Soos die tradisie mos maar gaan was daar baie pret. Die
Voortrekkermonument het nuwe naam gekry en hier by ons het die westelike
deel van Etosha [verbode vir algemene besoekers en met so baie diere dat dit
amper heilige aarde is] die word gegee aan ou Sam Nujoma en sy stam. Die
beste een was egter ons nasionale radio [NBC] se Afrikaanse diens wat
afgekondig het dat die stasie se frekwensie gaan die oggend [1 April]
verander van 89,7 na 85,7 toe want dan is alle Afrikaanse uitsendings
regdeur die land op dieselfde frekwensie. Op die uur 'skakel hulle toe
oor' en speel 'n opgeneemde Damara band met die nuus op die bestaande
frekwensie. Die mense het angstig begin 'tune' om op stasie te kom en vind
toe uit dat hul radios nie op so 'n lae frekwensie kan instel nie. Toe
hulle verder soek toe kry hulle weer die Afrikaans op die ou frekwensie en
'n ou wat lekker vir hulle lag. 'n Paar ouens was lekker die moer in!
Die een ou reken hy bly doer anderkant Gobabis naby die grens en die NBC
Afrikaans is sy enigste stasie wat hy kan opvang.....en hier verander die
bliksems van frekwensie en sy radio kan nie sover af nie. Die man het al
oorweeg om dorp toe te ry om te gaan nuwe radio soek!
Gloudina hoekom is jy so stil tov die situasie in Zim. As ou Robert se van
Venter of van der Merwe was sou ons seker lankal van jou gehoor het hoe die
wit vark nou weer die swart massa onderdruk.
Moira is 'n lesbiese vrou of 'n skewe man met 'n vroue naam. In ieder
geval verklaar dit baie van "haar" opinies op die forum. 'n Moffie wil
mos as alles behalwe verkramp voorkom.
Ja ou Ferdi, jy kan ook maar net jou geprewel loslaat op die wêreld as
jy iets vanself wil sê maar soos normale Liberale potkoppe is jy maar
net bek en niks binnegoed as iemand jou 'n goeie vragie vra nie.
Ek lag maar net. Daar sit jy in die kantore van 'n koerant met die mag
van die pen aan jou kant en tog is jy 'n nul op 'n kontrak as dit kom
by eerlike denke en opinie.
Lekker knus daar in daardie stoel, nie waar nie? Daardie ou stoel wat
net vir jou beskore is solank jy en ander in jou posisie hulle
deuntjies nominaal in die regte koor laat hoor.
Haru Urara die verloorperd [Beeld Deurloop - deur Cecile Cilliers] Beeld
31.03.2005
'n Sielige beriggie wat in 'n Japannese koerant verskyn het, het my aan die
dink gesit en daarmee saam 'n verlange na Anton Prinsloo in my laat opvlam.
By al sy ander voortreflike radio-aanbiedings het by op 'n Dinsdagaand altyd
'n vasvraprogram oor Afrikaanse idiome aangebied. Ek het dit baie geniet,
want dit was insiggewend, amusant en leersaam, veral oor die herkoms van ons
idiome.
En dis nou oor die herkoms van een van ons idiome wat ek vanoggend wonder.
Miskien ook nie eens soseer herkoms nie as omstandighede.
Agteros kom ook in die kraal, se ons, maar hoe kom die agteros daar? Met
stampe en stote, sweep en gevloek? Of geduldig, verdraagsaam, bemoedigend,
met begrip vir die arme agteros se onvermoë? Of was die agteros miskien die
een wat altyd agter getrek het?
Hotagter, haaragter ...
