Die Dominee, Ouderling en Diaken reis vanaf Patterson na Pretoria vir 'n
konferensie.
Daar doer in die vallei van verlatenheid kom die brandstof laag waarskuwings lig
op die paneelbord aan. Nou begin hulle uit kyk vir 'n petrol pomp. Die eerste
roete-aanwyser wat hulle verby-ry lees "Fokken 20 km". Die dominee kyk anderpad
en se niks. Na 10 km. se die ouderling, dominee, ons sal maar moet indraai. So
doen hulle toe ook want nie een van die drie weet hoe ver is die volgende pomp
nie. Hulle ry in Fokken se hoofstraat af, verby die eerste gebou waarop groot
geskryf staan "Fokken Radio & T.V." Die tweede een se advertensie bord lees
"Fokken Boutiuqe". So gaan dit aan, Fokken Vis en Skyfies, Fokken Fast Foods,
Fokken PEP Stores, tot by Fokken B.P.Garage. Daar bedien 'n allemintige fluks
joggie hulle, maak die ruite skoon van al die insekte, sien om na die bande se
druk, gaan die water in die enjin na en vra waar die drie op pad heen is. Na 'n
lang gesels is die drie eerlikwaar beïndruk met die jong man. "SE vir my" vra
die Dominee, wat nou nie sy oe" kan af-hou van die pragtige skoon en
vriendelike dorp af nie, "hoekom het die plek so 'n verskriklike onaardse naam."
Nee dominee, jy het die kat aan die stert beet, laat die mannetjie weet. Die
stuk dorre aarde het in 1881 aan 'n Duitser met die naam Abel Fokken behoort en
hy het die plek in 'n paradys verander. Hy het eie-handig hier 'n dorp kom stig
en hy was 'n baie besondere mens. Met sy heengaan het die inwoners besluit om
die plek na hom te vernoem omdat hy so baie vir die medemens gedoen het. En so
het Fokken sy naam gekry.
So stap hulle toe by Fokken Vis & Skyfies in, neem 'n menu en lees dit deur. Dit
lees soos volg, ** Fokken Mix Grill.**
**Fokken Steak en Tjips**
**Fokken Pap en Vleis**
** Fokken Pie & gravay **
**Fokken Koffie**
ens.ens.
Die volgende jaar gaan die selfde dominee en ouderling maar 'n nuwe diaken op
Pretoria toe vir 'n konferensie.
So 25km. voor Fokken vra die dominee aan die ouderling, Broer, gaan ons weer
daar by daai Fokken dorp petrol ingooi. Ja, se die ouderling, dan stop ons
sommer by daai Fokken Vis & Skyfies plek en drink 'n lekker koppie Fokken
koffie.
Die jong diaken kan skaars sy ore glo, en sit net en luister hoe die twee hier
voor hom fokken en fokken.
Fuckit boy's, laat hy waai, as ek geweet het julle is sulke lekke bokke vir
sports het ek vir ons 'n paar meisies ge-organise.
Dis my verjaarsdag vandag, en ek kan nie besluit of ek ongelukkig of
dankbaar moet wees nie.
Besef julle die enigste tyd in ons lewens wanneer jy wil ouer wees is wanneer ons kinders is?
Jonger as tien, is jy so flippen opgewonde oor ouer word jy dink sommer in desimale.
"Hoe oud is jy?" "Ek's vier en 'n half"
Jy's nooit 36 en 'n half nie, jy's vier en 'n half, amper vyf.
Dis die geheim.
Nou's jy 'n tiener, niemand kan jou keer nie, jy spring sommer na die volgende syfer toe.
"Hoe oud is jy?" "Ek gaan 16 wees"
Jy kan nou 12 wees, maar uiteindelik gaan jy 16 wees.
Dan kom die groot dag, jy word 21.
Selfs die woord klink soos 'n seremonie.
Ja...... jy WORD 21 !!!
Dan raak jy 30. Wat's besig om te gebeur?
Hel, jy klink soos suur melk.
Jy't geRAAK, wat het verander ?
