Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vragies ter inligting.

Di., 29 April 2003 12:32

1)Wie weet presies hoe die luistergetalle van 'n radiostasie bepaal word (
AMPS-syfers)?
1 (a) Is hier iemand of ken iemand hier iemand wat insette gee op hierde
navorsing?

2) Is hier iemand of ken iemand hier iemand wat al ooit deelgeneem het aan
die sg. "marknavorsing" waarop radiostasies/tv hulle beroem as hulle vreemde
veranderings instel?

3) Hoe is dit moontlik dat 'n streeksradiolisensie bepaal dat slegs 25% van
die totale musiek wat gespeel word Suid-Afrikaanse musiek is?
3 (a) :Waar kan ek uitvind of hierdie syfer korrek is, en hoekom dit so is.
Mens sou dink logies dat ten minste 65% SA musiek behoort te wees.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kaartlisensies

Di., 29 April 2003 12:26

Juis Jonas - al weer net 'n geldmaakspul.
Ek weet nie van een mens wat 'n kaart-tipe lisensie geweier is omdat sy/haar
lisensie kwansuis nie wettig is nie.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:b8lrja$e0g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Volgens my kennis het die nuwe formaat bestuurslisensie ten doel gehad om
> hoofsaaklik die houers van vals lisensies te ontbloot. Nou word die groot
> getal mense wat volgens rekord nog nie vir hul nuwe formaat lisensies
> aansoek gedoen het nie, bloot toegeskryf aan mense wat dood of oorsee is.
> Geen melding word nou gemaak van die moontlikheid dat hierdie "uitstaande"
> groepie moontlik die houers van vals lisensies kan wees nie.
>

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Speel Wie?

Di., 29 April 2003 12:20

Vandag werk geen inbelprogram op RSG nie, want daar is glo iets met die
telefone verkeerd. So ons luister nou na musiek, en Niekie wat vrae vra
waarop mense nie kan inbel en antwoord nie.
Hulle moet bietjie kyk of die rekening betaal is:))
Nou net oor die nuus gehoor hoeveel ons nou gaan betaal as daar iets met ons
telefone verkeerd is, en volgens Telkom die fout nie by die lyn lê nie.
Sê Wie?

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Duty Calls op Reality TV

Di., 29 April 2003 10:54

Sien gisteraand vir die eerste keer die program. Basies 'n TV kamera wat
saam met Joannesburgse Polisie uitgaan as hulle uitgeroep word. Weet enige
een dalk of die program of kanaal (Reality TV) deur iemand anders ook
uitgesaai word as MultiChoice? Dit kan nie goed wees vir ons land se beeld
nie.

Vir die wat dit nie gesien het nie, onder andere in gisteraand se program:
1). Polisie word uitgeroep na 'n hotel waar 'n man nie 'n sekswerker se
selfoon wil teruggee nie, omdat sy sy bril gebreek het. Elkeen vertel sy
weergawe van die storie vir die polisie (o.a. hoeveel hy moes betaal vir die
plesiertjie). Toe die polisieman vir hulle sê dat prostitusie onwettig is
stry die man en sê hulle het dit dan verlede jaar gewettig. Die man sê ook
dat hy vir die staatdiens werk en dus is dit nie vir hom nodig om 'n selfoon
by 'n prostituut te steel as hy 'n foon wil hê nie.

2). Polisie word uitgeroep na 'n "armed robbery". Toe hulle daar kom is daar
baie polisie en nog 'n groter skare mense. 'n Man lê op die grond wat
geskiet is. Koeël is voor by sy linker long in en agter onder by sy nier
uit. Sy vrou staan en huil. Hy (die man wat geskiet is) is nog by sy
positiewe en praat met die polisie. Die polisie sê hy moet net daar op sy sy
lê en wag tot die ambulans kom. Die tyd gaan verby, die skare gaan uiteen,
die polisie raak minder, die vrou pleit dat die polisie haar man moet
hospitaal toe vat. Polisieman praat met die kamera en sê hulle wag nou al
lank vir die ambulans, maar hulle mag nie die ou hospitaal toe vat nie
anders kan hulle in die moeilikheid kom. Nog tyd gaan verby, die gewonde man
kla hy haal moeilik asem, die vrou huil en pleit dat die polisie nie moet
wegry en hulle alleen los nie, die polisieman gil op sy kaptein dat die
ambulans darem nou baie lank neem en dat die man by die hospitaal moet kom.
Nog tyd gaan verby en die ambulans kom uiteindelik, 'n ambulansman kom
rustig aangestap, kyk eers oor en oor na waar die koeël in en uit is. Later
kom die man tog by die hospitaal en die dokter sê a.g.v. die baie lang tyd
wat dit gevat het voor hy by die hospitaal gekom het sal hulle hom nie kan
red nie.

Ek is seker as die ou nie op sy sy bly lê het (soos die polisie gesê het)
nie en eerder begin stap het hospitaal toe, sou hy dit gemaak het.