'n Wavrag vol vrae en dit alles oor 'n Japannese koerantberig wat in my
e-pos beland het. Vertel die verslaggewer van 'n resiesperd met naam Haru
Urara, "heerlike lente" in Japannees. Maar die sweetvosmerrie is wat haar
resiesuitslae betref allesbehalwe heerlik. In die afgelope
100 wedrenne was dit nie net nag wat haar naellope betref nie, maar midde-in
die winter. Want Heerlike Lente het elkeen van daardie wedrenne verloor, ver
verloor. Maar hier is die hart, die crux van die storie: sy het met die hart
van 'n wenner verloor. En daarom, wat die Japannese betref, geseëvier.
Heerlike Lente is 'n volksheldin.
'n Perd wat nooit 'n resies wen nie, is 'n onwaarskynlike heldefiguur, maar
haar volgehoue pogings "roer 'n snaar aan by die Japannese se geneentheid
vir die hopelose, maar nogtans vasberade sukkelaar, 'n eienskap wat
versterk is deur Japan se ekonomiese ellende die afgelope dekade".
Die media stroom na die merrie se stal en verslae, boeke, poësie word oor
Heerlike Lente geskryf. Bewonderaars stuur kos, blomme, briewe. 'n Rolprent
word beplan. En die wedrenunie het binne drie uur 500 gelukbringers
verkoop wat van Haru Urara se sterthare gemaak is. Dit het glo die mag om 'n
onderneming teen agteruitgang to beskerm.
Tot in die parlement het pre- mier Koizoemi die perd aangeprys as 'n
voorbeeld van vasberadenheid in moeilike tye.
Daar is ook 'n ironiese sy aan die saak: Weens Heerlike Lente se
legendariese gebrek aan spoed word kaartjies met haar naam daarop verkoop om
bestuurders teen verkeersongelukke en spoedlokvalle te beskerm ...
In Japan het Heerlike Lente die inspirasie geword vir digters en skrywers,
volksfilosowe en politici, regeringslui en onderwysers.
Sy is die onderwerp van nadenke oor mislukking en hoe dit oorkom kan word:
'n verloorperd wat 'n wenperd geword het.
In my eie nadenke soek ek na (logiese) parallelle. Daar heers tans so 'n
verloorgees onder ons mense. Ja, ons verloor op die sportvelde, maar is dit
genoeg rede om konstant klaend om die eettafels te sit, brom-brom by die
braaivleisvure te staan? Ons is agterosse, de leste een. Miskien wel
struikelend op pad kraal toe, maar gans onseker of ons regtig daar wil wees.
Nou wonder ek - wat kort ons dan? Bemoediging, die sweep, of dalk 'n
touleier?
Beeld-forum: Publiseer briewe van Louws, asb.!
Ferdi Greyling
Die gepende woorde van mense wat met helder geeste geseën is en daarom
beroemd word, behoort ná hul dood aan die gemeenskap waarin hulle beroemd
was.
Hul lewe en denke (in mekaar verweef) is 'n soort argief van hul gemeenskap
en uit hul denkpatrone en geesteswandelinge is baie te leer.
Dit is ook die geval met N.P. Van Wyk Louw.
Hy het die opwelling van Afrikaner-nasionalisme ná die Anglo-Boereoorlog
beleef en deurdink.
Ook later die konsolidasie van politieke mag in Afrikaner-hande - en
sekerlik ook die tragiese foute en oorsigte wat met daardie mag begaan is.
Dit is jammer dat sy familie klaarblyklik nie wil hê briefwisseling tussen
hom en sy broer, W.E.G. Louw, moet nou gepubliseer word nie. Van die briewe
bevat glo intieme gedagtewisselings waarin elemente van die tydsgees van die
jare 30 weerklink.
So spreek Van Wyk Louw luidens berigte sowel simpatie en begrip vir die
Nazi's in Duitsland uit as rassistiese opmerkings wat swart mense plaaslik
raak.
Dis seker maklik om terug te kyk en met die politieke insig van vandag te
reken sulke gedagtes is skandelik vir iemand van sy statuur. Nugterheid
vereis egter dat 'n mens Louw se gedagtes van daardie tyd in daardie tyd
plaas. Dit was voor kennis van doodskampe; voordat Pole ingeval is. Dit was
'n tyd waarin daar wye bewondering vir die Duitsers se romantiese
nasionalisme onder Hitler was.
