Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Lady Anne op Tafelberg " deur ANTJIE KROG

So., 18 Januarie 2004 16:03

Antjie Krog

"I think I am the first" - Lady Anne op Tafelberg

skilder kan jy dit nie verf sal faal
in die oploop onder watervalle wat rag
van ravyn en klip rondom ons
pootstamp en stuif die berg sag
in die mis alles geborge mekaar by naam
gaan
tog gaan hoekom wag
want smal lyk ineens ons grinterige loopgraaf van taal

maar jou voete minsame bergstapper
in tamatiesokke en klimstewels
beweeg rustig van klip tot klip
vir my bysiende oë word die newels
draderig ons twee figuurtjies strek langs die hang
waar net wasem fyn veeg tussen rots en wang
vlekkerige heideveld proteas soos rugsakke voëls
waar my hande ook al vat jakker

ritssluitertjies kleur. die klim wis
alles tussen ons uit saam kom die slymspoor
van tong wat die berg verwoord
dunner dun klop my bloedspriet soos ons hoër
klim jou sekure voetstap altyddeur voor my
reën wat skedelnat keel-af gly
uit Platteklipkloof boor
die eerste wind om wat smal setlaar is

digter die roete - kaal
die afgronde du ons na mekaar
hoe kry ek jou altyd so onthou mede-pragpoëet?
want kyk alles is vernietigbaar
behalwe die tong waarteen ons strek
klein en die sagte douche wat strandlangs lek
besmeerde irisse in die reën jou oë allener waar
jou mond as tot nog toe ondraaglik sê die intimiteit van taal.

van bo kan jy alles potlood teken
lyk korrupsie net geniepsig
onreg tydelik die dorpie op sy ergste
slordig fraaipuntig
die kasteeltjie (o jee
dat luidkeels gesing is tot kranse antwoord gee
God save George our King is ontydig
van ons twee saam se eerste gedig die litteken)

ons nat klere voor die vuur dryf
ons deur lae isolasie langsaam woordeliks te breek
weet ek nie hoe bring ek hierdie reënblinde
tog onder nuwe woorde te berde móét dit kweek
tot behoud terselfdertyd
nie te vernietig die ademlose kosbaarheid
van skuil dig bymekaar en weet
hoe troosteloos dit verwoes tussen ons te skryf.

Prosa & poësie | 10 kommentare

Een Liedjie wonders

So., 18 Januarie 2004 15:55

Hoeveel van hulle is daar?

Tie a yellow ribbon - Tony Orlando en Dawn Bloom:))
I hate the nusic
What's the matter you
These boots are made for walking
Don't worry, be happy

Ek kan nie onthou dat die kunstenaars wat bg liedjies bekend genaak het
enige ander blywende bydraes gelewer het nie.
--
Annette

Musiek & liriek | 6 kommentare

Geddiggie

So., 18 Januarie 2004 01:39

Stink
======

julle stink van die lewe
omheining deur die swart lawaai
julle kruip weg in julle gatte
stink soos die oggend se vullis

NaaiMashien

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Koue ooskus, VSA

So., 18 Januarie 2004 01:26

n Mooi foto Henry. Dis altyd vir my so mooi as dit sneeu, en die lug is so
helderblou, n mooi teenstelling. n Vriend van my in Vermont sê nou die dag
vir my dis minus 18 by hulle, en die een buurman, wat nie olie gebruik om sy
huis warm te maak nie, maar elektrisiteit, het n rekening van oor die $800
gekry vir Desember.

Hier in Alabama het ons baie wisselende weer, warm en koud, met reen die
afgelope paar dae. Baie soos Johannesburg se weer, bitter koud in die
nagte, en warmer bedags. Dit begin darem al later donker word middae, en die
grasperk het ook al kol-kol groen.

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:9aednaKYU79sKpTdRVn-vw@comcast.com...
> Die afgelope week was dit aan die oostelike kus van die VSA kouer as in
> Reykjavik, Ysland! Ons het nie veel sneeu gehad in suidoostelike
> Pennsylvania nie - soos julle kan sien op die foto hierby aangehed, wat uit
> ons gesinskamer se venster geneem is gistermiddag ongeveer 3-uur nm. My
> termometer op die stoep hang onder die dak se oorhang, en het Vrydag 5
> Fahrenheit (-15 Celsius) gemeet. Terselfdertyd het die TV-weerman gesê die
> aanvoelbare temperatuur in die wind was -11 (-24 Celsius) Fahrenheit. As dit
> so koud is moet 'n mens klere bo-oor mekaar in lae aantrek. Vrydag het ek
> drie jasse bo-oor mekaar aangetrek, met handskoene en 'n hoed voor ek kon
> uitgaan. Soggens skakel jy eers die motor aan en laat hom so vir 15 minute
> loop voor jy kan ry.
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Annette en die pasta

