Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hulle wou nie.

Do., 22 Mei 2003 15:43

Agt spelers van Engeland se sokkerspan het besluit om liewers te slaap en
hulle sodoende vir vanaand se wedstryd voor te berei, eerder as om vir Oom
Nelson Mandela te gaan ontmoet.
Ons sal moet kyk hoeveel beter hulle as hul maats speel.
Hulle is Gareth Southgate, Gareth Barry, Danny Mills, Steven Gerrard, Phil
Neville, Paul Scholes, Paul Robinson en Joe Cole.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Naakte Woede

Do., 22 Mei 2003 15:11

'n Dame het vandag by Lords haar misnoeë met MalBob van Zim te kenne gegee
toe Engeland teen Zimbabwe krieket gespeel het.
Daar is geen melding gemaak of die dame maar net in etniese drag opgetree
het nie:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oor die verlore wit kind

Do., 22 Mei 2003 14:33

Herman Charles Bosman het die situasie lank reeds in 'n mindere storie
met die naam Birth Certificate vasgevang.

Die storie eindig so:

'Because he had been adopted by a coloured family. Flippus Biljon had
always
regarded himself as a coloured man. And then one day, quite by
accident,
Flippus Biljon saw his birth certificate. And from that birth
certificate it
was clear that Flippus Biljon was as white as you or I. You can now
imagine
how Flippus Biljon must have felt about it. Especially after he had
gone to
see the magistrate at Bekkersdal, and the magistrate after studying
the
birth certificate , confirmed the fact that Flippus Biljon was a white
man.
'Thank you baas,' Flippus Biljon said. 'Thank you very much my basie.'

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

1000'e smoorkwaad Mweb kliente gestrand

Do., 22 Mei 2003 13:57

Is dit waar?

TJ
082 230 2255
082 230 CALL
Artslink.co.za ISP
www.artslink.co.za
www.artslink.co.za/isp

----- Original Message -----
Sent: Thursday, May 22, 2003 3:40 PM
Subject: 1000's of angry Mweb customers left stranded by server crash

The major crash of the Mweb Business Solutions servers this week has left
tens of thousands of Mweb customers angry and very, very frustrated. The
servers went down on Sunday night and as of Thursday, Mweb was still unable
to recover from the backlog.

Even worse is that no official word has been available from Mweb as to the
nature of the problem or when it would be fixed. The help-desks (if
accessible) of both Mweb ( 0860112252) and Mweb Business Solutions
(0860100154) gave no information about the catastrophic crash and left
customers in the dark - usually after being put on hold, or sent from
person to person time and time again.

Major customer churn is expected as customers flee the mess and look for
better service elsewhere. "Mweb bills themselves as a premium suppler, and
charges accordingly, but the service provided was worse than any free-mail
service" commented one disgruntled customer.

Contact the office of the GM (Eddie van Rensberg) at Tel : +27 11 340 7251
Fax : +27 11 782 6842 or Cell : 082 820 3111 for more information.

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Re: Book now for National Arts Festival Fringe

Do., 22 Mei 2003 13:45

Niks van 'n kuifie hier nie - Ons Gourmet Kos en Wynskou is aan die gang van
22 - 25 Mei in die Goeie Hoop Sentrum. Dit is net een groot lekkerkry om
soontoe te gaan.

Annette

"TJ" skryf in boodskap news:3eccc54c$0$231@hades.is.co.za...
> So what are you waiting for? Music, physical theatre, comedy, exhibitions,
> dance, music theatre, children's choice, cabaret and theatre. 170
> productions, 1096 performances, 23 visual arts exhibitions. the 2003
> National Arts Festival Fringe is ready to roll! From Friday 27 June to
> Saturday 5 July Grahamstown will reverberate to the sounds of applause and
> encores.
>
> Productions jet in from London, Croatia, and Pittsburgh, and from all
> corners of South Africa to enthral, delight and dazzle audiences. Don't miss
> out on this showcase of talent - the Fringe Booking Kit is available NOW,
> free of charge, at selected Standard Bank branches and main Computicket
> outlets - phone the Festival hotline 046 603 1103 / 1164 or check out the
> Festival website www.nafest.co.za. Bookings open on 2 June 2003 at
> Computicket nationwide. Watch the press for details on all Fringe and Main
> Festival shows.
>
>
> ends
>
> Picture: No
> Submitted by Gillian Hemphill
> PR Company: GR Communications
> Telephone Number: 011 327 4048
> Cellphone Number: 082 820 8584
> Client's name: National Arts Festival
> Website: www.nafest.co.za
>
> ------------------------------------------------------------ ---
>
> Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.
>
> Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA
>
> The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
> Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toere

Do., 22 Mei 2003 13:28

Ek wil graag 'n bietjie op 'n "Afrika" toer gaan. Nog nie seker waarheen
nie, so nou vra ek bietjie rond. Wie weet waar kan ek op die Olifante gaan
ry? Nee, dalk nie dis 'n bietjie wreed. Ek wil nog altyd Okavango Delta
toe gegaan het, maar dan wil ek ook graag die Namib en Kalahari sien. En
weet julle hoe mooi is Mosambiek en Zanzibar? En die keuse van toere is
eindeloos.