Louw was deel van sy tyd en in kontak met die idees in sy wêreld.
Dit beteken hy het dalk geflankeer met Nazisme, maar hy het (ten minste nie
in die openbaar nie) nie 'n Nazi geword nie. Dis belangrik om te sien hoe sy
gedagtes daaroor ontwikkel het. Dieselfde geld seker sy gedagtes rakende
swart mense in Suid-Afrika.
Gelukkig gaan Louw se briewe nie die weg van die Brit Richard Francis Burton
se geskrifte gaan nie.
In Louw se geval is die briewe veilig en lyk dit of die stryd meer gaan oor
wanneer dit gepubliseer kan word eerder as of dit vernietig moet word. Maar
om dit nooit te publiseer nie en as geheime in kluise te laat lê, sal
dieselfde as vernietiging wees; bloot langsame vernietiging.
Burton was een van die reuse-geeste van sy tyd. Hy was waarskynlik die
eerste Westerse antropoloog - nog voordat daar so 'n wetenskap was. Hy was
een van die eerste Westerlinge wat in lewensgevaar Mekka en die Afrika-stad
Harar besoek het en hy het wyd in Arabië gereis.
Dié man (wat glo 29 tale kon praat) het ook 'n kragtige skryfstyl gehad en
hy was 'n pligsgetroue aantekenaar van gesprekke, waarnemings en gedagtes.
Hy het twee stelle dagboeke gehou. Een wat meer alledaagse aantekeninge was,
maar ook 'n meer persoonlike een waarin sy helder verstand en vreeslose
waarneming waarskynlik die botoon gevoer het.
Hy het besef dit sal te eerlik en reguit wees vir die Victoriaanse
samelewing en het dit nooit openbaar gemaak nie - maar bewaar.
Toe hy in 1890 in Triëst, in Italië, dood is, het sy vrou, Isabel, dit
verbrand.
Sy wou sy reputasie bewaar en in haar gemiddelde Victoriaanse verstand was
sy duisende bladsye aantekeninge oor mense, plekke en samelewings waar geen
of min Westerling nog voor hom was, gevaarlik. Sy was bekommerd dit sal nie
by die fatsoenlikheid van die tydsgees om haar inpas nie.
Vandag onthou die wêreld dat Burton 'n unieke mens was, maar ongelukkig was
sy vrou van swakker verstand en het niemand sy geskrifte gered nie.
Louw se briewe is gelukkig veilig en die argument, volgens alle aanduidings,
gaan net oor wanneer om te publiseer.
'n Goeie reël hiervoor is waarskynlik dat sulke geskrifte bekend gemaak moet
word wanneer die mense ter sprake (die twee Louws) nie meer lewe nie. Dit is
die geval.
Louw was 'n groot digter. Selfs al sou die briewe ernstige teenstellings met
sy elegante geskrifte verteenwoordig, dink 'n mens aan die Britse digter
W.H. Auden wat oor W.B. Yeats geskryf het: Time that is intolerant of the
brave and innocent, and indifferent in a week to a beautiful physique,
worships language and forgives everyone by whom it lives; pardons cowardice,
conceit, lays honours at their feet.
Maar dit lyk asof dit moontlik nie eers die geval met Louw gaan wees nie.
Sy bekende opstelle versamel onder die titel Lojale verset kom uit die
dertigs, soos die omstrede briewe.
Publiseer dit asseblief. Dié wat hom hoog ag, wil albei lees. Om na die
weerklank van idees tussen openbare en minder openbare forums te luister,
kan groter begrip bring in wat Louw self in Desember 1938 in Lojale verset
soos volg beskryf het: "Die literatuur en die geestelike lewe as geheel is
stryd, woeling en die opskuim van onberekenbare dinge."