Popo Molefe, premier van Noordwes, se vrou, van wie hy sopas geskei is, sê
sy sal nie rus voordat hy nie in die hof verskyn het op aanklagting van
verkragting nie.
Die staat wou hom nie vervolg nie agv onvoldoende getuienis, desondanks die
feit dat daar in 2 aparte ondersoeke wel bevind is dat die kind se hymen
gebreek is, en slegs 'n derde dokter beweer het daar is niks van so 'n aard
nie.
Daarna is daar gegaan na die Teddy Bear kliniek in Johannesburg, waar hulle
in hul verslag geen twyfel het dat die kind wel deur Popo verkrag is nie.
Ex-vroulief beweer die saak wil deur die ANC toegesmeer word, maar sy is
vasbeslote dat hy vir sy oortreding moet hof toe gaan.
Vanoggend het die Crusaders weer 'n slag gewen, nadat hulle verlede week die
eerste keer sedert 2001 'n wedstryd verloor het.
Die Stormers (WP) het, helaas, alweer verloor - hierdie keer teen die
Brumbies.
Greeff is koelkas toe vir 'n hoogvat, en kort na sy terugkeer is hy beseer.
Fleck het 'n vyf gedruk, Boome ook.
Die beeld van vanoggend noem dat mense wat van nou af in Gauteng laat
aansoek doen vir die nuwe kaartlisesnsies R300 boete moet betaal. Dit
beteken dat dit hulle omtrent trie maal meer gaan kos. Wat is die
storie? Hier by ons rond het daar al vyf jaar gelede woord omgegaan
dat jy die nuwe lisens in jou verjaarsdag maand moet kry of jy gaan
beboet word, met die gevolg dat daar nooit in die onlangse tyd toue
mense was nie. Myne moet binnekort alweer hernu word.
Ek kyk na Zing Dinsdagaande, omdat ek nie Kyknet het nie.
Die eerste uitdunrondte was 'n teleurstelling. Die boksie wat 'n rok dra en
beoordelaar is, het nie die vaagste benul wat aangaan nie, en haar
kommentaar, die enkele wat daar was, was nutteloos. Gee my enige tyd
beoordelaars soos Simon Cowal of Abrahams wat fel kritiek kan lewer, en
terselfdertyd opbouend is. Die ou lotjie beoordelaars was pateties. Sjeim.
Nouja, noudat die twee spanne met die vet en onaantreklike deelnemers
uitgeskakel is ( hulle was toevalling nie die swakste sangpare nie) sal dit
interessant wees om te sien wie van die glamourous paartjies oor die
volgende weke sal uitval.
Wat is dit met die lot dat almal klink asof hulle met 'n Engelse aksent
Afrikaans probeer sing?
Tydens 'n onderhoud op BBC meld 'n gesaghebbende dat Frankryk 25% en Rusland
50 % van Irak se huidige (hopelik konvensioneel) wapens aan hulle verskaf.
Dit het my ietwat meer perspektief gegee mbt die tweetjies se houding jeens
Irak - hulle is seker bang dat die wapenskud nie deur 'n volgende regering
vereffe sal word nie?
Mapstieks - en ek het aanvanklik gedink die 2 se optrede is sooo
filantropies....
Alhoewel daar hordes boeke en artikels oor hierdie onderwerp verskyn het,
bly dit 'n kopseer vir alle betrokkenes. Hier gee Nataniel bietjie hulp:
1. Laat per ongeluk 'n prominente familielid uit tydens
nooi van gaste. Dit veroorsaak 'n geweldige bitterheid en agteraf geskinder
en sorg dat die geleentheid vir altyd onthou word.
2. Gebruik 'n silwer koki en skryf uitnodigings met die
hand. So bly dit persoonlik en die reuk versag die werklikheid. (Lek ook
die koeverte self, die genot van gom is ongekend.)
3. Verander die kleurskema nadat die moeder van die
bruidegom in kennis gestel is. Die feit dat sy dan heeltemal uitstaan en
heeltyd snaaks aangekyk word, trek dus haar aandag af van die verrigtinge.
(Onthou, sy verloor haar seun).
4. Borsruikers: Vervang die tradisionele orgideë deur
blomme van versiersuiker, veral as jy vermoed dit gaan reën. Dit sorg vir
eindelose pret en hou die vlieë van die buffet af.
5. Blomme teen die banke: Vars ruikertjies is tog so
vervelig. Laat hekel die goedjies - veral as jy herfskleure trou. Buiten
dat dit werk verskaf, kan jy dit later verkoop of bêre indien 'n tweede
huwelik beplan word.
6. Laat ALTYD die trourok ontwerp deur 'n moffie
(homoseksueel). Sy grootste fantasie kry gewoonlik die oorhand (almal het
hulle drome) en sorg dat die bruid soos 'n wandelende tert opeindig. Dit
wakker die nodige behoeftes aan by die bruidegom, veral as 'n voorhuwelikse
oor-die-tou-trappery reeds plaasgevind het!
7. Bestel loperige geregte by die caterers (aartappelslaai,
slap hoederpastei en trifle bly treffers). Dit verhoed dat bejaardes en
minder gegoede kollegas kos in hulle handsakke laai.
8. Hou die onthaal in 'n saal met 'n verhoog en sluit die
aand af met karaoke. Sodoende ontaard die geleentheid in 'n platvloerse
affêre en bespaar jy die onkoste van 'n going-away uitrusting - wie gaan
notice?
9. Plaas groot hoeveelhede goedkoop vonkelwyn vooraf op die
tafels en gaan neem foto's vir ure in die munisipaliteit se tuin. Sodoende
is almal vroeg al gesuip en maak dit die seremoniemeester baie meer
draaglik.
10. In geval van 'n beperkte begroting, plaas 'n waterval of
fontein in die hoek van die saal. Dit is tog te weelderig en die gedrup
sorg dat gaste hulle self kort-kort moet verlig en minder drink.
11. Ten Laaste: Nooi altyd mense met kinders, dit bly die
simbool van vrugbaarheid. Huur 'n springkasteel en plaas dit direk agter
die bruidstafel - die op-en-af-gespring en aanhoudende gegil bespaar jou die
koste van 'n orkes en lei tot volgehoue opwinding (veral met 'n paar
beserings).
Mag hierdie wenke lei tot 'n onvergeetlike dag en gelukkige samesyn. -
Nataniel
Gister kon die Nieu Zeelanders teen die Aussies gewen het, maar het nie.
Vandag het die Keniane die span van Zimbabwe lag-lag kafgedraf.
Zimbabwe het vir die geleentheid weer vir Andy Flower en Henry Olonga gekies
om die span te versterk, alhoewel daar al na die eerste wedstryd laat
verstaan is dat die twee spelers nooit weer vir Zim sal speel nie omdat
hulle dit durf waag het om in die eerste wedstryd met swart armbande te
speel.
Kenia het nou deurgedring na die halfeindstryd.