Help 'n bietjie uit, waarheen sou julle gaan as julle die keuse gehad gehad?
Daar is 'n Gorilla Safari beskikbaar in Kenia, en dit klink nogal prettig,
behalwe dat jy stap en in tente slaap, maar dit kan nie anders nie. Dis al
hoe jy op "Gorilla Mountain" kan kom.

Kan seker maar Europe of Australië toe ook gaan, maar om een of ander rede
het ek 'n vreeslik lus om net hier op ons kontinent te bly - go figure.

Elaine

Reis & vakansie | 53 kommentare

FHM Bikini Meisies

Do., 22 Mei 2003 07:35

En daar is SA se verteenwoodiger toe die vaalste, en kan nie aan antwoorde
dink op vrae nie.
Ons het definitief 'n meer wulpse en verbale teenwoordiger nodig gehad daar.
Ek het nogal gelag - toe hulle 'n rede moes gee hoekom daar vir haar ( SA )
gestem moet word as wenner - sê sy:
Ons Suid-Afrikaners wen nooit iets nie, daarom moet julle vir my stem.:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Taalsekretariaat

Do., 22 Mei 2003 06:56

Dit is nou op Stellenbosch gestig - hulle beywer hulle vir die bevordering
van al die inheemse Suid-Afrikaanse tale.
Hoekom is dit net die Afrikaans sprekendes wat so taalbakleierig is?
Geen ander van die inheemse tale het Forums, Groepe, Stigtings of
Sekretariate vir die bevoerdering van hulle tale nie.
Hulle praat dit net.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vandag se Gedig - sonder naam

Do., 22 Mei 2003 06:09

Iewers tussen Jan van Riebeeck en Bloedrivier
is ons gebore, hier, op die randjie van 'n kontinent
waar oseaan bots teen oseaan,
hier het ons gestaan, onsself uitgedink, opgemaak
per ongeluk 'n volk geraak.

Jan van Riebeeck was 'n Hollander
wat vir 'n week, 'n maand, 'n jaar of drie
kom kool plant het vir 'n kompanjie.

Flaandre, Oos-Vriesland, Duitse soldate,
Hotnots, half-breeds en Maleiers in die strate.
Skepe in die nag, Franse wat vlug,
slawe wat wag, 'n brug, 'n kasteel, 'n grag
en 'n eeu of wat later 'n vierkleurvlag,
'n kappie, 'n katel, 'n breërandhoed,
familiebybel in die vlamme,
'n mauser oor en oor gelaai,
president wat groet,
songeknelde hand wat aarselend waai
uit vreemde lande.

Dit is julle bloed wat ons vandag verskeep,
julle broodknie-kneukels voor 'n computer
in Australië, julle troupersent-silwer & pewter,
julle songesig kreukels wat ons saamsleep
na lande van sneeu, economy class passasier,
soos 'n meeu oor die see vertrek ons hier,
soek ons mekaar daar, in 'n Engelse pub,
honkey tonk bar, S'êfrikan club.

Ons bloed spat uitmekaar
terug na sy eerste bestanddele,
oorsee, oorsee met vreemde aksente
uit ons kinders se kele.
Grootoog-gesiggies om 'n Sondagmaal,
skilpadjies, stampmielies, pampoenkoekies
lê skeef op die tong in 'n vreemde taal,
is net 'n volksvreemde oupa se verhaal.

Iewers tussen Jan van Riebeeck en Bloedriver
is ons gebore, hier, op die randjie van 'n kontinent.
En iewers tussen toe en nou
word ons 'n geskiedenisboekprent
wat nog net 'n paar geslagte sal onthou,
oorvertel aan mekaar:
Sien boetie, Suid-Afrika lê daar - ver oor die see
met sy ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee
met sy ver verlate vlaktes, met die kreun van ossewa
maar die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika
word na vreemde lande weggedra
in elke hartseer hart, elke sel, elke aar
. . . wanaangepas, verward.

Angie Sales.

Prosa & poësie | 3 kommentare

Fiasko'tjie

Do., 22 Mei 2003 05:30

Die inflasiesyfers gaan nie hierdie maand bekend gemaak word nie. Daar is
bevind dat die Dept van Statistiek etlike belangrike komponente buite
rekening gelaat het by die berekening van vorige inflasiesyfers.
Ag ja...

Annette

Ekonomie & geldsake | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    590  591  592  593  594  595  596  597  598  599  600  601  602  603  604  605    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 15:44:40 UTC 2026