Krisjan hou by 'n vulstasie stil met sy rammelkas-bakkie, sy veldskoene,
vlenterhoed en baard. Hy gee sy sleutel met die Vierkleursleutelhouer aan
die pompjoggie en sê: "Goeie middag. Maak vol asseblief."
Die pompjoggie beloer hom deur sy donkerbril : "How much ?"
"Vol asseblief."
"Sorry, I only speak English."
Vir 'n oomblik is Krisjan uit die veld geslaan, maar dan glimlag hy breed.
"English ! No problem! Good day to you, Sir. I am presently experiencing a
profound desire to replenish the propellant of my chariot. Therefore, I
cordially request you to transfer from your subterranean reservoir a
sufficient supply of combustible liquid of the highest octane to fill the
appropriate container to the said means of perambulation to the brim."
"HAU ?"
"Do you have a problem, Sir ? I though you said you spoke English ?"
"English ? That is not English !"
"Dear Sir ! Are you veritable attempting to allude that you do not even
recognize the language you allege to be your singular means of
communication ?"
"What ?"
"Let me try to elucidate it in the most elementary terms : Your paltry
grasp of English vernacular is frittering away the limited time at my
disposal. Or as we would have phrased it in a civilized and Intelligible
language : Dit is so duidelik soos daglig dat jy FOKKOL van Ingels af weet
en jy mors my tyd. Verstaan jy nou beter ?"
In hierdie mooi land van ons het lag en glimlag deesdae 'n skaars ding
geword. Omdat narre veronderstel is om mense te laat lag, het ons 'n
tuisblad saamgestel om juis dit te doen.
In hierdie mooi land van ons het lag en glimlag 'n baie skaars ding geword.
Ons wil probeer help dat ouens weer 'n glimlag op die gesig kry. Ons wil
jou uitnooi om by ons tuisblad te gaan inloer en ons waarborg jou daardie
beloofde glimlag.
Toe die ledemate uitgegee is, wou almal BAAS wees.
Die brein sê: "Ek moet die ledemate kontroleer, dus moet ek die baas
wees."
Die bene sê: "Ek moet die hele liggaam dra, so ek moet die baas wees."
Die oë sê: Ek sien die eerste gevaar en moet alles opmerk, so ek dink ek
moet die baas wees."
So het ook die hart, die longe en al die ander organe gesê: Hulle is die
belangrikste.
So ook die poephol. Toe lag al die ander organe hulle byna dood.
Waar het jy al ooit gehoor dat 'n poephol die baas kan wees en niemand
wil hom buitendien vir 'n baas hê nie.
Toe besluit die poephol dat hy gaan sluit. Hy het eenvoudig opgehou
funksioneer. Die brein kon nie meer helder dink nie. Die bene begin swel
en was swak. Die hande het gehang en alles was aangetas.
Toe soebat die brein en almal smeek dat die poephol weer moet
funksioneer. Hulle besluit ook eenparig dat hy moet die baas wees.
So, om baas te wees hoef 'n mens nie noodwendig 'n genie te wees nie,
net 'n eenvoudige poephol.
Ons het ook 'n baas in ons kantoor.
'n Man is per trein op pad na Welkom. Langs hom in die kompartement
is 'n aantreklike dame waarmee hy graag wil kennis maak. So... hy
probeer maar die standaard vraag - "Waarheen gaan jy?"
"Welkom," se sy.
"O .." dink hy vinnig, "ek gaan ook Welkom toe. As jy wil kan ek jou
die naweek ontmoet, dan kan ek vir jou myne wys."
Die dame kyk hom vir 'n oomblik in ongeloof aan en hardloop uit die
kompartement na die kondukteur. "Help!" snik sy. "Daar is 'n
vieslike man in die kompartement wat aanbied om syne aan my te
ontbloot!"
Die kondukteur dink nie twee keer nie en storm ontstoke by die
kompartement in. Hy spreek die man streng aan, waarop die man toe sy
situasie verduidelik.
Vyf minute later kom die kondukteur lag-lag uitgestap en verduidelik
die situasie aan die dame: "Jy het die arme man heeltemal verkeerd
verstaan! Hy wil nie vir you SYNE wys nie, hy wil vir you MYNE wys!"
Drie ouens kom by die poorte aan en Petrus moet al die vorms invul. Koos
is eerste aan die beurt en vertel sy storie.
Die tweede ou se dat hy laat was vir werk en nie vir die hysbak kon wag
nie en het sommer met die brandtrap afgehardloop toe 'n yskas hom tref en
daar gaan hy ook sommer op die plek dood.
En Petrus vra toe vir die derde ou: "En jy" waarop die ou antwoord: "Ek
was in die yskas!"
Toe Pierre uit die badkamer kom, is die ontbyt nog nie reg nie.
Verontwaardig wil hy by Mauritz weet hoekom nie. Mauritz sê die
melkman is laat, en hy het melk nodig om omelette te maak, hy sal
solank onder vir die melkman gaan wag.
Mauritz bly lank weg. Pierre raak ongeduldig, en skree van die balkon
af: "Mauritz, kom die melkman al?"
Ek is huidiglik 'n studente hier by TUKS en is op soek na 'n goeie vriend
van my nl. Buys Mostert. Ek dink hy sal hierdie News group lees,
so nou probeer ons maar!
Buys, as jy daar biute erns is kontak my asb by E-Mail BR...@cosine.up.ac.za
of telefoon (012) 335 3849.
Dankie vir julle geduld.....dalk help dit :)
Groete
Vian Kruger
JOKE : Wat is die Ifel (spelling??) tower nou eintlik??