Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Lactose intolerance

Sa., 07 Februarie 2004 09:39

"Koot" skryf in boodskap news:...
> "Lactose intolerant" is woorde wat ek al in dié verband gehoor het.

Koot

Lactose intolerance tel nie meer by yoghurt nie. Laktose is melksuiker
en tydens die fermentasie proses word dit omgesit na melksuur, dus
bestaan dit nie meer in yoghurt of dikmelk nie.

Drom

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bafana Bafana op die lughawe verwelkom

Sa., 07 Februarie 2004 09:14

Deur slegs 'n handjievol ondersteuners. Van wenners van die Afrika Beker,
was die daaropvolgende vertonings tweede, derde, vierde, kwarteindronde en
uitgeboender in die eerste ronde hierdie jaar.
Elke keer was dit onder 'n ander afrigter.
Die wenafrigter was Clive Barker. Die ander twee afrigters wat redelike
goeie sukses gehad het en ook , net soos Clive, deur politiek op 'n laakbare
manier van hul pligte onthef is, was Toussier, wat na sy SA ondervinding
Japan kon ontwikkel na 'n span wat wêreldwyd gesag afdwing, en Queros, wat
na sy SA ondervinding nou die afrigter van Real Madrid is - algemeen aanvaar
as die beste klubspan ter wêreld.
Ek kan nie onthou wie die afrigter by hierdie jaar se toernooi was nie. Dit
is 'n nuwe ( onbekende) een wat inderhaas gekies is terwyl die span al op
pad na Tunisië toe was.
Gordon Ingesund, algemeen aanvaar as die beste afrigter in SA , is nie
oorweeg nie.

--
Annette

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Dis alleen daar bo

Sa., 07 Februarie 2004 08:58

Onse Prez wou imbozo gaan hou in KwaZulu-Natal.
'n Klomp IFP ondersteuners het hom ingewag en "suka" vir hom toegewens
Suka is voertsek is Zulu. Hulle het ook geweier om te luister na wat hy wou
sê.
Die Prez se reaksie: " Ek het gedink ek ken ons mense, maar ek het vandag
besef ek ken hulle nie".

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Wat sal ons doen?

Sa., 07 Februarie 2004 08:42

In Friesland is dit glo die gebruik dat 'n koei die huwelikseremonie bywoon.
Die bruid moet glo tydens die seremonie die koei melk om aan haar man en die
gemeenskap haar bedrewendheid te kan bewys.
Ek sien al die stoeltjie toegedraai met pienk lint, en die emmer met 'n
helse rooi strik om die handvatsel:))
Wat behoort ons bruide te doen?
Tjekboek met bankstaat balanseer?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Laat jou stem hoor

Sa., 07 Februarie 2004 08:27

Alhoewel Mnr Valli Moosa "in principal" al 'n besluit geneem het om die naam
van die Kaapse Peninsula Nationale Park ( Cape Peninsula National Park) te
verander na die Tafelbergse Nationale Park ( Table Mountain National Park),
sal hy dit glo net bekragtig as die meeste Kapenaars dit steun.
Dus - Kapenaar of te not - laat jou stem hoor of jy die beoogde verandering
goedkeur ( Die park is ten minste 50km van Tafelberg af geleë, en Tafelberg
kan nie eers van daar af gesien word nie)
Skakel 0800 204 094

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Grillerige advertensie

Sa., 07 Februarie 2004 08:16

Die nuwe Kalula advertensie waar die man sy tande borsel en met slymerige
groen water uit 'n voëlbak uitspoel.
Yeggggghhhh!! Sit my totaal af van die redery.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Landbouer sterf

Vr., 06 Februarie 2004 20:28

'n Suksesvolle landbouer sterf en laat alles na aan sy pligsgetroue
vrou. Sy was 'n op-en-top dame en wil graag voortgaan met die boerdery maar
weet min daarvan. Sy plaas toe 'n advertensie in die koerant om 'n werker te
vind. Slegs twee mans doen aansoek, 'n homo en 'n dronklap. Na oorweging
besluit sy die homo sal veiliger wees as die dronklap.
Vir weke gaan dit goed, hy werk hard en sy kennis is van hoë gehalte.
Die boervrou sê toe vir Pietie omdat hy so goed werk dat hy Saterdagaand na
die dorp kan gaan vir 'n bietjie plesier.
Om drie uur dié oggend kom Pietie eers tuis. Toe hy by die deur inkom
vind hy die boervrou sittend by die kaggel met 'n glasie wyn. Sy sê vir hom
om nader te kom.
"Trek my bloese uit" Met bewerige hande gehoorsaam hy. "Neem nou my
skoene en kouse af. Trek my rok uit. Neem nou my bra af" Hy doen dit alles
gedwee terwyl hy haar in die oë kyk by die flikkerende vuurlig. "Nou, trek
my pantie (broekje) uit"
Daarop sê sy aan Pietie, "As jy ooit weer my klere aantrek om na die
dorp te gaan is jy ontslaan!"