Jy WORD 21, jy RAAK 30.
Dan NADER jy 40.....nee, bly daar!
En jy BEREIK 50.
Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,
Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.
"Bliksem, Ek't nie gedink ek gaan dit maak nie"
Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,
Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.
Teen daai tyd het jy al so baie momentum opgebou, jy TREF 70.
Daarna is dit 'n dag tot dag ding.
Jy TREF Woensdag.....
In jou 80's, jy TREF middagete, jy TREF slaaptyd.
Jy's nie seker of jy gaan wakker word nie.
Jy koop nie meer beleggings nie.
Hel, jy koop nie eers groen piesangs nie.
Dis nog nie die einde nie.
In jou 90's gaan jy weer agteruit."Ek was NOU NET 92"
As jy 100 sien gebeur daar 'n vreemde ding.
Jy raak weer soos 'n kind
"Ek's 100 en 'n half"
DG het geskryf:
> Kan iemand mij veel Afrikaanse grapjes bezorgen, ik vlieg vanavond vanuit
Ek sal nie veel vir jou kan doen oor jou aanvraag vir grappe op sulke kort
kennis, maar sal wel vir jou se dat die Vlaamse humorsin is baie dieselfde as
die in S.A. Jy sal nie ver verkeerd kan gaan met die ou bekendes soos die
Vlaamse en Holandse grenswagters.
> België naar Zuid-Afrika. Dan heb ik iets leuks te lezen.
Geniet die kuier hier in ons land. Een ding wat my altyd by geval het, en
wat vir my as 'n "Ingelsman" altyd heel prettig was, was die verskil in
betekenis tussen Vlaams en Afrikaans.
Hier is twee wat ek vinnig kan aan dink -
In S.A. praat ons van 'n "toebroodjie" in Vlaams is dit 'n "botter-ham"
In S.A. dra mens 'n "vest" onder jou hemp maar die Vlaaminke dra dit bo die
hemp.
Miskien sal hierdie 'n nuwe "thread" oop maak. ;-)
Goeie nuus! Ek het my bakkery teen 'n moewiese wins
verkoop - perseel, vragmotors, rekenaar, modem, die lot.
Al die ouens wat my so lekker geflame het kan nou maar
iemand anders kies. Julle is uiteindelik van my onslae.
Ek moet egter erken ek het dit met tong in die kies nogal
geniet!
Obj om af te sluit:
Esme nooi haar vriend David uit om saam met haar na haar
Pa se plaas te gaan vir die na-week. David is so opgewonde
om die ouers te ontmoet dat hy sommer die AWB se klerewinkel
besoek en R2000 se kakieklere vir die geleentheid koop.
Die na-week breek aan en hulle kom eers laat die aand op die plaas
aan. Baie moeg gaan slaap hulle om vars en fris die volgende oggend
te wees.
Vroeg die volgende oggend maak oom Jakes hulle wakker en sê
vir David: "Kom jong, daar was alweer 'n leeu onder die beeste. Hier
is vir jou 'n Martini Henry voorlaaier. Ons gaan daardie leeu vandag vrek
skiet!"
David het nog nooit 'n skoot afgetrek nie - wat staan nog en praat van
'n leeu skiet! Hy hom hom egter baie braaf en sê: "Dis reg Oom - vandag
is die dag!"
Hulle is toe die bosse in en kort voor lank toe kry hulle vir ta. Oom Jakes
haal sy geweer oor en sê vir David: "Toe jong! Blaas hom met die
voorlaaier!"
David mik in die rigting van die leeu en met 'n moerse knal gaan die geweer
af.
Hy trek egter daar en toe hy tot verhaal kom is die leeu feitlik op hom. En
daar maak hy gatskoon vir die vale - 100m in 5 sekondes flat. So in die
hardloop
sien hy 'n dooie boom wat omgeval het en kry koers soontoe met die leeu op
sy hakke. Die boom het so 'n mik en hy spring daardeur maar die leeu is te
groot en hy breek sy rug met die deurspring. David hardloop nog so 'n draai
en kom ewe galant terug. Oom Jakes kom toe ook net daaraan en gee die
leeu die doodskoot.