Sa., 17 Januarie 2004 09:05

Annette, in Durban koop ek by verskillende kruiewinkels
'n pasta onder die naam 'Chand Foods'. Dit is gegeur met verskillende
smake, en my gunsteling is lente uie. Ek weet nou watter smaakmiddel
bygevoeg is, maar sou graag wou weet hoe om die pasta te maak.
Dit is in die vorm van droë stokkies wat kraak onder jou tande:-)

Chand Foods
MURKHU (ook Chevda, Gaatiya, Sev, Peas, Nuts)
(Creamy Onion)
Chand means moon etc.

(a combo of maize, gram, & rice flour etc.)

Wat is gram en wat is rice flour?

DD

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Marleen Konings

Sa., 17 Januarie 2004 07:01

Nou ja, ek het die slegte nuus gehoor uit SA. (Nog nie hier gehoor
nie)

Hulle sou gisteraand 'n verklaring uitreik.

Ek wonder nog steeds hoekom hulle nou die dag hier gesê het dat sy nog
leef. Die arme familie en vriende van die meisie...

Max__________________________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Steeds reën in Namibië!

Sa., 17 Januarie 2004 05:48

Ek sit en werk vroegmôre en luister na die radio en die mense skakel in en
vertel van groot waterskade in Windhoek. Darem nou nie mense dood en sulke
dinge nie, maar 'n groterige plaasdam aan die oostekant se wal het gebreek
en so 'n klompie mense kan nie so maklik die stad bereik van die oostekant
af nie. Orals is ook berigte van water wat in damme inloop. Dis nog
vroeg in ons reënseisoen, maar sake lyk goed vir die boere van die land.

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Mbeki - negatiewe beeld

Sa., 17 Januarie 2004 04:45

In sy weeklikse boodskap aan die "volk" versoek Mbeki dat Suid-Afrikaners
hulle moet weerhou om negatiewe stories oor Suid-Afrika te verspri. Ek
ondersteun hom in sy versoek.
Maar dan moet ek byvoeg - Mbeki is seker die ene wat meeste daartoe bydra om
'n negatiewe beeld van Suid-Afrika te projekteer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: amai - Amai.pps

Sa., 17 Januarie 2004 01:41

"nie shoon zijn" - help 'n bietjie hier. Wat bedoel die vogeltjie nou
eintlik? Soms vind ek Nederlands nie so voor die hand liggend nie.

Groete Spencer

"Paul" wrote in message
news:ml5g00lg52s00beom2u3vmp5v9tbiklt7a@4ax.com...

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Waar Tebes in die stil woestyn " deur EUGENE MARAIS

Vr., 16 Januarie 2004 22:44

Eugène N. Marais

"Waar Tebes in die stil woestyn"

Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig' rotswerk hoog verhef
En Mara in die sand verdwyn;

Waar smôrens van die hoogste krans
Die berghaan draaiend opwaarts spoed
Om uit die gloeiend' hemeltrans
Met groot geroep die son te groet;

Waar treurig nog die wolfgehuil
Weerklankend in die klowe dwaal,
En grootwild om die syferkuil
As skadu's in 'n stofwolk maal;

En huiswaarts brommend sluip die tier,
Sy donker moordplek pas verlaat,
Wanneer die eerste grou lumier
Met slepend' mis die veld beslaat.

O land van al ons liefde, daar
Sou ek aanbiddend weer
Die kloppe van u hart gewaar,
U moederlike skoonheid eer.
Sou ek een guns nog hier verdien,
- Nog een gebed omhoog verhoord -
Geen mensepraal sou ek wou sien,
Die glorie van geen vreemde oord.

My bede sou net dit verkry: -
Laat weer U eensaamheid my daar
Vir laas met roerend' mag berei
U groter stilte te aanvaar.

Laat uitlok deur geen suil of steen
'n Enkel sug of woord van haat;
Met al U vrede om my heen
Sal nagt'liks uit die hemelstraat
Sag neerskyn op my laaste huis
Die vonkelend' sterrebeeld van U kruis.

Elk' ydel vrees sal daar verdwyn;
Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig' rotswerk hoog verhef.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    459  460  461  462  463  464  465  466  467  468  469  470  471  472  473  474    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 09:09:06 UTC 2025