Humor & grappe | 2 kommentare

JC Smit: meineedige getuie teen die 'Boeremag'

Vr., 06 Februarie 2004 16:06

Is dit al wat hulle teen die beskuldigdes het? Of het hulle nog ander
getuienis gefabriseer. Blykbaar kan JC Smit met moord weg kom, as hy
maar net 'getuig' soos die veiligheidspolisie dit wil he.

From SCA-News

B. BOER RENAISSANCE


[...]

In the so-called Boeremag trial, cross-examination of the main
witness, police spy CJ Smit, has turned the court room into a
story-teller competition, as Smit's testimony about a plan to
'overthrow the (Azanian) state' was challenged by Advocate Harry
Prinsloo, counsel for for the accused Mike Du Toit. Asked how he
thought one could carry out a wide-ranging plan to take over the
country with so little money, Smit told the court about 'a certain
Oom Jan from Bethlehem', who allegedly told someone else that he
would give a field of sunflowers, - but the accused would have to
harvest it themselves. Another person in the Free State had offered to
donate 200 sheep, he said. Smit also mentioned Mike du Toit's
retirement package, and the sale of bullets....

Counsel for the defence put it to Smit that the accused would deny
that a so-called coup plot had ever been discussed at any of the
meetings testified about by Smit. Smit was forced to concede that the
"meetings" - many of them around "braaivleis" fires - were never
formal and usually took the form of open discussions. He also conceded
that nothing concrete had ever been done and no absolute final acts of
terror had been described in his presence. He admitted that the
meetings had just been "a lot of talking". But he remained adamant
that a document setting out a detailed coup plan had been discussed at
just about every one of those occasions, including an alleged meeting
at a striptease club in Pretoria....

Meanwhile, police spy Johan Smit's cross-examination has led to other
interesting developments. Smit, who claims he infiltrated the inner
circle of the nationalist Boer organisation, is still being
cross-examined by the different advocates representing the more than
20 Boers accused of planning to set up a Boer Republic. In a revealing
turn of events last week, Smit admitted that previous written evidence
he had signed was in fact false, and that he 'only scanned' what a
security policeman had actually written down, before signing it. He
conceded that he had never read through the statement word by word
before testifying, although he signed it as correct. "That was my
memory then, but I've noticed last night on reading my statement that
there were a few mistakes...," he said.

Smit also changed tack on what he had earlier alleged were plans
to take over the country's radio stations. While expanding on his
earlier evidence that targets identified as part of an alleged coup
plan included the SABC, Radio Jakaranda and Radio Pretoria, Smit said
that 'later' it was decided to retain Radio Pretoria for propaganda
purposes... To a question by Judge Eben Jordaan on how the SABC
would have been destroyed, Smit said: "Well, the place had to be blown
up... It would definitely not have been a job for one or two guys. It
would not have been humanly possible. I don't know how they would have
done it."

Smit's testimomony on what the Boeremag was planning to blow up
or take over includes, so far, the SABC, the SA National Defence
Force's operational headquarters in Pretoria, the fuel depot at
Watloo, 4 Reconnaissance Unit headquarters at Swartkops, military
aircraft like the Rooivalk helicopters, and many other 'targets'.
Smit also once again touched on an alleged plan to chase all black
people out of the cities along the N1 highway to Zimbabwe.....

http://www.sabcnews.com/south_africa/crime1justice/0,2172,73 484,00.html

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Onse Prez se toespraak vandag

Vr., 06 Februarie 2004 15:03

Met die parlementsopening.
Selde het iemand met soveel passie, geesdrif en gevoel 15 getikte bladsye
voorgedra sonder om een keer af te kyk.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Petrus " deur THOMAS DEACON

Do., 05 Februarie 2004 17:18

Thomas Deacon

Petrus

... en terstond, als hij nog sprak,
kraaide de haan.

toe beenbek hy se vlerke klap
en bovenaardliks kraai
had peterots geskrik
en vennag van die misvuur
weggedraai
hy had loop lê na boeitekant
met altwee hy se hand
sy borsbeen séér geslaat
oorlat an beenbek oor verloon se ding
met hom staat loop lê praat

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    449  450  451  452  453  454  455  456  457  458  459  460  461  462  463  464    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 13:48:19 UTC 2025