Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gehoor van...

Wo., 10 September 2003 10:15

1) Die aggressiewe ginekoloog?
Dr Koekemoer.

2) Die ou wat spog by sy Skotse vriend (wat te vertel het dat mens in
Skotland na 4 drankies een gratis kry) dat in SA kan iemand by 'n plek
inloop - 5 drankies verniet kry, en dan met die trappies opgaan vir seks
sonder om te betaal.
Vriend - Jitte, dis die eerste keer dat ek daarvan hoor - hoe is die plek en
waar is dit?
Ou - Ek was nog nie self daar nie, maar my suster was...

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog een dood

Wo., 10 September 2003 06:48

Die konserve op Stellenbosch het nog 'n dosent verloor hierdie jaar.
Albert Engel - dirigent en afrigter van die koperblaasorkes van die
Universiteit, het die afgelope naweek saam met agt ander musikante
verongeluk. Hulle was in 'n minibus op pad terug van 'n musiekfees in
Namibië.
Ons koor het al twee keer saam met hom as dirigent opgetree, en hy was 'n
besondere begaafde musikus.

Annette

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Ferrari Formula `1

Wo., 10 September 2003 06:18

Jammer vir die rooi taal.

Jan

Ferrari Formula 1 racing team recently fired the whole pit crew to employ a
few young guys from Soweto. This sudden reaction was due to a television
documentary showing how young Sowetans could take off a car's wheels in
under six seconds without any fancy equipment.

Ferrari soon regretted their decision. However, as the young men not only
changed the wheels within six seconds, but twelve seconds later the car had
been resprayed and sold to the McLaren team! Ferrari was still eager to
compete in the Grand Prix and, since they no longer had a formula 1 car to
race with, the young Sowetans suggested using a minibus taxi, complete with
an experienced (yet unlicensed) driver, and fare collector.

Of course they easily won the championship, since the minibus weaved it's
way through the starting grid. Set off before the lights changed and didn't
bother to change the tyres when they wore out. It also took all the corners
at maximum speed, as the brakes were non-existent. On the way to victory the
new "Ama - Ferrari - Ferrari" team also managed to hi-jack several
competitors cars and pick up 35 passengers at some notoriously dangerous
spots, including blind rises as well as the chicane. The 15,000 spectators
rocked, boogied and cheered the minibus to victory as it blasted six
thousand watts of rap music for all 77 laps.

We can be proud of yet another South African sporting achievement, which
will put us at the forefront of sporting history. Well done boys!!

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Metrorail na Appelhof

Wo., 10 September 2003 06:08

Metrorail wil die die Kaapse hooggeregshofuitspraak aanvaar dat metrorail
verantwoordelik is vir die veiligheid op hul treine nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bietjie te Haastig.

Wo., 10 September 2003 05:40

Die King-ondersoek van die rugby is nou uitgestel na vroeg volgende jaar.
Dit nadat daar in alle haas gepoog is om die saak afgehandel te kry voor die
WB toernooi.
Dit behoort interessant te wees hoe die getuies gaan verskil tussen diegene
wat na die WB toernooi oorsee gaan speel en teoreties nie meer vir die
Springbokke kan speel nie, en diegene wat hier bly en weer wil probeer om
die span te haal.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons Misdaad

Wo., 10 September 2003 05:32

Ons kla oor niks. Blykbaar vergelyk ons misdaadsyfers glo goed met ander
lande volgens ons minister.
Ons wag egter op die bekendmaking van die misdaadsyfers.

Annette

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Baine's Kloof pas

Wo., 10 September 2003 04:36

Die pas is op 14 September 150 jaar oud. Ek het dit verlede jaar laas gery,
en dit was toe in 'n haglike toestand.
Die Kobra by Ratanga is niks teenoor Bainskloof as dit kom by adrenalienpomp
nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Onthou

Wo., 10 September 2003 02:33

'n DINGUS is 'n wonderliKKe ding!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Suidwester - Namibiese Wette

Di., 09 September 2003 12:49

Suidwester, miskien kan jy help. Ek lees op Harnas se site (www.harnas.org)
dat hulle a.g.v. die Namibiese wette geen vrywilligers mag aanvaar om op die
plaas te gaan werk nie. Watse wet is dit, en is daar 'n rede agter die wet?
Ek onthou so 2 jaar terug het hulle 'n beroep uitgestuur vir mense om te kom
help op die plaas nou mag hulle nie meer nie?

Elaine

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Toerismemaand

Di., 09 September 2003 07:53

Wat is die plek in SA waar jy die lekkerste vakansie hou, en watter plek sal
jy mense waarsku om maar liewers van weg te bly as vakansieplek?

Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    537  538  539  540  541  542  543  544  545  546  547  548  549  550  551  552    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 09:59:04 UTC 2026