Maar die oom snuif-snuif die lug so en vra: "David, nou wat ruik vir my so
snaaks?" terwyl hy hom so ondersoekend aankyk.
"Agge nee wat, Oom Jakes. Ek ruik maar so as ek kwaad kwaad kwaad is!"
Apie kom by hasie en slaat hom oor die kop
"Hoekom dra jy nie 'n hoed nie? Hoekom dra jy nie 'n hoed nie?"
Leeu sien die storie en stap maar verby...
Later sien leeu vir apie en sê:
"Jy kan nie net vir hasie slaan omdat hy nie 'n hoed dra nie, jy moet 'n
rede hê. Volgende keer vra jy hom vir 'n sigaret, as hy jou filter gee slaan
hom en sê jy het camel gesoek, en as hy camel gee slaan hom en sê jy soek
filter"
Apie kry later die dag weer vir hasie
"Het jy 'n sigaret vir my?"
"Sure, Camel of Filter"
"Hoekom dra jy nie 'n hoed nie? Hoekom dra jy nie 'n hoed nie?"
--
GF&KE
"Filling this NG with the crap of the universe. But it's the better kind of
crap"
Een oomblik was hy hier, en toe was hy weg.
One uncle tin he was here and then he was road.
But they arrived home safe and sound.
Maar hulle het ysterkas en klank by die huis gekom.
en misverstand
Wil jy probeer toegang kry?
Are you looking for the beer-loving footmen?
Vrede
Clivius
PS
V: Wat is die veskil tussen 'n woordeboek en 'n
Afrikaner/Engelsman....... (skrap wat nie van toepassing is nie)?
A: Die woordeboek is net so dik (wys met duim en voorvinger).
TKelly4483 wrote:
>
> Wow that is so funny GF&KE, This newsgroup would miss your razor wit if you
> decided to go back under that stone. And to your last reply to me all I have to
> say to you and in the future is this.......
>
> I love you VERY MUCH!
>
> TKelly
Ek wed al julle ouens hierdie tiekie duiwel is 'n regte klein
snotkop. Hy dink hy is baie braaf as hy met sy gat in Engeland sit
en ons hier in ZA op ons eie ng flame. Ek sê sy hele militêre moer!
And if you didn't understand that here goes:
I bet all you guys that this dime devil is a real little nasal
excretion head. He think he is very brave sitting with his arse
in England and flaming us on our own ng. I say his whole military
nut!
(klink nie sooo lekker in soutie taal nie, né?)
Jakes
Obj vir die Boere
Flaffie sit langs die pad toe 'n hele klomp groter honde daar verby
gehardloop kom.
"En waar gaan julle so haastig heen?" wou Flaffie weet.
"Ons gaan VRY! Kom saam!" antwoord oom Wagter hom.
"En waaaar nogal?" vra Flaffie ewe kordaat.
"Die dominee se teefhond is op hitte. Weet jy dit dan nie?" wou
oom Wagter so in die hardloop weet.
En daar storm Flaffie op sy kort beentjies agterna.
By die pastorie skrik Fiefie haar eierstokke los toe die klomp
honde op haar afstorm. Sy vlieg op en maak gatskoon om die huis.
En so storm die klomp al om die huis - Fiefie voor, dan oom Wagter
en die ander groter honde en heel agter is Flaffie. Hy gee ook sommer
so 'n lekker blaffie van genot.
Teen die derde rondte toe "lap" Fiefie hom, en die ander honde. So ook
by die vyfde, en die agste. Met die tiende rondte toe is Flaffie so
moeg dat sy beentjies hom nie meer wou dra nie. Toe oom Wagter hom
weer van agteraf inhaal sê Flaffie hygend van kort asem:
Hyg, hyg. "Oom Wagter!" hyg hyg. "Ek gaan nou maar huistoe." Hyg, hyg.
"Ek is nou moeg gevry!"