TV, flieks & vermaak | 2 kommentare

Kredietrekord

Di., 29 April 2003 09:26

Ek het onlangs uitgevind dat ek op 'n, redelik obskure kredietburo gelys is
vir R200, vir 'n boek, wat ek die laaste semester op varsity opslag moes
koop vir personeelbestuur. My pa was verantwoordelik vir die rekening, maar
so 18 maande terug kontak Snyman en Vennote (invorderaars) my om te sê ek
skuld die geld. Ek het die geld betaal, maar die bewustelose ontvangsdame
het dit nooit deur die stelsel gestuur nie, maar niemand weet dit nie
Hierdie jaar toe ek wou aansoek doen vir 'n persoonlike lening, hoor ek by
ABSA dat ek op die kredietburo gelys is deur Snyman en Venote en dat die
lening nie goedgekeur kan word nie. Snyman en Venote het my noooiiit
gekontak, 'n rekening gestuur of my laat weet ek's gelys nie en ek kan
nêrens die bewys van betaling kry nie. Snyman het my ook nie op SA se
grootste buro (ITC) gelys nie, maar op 'n onbekende een waarvan ek nog nooit
gehoor het nie. Snaakste van alles is ABSA het my kredietlimiet op my
kredietkaart verhoog, selfs met die "blacklisting", maar wou nie die lening
goedkeur nie. Nou moet ek sukkel om myself van die buro te verwyder, omdat
'n stupid undercover blond, nooit my betaling op hulle sisteem deurgesit het
nie. En so is my hele mooi kredietrekord, wat ek oor 5 jaar opgebou het, na
moer.

E

Ekonomie & geldsake | 6 kommentare

Rijksmuseum is toegemaak.

Di., 29 April 2003 07:39

Dis nogal 'n gatslag, want dit is die enigste ding wat die moeite werd is om
te besoek in Amsterdam:))))
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Nuus 28/4

Di., 29 April 2003 07:14

Vier polisiemanne is in Nelspruit in hegtenis geneem ivm die Absa bankroof
oor die paasnaweek.

Vier kinders ( drie is boeties) is oor die naweek saam in Welkom vermoor.

Dit is bietjie onweer hier want twee van ons spanne kon oor die naweek in
Super 12 wen - albei met 1 punt..

Stofile is weer as die OosKaapse ANC leier aangewys - in direkte miskenning
van die wil van die ANC hoofraad.
Die hoofraad se kandidaat kon nie eers die onderleierskap met steun behaal
nie.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Gediggies

Ma., 28 April 2003 19:57

Hallo, elkeen,

Wat my tog so opval in die Afrikaners is dat hulle tog so van
gediggies hou...
Ek sou wou geweet het hoekom. Is dit 'n tipiese karaktertrek van die
Afrikaners?
Daar is nog so 'n volk wat van gedigte hou en dis die Japannese. Ek
het dit gesien in 'n vervolgreeks op die televisie: eers lees hulle
een van hulle persoonlike gedigte voor en daarna pleeg hulle harakiri
en steek 'n mes in hulle eie buik. Nogal gruwelik eintlik.

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

Prosa & poësie | 21 kommentare

Nuwe uitspanplek

Ma., 28 April 2003 14:28

Hoor hierdie naweek van hierdie plek. Vriende het hulle troue en onthaal
daar gehou. Tot die mak muishond het saam paartie gehou:)))
www.ratrace.co.za

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Moontlikhede!

Ma., 28 April 2003 08:18

Ek ploeg nou met 'n ander se kalwer, maar ek lees van 'n ou wat vra of hy
die owerhede verantwoordelik kan aankla vir skade vir gate in die pad waarin
hy sy kar se duur magnesium wiel in afgeskryf het? Hy sê hy, as motoris,
betaal genoeg belasting op petrol waarvan 'n deel geoormerk is vir paaie se
onderhoud en die bou daarvan. Nou sê hy as hy vir iets betaal, kan hy
sekerlik 'n goeie diens verwag? Dit werk mos in 'n winkel so? As jy iets
koop en dis van minderwarige gehalte, of die diens is van minderwarige
gehalte, kan jy altyd 'n plan maak, maar die owerhede en plaaslike owerhede
vaar voort op 'n rustige see sonder enige aanspreekbaarheid!
Die moontlikhede is legio. Byvoorbeeld, as jou besigheid vir twee dae
sonder krag moet klaarkom weens 'n substasie wat herstel moet word vir die
een of ander rede, sekerlik is dit regverdig om twee dae se basiese heffing
af te trek van jou maandelikse rekening? Jy het mos vir twee dae nie diens
gehad nie? Probeer dit egter met jou plaaslike owerheid en jy het drama!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    601  602  603  604  605  606  607  608  609  610  611  612  613  614  615  616    »]
Tyd nou: Wo. Apr. 08 06:06:37 UTC 2026