daardie
naam word nou nie meer toegepas nie. Oorspronklik het Pfeiffer gedink
dit was die bakterie wat griep veroorsaak maar teenwoordig weet ons
dis 'n virus. Die bakterie bestaan nog maar heet nou "actinobacillus"
en is 'n soort streptokok.
Ek is egter nog nie baie seker daaroor nie. Gloudina sou kan reg wees
as sy sê dat pipperellakoors mononucleosis is (mononucleosis
infectiosa) want daardie siekte word ook "siekte van Pfeiffer" genoem
en dis inderdaad 'n siekte wat deur soene oorgebring word. In die
konteks van die gedig van Anton Goosen is dit dan wel baie begryplik.
Moet weet dat Pfeiffer sy naam gegee het aan 'n klomp bakteries waarin
Pfeifferella 'n vaste bestanddeel vorm. Is nou Pipperellakoors gewoon
griep of die siekte van Pfeiffer, ek weet dit nie. Beide is moontlik.
Pipperella is nêrens op die Internet te vind nie behalwe as
bestanddeel van 'n Latynse plantnaam: "Thymus piperella", 'n soort van
tym wat in Spanje groei. Ek vind dit nie waarskynlik dat daar 'n
relasie bestaan nie. Ek dink dat inderdaad "pipperella" eintlik
"pfeifferella" is en na Pfeiffer verwys. Oor Pfeiffer en
"pfeifferella" kan julle baie webbladsye terugvind.
Het hierdie naweek begin draai, en ek beter dit gaan kyk hierdie week
voordat dit afgehaal word.
Alhoewel dit vir twee toekennings oorsee benoem is, maar nie as 'n wenner
aangewys is nie, wil ek graag gaan sien hoe lyk 'n poging wat R60 000 gekos
het om te maak.
easy online editing ability?
microsoft independent?
click and create?
databases?
ky is welkom om my persoonlik temail vir die hele ou vervelige storie....
lekkr dag :)
"Tobie" skryf in boodskap news:b4el2n$hpr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> and so does powerpoint :-)
> ---
> "Carinus Lemmer" wrote in
> message news:1047188870.985275@ftp.adept.co.za...
> : ...And we offer web-building tools for small
> operators...
> : ...see some of our work at www.upstart.co.za -
> more affordable than a site
> : from mweb, and easy online editing capabilities.
> :
> : "TJ" wrote in
> message
> : news:3e630a44$0$225@hades.is.co.za...
> : > "Important news regarding your M-Web
> subscription: Your monthly
> : subscription
> : > will be R139-00 (inclusive of VAT) from April
> onwards."
> : >
> : > ---
> : >
> : > Visit Artslink.co.za
> (http://www.artslink.co.za) ISP for fast ADSL
> (FREE
> : > pilot!), 128k and 64k ISDN, Basic Dial-Up and
> POP3 e-mail (from
> : R20/month).
> : >
> : > FREE - SA Arts, Culture and Entertainment
> News - browse the news on the
> : site
> : > or select your interests, download your e-mail
> and read all about it at
> : your
> : > leisure. (Value: R300/annum - inclusive).
> Support SA Arts and Culture!
> : >
> :
> :
> :
>
Het enigiemand raad? My arme hond (die chow) is so maer dat sy ribbes al
beginne deursteek. Hy't nie wurms nie en hy eet nie vreeslik baie nie, al
is hy ongelooflik aktief. Ek het my pa se raad van bruinbrood en melk
probeer, maar die hond raak net alhoe maerder en maerder. Op die oomblik
voer ek hom mieliepap en melk saam met sy gewone kos, maar ek dink nie hy
hou van pap nie, behalwe as daar 'n vleissousie saam is. Hy lyk gesond, se
velletjie blink, sy neusie is nat en hy's baie spelerig en aktief. Het
enigiemand 'n idee hoe om bietjie vetjies aan sy lyfie te kry, of moet ek
hom dalk veearts toe vat?