Die vrou stap by die Polisie stasie in en dien 'n klag van verkragting in.
Sy beweer dat die persoon wat haar verkrag het 'n masker opgehad het en sy
nie sy gesig kon sien nie. Na verdere ondervraging noem sy dat sy seker is
dat haar verkragter 'n Suid Afrikaans krieketkolwer is. Op die
polisiebeampte se vraag hoe sy dit weet antwoord sy "Hy was nie lank in
nie."
Klusener se nommer is 69.
Hy't gekom, geslaan en gegaan ...
Ek sien daar is 'n Keniaanse speler wat ook die 69-nommer gebruik.
Ek sien die ANC het nou 69% van die stemme in die parlement - hulle kan nou
die grondwet na willekeur verander.
Is 69 'n gevaarlike posisie?
Forseer alle gebruikers om op 'n portal binne te kom wat vol
advertensies is. As jy jou portal aktueel hou, sal mense graag daarop
binnekom.
As jy eenmiljoen gebruikers kan kry, gaan jy nie sukkel om
adverteerders te kry nie. Laat die adverteerders die mense se
konneksiekostes betaal. Verskaf die inbelpunte GRATIS.
Of as alternatief, vyf advertensiemails elke dag in jou mailbox. Ek
delete hulle eerder as wat ek so duur gaan betaal om iets te kry wat
eintlik verniet moet wees...
Tannie kom van die winkel af terug, blaas-blaas met die sakke vol inkopies.
Sy is taamlik-taamlik geset - soos in vierkantig.
Omie - ou vrou, jy klink en lyk nou nes 'n dorsmasjien.
Tannie word vies maar sê niks.
Die aand in die bed soek Omie weer sy gebruiklike toenadering.
Tannie: Ek wonder nou net of dit die moeite werd is om die dorsmasjien op te
start vir net een mielie.
Sekerlik een van die belangrikste publikasies in ons land en Afrika se
geskiedenis, is die nuwe boek deur Regter Bryan O'Linn: 'The Sacred Trust
of Civilization - Ideal and Reality'. Anders as ander geskrifte oor die
geskiedenis van ons land waar die manne ook maar lekker die geskiedenis
plooi om by sy eie agenda aan te pas, skryf Bryan O'Linn die ding soos hy
gebeur het. Van doer van net na die Eerste Wêreldoorlog tot op hede.
Regter O'Linn was 'n baie omstrede publieke figuur in die dae van die ou
SA Regering en as advokaat het sy verdediging van swart politieke
aangehoudendes, nie lekker afgegaan by die owerhede nie. Hy is wat beskou
was as 'n liberale persoon en vir daardie rede nie baie gewild onder die
meerderheid van die blanke gemeenskap nie. Hy val egter met die boek nie
in die put van eie vooroordeel nie. Hy beskryf die geskiedenis presies van
hoe die politieke en gemeenskaplike bestel van SWA ontwikkel het, wat
apartheid aan die land gedoen het, hoe SA beheer verloor het en Swapo wat
uiteindelik beheer gekry het.
Dan werk hy nader aan die hede en vergelyk hy hoe SA in die ou jare op
'n morele verhogie geklim het as die wêreld hom veroordeel het oor sy
politieke rigting met die verskoning dat SA 'n soewereine staat is en daarom
het die wêreld absoluut geen reg om hom te vertel wat hy op sy eie grond
moet doen nie. Dan sê hy dat onder die hede is dít presies dieselfde wat
die leiers van die huidige Afrika-state dan ook doen in hul gebrek om iemand
soos Zim se Mugabe in die bek te ruk vir dit wat hy aan sy eie land doen.
Dit waarvoor hulle die wit mense so gehaat het, doen hulle dus nou self.
Afrika regerings praat demokrasie, maar by die uitvoer daarvan is daar
dubbele standaarde.
Hy reken dat dit natuurlik 'n groot teleurstelling is vir mense soos hy
wat blank, progressief en liberaal was. Idealiste wat geglo het dat as
hulle die dag apartheid kan afbreek, sal Afrika vry wees en 'n nuwe lewe van
voorspoed tegemoet gaan. Vandag is dit vir hom vernederend seer om te dink
dat die konserwatiewes in die jare van die afbreek van apartheid altyd
voorspel het dat wat nou gebeur in Zimbabwe en dalk op pad is vir die res
van Suider-Afrika, die gevolg gaan wees van 'n swart regering agv 'n
een-man-een-stem verkiesing en nou beleef hy dit.
Vir die ouens wat hou van die geskiedenis, is hierdie boek
lêkker..........
Ek is ten gunste van die kunstefeeste, maar mens wonder of daar nie ook 'n
bedekte euwel in skuil nie.
Die KKNK het ontstaan as Afrikaanse teenvoeter vir die Grahamstad
kunstefees. Die uitvloeisel daarvan is dat daar nog steeds net een bekende
Engelse ( of enige ander taal ) kunstefees is, maar 'n legio aantal
suksesvolle Afrikaanse kunstefeeste is gevorm - en dit is waar die probleem
ontstaan.
Alhoewel 'n aantal kunstenaars hulle beslag op sulke feeste kry as 'n
grondslag van hul verdere optredes, is daar etlike kunstenaars wat die
gerieflike roete neem om slegs by kunstefeeste op te tree, en niks meer
insit ter bevordering van hul loopbaan nie.
Sulke kunstenaars maak dus heel gerieflik hulself beskikbaar op 'n
kunsfeeskol, en kry dan 'n gehoor dmv van feesgangers wat hulle per
ongeluk/geluk hoor.
Gee aan almal wat bereid is om deel te neem 'n kans, vir seker - maar as 'n
kunstenaar by al wat fees is optree, en hy/sy kan na twee jaar nog geen
noemenswaardige bewys lewer dat hy/sy gehore trek nie, dan moet ander
deelnemers 'n kans gegee word.
Die ander probleem is dat menige feesganger slegs een maal per jaar by die
fees hulle oorkuns, en die res van die jaar glad nie die plaaslike
opvoerings ondersteun nie.
Hier in Kaapstad is dit nie 'n probleem nie - en dit is miskien waarom daar
nog geen Afrikaanse kunstefees hier beslag gekry het nie, ondanks etlike
mislukte pogings. - maar is dit nie juis een van die redes hoekom daar
soveel meer kunstefeeste in Gauteng/Mpumalanga/Limpopo is nie, en hoekom die
teaters daar in vergelyking met hier so sukkel nie.
Die North Sea Jazz Festival word hier met groot sukses in die Goeie Hoop
Sentrum aangebied - juis om die diversiteit van die verskillende deelnemers.
Miskien praat ek te vroeg - die Weskaapse regering het hoeka 'n vinger in
die paai van die KKNK, en sal heelwaarskynlik in die nabye toekoms aandring
dat die kunstenaars op die KKNK die bevolking en die etniese tale van die
die land moet verteenwoordig.
Vanaf laas nag sien ons nie meer CNN op SABC 3 nie - nou kan ons nie meer
sien hoe hulle jok en proppageer nie.
Daar is nou sulke sawwe musiek en prentjies van earthTV, met verslae van BBC
nou en dan.