Rugby: Rassie Erasmus is van die Vrystaat af nadergesleep om rigting en
leiding aan die Stormers te kom gee. Krige kan vir ses weke nie speel nie,
en blykbaar is daar geen ander speler hier wat die leiding kan neem nie.
Litnet - blykbaar is Anton Goosen op die webwerf deur 'n annonieme musikant
uitgekryt vir al wat sleg is. Jammer dat hy nie sy naam wou skryf om meer
gesag aan sy mening te gee nie - ant ek is seker van dit is waar,
Willem de Klerk - In die hofsaak is sy naam genoem, oa dat hy gereeld,
sonder sy ma se goedkeuring, van haar woonstel gebruik gemaak het tydens
haar afwesigheid. Wat dit met die moord te doen het weet ek nie. Wat wel
uitgekom het is dat hy besope by die woonstel na die moord opgedaag het, en
toegang ge-eis het. Toe dit nie toegelaat is nie, is hy vort, en het later
met 'n prokureur daar opgedaag om toelating te kry. Dit was nog steeds
geweier.
Hy is nou getroud, en het 'n kind wat Marike genoem word.
Nuwe vroulief word deur haar eie familie verwerp omdat sy van die Moslem
geloof afstand gedoen het, en sy en hul dogtertjie is verlede Sondag gedoop.
Het iemand miskien vir my `n ordentlike adresboek waar ek geboortedatums, e-pos ens. kan invul.
Die ding moet as dit moontlik is `n boodskap gee op `n dag wat iemand verjaar sodra ek my rekenaar aanskakel of het Win 98 so iets waarvan ek nie weet nie.
Groete
Frikkie
Ps: antwoord na rsa...@intekom.co.za asb.
Naand almal,
Maggies eks skaars terug en hier waai die hare alweer en daar word Poliste /
authorities toe gehardloop.
Dis `n land waar jy mag sê wat jy wil jong. "Kill the farmer...Kill the Boer
was dan nie haatspraak nie en so by the way..
EK wil my vrou elke dag vermoor en ek glo dieselfde van haar kant af...Haha
Groete
Boertjie Frikkedel...
Ps: Gloudina, ek glo elk geval nie dat jy iets gaan regkry met die ouens by
Yahoo nie.
Ouens sluit daar aan met enige besonderhede soos die nigerians met hulle 911
en dan is hulle weg.
Dieselfde met die ouens wat die adult sites so adverteer en spam. Hulle kry
net `n adres uit en dan is hulle ook weg.
skryf in boodskap news:3E9C5039.9080408@rogers.com...
>
> The Return Of GP wrote:
>
>
>> "The Return of Mel"
> "Jim P"
> I am giving all of you guys 24
> hours to clear out of the Afrikaans
> newsgroup. Then I am reporting you
> to the authorities. You have used
> the words "rape" and "kill" too often
> associated with the mention of women.
> There are laws against this kind of
> thing in South Africa now.
Beer jaag vir hasie deur die woud eendag toe hasie oor 'n magic lamp trip en
daar 'n genie uitkom
die se toe: "ek sal julle altwee drie wense gee omdat julle my bevry het."
Beer maak sy eerste wens en se: "ek wens al die bere in die woud was
vroulik" so gese so gemaak. Hasie se toe: "ek soek 'n valhelm" beer lag net
maar dit gebeur toe. Beer maak sy tweede wens en se: "ek wens al die bere in
die wereld was vroulik".Hasie wens weer: "ek soek 'n motorfiets" Beer lag
net vir hasie.
Beer maak sy laaste wens: "ek wens dat al die vroulike bere in die wereld my
onweerstaanbaar sal vind." Hasie spring toe op sy motorfiets en jaag weg en
so met die wegjaag skree hy: "Ek wens beer was gay!" :)
Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit nie weet nie - ons het 'n
moederskamer net langs die kerk.
Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die
erediens.
Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur gehou, en
die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.
Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan het nie en kom
deel in die pret.
Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink, Sal
alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.
Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons predikant is
beter.
Ons het vanaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die westelike
vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.
Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir
'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom? Vervoer is beskikbaar om
19h00 vanaf die bushalte oorkant die hotel,
Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees, waarna die kerk
gesluit sal wees vir herstelwerk.
'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geinstalleer. Dit is 'n geskenk
deur een van ons gemeentelede ter herinnering aan sy vrou...
Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal. Gebruik
asseblief die dubbeldeure van die syingang.
November die negentiende om tienuur. Oggenddiens : Ds. Bruwer - Die wereld
se grootste probleem
Met Mugabe nou heel dikwels in die nuus is dit onvermydelik dat daar 'n
grappie of twee oor hom te voorskyn sal kom:
Die aap sit in die boom en bestook vir Koning Leeu met maroelas. Hy beweeg
al hoe verder na die punt van die tak wat breek, en hy val aarde toe. Die
leeu lig net sy poot op en druk vir aap teen die grond vas.
"Jy het twee keuses" sê leeu, "of ek byt jou kop af of ek byt jou stert af,
watter een sal dit wees!"
"My kop, asseblief" kom die bewerige antwoord.
"Is jy seker? AS ek jou kop afbyt is jy dood!" grom leeu.
"Ja, maar as jy my stert afbyt, lyk ek soos Mugabe!"