Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat kan Steve doen?

Do., 08 Mei 2003 13:59

Vanoggend op RSG, moes mense inbel om 'n CD te kan wen.
Die vraag wat hulle moes antwoord was: behalwe om te kan sing, watter twee
ander goed kan Steve Hofmeyer doen?

Oor die Bybel praat en handgemeen raak?:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Web Site (my ontwerp)

Wo., 07 Mei 2003 21:59

Ek's so trots op hierdie ontwerp dat ek gevoel het ek wil dit graag met
julle deel :o)) Gaan kyk gerus en laat my maar weet wat julle dink - die
kliënt is baie hêppie gewees met die site.
http://www.faaircraftinteriors.co.za maar wees tog net nice met negatiewe
kritiek, en het 'n sensitiewe ego. Die site kan dalk 'n rukkie vat om te
laai.

Hierdie is nie 'n advertensie nie hoor!! Ek wou maar net my design met
julle deel :-))

Groete
Elaine

Rekenaars & selfone | 30 kommentare

Hoe oud is jy?

Wo., 07 Mei 2003 16:38

So oud soos my hande
maar ouer as my tande.
So oud soos my ore
maar ouer as my spore.
--

Prosa & poësie | 0 kommentare

Elana Meyer geskors

Wo., 07 Mei 2003 11:58

Daar is glo verbode middels in 'n monster gevind.
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Help nodig !

Wo., 07 Mei 2003 09:14

Ek was altyd by netactive (mweb) - nou is ek by 'n onafhanklike
server - hoe gemaak om toegang tot die nuusgroepe te bly
kry ?

Susan
fo...@foilcut.co.za

Rekenaars & selfone | 4 kommentare

Onthou

Wo., 07 Mei 2003 02:33

'DINGUS is 'n wonderliKKe ding!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Molle!

Di., 06 Mei 2003 18:17

Hallo, Afrikaners,

Hier in Vlaandere is dit nou lente en ek is besig om my tuin klaar te
maak vir groentekweek. Dit gaan goed en ek het al baie plantjies
wat groot word. Maar ik het 'n probleem. Daar is 'n mol besig my ganse
skorsenierbed om te vroetel. Weet dalk iemand van julle wat ek
daarteen kan doen? Ek het vroeër al rook en petrol gebesig om daardie
diere weg te kry maar dit wil nie help nie. Hulle herbegin dan elders
in die tuin. Het die mense in SA ook las van molle? En wat doen julle
dan?

Norbert (uit Vlaandere)

Troeteldiere | 23 kommentare

plaaswerkers in opstand

Di., 06 Mei 2003 17:49

My pa se arbeiders is in opstand oor die nuwe loe stelsel. 3 van hulle het
geloop. Dit is moeilik om hulle te oortuig dat hy basies niks daaraan kan
doen nie. Al wat die regering doen is om werkloosheid te bevorder....

Landbou & veeteelt | 4 kommentare

wonderlike dag

Di., 06 Mei 2003 11:00

Walter die terroris het uiteindelik gevrek. Ek die ander volg hom binekort.

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.476 / Virus Database: 273 - Release Date: 24/04/2003

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

??????????

Ma., 05 Mei 2003 21:21

WIL JULLE MY HIER HÊ, OF NIE??

EK IS 'N EENSAME 23 JARIGE WAT 'N BEHOEFTE HET AAN GESELSKAP EN AANVAARDING.
EK IS VIR DIE RES VAN MY EENVOUDIGE LEWE OP ANTI-DEPRISANTE. JULLE WEET NIE
WAARDEUR EK AL ALLES IN MY LEWE IS NIE. EK HET BY SELFMOORD OMGEDRAAI!! DIT
WIL VOORKOM ASOF EK OP DIE VERKEERDE PLEK GESELSKAP KOM SOEK HET. HOEKOM SAL
EK DIT NIE HIER HOU NIE?? EK IS NIE IEMAND WAT OP ANDER TRAP VIR SATESFAKSIE
NIE...EK WEET HOE DIT VOEL. JA, OK EK WEET MY SPELLING IS " UP TO SHITT!!

EK WEET OOK EK BLY OP 'N AFGELEË PLEK OP DIE PLATTELAND.

EK KON NIE WAG OM VANAAND BY DIE FORUM AAN TE SLUIT NIE..EN KYK WAT KRY EK??

DD, EK WAS SO VRIENDELIK MET JOU GISTER...MAAR EK DINK JY IS 'N RUGSTEKER.

EK IS REGTIG TELEURGESTELD IN MY MEDE AFRIKANERS.

AL WAT EK WOU DOEN IS OM JULLE EERS TE LEER KEN. OF WAS DIT 'N FOUT?? :-/

Koeitjies & kalfies | 44 kommentare

Bladsye (1834): [ «    596  597  598  599  600  601  602  603  604  605  606  607  608  609  610  611    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 23:13:03 UTC 2026